INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY



Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir


IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

How To Get A Bsc In Forensic Science

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

INHOUDSOPGAWE

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

Algemene vrae - ontvangers

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

1. Lees en leestegnieke

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Human Rights and Workman s Compensation:

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

MARKETING MANAGEMENT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die huwelik as 'n gawe van God

K28337 KOMMissin 4058 RA5

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Doelgerigte Jeugbediening (

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie.

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Deur die innerlike word gedikteer aan:

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Emile Page 9 Maart September 2009 Deur Heleen Page

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

Laat waai met jou gawes

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger

Vertrekpunte van die Christelike geloof

Kunsuitstalling in Calitzdorp

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

Policy on Student Leadership Development and Training

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5

Verbintenis tot besluitneming

Uit die Woord DOOD EN LEWE

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament

'N TERUGBLIK... Met opregte waardering vir waardevolle lesse geleer, Marieta Visagie 29 Augustus 2014

Taak, watse taak?! Opdrag = Handleiding! Onderwerp. idees kry. hoekom? proeflees tabelle? prente? waar pas dit in? navorsing doen.

DIE GEBRUIK VAN RITUELE EN SIMBOLE BINNE DIE EREDIENS AS DRAERS VAN HOOP

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

Perspective Training College (PTC)

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

: DIE PRAKTYK VAT STADIG POS

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

Om die Psalms biddend te sing of singend te bid

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

101 Inspirerende Quotes - Eelco de boer - winst.nl/ebooks/ Inleiding

DIE ROL VAN VISIE EN MISSIE IN 'N ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN STRATEGIESE BESTUUR. A.J. Kuyvenhoven. Skripsie MAGISTER COMMERCII ONDERNEMINGSBESTUUR

Hoofstuk 5: Die Eerste Wêreldoorlog

Hoe om die Gebedsgids te gebruik

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

*Julie Geregtigheid en Genade in die Ou Testament: Deel 2

WOENSDAG 25 FEBRUARIE

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy


NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

Foto: Een van Moir's Jaar van die tert kompetisie wenner Elba Kruger

Die Groot Afvalligheid

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN)

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis

Transcription:

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Geestelike rekmerke: 1 Gerek in verhoudings 25 Januarie 3 2 3 4 5 Geestelike rekmerke : Daaglikse rekwerk tussen Sondae 1 Februarie 6 Geestelike rekmerke : Wat maak jy met jou 8 Februarie 10 seer en gebrokenheid? Geestelike rekmerke : Gerek om waarlik Jesus 15 Februarie 14 aan ander te bring Geestelike rekmerke : Hoe lyk jou vreugde? 22 Februarie 17 6 Volharding en uithouvermoë 29 Februarie 22 7 Vryheid in Christus 7 Maart 26 LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 2

25 Januarie 2016 Les 1 Geestelike rekmerke: Gerek in verhoudings (Ritme: God is Drie-Enig en roep ons om ook in gemeenskap te leef) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en kies dan Geestelike Rekwerk Weeklikse erediens Sondag 1 November 2015. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Is daar iemand met wie jy huidiglik vriende is en voorheen nie oor die weg mee gekom het nie? Deel dit met die groep. B. AANBIDDING Raak vir 4 minute saam stil en dink aan:- Die goeie en slegte van jou verhouding met die Here. Praat met Hom daaroor. Persone met wie jy goeie en/of swak verhoudings het en neem dit ook na die Here. Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. C. WOORD 1. My ingesteldheid kan verander! LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 3

Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Skrifgedeelte: Handelinge 3:1-11 (DB ) - Op n dag het Petrus en Johannes tempel toe gegaan om te bid. Dit was teen drie-uur die middag. Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie n geldjie vir hom het nie. Petrus het gaan staan. Kyk na my! het hy vir die verlamde gesê wat daar voor hom op die grond gesit en staar het. Die man was dadelik die ene oë en ore. Ek het nie n sent op my naam nie, het Petrus gesê. Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop! Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop. Hy het toe saam met hulle by die tempel ingegaan. Hy was so bly dat hy rondgespring het van vreugde terwyl hy hardop lag en huil. Hy het God se Naam aanmekaar grootgemaak. Sy vreugdedanse het gou die ander mense se aandag getrek. Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie. Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 4

hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het. Petrus en Johannes se persoonlikhede het dramaties verskil, tog werk hulle saam en wonderlike stories word deur hulle lewens geskryf. Vrae: 1. Hoe kyk jy na ander mense? 2. Watter van jou vriendskappe is onwaarskynlik/unlikely? 3. Hoe sal jou lewe lyk as jy elke persoon wat op jou pad kom met liefde omvou/bejeen? 4. Hoe kan jy iemand wat jy elke dag sien, maar geen verhouding mee het nie, opbou en as n vriend nader? 5. Wat gaan jy moet prysgee om mense om jou raak te sien? Nog enkele ander tekste oor verhoudings: Matteus 5:23-24; Romeine 12:15-17; Romeine 13:8; Romeine 14:13; Galasiërs 5:26; 1 Tessalonisense 3:12; Jakobus 4:11. Aanhalings: Vraag: Enige verdere gedagtes wat die onderstaande aanhalings by jou wakker maak? n Hegte verhouding tussen mense vra nie net wedersydse openheid en eerlikheid nie, maar ook die beskerming van mekaar se unieke persoonlikhede. Henri Nouwen As jy nie van iemand hou nie, doen hom n weldaad. Daarna sal jy hom liefhê. CJ Langenhoven LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 5

Gee my tog n hart vol begrip sodat ek medelye het met hulle wie se foute anders is as myne. Hou my bewus van my eie foute sodat ek my nie daaraan wy om ander te oordeel nie. Brian Hession 2. Oefening van die week Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Neem 20 minute en skryf die 10 persone waarmee jy die meeste tyd saam spandeer, se name neer. Skryf nou neer wat hulle positiewe en negatiewe invloed op jou lewe is. Praat met God oor hierdie verhoudings en Sy perspektief en wil vir jou, rondom mense wat n invloed op jou lewe het. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Mag jy na elke mens kyk asof hulle op die gastelys van God se feesviering is. Mag jy elke persoon sien as gevorm in die beeld en gelykenis van die Drie-Eenheid. Amen. 1 Februarie 2016 Les 2 Geestelike rekmerke: Daaglikse rekwerk tussen Sondae (Ritme: God is beskikbaar en wil met ons n verhouding hê) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 6

https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en kies dan Geestelike Rekwerk Weeklikse erediens Sondag 8 November 2015. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Wat verkies jy tussen die volgende: huis skoonmaak, of skottelgoedwas? B. AANBIDDING Bied die groeplede die geleentheid om individueel die onderstaande gebed as stilgebed te bid waarna die fasiliteerder die groep geleentheid bied om gesamentlik dit hardop te bid. Vervang dan die woorde my en ek met ons. Leer my o Heer om U in alles te sien en alles wat ek doen dit vir U te doen Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. C. WOORD 1. In die ses dae tot jou beskikking Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 7

Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Skrifgedeelte: Handelinge 3:1-11 (DB ) - Op n dag het Petrus en Johannes tempel toe gegaan om te bid. Dit was teen drie-uur die middag. Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie n geldjie vir hom het nie. Petrus het gaan staan. Kyk na my! het hy vir die verlamde gesê wat daar voor hom op die grond gesit en staar het. Die man was dadelik die ene oë en ore. Ek het nie n sent op my naam nie, het Petrus gesê. Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop! Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop. Hy het toe saam met hulle by die tempel ingegaan. Hy was so bly dat hy rondgespring het van vreugde terwyl hy hardop lag en huil. Hy het God se Naam aanmekaar grootgemaak. Sy vreugdedanse het gou die ander mense se aandag getrek. Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie. Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 8

Petrus en Johannes het nie net op die sabbatdag gebid nie. Hulle het elke dag die Here aanbid. Hulle het spesifieke tye uitgesit vir gebed en so ook baie ander dissiplines tussen Sondae gehad. Vrae: 1. Hoe lyk jou lewe tussen Sondae? Wat doen jy tussen Sondae? 2. Hoeveel dinge doen jy in die week anders as wat jy op Sondae doen? 3. Leef jy jou ritme en dissiplines tussen Sondae uit? 4. Verander jou tussen-sondae-lewe ander mense se lewens? 5. Saam met wie kuier jy in die week, of wie bedien jy met liefde tussen Sondae? 6. Wie help of bemoedig jóú, met jou tussen-sondae-lewe? Aanhalings: Vraag: Het jy enige opinie oor die aanhalings hieronder wat jy met die groep wil deel? Hoe heerlik om te weet dat daar krag van God af kom wat ons sal help om geestelike hoogtes te bereik, net soos die arend fisieke hoogtes bereik? John C Maxwell Daar is niks wat gevaarliker is vir jou redding, onwaardiger is voor God en skadeliker is vir jou geluk as dat jy tevrede sal wees met wat jy is nie. Francois Fénelon Nog enkele ander tekste oor geestelike uitdagings: Psalm 51:12; Lukas 6:45; Lukas 13:6-9; Romeine 12:2; 2 Korintiërs 8:12; Efesiërs 4:31-32; Efesiërs 6:15; 1 Petrus 5:2-3. 2. Oefening van die week LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 9

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Neem 5 minute aan die begin van elke dag (miskien terwyl jy werk toe ry) om saam met God te dink aan die vorige dag. Waar het jy naby God gevoel? Waar het jy vêr gevoel? Wat was vir jou n besonderse ervaring en wat was negatief? Praat met God daaroor en vra Hom om jou te help om Hom vandag raak te sien. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Mag jy van God die krag en wysheid ontvang om jou dae so te beplan, dat jy nie net op Sondae soos n totaal toegewyde, Geesvervulde volgeling van Jesus Christus leef nie, maar dat jy elke dag so sal leef. Amen. 8 Februarie 2016 Les 3 Geestelike rekmerke: Wat maak jy met jou seer en gebrokenheid? (Ritme: God is die Weg en genees ons om in Sy karakter te groei) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en kies dan Geestelike Rekwerk Weeklikse erediens Sondag 15 November 2015. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 10

Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER By wie het jy as kind altyd troos gevind/gaan soek wanneer jy deur n moeilike tyd gegaan het, of krisis beleef het? B. AANBIDDING Bring die volgende persoonlik in stilgebed na die Here (± 2 minute) Dink aan van die seer in jou lewe hoe jou lewe nou moontlik kon wees as jy dit nie beleef het nie. Het jy dalk nodig om te vergewe, of vergifnis te ontvang van sekere seer wat jy beleef, of dalk self veroorsaak het? Neem dit nou in gebed na die Here. Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. C. WOORD 1. Help asseblief! Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 11

Skrifgedeelte: Handelinge 3:1-11 (DB ) - Op n dag het Petrus en Johannes tempel toe gegaan om te bid. Dit was teen drie-uur die middag. Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie n geldjie vir hom het nie. Petrus het gaan staan. Kyk na my! het hy vir die verlamde gesê wat daar voor hom op die grond gesit en staar het. Die man was dadelik die ene oë en ore. Ek het nie n sent op my naam nie, het Petrus gesê. Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop! Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop. Hy het toe saam met hulle by die tempel ingegaan. Hy was so bly dat hy rondgespring het van vreugde terwyl hy hardop lag en huil. Hy het God se Naam aanmekaar grootgemaak. Sy vreugdedanse het gou die ander mense se aandag getrek. Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie. Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het. Die verlamde man het wel jare se seer en gebrokenheid by hierdie tempel beleef, maar tog het hy besef dit is die een plek waar hy genesing daarvoor kon kry. Nog enkele ander teksgedeeltes oor gebrokenheid en seer: 2 Kronieke 16:9; Matteus 11:28-30; 2 Korintiërs 12:9-10; Efesiërs 3:16; 2 Tessalonisense 2:16-17; Hebreërs 4:14-16; LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 12

1 Petrus 5:10. Vrae 1. Het jy uithouvermoë as dit kom by die genesingspad van jou seer en gebrokenheid? 2. Hoeveel vertroue het jy in God en die mense wat jou bystaan om jou te help? 3. Is daar plekke wat jý dalk seer en gebrokenheid veroorsaak deur jou seer en gebrokenheid? 4. Waar kan jy begin om jou seer na n plek toe te vat waar jy weet genesing kan plaasvind? 5. Is jy bereid om te wag - al neem dit jare? 2. Oefening van die week Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening. Maak in die week 30 minute tyd vir gebed. Steek n kers aan. Oordink dan die volgende vraag en praat met God daaroor: Wat probeer ek wegsteek vir God? Waaroor is ek skaam? Wat is my gebrokenheid? Vra dan vir God om jou met iets mooi te verras. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Ek bid dat God die plek waar jy genesing kan vind vir jou seer en gebrokenheid deur Jesus en mense sal openbaar. Ek bid dat jy sal besef God is altyd beskikbaar en ontmoet jou waar jy is, omdat hy met jou n verhouding wil hê en n liefdevolle God is. Amen. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 13

15 Februarie 2015 Les 4 Geestelike rekmerke: Gerek om waarlik Jesus aan ander te bring (Ritme: God is lief vir die hele wêreld en stuur ons om ook lief te hê) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en kies dan Geestelike Rekwerk Weeklikse erediens Sondag 22 November 2015. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Hoe voel jy oor die ontvang/gee van geskenke? of Vertel van n geskenk wat jy ontvang het en eers jare daarna die waarde daarvan besef het? (Mag nie jou man/vrou wees nie!) B. AANBIDDING DANKGEBED (± 3 minute): Reflekteer oor die merkwaardige en waardevolle geskenke wat jy oor die jare uit die hand van die Here ontvang het. Dank dan die Here, in persoonlike gebed, byvoorbeeld vir Sy geskenke van onverdiende vergifnis, onophoudelike genade, onvoorwaardelike liefde en selfs die ewige lewe! Vra Hom om jou na ander te lei met die doel om hierdie geskenke ook aan hulle te kan gee. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 14

Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. D. WOORD 1. Ek sal vertel! Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Skrifgedeelte: Handelinge 3:1-11 (DB ) - Op n dag het Petrus en Johannes tempel toe gegaan om te bid. Dit was teen drie-uur die middag. Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie n geldjie vir hom het nie. Petrus het gaan staan. Kyk na my! het hy vir die verlamde gesê wat daar voor hom op die grond gesit en staar het. Die man was dadelik die ene oë en ore. Ek het nie n sent op my naam nie, het Petrus gesê. Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop! Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 15

loop. Hy het toe saam met hulle by die tempel ingegaan. Hy was so bly dat hy rondgespring het van vreugde terwyl hy hardop lag en huil. Hy het God se Naam aanmekaar grootgemaak. Sy vreugdedanse het gou die ander mense se aandag getrek. Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie. Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het. Die verlamde man het dié grootste geskenk van Sy lewe ontvang deur Jesus Christus. Hy het letterlik en figuurlik nuwe lewe ontvang! Vrae 1. Het jy al Jesus as ware geskenk in jou lewe ontvang en oopgemaak? 2. Is Jesus n geskenk wat jy so nou en dan van die rak afhaal? 3. Is Jesus die geskenk wat jy daagliks van God ontvang deur daarvoor te vra? 4. Is Jesus die geskenk wat jy daagliks in jou lewe aan ander uitgee? 5. Watter emosies ervaar jy wanneer die Heilige Gees dit op jou hart plaas om die geskenk (Jesus) aan mense te gee wat dit nie verdien nie. Nog enkele ander tekste oor evangelisasie en getuienis: Spreuke 2:1-5; Matteus 6:19-20; Matteus 6:24; Matteus 13:44-46; Hebreërs 12:1-2; 1 Johannes 5:18-21. 2. Oefening van die week LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 16

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Raak gedurende die week bewus van waaroor jy opgewonde of bekommerd raak. Praat met n vriend oor die afgode in jou lewe. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Ek bid dat jy elke dag nie net vir Jesus as geskenk ontvang nie, maar dat jy elke dag in Hom sal delf om ware liefde te kan ken en uit te deel aan ander. Amen. 22 Februarie 2016 Les 5 Geestelike rekmerke: Hoe lyk jou vreugde? (Ritme: God is liefdevol en ontmoet ons waar ons is) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en kies dan Geestelike Rekwerk Weeklikse erediens Sondag 29 November 2015. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Wat sal jou nóú, op hiérdie oomblik, die meeste vreugde verskaf? LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 17

B. AANBIDDING Die gedig hieronder kan hardop in die groep voorgelees word, of individueel stil gelees word. Daarna word elkeen die geleentheid gebied om in dankbaarheid tyd met die Here te spandeer oor n vreugde wat hulle tans in hul eie lewe ervaar. Vreugde ongekend Jan van der Merwe Pa en kind... versteend staan hulle daar weet nie wat om te doen na meer as 7 jaar mekaar weer gevind! Bestorm mekaar omhels mekaar wyl blydskap-trane stroom Eenkant 'n moeder en ouma wat dankbaar, biddend kniel en raak aan Sy soom Dieselfde oomblik op die pad 'n pa en oupa... verblind deur trane kan nie behoorlik sien waar hy ry... "Dankie my Heer, dankie my God, dankie vir U grote gena' LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 18

Ons hoop ons jarelange smeekgebed het ons nie beskaam ons kind en sy kind... IS WEER SAAM!!!" Dankie Heer vir U antwoord keer op keer. Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. C. WOORD 1. Dans, huppel en juig! Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Skrifgedeelte: LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 19

Handelinge 3:1-11 (DB ) - Op n dag het Petrus en Johannes tempel toe gegaan om te bid. Dit was teen drie-uur die middag. Hulle het by een van die tempel se ingange met die naam Mooipoort ingestap. Daar het n man elke dag gesit en bedel. Hy was van sy geboorte af verlam. Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie n geldjie vir hom het nie. Petrus het gaan staan. Kyk na my! het hy vir die verlamde gesê wat daar voor hom op die grond gesit en staar het. Die man was dadelik die ene oë en ore. Ek het nie n sent op my naam nie, het Petrus gesê. Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop! Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop. Hy het toe saam met hulle by die tempel ingegaan. Hy was so bly dat hy rondgespring het van vreugde terwyl hy hardop lag en huil. Hy het God se Naam aanmekaar grootgemaak. Sy vreugdedanse het gou die ander mense se aandag getrek. Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie. Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het. Die verlamde man kon deur Jesus vreugde ervaar want hy t homself in n plek geplaas waar Jesus die fondasie van sy vreugde sou wees Vrae 1. Wat is vreugde vir jou? 2. Wat het jou vreugde gesteel? 3. Wat het jou vreugde gebring? LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 20

4. Waar in jou week sou jy eerder vreugde as hartseer wou ervaar? 5. Hoe sou jou lewe, werk, huis, gesin, vriende, huwelik, finansies, emosies, liggaam en vele ander areas van jou lewe gelyk het, indien daar net vreugde teenwoordig was? 6. Hoe voel jy oor die feit dat God jou vrede bewaar en niks dit kan wegneem nie? Vraag: Deel met die groeplede enige gedagtes wat jy oor enige van die onderstaande aanhalings het. We also face pitfalls to joy through people and circumstances in our lives. We may encounter malicious people who resent our beliefs. We may lose our jobs, our best friends, or our homes. Happiness may be out of reach but joy is readily available if we know how to nurture it - Dr. Michael Youssef Wie geleer het om te bid, het die geheim geleer van n heilige en blywend gelukkige lewe Martin Luther Soveel mense is sonder lewensvreugde omdat hulle net lewensgenot soek - Sirius Nog enkele ander tekste oor vreugde: 2 Kronieke 15:15; Jesaja 64:5; Psalm 50:4; Johannes 14:12; Johannes 16:22; Filippense 4:4; Kolossense 4:6; 1 Petrus 5:8; Openbaring 2:2-4. 2. Oefening van die week Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 21

Raak gedurende die week bewus van waaroor jy opgewonde of bekommerd raak. Praat met n vriend hieroor: Wat is die afgode in jou lewe wat dalk jou vreugde steel? 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Mag jy God se vreugde elke dag sien, hoor en beleef, sodat jy kan dans en jubel in Hom. Mag jou vreugde in Jesus ander inspireer om dieselfde te soek. Amen. 29 Februarie 2016 Les 6 Volharding en uithouvermoë (Ritme: God is kreatief en nooi my om Hom te volg met my hele lewe) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en soek Weeklikse erediens Sondag 3 Januarie 2016. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Watter van jou Nuwejaarsvoornemens staan nog en watter het reeds geval? B. AANBIDDING HERHALINGSGEBED Herhaal vir n paar minute die gebed in jou binneste, met n bewustheid dat God jou hoor. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 22

Here, vul my met U Gees sodat ek U wil kan doen. Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. C. WOORD 1. Deurdruk! Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Aanhalings: Die geskiedenis het al bewys dat mense nie suksesvol is omdat hulle begaaf is nie, maar omdat hulle volhard en baie graag iets wil hê John C Maxwell Die waterdruppel maak n gaatjie in die klip, nie deur geweld nie, maar deur aanhoudend daarop te drup Hugh Latimer Vraag: Wat is jou gevoel oor een, of albei van hierdie aanhalings? Skrifgedeelte: Genesis 22: 1-9 (DB)- n Ruk hierna wou God vir Abraham toets. Hy het hom geroep en Abraham het gesê: Hier is ek. God het LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 23

toe vir hom gesê: Vat jou seun Isak, die een vir wie jy baie lief is, en gaan na die land Moria toe. Daar moet jy hom op een van die hoë plekke op een van die berge as n brandoffer gaan offer. Ek sal jou daar wys waar jy hom moet offer. Abraham het niks gesê nie, maar gedoen wat die Here vir hom gesê het. Vroeg die volgende oggend het hy n donkie ingespan en die hout vir die brandoffer gekap. Abraham het ook twee slawe saamgeneem, saam met sy seun Isak. Toe is hy weg na die plek wat die Here vir hom sou wys. Op die derde dag het Abraham die plek van ver af gesien. Toe het hy vir sy werkers gesê: Bly julle hier. Pas die donkie en al ons goed mooi op. Ek en die seun gaan net daar anderkant offer en as ons klaar is, kom ons terug. Abraham het die hout van die brandoffer gevat en op Isak se rug vasgemaak. Abraham het n groot mes gedra asook die vuurklip waarmee hulle die hout moes aansteek. Saam-saam het hulle na die plek toe aangestap. Na n ruk het Isak die stilte verbreek. Pa? het hy gevra. Ja, seun, het Abraham geantwoord. Pa, hier is nou wel hout en vuurklip om dit aan te steek, maar waar is die skaap vir die brandoffer dan? Abraham het geantwoord: Moenie bekommerd wees nie, seun. God sal self nog vir ons n skaap gee om te offer. Die twee het verder gestap. Uiteindelik het hulle by die plek gekom waarvan God gepraat het. Abraham het dadelik afgepak, n altaar gebou, die hout gevat en dit op die altaar gesit. Vrae 1. In watter opsig ervaar jy dat God jou tans toets? 2. Weet jy wat God se opdrag vir jou is wat volharding en uithouvermoë betref? 3. Het God al aan jou gewys dat Hy gewillig is om vir jou te doen wat Hy vir Abraham gedoen het? 4. Gee die vreugde van Christus jou die krag om te volhard? LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 24

5. Is daar iets waarvoor jy al opgehou bid het? Waar in jou lewe het jý die deur gesluit wat oopmaak na God se oes wat Hy vir jou wil gee? Nog enkele ander tekste oor volharding en uithouvermoë: Jesaja 32:17; Romeine 2:7; Romeine 5:3-4; 1 Timoteus 4:16; Hebreërs 10:36; Openbaring 3:10. 2. Oefening van die week Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Die opdrag wat God aan Abraham gegee het was n massiewe toets van geloof. Om te dink dat God hom gevra het om dit waarvoor hy so lank gewag het op te gee. Dit kon nie maklik gewees het nie. Maak n lys van dinge wat jy graag wil doen, wil hê moet gebeur, of hierdie jaar gaan gebeur. Praat met God hieroor. Vra Hom wat Sy opdrag vir jou is, wat volharding en uithouvermoë betref. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Mag jy die week regtig ontdek wat God vir jou in gedagte het vir 2016 en mag jy Sy krag ontvang om dit te voltooi deur Jesus Christus. Amen. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 25

7 Maart 2016 Les 7 Vryheid in Christus (Ritme: God is Koning en vra ons hulpbronne en gawes om Sy koninkryk te bou) Die preek hieroor kan gevind word op die Lewe met Ritme You Tube-kanaal by https://www.youtube.com/channel/uctm2_dmh80trgiyg_viv-kq Open die video-skakel en soek Weeklikse erediens Sondag 10 Januarie 2016. Dit is ook te vind op die Lewe met Ritme toep (app) onder die videoskakel. A. YSBREKER Kan jy met die groep gevalle deel waar, volgens jou, Christene hulle vryheid (in Christus) misbruik het? B. AANBIDDING STILGEBED Bied die groeplede geleentheid vir stilgebed tot God rakende die volgende: Was daar onlangs enige oomblikke in jou lewe waar jy vasgevang gevoel het? Vra God om vir jou te openbaar waar daar in jou verskillende dimensies nog n houvas op jou lewe is. Houvas, in die sin dat jy weet jy nog nie vrede/vryheid daarin beleef nie. Daarna kan geluister, of saam gesing word aan liedjies van jul eie keuse. Alternatiewelik kan die liedjie(s) van die uitsending gebruik word. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 26

C. WOORD 1. Ongebonde? Lees die Skrifgedeelte(s) een of twee keer hardop deur. Bied daarna aan elkeen die geleentheid om met die groep te deel hoekom woord(e) of frase(s) in die teks tot hulle spreek. Daarna lees die fasiliteerder die vrae hardop voor. Groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vraag wat tot hulle spreek. Moedig groeplede aan om die vrae met ek -stellings te beantwoord nie vae veralgemenings soos ons/hulle/ mense nie. Aanhalings: Jou vryheid as mens vrywaar jou nie van omstandighede nie, jy is egter vry om die regte standpunt daarteenoor in te neem Victor Frankl Julle sê God het die mens vrygespreek? Maar ek sê God het die mens veroordeel tot vryheid van keuse Jean-Paul Sartre Vraag: Spreek hierdie aanhalings enigsins tot jou? Vertel. Skrifgedeelte: Romeine 5:1 (NLV)- As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Vrae 1. Hoe kan jy vryheid in Christus beleef? 2. Hoe laat dit wat jy tans in jou lewe doen, jou vasgevang laat voel? LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 27

3. Bring dit wat jy sê en doen eer aan God? 4. Is dit wat jy daagliks doen n struikelblok vir ander Christene? 5. Hoe kan jy jouself daagliks teenoor God ontvanklik maak vir die genadegeskenk (vryheid in Christus)? 6. Glo jy dat jy nie God se vryspraak verdien nie? Watter hindernis kan jy vandag vir God gee om jou vry te maak, sodat jy Jesus voluit met jou hele lewe kan dien? One of the signs of being a true Christian, besides believing in the true gospel, is experiencing a sense of freedom. We realize that we do not have to keep the Law in order to please God. We realize that God's favour upon us is not dependent upon our obedience or our law-keeping. God's favour upon us is because of what Christ did on the cross. Therefore, we are free Matt Slick G Gained R Rightousness A At C Christ s E Expense 7. Tot watter mate stem jy saam, of verskil jy van Matt Slick hierbo? Nog enkele ander tekste oor vryheid in Christus: Psalm 116:6; Johannes 8:32; Romeine 1:17; 2 Korintiërs 3:17; Galasiërs 5:13; Hebreërs 10:14; 1 Petrus 2:16. 2. Oefening van die week Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 28

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Daar is baie Christelike dissiplines wat ons as volgelinge van Jesus Christus moet oefen. Vryheid is een van hierdie dissiplines en dit kom altyd teen n prys. Galasiërs 5:13-14 sê dat ons elke dag ons vryheid moet beoefen deur ander in liefde te dien. Wees kreatief en kom vertel hoe jy die afgelope week suksesvol jou vryheid uitgeleef het. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan in die afsluitingsgebed ingesluit word. Mag jy die week vryheid in Christus beleef, sodat jy ander in liefde kan bedien. Amen. LewenSentrum Kleingroeplesse Bladsy 29