Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

Size: px
Start display at page:

Download "Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit"

Transcription

1 Kindertoewyding Ouers wy kinders aan die Here toe volgens n sekere woord beginsel wat die Woord van die Here aan hulle voorhou uit die lewe van Jesus. Jesus is hulle Verlosser en voorbeeld Broer en hulle volg die voorbeeld wat God die Vader hulle in Sy Woord gee. Hierdie voorbeeld word uit die lewe van Jesus geneem. Jesus is deur Sy aardse ouers (Josef en Maria) aan Sy Hemelse Vader toegewy toe Hy nog n baba was. (God het die oorspronklike bloudruk-ontwerp van die mens in Christus bewaar, ten spyte van die val van die mens, daarom is Jesus nie net ons Verlosser Broer nie, maar ook ons voorbeeld Broer). Die Beginsel uiteengesit Die uiteensetting van hierdie beginsel vind ons in Luk. 2: En toe agt dae vervul was dat hulle die kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor Sy ontvangenis in die moederskoot. (besnydenis was die verbondsteken tussen God en Abraham en sy nageslag Gen. 17:10 13 en alhoewel dit as n ewige verbond gegee is het die wettiese gedeelte daarvan verval omdat dit deel van die wet van Moses was en ons nou deel is van n Nuwe Testament wat wettiglik op beter beloftes gegrond is. Heb. 8:6 Gal. 5:1 4. Besnydenis kan egter vir gesondheidsredes en vir morele redes gedoen word. Let wel net seuns is volgens die wet van Moses besny. Gen. 17:10 (Seuns is op die agste dag besny omdat die bloedstollingsfaktor dan op sy hoogste sou wees en name het gespreek van karakter, roeping en eindbestemming). In die lig hiervan behoort ouers vir die Here te vra wat die name van hulle kinders moet wees wat die Here aan hulle toevertrou het. Bybelse name was gekoppel aan karakter, roeping en bestemming. Let wel: Toewyding aan die Here en besnydenis van seuntjies was twee aparte begrippe. Luk. 2:22 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, ( n vrou se reinigingsperiode vir n seuntjie was 40 dae en vir n dogtertjie was dit 80 dae) het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel. Toewyding van kinders Om n kind aan die Here voor te stel of toe te wy is nie n Nuwe Testamentiese bevel nie, maar n geloofsbelofte beginsel waar ouers kom om sekere beloftes aan die Here maak te maak t.o.v. hulle kinders

2 Wat beteken dit om n kind aan die Here voor te stel of toe te wy? Voor te stel Grieks Paristemi. Hierdie begrip het verskeie betekenisse nl.: 1. Om op sy te sit vir die Here, 2. Om tot beskikking van die Here te stel, 3. Om langs die Here te plaas, 4. Om aan die Here toe te wy. Ouers het hulle kinders in gehoorsaamheid aan die wet van Moses gebring om hulle aan die Here toe te wy. Hierdie stap van gehoorsaamheid was om aan God die Vader die volgende te sê: Hemelse Vader ons bring hierdie kind wat U aan ons as n geskenk toevertrou het en ons wil hierdie kosbare kind tot U beskikking stel. Here gebruik hierdie kind tot eer van U naam en tot uitbreiding van U Koninkryk. Ons kom as die ouers van hierdie kind om plegtig n belofte voor U en al hierdie getuienisse hier teenwoordig te maak. Ons belowe die volgende: 1. Dat ons hierdie kind in U weë en in U insettinge sal groot maak. 2. Dat ons deur ons optrede en spraak n voorbeeld vir hierdie kind sal wees, in woord en in daad. 3. Dat ons hierdie kind sal help om sy gawes en talente en onbeperkte potensiaal in U te ontdek en dat ons hierdie kind dan daarvolgens sal groot maak. (Prov. 22:6 Amplified Bible: Train up a child in the way he should go (and in keeping with his individual gift or bent) and when he is old he will not depart from it.) Bent spreek van: aanleg en voorliefde. Ek help my kind dus om sy aanleg of voorliefde te vind en dan maak ek die kind daarvolgens groot. NB. Ek dwing nie my kind om te doen wat ek graag wou doen in die lewe nie, want die Here maak elke persoon uniek en besonders. As ek my kind dwing dan berei ek my kind voor vir n gees van rebellie en rebellie is soos die sonde van heksery en eiegeregtigheid soos beelde diens. 1 Sam. 15:23. Nou leer ek om my kind dop te hou en my kind te stimuleer om sy/haar gawes te ontdek en te ontwikkel. Ps. 139:13 17 praat van die feit dat elke kind vreeslik wonderbaar is, kunstig geweef in die moederskoot en dat God se gedagtes vir die kind geweldig en kosbaar is. Ons gebed is dan as volg: Here ons vra dat u ons wysheid, insig en geduld sal gee om hierdie beloftes met die inspraak en die krag van die Heilige Gees na te kom

3 Vraag: Wat van die doop? Die doop is deur die Here ingestel met die ingang van die Nuwe Testament en die Here het Johannes die Doper gebruik om dit bekend te stel. Hand. 19:4 sê: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moet glo in die Een wat na hom kom, dit is Jesus Christus. Die doop is dus nie vir groot mense of vir kinders ingestel nie, maar wel vir die wat tot bekering kom. Markus 16:16 stel dit duidelik. Hy wat glo en hom laat doop dit sluit almal in wat glo. Nadat jy Jesus aangeneem het, moet jy jouself laat doop. Dit is ook die opdrag van Jesus aan Sy dissipels in Matt. 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle... (doop die nuwe dissipels). In kort sê hierdie gedeelte: 1. Jy hoor die Evangelie, die Goeie Nuus dat Jesus vir sondaars gesterf het en ons is almal sondaars sê Rom. 3:23: want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. 2. Jy neem Jesus aan. Hy (Jesus) word nou jou stand van geregtigheid. 2 Kor. 5:21: Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 3. Deurdat jy Jesus aangeneem het is jy nou gered (waardeur julle gered word as julle daaraan vashou). 1 Kor. 15:1+2: Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. Vraag: Het die doop in die Nuwe Testament die besnydenis as verbondsteken van die Ou Testament vervang? Nee! Daar is geen skrif om so n stelling te rugsteen nie! Jesus was besny, toegewy en later in die Jordaan rivier gedoop. Jesus was deel van die Ou Testament maar deur die offer van Sy lewe lei Hy ons in n Nuwe Testamentiese bedeling in. Die Ou Testament Gen. 17:10 12 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal n teken wees van die verbond tussen My en julle. n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte In die Nuwe Testament was daar sekere broeders wat die volgende gesê het: Hand. 15:1 As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle - 3 -

4 nie gered word nie. In Hand. 15 het die vergadering van die Apostels saam met en onder leiding van die Heilige Gees die volgende besluit geneem. Hand. 15: : Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery Besnydenis was beslis nie deel van die Nuwe Testament nie. Inteendeel Paulus is baie uitgesproke oor die besnydenis in Gal. 5:1-4: Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Besnydenis die Ou Testamentiese Verbondsteken Besnydenis was die Ou Testamentiese Verbondsteken en dit was n uiterlike teken wat moes verwys na die innerlike besnydenis van die hart Jer. 4:4 së: Besny julle vir die Here en verwyder die onbesnedenheid van julle hart... In die Nuwe Testament vind dit n koppeling met die nagmaal as die verbondsteken. Die Nagmaalsbeker die Nuwe Testamentiese Verbondsteken 1 Kor. 11:25 sê: hierdie beker is die Nuwe Testament in My bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot My gedagtenis. Vers 26: Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Die Nagmaalsbeker spreek van onverdiende vergifnis God het ons in Jesus Christus reeds vrygespreek deur Jesus vir ons sonde te maak 2 Kor. 5:21. Wanneer ons die Nagmaalsbeker van vergifnis drink moet ons ook mense onvoorwaardelik vry spreek, anders eet en drink ons n oordeel oor onsself 1 Kor. 11: Die Nagmaalsbeker is n uiterlike teken, maar moet gebruik word nadat ons die wat ons te na gekom het, vrygespreek het. Dit moet n uiterlike teken wees van n rein hart wat diep insien in die volmaakte wet van die vryspraak. Jak. 1:25. Jy t volkome vrygespreek, want jy is volkome vrygespreek. Hierdie drie sleutels is hier van krag: 1. Glo dat God jou in Jesus volkome vrygespreek het. 2. Vergewe jouself en ander. 3. Noem jouself wat God jou noem Die geregtigheid van God in Christus Jesus

5 Vraag: Wat gebeur as babas of jong kinders sterf? Matt. 19:13 Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf. Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom want aan sulkes behoort die Koninkryk van die hemele. En Hy het hulle die hande opgelê... Mark 10:16 voeg by: En Hy (Jesus) het Sy arms om hulle (die kindertjies) geslaan, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën. Aan die kindertjies behoort die Koninkryk van God. Wat babas en kindertjies betref as hulle prematuur sou sterf dan behoort die Koninkryk van God aan hulle hulle word dus gered. Alhoewel elke mens Jesus moet aanneem as persoonlike Verlosser en Saligmaker Joh. 1:12+13: Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van n man nie, maar uit God gebore is. 1 Joh. 5:12+13: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. Ons lees nie wanneer die kinder fase se afsnypunt is t.o.v. die Koninkryk van God nie, daardie afsnypunt sal deur God bepaal word. Vraag: Verseël die baba doop (besprinkeling) of die baba toewyding dan nie my kind met die Heilige Gees van belofte nie? (Dat ek sekerheid het dat my kind deel is van die verbond en daarom die ewige lewe uit genade sal beërwe). Nee! Ef. 1:13 4 sê: in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle nadat julle geglo het verseël is met die Heilige Gees van belofte. 1. Jy hoor die evangelie (die Goeie nuus) 2. Jy glo die evangelie (jy neem Jesus aan) 3. Jy word verseël met die Heilige Gees van belofte. Elke mens het dus nodig om by n plek te kom waar hy/sy n persoonlike besluit neem om Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker aan te neem en as jy dit nog nie gedoen het nie, bid hierdie gebed hardop: Here Jesus ek is n sondaar en ek wil my tot U bekeer. Luk. 5:32, Rom. 5:8,12; 1 Tim. 1:15 Ek besef nou dat U vir my sonde geword het aan die Kruis van Golgota en daar het U die volle prys vir my verlossing betaal. 2 Kor. 5:21; Kol. 2:13, 14 Ek glo dat U die Seun van God is en dat ek nou, deur in U te glo, vergewing van my sondes in U naam sal ontvang

6 Hand. 10:43; Hand. 26:18 Ek is ook bereid om almal wat teen my gesondig het te vergewe en om restitusie (regstelling) te maak waar dit nodig is. Matt. 6:12; Matt. 18:21-35 Ek besef dat U die enigste ware Verlosser is en daarom wil ek U nou aanneem as my persoonlike Verlosser en Saligmaker. Joh. 14:6; Joh. 1:12, 13 Ek glo dat U in my plek vir my gesterf het en dat God U uit die dode opgewek het sodat ek kan lewe. Gal. 2:20; Rom. 6:6; 1 Kor. 6:14; Ef. 2:6; Kol. 3:1 In geloof neem ek U nou as my Here en my Verlosser. Joh. 1:12, 13; Hand. 2:36 Dankie dat ek op hierdie oomblik n kind van God word en dat die Heilige Gees nou net in my kom woon het. Joh. 1:12, 13; Ef. 1:13, 14; 2 Kor. 1:22; Ef. 4:30 Ek het ook nou net die geskenk van die ewige lewe deelagtig geword en daarmee dus ook my hemelse paspoort ontvang. Joh. 3:16 Dankie Here Jesus Amen

Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase) Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase) My Huiswerk Boek(4) Naam: Jaar: Skool: Declaration This booklet is not sold or used for profit making. It is used solely for educational purposes. You may

More information

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM by AMANDA WOLMARANS DISSERTATION Submitted in fulfilment of the requirements for the degree MASTER OF SCIENCE in COMPUTER SCIENCE in the

More information

Addisionele Behandelings Indien die chirurg besluit dat jy verdere behandeling nodig het, sal jy na 'n onkoloog ('n mediese dokter wat in die behandeling van kanker spesialiseer) verwys word. Onthou, elke

More information

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA VAN HOOP (REEKS 1) SAAMGESTEL DEUR N LUX MUNDI GROEIGROEP PAUL EN MARIETJIE LE ROUX EMILE HURTER DANIE EN HENTA PAYNE SCHALK

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde MATHEMATICS COMPETITION WISKUNDE KOMPETISIE GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 SEPTEMBER 204 SEPTEMBER 204 TIME: 2

More information

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956 IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/KZN/398/99/KM A.M.E. STEYN Complainant and THE NGK OFFICIALS PENSION FUND Respondent INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION

More information

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir Kategorisering Dieselfde vraag kan by meer as een afdeling van die sillabus voorkom, of meer as een

More information

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD? VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?, Laat ons ons hoofde buig. Dierbare Here Jesus, ons is weer vergader in U Naam, met groot verwagting vir die uitstorting van die verkwikkende Krag van God om

More information

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers) God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers) 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self

More information

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5 Augustus 2010 Nommer 96 SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries Die sondeval was om weg van die lewende God te val. Dit het in die paradys gebeur. Die Bybel leer uitdruklik dat die sonde deur een mens

More information

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE Ek was vandag by n werkswinkel en ek het baie oor testamente geleer. Ek dink ons moet n testament maak. Nee. n

More information

INHOUDSOPGAWE -1- -2-

INHOUDSOPGAWE -1- -2- INHOUDSOPGAWE Al my twyfel...59 Al sou die vyeboom nie bot nie...37 Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie...45 Al jul volke klap jul hande...12 Al was ek nie daar nie...36 Alive, alive!...10 All Hail

More information

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Lees: Mt.28:18 20; Hd.1:4 8 Hoe lyk die gemiddelde meelewing in ons gemeente? Ons merk almal op dat: Min nuwe bekeerlinge

More information

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue *SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007 Wat is servikale kanker? Servikale kanker is 'n tipe kanker wat

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde MATHEMATICS COMPETITION WISKUNDE KOMPETISIE GRADES 0 AND GRADE 0 EN SEPTEMBER 04 SEPTEMBER 04 TIME: HOURS TYD:

More information

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei: Jan Steyn Preek 23 Februarie 2014. Teks: Efesiërs 4:1-16, 25 en 32 en 1 Korintiërs 13:7 Tema: Mense wat vir mekaar omgee, groei saam. Inleiding: Wat is geestelike groei? Iemand skryf geestelike groei is

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS VAN/SURNAME: UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS VOORNAME/FIRST NAMES: WTW 162 DYNAMICAL PROCESSES EKSAMEN

More information

Uit die Woord DOOD EN LEWE

Uit die Woord DOOD EN LEWE Uit die Woord DOOD EN LEWE? Wat ʻn ongewone titel vir ʻn artikel. En waarom begin met die dood? Sekerlik strewe ons almal na ʻn lewe waarin ons versadig is met oorvloed en genot in terme van die seëninge

More information

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956 IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/FS/92/99 STEPHANUS JOHANNES ROOS Complainant and OVS NYWERHEDE PENSIOEN FONDS BETHLEHEM MOTORS (PTY) LTD First Respondent

More information

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE AGAB EN JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE WORTELS VAN DIE EENHEID TUSSEN AGAB EN JESEBEL DEUR SANDY WARNER N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE WORTELS 1 VAN DIE EENHEID TUSSEN JESEBEL & AGAB (Die Prinsmag

More information

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT FORM A FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT PARTIES: Case Number: CA 143/2008 High Court: Grahamstown DATE HEARD: 16 November 2009 DATE DELIVERED: 19 November 2009 JUDGE(S): Jones,

More information

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT In the matter between: Case number: 081/08 No precedential significance SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP APPELLANT

More information

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Kol.1:9 11 Ons het in die vorige boodskap ter inleiding gepraat oor die voorreg wat gelowiges het om deur die

More information

In Teologiese perspektief op lewe is noodsaaklik, aangesien die betekenis van lewe

In Teologiese perspektief op lewe is noodsaaklik, aangesien die betekenis van lewe In Teologiese perspektief op lewe is noodsaaklik, aangesien die betekenis van lewe noodsaaklik is vir die verstaan van die prosesse rondom die dood. Anders gestel: wanneer ons agterkom wat die Bybel oor

More information

How To Get A Bsc In Forensic Science

How To Get A Bsc In Forensic Science DEPARTEMENT GENETIKA / DEPARTMENT OF GENETICS Keuringsaansoek: BSc Forensiese Wetenskappe / Selection Application: BSc Forensic Science Applying for BSc Forensic Science (Die Afrikaanse inligtingstuk vir

More information

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) CASE NO.: 821/11 In the matter between: JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL PLAINTIFF and FRANZALL INSURANCE BROKERS CC DEFENDANT JUDGMENT 1 Landman

More information

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER AANHANGSEL F RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER 1. Inleiding Die basiese beginsels rondom die verkryging van verklarings van kinders bly dieselfde as die beginsels

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

GOUE GEDAGTES. GOUE GEDAGTES Boodskap van die samesteller Anna Eksteen, aan jou, die ontvanger van. "GOUE GEDAGTES". Ek het hierdie boekie met baie liefde saamgestel en vertrou dat dit vir jou en vir wie jy dit ookal mag aanstuur

More information

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS (Moet in tik- of drukskrif ingevul word en persoonlik deur die applikant by sy

More information

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125 Chapter 4: Data analysis and findings 4.1 Introduction...125 4.2 How do principals influences differ with regard to Information and Communication Technology integration in their schools?... 126 4.2.2 Leadership

More information

Is Henog en Elía in die Hemel?

Is Henog en Elía in die Hemel? 1 Is Henog en Elía in die Hemel? Inleiding Hoofstroom-Christendom dring daarop aan dat die hemel die loon is van die gereddene. Sleutelbewystekste wat dan aangehaal word om hierdie siening te ondersteun,

More information

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012 Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012 Erediens Materiaal - Verskaf deur CABSA, (the Christian AIDS Bureau for Southern Africa). Agtergrond en Tema vir 2012 Daar word jaarliks by twee geleenthede

More information

Policy on Student Leadership Development and Training

Policy on Student Leadership Development and Training Department of Student Affairs (DSA) Policy on Student Leadership Development and Training Document type: Policy Document number: Rt 461/10 1. PURPOSE 1.1.1 Background It is the mission of UP to deliver

More information

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom EERSTE LIEFE 1 Ek is altyd hier by jou 2 My eerste liefde 3 Woorde 4 Stofpad langs 5 As die od van Josafat jou vat 6 Hou vas aan jou droom 7 Jesus se mense 8 Heelword in my lof 9 You are not alone 10 Rietkind

More information

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Geestelike rekmerke: 1 Gerek in verhoudings 25 Januarie 3 2 3 4 5 Geestelike rekmerke : Daaglikse rekwerk tussen Sondae 1 Februarie 6 Geestelike rekmerke : Wat

More information

Gebed in Jesus se naam (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

Gebed in Jesus se naam (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers) Gebed in Jesus se naam (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers) Die Naam van Jesus is van die allergrootste belang in voorbidding. Daarsonder is ons tot niks in

More information

Deur die innerlike word gedikteer aan:

Deur die innerlike word gedikteer aan: Deur die innerlike word gedikteer aan: 2 Gedruk en geset deur: Dogter van Sion Posbus 1130 Hartebeespoort, 0216 Tel: (012) 376 4304 e-pos: dogtervansion@gmail.com Webwerf: www. nuweopenbaring. co. za 3

More information

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP LEWENSENTRUM GEMEENTE MEI 2016 EIS JOU NUWE GEBOORTES OP N FLIEKAAND MET N VERSKIL DIE BELANGRIKHEID VAN DIE REGTE KLERE MEIMAAND IS GEBEDSMAAND BY PLS KANTLYNE WAT BETEKEN HEMELVAART VIR JOU? N LIG WAT

More information

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12 EK HAKKEL n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12 deur Eelco de Geus vertaal deur Herman Tesner en Ursula Zsilavecz met dank aan die Stuttering Foundation of America en Jane Fraser die president,

More information

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie.

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie. MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie. D4 n baie belangrike opdrag... skryf aan die persoon n brief

More information

Algemene vrae - ontvangers

Algemene vrae - ontvangers ~ 1 ~ Algemene vrae - ontvangers 1) Moet ek koeie of verse vir ontvangers gebruik? Verse het die voordeel dat hulle nie laktasiestres het nie en daarom gewoonlik makliker op hitte kom as koeie. Voorts

More information

Kunsuitstalling in Calitzdorp

Kunsuitstalling in Calitzdorp Newsletter 01 September 2016 Tel: (044) 213-3775 E-mail: tourism@calitzdorp.org.za Website: www.calitzdorp.org.za Facebook: https://www.facebook.com/calitzdorptourism/ Gebeurtenisse in en om Calitzdorp:

More information

Opstel Assesseringsrubriek 50. 16 tot 19. 19½ tot 22. 6 tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

Opstel Assesseringsrubriek 50. 16 tot 19. 19½ tot 22. 6 tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2 Opstel Assesseringsrubriek 1% INHOUD EN BEPLANNING 32 PUNTE 2 32 KODE 9% 22½ 2 9% 19½ 22 9% 1 19 9% 13 1 3 39% 1 12½ 29% 9½ TAAL STYL EN 12 PUNTE 1 12 ½ 9½ 3½ STRUKTUUR PUNTE ½ 3 2½ 2 1½ 32 PUNTE TAAL

More information

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het. 1 Goeienaand, dames en here. Hoop aan die werk Viering van die HOOP Projek, 11 April 2012, Konservatorium, Universiteit Stellenbosch (US) Toespraak deur prof H Russel Botman, rektor en visekanselier van

More information

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL A FOURIE 23277920 Previous qualification (MSD Play therapy) Thesis submitted in fulfillment of the

More information

Die huwelik as 'n gawe van God

Die huwelik as 'n gawe van God 1 Die huwelik as 'n gawe van God Die huwelik dra n groot wonder in hom om. Een-saamheid word twee-saamheid. En hierdie twee-saamheid is gegee teen alle willekeur in, en moet stand hou teen elke argument

More information

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1 Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1 Carla-Marié Spies Nagraadse student, Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit

More information

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956 IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO. PFA/GA/628/99/NJ B M Van Der Berg Complainant and Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds Respondent

More information

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956 IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/GA/53/98/NJ Ds B H S CROSS Complainant and DIE SINODALE FONDS VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VAN TRANSVAAL

More information

DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 17 Inleiding

DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 17 Inleiding DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 17 Inleiding Hoofstuk 17 en 18 vorm n eenheid. Hoofstuk 17 openbaar die groot hoer. Vers 1 openbaar dat sy deur God gestraf gaan word. o Hoofstuk 17 teken die besondere aard

More information

MARKETING MANAGEMENT

MARKETING MANAGEMENT Faculty of Management DEPARTMENT OF MARKETING MANAGEMENT National Diploma: Marketing BCom (Marketing Managment) Department of Marketing Management Discover the world of marketing If you re wondering why

More information

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC) ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC) SUBJECT PAPER PAGE ACCOUNTING 1 10 AFRIKAANS FIRST ADDITIONAL LANGUAGE

More information

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES BY DANA BENJAMIN HENRI SMIT B.COM, LLB, HDIP TAX LAW Short dissertation submitted in partial (25%) fulfillment

More information

Die Groot Afvalligheid

Die Groot Afvalligheid Die Groot Afvalligheid Vind uit wat jou pastoor, priester, predikant of kerk nie wil hê jy moet weet nie! Openbaring 12:9 sê dat Satan die hele wêreld verlei het. Kan dit waar wees? Hier is die feite wat

More information

Vertrekpunte van die Christelike geloof

Vertrekpunte van die Christelike geloof Vertrekpunte van die Christelike geloof vir onderwysers Morné Diedericks 1 Voorwoord 2 Inhoudsopgawe Voorwoord... 2 Inhoudsopgawe... 3 Inleiding... 4 Hoofstuk 1: Verskillende godsdienste... 5 Hoofstuk

More information

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF 1 OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF ` Laat ons ons hoofde buig. Dierbare Here, ons dank U vanaand vir die belofte van die koms van die Here Jesus, waar ons sal ontmoet

More information

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens Inleiding Moet vrouens regtig in byeenkomste stilbly? Moet hulle hoedens of hoofbedekkings dra? Die probleme aangaande

More information

DIE BETEKENIS EN KONTEKS VAN GENADE EN WAARHEID IN JOHANNES 1:14-18

DIE BETEKENIS EN KONTEKS VAN GENADE EN WAARHEID IN JOHANNES 1:14-18 ABSTRACT DIE BETEKENIS EN KONTEKS VAN GENADE EN WAARHEID IN JOHANNES 1:14-18 The meaning and context of "grace and truth" in John 1:14 18 P P A KOTZÉ The meaning of a word or phrase must be determined

More information

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad Huntington Siekte Algemene Inligting Neurogenetiese Kliniek Groote Schuur-hospitaal Afdeling Menslike Genetika Universiteit van Kaapstad Die siekte wat jy of jou familielid het word Huntington siekte genoem.

More information

DIE ANTICHRIS VAN OPENBARING ONTMASKER

DIE ANTICHRIS VAN OPENBARING ONTMASKER DIE ANTICHRIS VAN OPENBARING ONTMASKER WIE IS DIE ANTICHRIS? Daar heers vandag groot belangstelling omtrent die Antichris. Ons word gewaarsku teen sy merk, naam en beeld. Maar wie is die Antichris? Hoe

More information

D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts

D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts Mortho Jocobo (Mo11iE:) PointE:r-Morlond SubmittE:d os port of the: re:quire:me:nts for the: de:qre:e: of PHILOSOPHIA.E DOCTOR in the: f"oculh.j

More information

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place! Bram Voorbeeld About this Bridge 360 report 2 CONTENT About this Bridge 360 report... 2 Introduction to the Bridge 360... 3 About the Bridge 360 Profile...4 Bridge Behaviour Profile-Directing...6 Bridge

More information

# 06 / 2014 Tel: 012-348-8855/8150; Fax: 086 657 7628, E-mail: anton@ccmedia.co.za

# 06 / 2014 Tel: 012-348-8855/8150; Fax: 086 657 7628, E-mail: anton@ccmedia.co.za # 06 / 2014 Tel: 012-348-8855/8150; Fax: 086 657 7628, E-mail: anton@ccmedia.co.za Dear Colleagues / Geagte Kollegas 30 April 2014 Members must keep a lookout for ASAIPA s Member Questionnaire that will

More information

NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS

NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS Alle Bybels is nie die Woord van God nie. Hierdie geskrif, net sewe bladsye, sal u help om te kan onderskei tussen die ware Bybel en valse Bybel met Skrif bewyse. EN, kortliks,

More information

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY? Wêreld-nuusbrief NUWE JERUSALEM Pastoor Tony Alamo Kerke Wêreldwyd Die Alamo Christelike Volk Volume 18700 GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY? Pastoor

More information

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: 0800-123-22 Prevention is the cure

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: 0800-123-22 Prevention is the cure Please note that most Acts are published in English and another South African official language. Currently we only have capacity to publish the English versions. This means that this document will only

More information

IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis

IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis Hans van Aken / November 28, 2012 Copyright 2012 Hewlett-Packard Development Company, L.P. The information contained herein is subject

More information

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament R J Jones N KERUGMATIESE PERSPEKTIEF OP BEDIENINGE IN DIE NUWE TESTAMENT ROBERT JOHANNES JONES 92321683 VOORGELÊ TER VERVULLING VAN DIE GRAAD

More information

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding) N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE (Video Gebaseerde Handleiding) 1 MY OMGEEGROEP- NAAMLYS NAAM TELEFOON ADRES / E-POS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 2 AGTERGROND Die

More information

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI Ek Groet U Weer In Die Mooi En Edel Naam Van Jesus Christus Ons Verlosser. Dit Is Baie Belangrik Dat Ons Die Bewoording Van Hierdie Petisie Moet Reg Verstaan En Beskryf.

More information

IP-NBM. Copyright Capgemini 2012. All Rights Reserved

IP-NBM. Copyright Capgemini 2012. All Rights Reserved IP-NBM 1 De bescheidenheid van een schaker 2 Maar wat betekent dat nu 3 De drie elementen richting onsterfelijkheid Genomics Artifical Intelligence (nano)robotics 4 De impact van automatisering en robotisering

More information

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2 DEPARTEMENT CHEMIE DEPARTMENT OF CHEMISTRY CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2 DATUM / DATE: 13 May / Mei 2013 PUNTE / MARKS: 100 TYD / TIME: 3 ure / hours Afdeling A / Section A: 40 Afdeling B /

More information

Preek Jan Steyn op 11 Desember 2011. Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde

Preek Jan Steyn op 11 Desember 2011. Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde Preek Jan Steyn op 11 Desember 2011. Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde Inleiding: Die oorsprong van die boek van Daniël: Die tyd waarin die boek Daniël finaal op skrif gestel was waarskynlik

More information

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter Liewe ouer Tygerberg en Karakter Transformasie is trots om hierdie handleiding aan u te verskaf. Die Karakter Transformasie program is met groot sukses aan die leerders

More information

GMP-Z Annex 15: Kwalificatie en validatie

GMP-Z Annex 15: Kwalificatie en validatie -Z Annex 15: Kwalificatie en validatie item Gewijzigd richtsnoer -Z Toelichting Principle 1. This Annex describes the principles of qualification and validation which are applicable to the manufacture

More information

Die vertaling. Die Vertaling

Die vertaling. Die Vertaling Die vertaling Die Vertaling Die vertaling van die Tanakh, (Instruksies (Wet), Profete en Geskrifte), is gedoen vanuit die Masoretiese Hebreeuse teks: Die Stutgartensia en die Westminister Leningrad Codekse,

More information

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom adri.breed@nwu.ac.za

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom adri.breed@nwu.ac.za 708 Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: die ontstaan en ontwikkeling (1) Aan die and besig in Afrikaans progressive constructions: the origin and development (1) Adri Breed Vakgroep:

More information

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger Nuusbrief van die familie van NG Kerke se Simcha Bediening aan Jode Newsletter from the Dutch Reformed Churches Simcha Mnistry to the Jewish people Francois Wessels (021) 919-5903 Cecilia Burger (021)

More information

Government Gazette Staatskoerant

Government Gazette Staatskoerant Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Vol. 588 Pretoria, 27 June Junie 2014 No. 37778 N.B. The Government Printing Works will not be held responsible for the

More information

Verticale tuin maken van een pallet

Verticale tuin maken van een pallet Daar krijg je dan je groendakmaterialen geleverd op een pallet. Waar moet je naar toe met zo'n pallet. Retour brengen? Gebruiken in de open haard? Maar je kunt creatiever zijn met pallets. Zo kun je er

More information

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel Die Bybel in die skilderkuns van Vincent van Gogh Eben Scheffler 1 Departement Ou Testament en Nabye Oosterse Studies, UNISA, Suid-Afrika E-pos: schefeh@unisa.ac.za In hierdie artikel word n oorsig van

More information

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy FACULTY OF HEALTH SCIENCES SCHOOL OF MEDICINE / SCHOOL FOR ALLIED HEALTH PROFESSIONS STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational

More information

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE! 20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE! Daar is n gesegde wat sê dat daar in elke huwelik wat meer as n week oud is, gronde vir egskeiding is. Die kuns is egter om deurgaans die gronde vir

More information

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER. ONS MOEDERTAAL n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER Derde Uitgawe NASOU BEPERK Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Bpk KAAPSTAD BLOEMFONTEIN

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007 FREE STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007 In the matter between MARIUS EKSTEEN PLAINTIFF and ABSA BANK LIMITED NEDBANK LIMITED DEFENDANT FIRST THIRD PARTY TOPSY WILTON

More information

Benefits, business considerations and risks of big data

Benefits, business considerations and risks of big data Benefits, business considerations and risks of big data by Jorina Smeda Assignment presented in partial fulfilment of the requirements for the degree MCom (Computer Auditing) at Stellenbosch University

More information

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS B.Sc. Rekenaarwetenskap as die een hoofvak. Die ander hoofvak kan kom uit die volgende lys: Wiskunde, Statistiek, Toegepaste Wiskunde, Fisika, Psigologie.

More information

Sample test Secretaries/administrative. Secretarial Staff Administrative Staff

Sample test Secretaries/administrative. Secretarial Staff Administrative Staff English Language Assessment Paper 3: Writing Time: 1¼ hour Secretarial Staff Administrative Staff Questions 1 17 Text 1 (questions 1 8) Assessment Paper 3 Writing Part 1 For questions 1-8, read the text

More information

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of FC Rad Diag(SA) Part II THE COLLEGES OF MEDICINE OF SOUTH AFRICA Incorporated Association not for gain Examination for the Fellowship of the College of Diagnostic Radiologists of South Africa 29 August

More information

IT S TIME TO BE EFFICIENT Your how-to guide to sustainable living in Namibian households DIS TYD OM DOELTREFFEND TE WEES Jou self-help gids vir n volhoubare leefwyse in Namibiese huishoudings Viktoria

More information

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962 1194 Inkomstebelastingwet (58/1962), saamgelees met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (108/1996): Protokol tot wysiging van die konvensie tussen die regering van die Republiek van Suid-Afrika

More information

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:... (b) Indien u hierdie vorm namens iemand anders invul, voltooi ook Deel B (B1 & B2) hieronder. 10. Indien u aansoek om bystand doen, vul die volgende in: (a) Is u n slagoffer? (b) Indien u nie n slagoffer

More information

Laat waai met jou gawes

Laat waai met jou gawes Laat waai met jou gawes VREDELUST GEMEENTE Inleiding:Wat is Laat waai met jou gawes? Laat waai met jou gawes wil volgelinge van Jesus help om hul gawes, passie en persoonlike styl te ontdek en ontwikkel

More information

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12 NATIONAL SENI CERTIFICATE GRADE/GRAAD MATHEMATICS P/WISKUNDE V EXEMPLAR 0/MODEL 0 MEMANDUM MARKS: 0 PUNTE: 0 This memandum consists of pages. Hierdie memandum bestaan uit bladse. Mathematics P/Wiskunde

More information

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT. 90 No.35212 GOVERNMENT GAZETTE, 5 APRIL 2012 No. 279 5 April 2012 COMPENSATION FOR OCCUPATIONAL INJURIES AND DISEASES ACT, 1993 (ACT NO. 130 OF 1993), AS AMENDED ANNUAL INCREASE IN MEDICAL TARIFFS FOR

More information

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956 IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/WE/300/98/NJ C Fourie & Others Complainant and KWV Pensioenfonds Respondent DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M

More information

Examen Software Engineering 2010-2011 05/09/2011

Examen Software Engineering 2010-2011 05/09/2011 Belangrijk: Schrijf je antwoorden kort en bondig in de daartoe voorziene velden. Elke theorie-vraag staat op 2 punten (totaal op 24). De oefening staan in totaal op 16 punten. Het geheel staat op 40 punten.

More information

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the Determining to what extent the money-lender test needs to be satisfied in the context of South African investment holding companies, focusing on the requirements of section 11(a) and 24J(2) of the Income

More information

Research Report. Ingelien Poutsma Marnienke van der Maal Sabina Idler

Research Report. Ingelien Poutsma Marnienke van der Maal Sabina Idler Research Report Ingelien Poutsma Marnienke van der Maal Sabina Idler Research report ABSTRACT This research investigates what the ideal bank for adolescents (10 16 years) looks like. The research was initiated

More information