INHOUDSOPGAWE LESNR. LES WEEK VAN BLADSY 1 Lesse uit die lewe van Josua 5 November 3 2 3 Lesse uit Josua se toewyding Lesse uit Josua: geheime lewe 12 November 5 19 November 7 4 Die waarheid oor jouself 26 November 9 5 6 Die waarheid oor jouself: is jy Jakob of Esau? Ontmoeting lei na roeping: verskonings 3 Desember 11 10 Desember 13
5 November 2014 Les 1 Lesse uit die lewe van Josua Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 05 Oktober 2014 A. YSBREKER Wat was die uitdagendste ding wat jy ooit teen jou ouers se wil gedoen het? Nou kan jy daaroor lag, maar nie toe nie! B. AANBIDDING Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 1 se snit 1 = Sy liefde vir my snit 3 = Daar is niemand soos Hy snit 2 = God is liefde C. WOORD EK is by jou Lees die Skrifgedeeltes saam een keer hardop deur. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeeltes Josua 1:5-9 (NV)- 5 Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. 6 Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het. 7 Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan. 8 Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. 9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. Markus 3:14 (NLV)- 4 Hy het twaalf gekies om gereeld by Hom te wees en hulle apostels genoem. Hy wou hulle stuur om te gaan preek, Eksodus 33:1 (Bybel vir almal)- 1 Die Here het vir Moses gesê: Gaan nou hier weg, jy en die volk wat jy uit Egipte gebring het. Gaan na die land wat Ek vir Abraham, vir Isak en vir Jakob belowe het toe Ek gesê het: Ek sal dit vir julle nageslag gee. Vrae: 1. Wat help jou om God beter te leer ken? 2. Wat kan jou aardse vriendskappe jou leer oor jou vriendskap met God? 3. Wat beteken dit om God se vriend te wees? 4. Watter rol speel die Skrif in ons vriendskap met God? 5. Watter uitnodiging ervaar jy om in jou vriendskap met God te groei?
Nog enkele ander tekste oor vriendskap en vriendskap met God: Job 42:10; Spreuke 17:17; Lukas 11:5-8; Johannes 15:9-17; Jakobus 2:21-24 2. Oefening van die week Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Kies n Skrif wat jy in hierdie week kan bepeins, oor praat en uitvoer. Memoriseer die Skrif, praat met n vriend daaroor en handel volgens die Skrif. Reflekteer aan die einde van die week oor jou ervarings. Dagboek dit sou jy so voel. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag jou verhouding met God aanhou groei en verdiep, en mag jy die vreugde van vriendskap met God opnuut ontdek. Amen.
12 November 2014 Les 2 Lesse uit Josua se toewyding Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 12 Oktober 2014 A. YSBREKER Vertel van aandenkings wat jy al op jou reise/vakansies/besoeke bymekaargemaak het en daarna met familie en vriende gedeel het. B. AANBIDDING Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 2 se snit 1 = Dankie, dankie vir genade snit 2 = Koning van die eeue snit3 = Aan Sy liefde is geen einde nie D. WOORD 1. Deur dik en dun Lees die Skrifgedeeltes saam een keer hardop deur. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeeltes: Numeri 13:16 (OV) - 16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; en Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem. Josua 4:4-7 (NV) - 4 Josua roep toe die twaalf man wat hy uit die Israeliete aangewys het, een uit elke stam, 5 en hy sê vir hulle: Gaan by die ark van die Here julle God verby tot in die middel van die Jordaan en tel elkeen 'n klip op die skouer, in ooreenstemming met die getal stamme van die Israeliete. 6 Dit moet onder julle as 'n teken dien. Wanneer julle kinders julle eendag vra: Wat beteken hierdie klippe vir u? 7 moet julle vir hulle sê die Jordaan se water is voor die verbondsark van die Here afgesny; toe die ark deur die Jordaan moes gaan, is die rivier se water afgesny; daarom is hierdie klippe vir die Israeliete 'n blywende herinnering daaraan. Josua 5:4-6 (NV) - 4 Die rede waarom Josua die besnydenis moes uitvoer, is die volgende: die hele volk wat uit Egipte getrek het, die mans, al die weerbare manne, is op pad in die woestyn dood met die uittog uit Egipte; 5 al die mense wat destyds getrek het, was besny, maar die mense wat in die woestyn onderweg gebore is tydens die uittog uit Egipte, was nie een besny nie; 6 die Israeliete het veertig jaar lank in die woestyn rondgetrek, totdat die hele nasie uitgesterf het, dit wil sê die weerbare manne wat uit Egipte getrek het en ongehoorsaam was aan die opdrag van die Here. Hy het destyds 'n eed afgelê dat hulle nie die land sou sien wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee nie, 'n land wat oorloop van melk en heuning; Josua 5:10-12 (NLV) - 10 Toe hulle die Paasfees gevier het, was die Israeliete nog steeds by Gilgal op die vlakte by Jerigo. Hulle het dit op die veertiende dag van die maand teen die aand gevier.
11 Die volgende oggend het hulle ongesuurde brood en gebraaide koring geëet wat in Kanaän geoes is. 12 Op daardie dag dat hulle van die opbrengs van die land Kanaän begin eet het, het die manna opgehou. Die Israeliete sou nie meer manna eet nie. Van toe af het hulle die graan en vrugte begin eet wat in die land Kanaän geoes is. Josua beteken die Here red Vrae: 1. Wat is jou mening oor die rol wat mentors in ons lewens speel? 2. Het jy n mentor en is jy een vir iemand? 3. Wat help mense om n eerstehandse verhouding met God te hê? 4. In watter area van my lewe leef ek tans n tweedehandse geloof? 5. Wat sal jy as hedendaagse altare/getuienis beskou? 6. Watse inspirasie neem jy uit Josua se lewe wat jy graag in jou eie wil toepas? Nog enkele ander tekste oor toewyding (commitment): Numeri 15:37-41; Hosea 6:4-6; 1 Timoteus 6:11-12; 2 Timoteus 1:9-11; 1 Petrus 5:2-4 2. Oefening van die week Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Bepeins hierdie week Josua se lewe. Kyk hoe hy in toewyding aan God leef. Beantwoord in hierdie week die volgende vrae: Hoe gaan dit met die mentorverhoudings in my lewe? Watter ervarings met die Here, kort n altaar in my lewe? 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag God jou seën deur wyse mentors op jou pad te stuur. Mag jou verhouding met God eerstehands wees, en mag jou lewe van God getuig. Amen.
19 November 2014 Les 3 Lesse uit Josua: geheime lewe Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 19 Oktober 2014 A. YSBREKER Vertel van n geleentheid waar jy verkeerdelik gestraf is vir iets wat iemand anders gedoen het. B. AANBIDDING Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 3 se snit 1 = Ek weet U sien my snit 2 = U heers snit 3 = Loof die Heer C. WOORD A secret can be difficult to keep and equally difficult to share. Yet life seems to run on secrets, from concealing birthday presents to obscuring a difficult past to protecting the whereabouts of an important political figure. The Bible teaches, indirectly, that secrets can be either good or bad, but it does not clearly delineate the right and wrong uses of secrets. - gotquestions.org 1. Wegkruipertjie Lees die Skrifgedeelte saam een keer hardop deur. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeelte: Josua 7:19-22 (NLV) - 19 Josua het toe vir Akan gesê: My seun, erken die almag van die Here die God van Israel. Bely jou skuld voor Hom. Sê vir my wat jy gedoen het. Moenie iets vir my wegsteek nie. 20 Toe sê Akan vir Josua: Dit is waar. Ek het teen die Here die God van Israel oortree. Dit is wat ek gedoen het: 21 Ek het tussen die buit pragtige klere uit Sinar gesien en ook silwer van ongeveer twee kilogram en n stuk goud van meer as n halwe kilogram. Ek het dit begeer en toe vir myself gevat. Dit is in die grond in my tent weggesteek. Die silwer lê onder. 22 Josua het toe mense gestuur. Hulle het na die tent toe gehardloop. Daar kry hulle toe alles weggesteek in die tent, met die silwer heel onder. Matteus 6:5-6 (NLV) - 5 En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry. 6 Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon. Kolossense 2:3 (NLV) 3 In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind. Kolossense 3:3 (DB) - 3 Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle. Openbaring 2:17 (DB) - 17 Maak oop julle ore. Luister mooi na wat die Heilige Gees vir julle sê. Wie die wenpaal haal, sal beloon word. Ek sal vir hom gee van die hemelse brood wat weggesteek is. Ek sal ook vir hom n wit klippie gee. Op die klippie is n naam geskryf wat net vir hom bedoel is. Niemand, behalwe die een wie se klippie dit is, sal weet wat die naam is nie.
I have quitted all forms of devotion and set prayers but those to which my state obliges me. And I make it my business only to persevere in His holy presence, wherein I keep myself by a simple attention, and a general fond regard to God, which I may call an actual presence of God; or, to speak better, an habitual, silent, and secret conversation of the soul with God, which often causes me joys and raptures inwardly, and sometimes also outwardly Brother Lawrence Vrae 1. In die aanhaling van Brother Lawrence hierbo lê heelwat innerlike ontbloting. Hoe spreek dit tot jou? 2. Hoe ervaar jy tans God se teenwoordigheid? 3. Wat dink jy van die idee van geheimenisse tussen jou en God? 4. Wat verhoed ons om geheimenisse saam met God te deel? 5. Wat help jou om intimiteit en openbaring saam met God te ervaar? Nog enkele ander tekste oor n geheime lewe: Deuteronomium 29:29; Ester2:19-20; Spreuke 28:13; Jesaja 1:18-20; Matteus 9:30-31. 2. Oefening van die week Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Maak hierdie week tyd om geheime met Jesus te deel. Probeer hierdie week om jouself daagliks vir n paar minute in Jesus te verberg - dalk kan jy saam met Jesus gaan stap, of vir God n brief skryf waarin jy van jou geheime met hom deel. Hou die inhoud van hierdie tyd net tussen jou en God. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag God jou seën deur wyse mentors op jou pad te stuur. Mag jou verhouding met God eerstehands wees, en mag jou lewe van God getuig. Amen.
26 November 2014 Les 4 Die waarheid oor jouself Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 26 Oktober 2014 A. YSBREKER Vertel van n keer wat jy n groot versoeking weerstaan het of nié kon weerstaan nie! B. AANBIDDING Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 4 se snit 1 = Ons is almal hier tesaam snit 2 = Roem in U Naam snit 3 = Saam wil ons juig C. WOORD Ons kan net van ons foute, mislukkings en kwellings werk begin maak as God toegelaat word om die lig van Sy waarheid daarop te laat skyn Rick Warren 1. Blindekolle Lees die Skrifgedeeltes saam een keer hardop deur. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeeltes: Psalm 19:13-15 -(NLV) 13 Wie kan sy eie oortredings verstaan? Spreek my vry oor verborge sondes 14 en bewaar my van opsetlike sondes! Laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings. 15 Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser. Lees die hele 2 Samuel 12 vir agtergrond 2 Samuel 12:13-20 (NV) - 13 Toe sê Dawid vir Natan: Ek het gesondig teen die Here. En Natan sê vir hom: Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie. 14 Maar omdat jy deur hierdie daad die vyande van die Here aanleiding gegee het om Hom te laster, sal hierdie selfde kind wat vir jou gebore is, sterwe. 15 Natan het huis toe gegaan, en die Here het die kind wat Urija se vrou vir Dawid in die wêreld gebring het, getref. Die kind het ernstig siek geword. 16 Dawid het tot God gebid vir die kind. Hy het hom verootmoedig deur aanhoudend te vas, hom terug te trek en op die grond te lê. 17 Die hoofde van sy huishouding het hom probeer oorreed om van die grond af op te staan, maar hy wou nie. Hy het nie saam met hulle aan tafel verskyn nie. 18 Op die sewende dag het die kind gesterwe, en Dawid se amptenare was bang om hom te vertel dat die kind dood is. Hulle het gesê: En nou? Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, en hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons nou vir hom sê die kind is dood? Hy sal 'n onbesonne ding aanvang. 19 Dawid het agtergekom dat sy amptenare onder mekaar fluister en hy het afgelei dat die kind dood is. Is die kind dood? het hy gevra. Hy is dood, was hulle antwoord. 20 Toe het Dawid van die grond af opgestaan. Hy het gaan was, reukolie aangesmeer, aangetrek en na die heiligdom toe gegaan om te aanbid. Hierna is hy huis toe en het hy kos gevra. Hulle het hom 'n ete voorgesit en hy het geëet.
Vrae 1. Wat help jou om jouself te leer ken? 2. Hoe goed dink jy ken jy jouself? 3. Wie help jou om jou blindekolle te sien? 4. Is jy geneig om selfkrities te wees / of om jou eie goedheid te oorskat? 5. Waarom is ons prentjie wat ons van onsself het, vir God belangrik? Nog enkele ander tekste oor die waarheid oor jouself: Psalm 15:1-2; Spreuke 8:7; Spreuke 12:19; Johannes 8:31-32; Titus 1:1-2 2. Oefening van die week Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Hierdie week doen ons n blindekol -gebed. Memoriseer Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink aanneemlik wees Here, My Rots, en my Verlosser. Bid gerus hierdie gebed elke keer as jy n spieël sien. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag jy jouself sien soos God jou sien. Mag jy genade ontvang om jou blindekolle raak te sien en aan te spreek. Mag jy ook genade ontvang om God se liefde vir jou te ontvang. Amen.
3 Desember 2014 Les 5 Die waarheid oor jouself: is jy Jakob of Esau? Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 02 November 2014 A. YSBREKER Vertel hoe iemand jou guns probeer koop het hoe jy daarvoor geval het, of hoe jy genadig was. B. AANBIDDING Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 5 se snit 1 = U is hier Snit 3 = U s my God snit 2 = Ek weet dat U my liefhet C. WOORD 1. Jy is? Lees die Skrifgedeeltes saam een keer hardop deur. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeeltes: Genesis 27:18-20 (DB) - 18 Jakob het na sy pa toe gegaan en hom gegroet. Dag, Pa, het hy gesê. Isak het geantwoord: Ja, hier is ek, maar wie is jy, my seun? 19 Jakob sê toe vir sy pa: Dit is ek, Esau, Pa se oudste kind. Ek het gedoen soos Pa gesê het. Sit nou gemaklik sodat Pa van my lekker wildskos kan eet. Daarna kan Pa my seën. 20 Isak wou egter weet hoe hy so vinnig die wild opgespoor het. Jakob het geantwoord: Pa se God, die Here, het my gehelp. Genesis 32:22-28 (DB) - 22 Jakob het toe die vee vooruitgestuur, maar hyself het die nag in die kamp geslaap. 23 Laatnag het hy wakker geword. Daar en dan besluit hy om Lea en Ragel, Silpa en Bilha, sowel as die elf seuns, deur die rivier te neem. Hulle is toe by die Jabbok se driwwe deur. 24 Toe hy sy familie veilig deur die rivier gekry het, het hy ook al sy besittings gestuur. 25 Jakob het alleen duskant die rivier agtergebly. Terwyl hy nog so staan, het n man hom skielik gepak en hulle twee het begin veg. Dit het tot dagbreek die volgende oggend aangehou. 26 Toe die man sien Jakob is te sterk vir hom, het hy Jakob n laaste harde hou op die heup gegee. Dit was so erg dat die heup heeltemal uit sy potjie gespring het. 27 Die man sê toe: Los my tog nou, want dit is al dagbreek. Jakob het toe gesê: Ek sal nie. Voor ek jou los, moet jy my eers seën. 28 Wat s jou naam? stotter die man. My naam is Jakob, het Jakob geantwoord. Vrae 1. Watter naam wat God jou gee is vir jou ekstra spesiaal? 2. Watter naam wat God jou gee is vir jou moeilik om ten volle te glo? 3. Wat leer hierdie teks jou oor wat dit beteken om geseën te word? 4. Ervaar jy tans dat God jou op jou naam roep?
Nog enkele ander tekste oor die waarheid oor jouself: Psalm 25:5; Psalm 43:3; Spreuke 23:23; Sagaria 8:16-17; Johannes 16:13; Johannes 17:17; Efesiërs 4:25 2. Oefening van die week Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening vir die komende week. Oordink hierdie week die verskillende name wat jy in jou lewe ronddra. Dink aan noemname wat mense jou al genoem het. Wat het hierdie name aan jou gedoen - was dit negatief, of positief? Watter naam het jy vir jouself? Wat dink jy noem God jou? 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag jy jou ware naam as geliefde en geseënde by God hoor. Mag jy veral in tye wat jy minderwaardig en waardeloos voel, bewus wees van God se waarheid. Amen
10 Desember 2014 Les 6 Ontmoeting lei na roeping: verskonings Jy kan die preek vind deur op You Tube in te gaan en te soek (search) erediens episode 16 November 2014 A. YSBREKER Hoe het jy in die verlede gereageer wanneer iemand jou gekomplimenteer het op n vaardigheid, talent of gawe? En nou? B. AANBIDDING C. WOORD Luister na, of sing saam aan die liedjies op die DVD by Les 6 se snit 1 = Nuwe lewe snit 3 = My chains are gone snit 2 = Die skepping juig We are not in a position in which we have nothing to work with. We already have capacities, talents, direction, missions, callings - Abraham Maslow 1. Volg My! Verskonings wat al gebruik is: Moses het gesê hy hakkel en wie is ek? Gideon het gesê hy is te swak; is nie n gesiene man nie Jesaja het gesê hy is te sondig Jeremia het gesê hy is te jonk Lees die Skrifgedeeltes. Daarna hanteer die leier die vrae met die groep. Skrifgedeeltes: Matteus 28:16-20 (NLV) - 16 Die elf dissipels het toe na Galilea gegaan, na die berg soos Jesus hulle beveel het. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, alhoewel party van hulle nog getwyfel het. 18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. 1 Samuel 3:1-11 (NV) 1 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2 Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3 en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4 en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: Ek kom! 5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar Eli sê: Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer. En Samuel het gaan lê. 6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe sê Eli: My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer. 7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8 Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en
na Eli toe gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9 en Eli sê vir Samuel: Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister! Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. 10 Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: Samuel, Samuel! En Samuel sê: Praat, Here, u dienaar luister! 11 Die Here sê toe vir Samuel: Ek gaan 'n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit. Handelinge 9:3-16 (DB) - 3 Naby Damaskus is Saulus skielik deur n skerp lig uit die hemel verblind. Hy het baie groot geskrik toe hy die lig sien en het soos n dooie op die grond neergeval. 4 Toe hoor hy n stem wat vir hom sê: Saul, Saul, hoekom is jy besig om My te vervolg? 5 Sê asseblief vir my wie U is, Here, het hy benoud gevra. Dit is Ek, Jesus. Jy is besig om My te vervolg. 6 Staan nou op en gaan Damaskus toe. Daar sal jy hoor wat jy moet doen, het Jesus geantwoord. 7 Die ander mense wat saam met Saulus gereis het, was verstom oor wat gebeur het. Hulle kon net die stem hoor, maar hulle het niks gesien nie. 8 Saulus het orent gekom. Toe kom hy agter dat hy niks kan sien nie. Sy reisgenote moes hom lei. 9 Drie dae lank was hy blind. Hy het niks geëet of gedrink nie. 10 In Damaskus was daar n volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het in n visioen met hom gaan praat: Ananias! Ja, Here, hier is ek, het hy geantwoord. 11 Toe sê die Here vir hom: Jy moet dadelik na Reguitstraat gaan. Gaan soek die huis waar n man met die naam Judas bly. Vra dan vir hom of jy Saulus te sien kan kry. Hy is op die oomblik besig om te bid. 12 Ek het reeds in n gesig vir hom gewys dat jy op pad is na hom toe om jou hande op hom te sit sodat hy weer kan sien. 13 Ananias het geskrik toe hy dit hoor: Here, heelwat mense het my al teen hierdie man gewaarsku. Dis hy wat u kinders in Jerusalem so wreed vervolg. 14 Nou het hy na ons toe gekom met lasbriewe van die hoëpriester om ons almal te vang. 15 Die Here antwoord Ananias: Doen wat Ek vir jou sê. Gaan dadelik na Saulus toe. 16 Ek het hom uitgekies vir n baie besondere opdrag. Hy gaan nog met baie belangrike mense oor My praat, en ook met die Jode en met mense wat aan ander volke behoort. Daar lê n moeilike taak vir hom voor. Saulus gaan nog baie swaarkry omdat hy oor My moet praat. Ek sal dit een van die dae vir hom wys. Nog enkele ander teksgedeeltes oor roeping: 1 Samuel 10:9-16 (Saul); Lukas 5:1-10 (Petrus) Vrae 1. Wat is soms jou verskoning wat jy gebruik wanneer God jou roep? 2. Met watter Bybelkarakter se roeping kan jy identifiseer? 3. Hoe naby, of suksesvol was jy vanjaar aan die ingesteldheid van Praat Here U dienaar luister? 4. Deel met die groep hoe God vanjaar gebeure gebruik het, wat toe na toevallighede gelyk het, om jou by n plek te bring waar Hy jou kon seën, of jóú tot seën vir ander kon gebruik? 5. Wat beplan jy om te verander, of in plek te sit sodat jy voortaan (duideliker) God se stem hoor? 2. Oefening tot die einde van die jaar Groeplede gee terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week. Ontvang die nuwe oefening. Lees Bybel, bid en mediteer, maar bowenal maak tyd om stil te word vir n ware ontmoeting met God, sodat jy kan hoor wat Hy vir jou sê oor - waartoe hy jou roep hierdie tydperk van die jaar. 3. Seëngebed Hierdie seëngebed kan as afsluiting gebruik word. Mag jou verskonings soos mis voor die son verdwyn soos wat jou hart brand wanneer jy God aangesig tot aangesig ontmoet. Mag jy met jou hele wese glo dat jy deur God geroep is. Amen.