Astra castra Dot Serfontein



Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM


UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Algemene vrae - ontvangers

How To Get A Bsc In Forensic Science

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

MARKETING MANAGEMENT

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

1. Lees en leestegnieke

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

Human Rights and Workman s Compensation:

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Doelgerigte Jeugbediening (

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Policy on Student Leadership Development and Training

SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

Emile Page 9 Maart September 2009 Deur Heleen Page

K28337 KOMMissin 4058 RA5

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

INHOUDSOPGAWE

Deur die innerlike word gedikteer aan:

Vertrekpunte van die Christelike geloof

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Ë1412-A-AET-JE02 Î JUNIE-EKSAMEN 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2/3 GRAAD 12 %

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

Government Gazette Staatskoerant

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

Hennie Aucamp Die onvoltooide selfportret (1659?) 265 Rembrandt-selfportret, Die Verlore Seun: Rembrandt (1662) 266 Rembrandt-ets 266

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF

Verbintenis tot besluitneming

: DIE PRAKTYK VAT STADIG POS

n KURSUS STUDIEMETODES

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Kunsuitstalling in Calitzdorp

~ We are all goddesses, the only problem is that we forget that when we grow up ~

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

WOENSDAG 25 FEBRUARIE

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger

Beskouings oor die doodstraf

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Llterêre vertaling as kruiskulturele kommunikasie: Kortonnen dozen van Tom Lanoye in Afrikaans

DIE ROL VAN VISIE EN MISSIE IN 'N ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN STRATEGIESE BESTUUR. A.J. Kuyvenhoven. Skripsie MAGISTER COMMERCII ONDERNEMINGSBESTUUR

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN)

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie.

Herken en visualiseer 3-dimensionele voorwerpe uit die omgewing

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

Foto: Een van Moir's Jaar van die tert kompetisie wenner Elba Kruger

DIE LEWENDE TAAL. No. II. (Vir Standaard III) GOEDGEKEUR DEUR DIE SKOOLBOEKE KOMMISSIE VAN DIE SUIDAFRIKAANSE AKADEMIE. Inspekteur van Skole

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

NAAR NEDERLAND HANDLEIDING

101 Inspirerende Quotes - Eelco de boer - winst.nl/ebooks/ Inleiding

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

Saamgestel deur C Du Plessis

Transcription:

KORTVERHAAL 3 Astra castra Dot Serfontein Toe nou, sê Eben Bester, hulle wil begin. Hy kyk af na Ettie, sien die skrik in haar oë. Sy is te jonk. Vir enigiets, dink hy vererg. Sy koue blou oë vat haar verwarde denke vas: kom nou! Dan verander sy stemtoon. Hy boots die skoolhoof na: Onthou, my dogter, astra castra, numen lumen, reik na die kroon. Haal diep asem en moenie rondvroetel by die wegspringblokke nie. Sy lag. Die dodelike klem in haar maag los, en sy is gereed. Op julle plekke! sê die groot man met die swart snor, en Ettie sak saam met vyf ander in die wegspringblokke neer. Sy skarrel n oomblik met haar spykerskoene rond na vastigheid. Sy voel, eerder as wat sy sien, die waarskuwende afkeuring in Bester se gesig waar hy teen die tralies leun, en sy verstyf gehoorsaam in haar spore. Langs haar aan die anderkant sak die drie vingers van die Suid-Afrikaanse naelloopkampioen, Hanna Dewalt, met geoeffende sekerheid neer. Die afsitter lig sy pistool. Gereed! Drie sekondes waarin die groot pawiljoen met sy honderde toekskouers dodelik stil word, waarin die witstrepe soos weerligstrale weerskante van die naellopers uitskiet, en hul hele gewig met elke greintjie wilskrag in hul vingerpunte vorentoe gegooi is. Die skoot knal! Die ses naellopers in die honderd meter ope ruk orent uit die blokke, en die geskreeu van die toeskouers breek soos water uit sluise. Toe Ettie met haar tweede tree regop kom, sien sy met verbystering dat die kampioen reeds twee meter voor haar op vaart is. Die beroemde wegspring, flits dit deur haar gedagtes. Die wegspring wat meneer Bester haar maande lank al geestelik skool om te omseil. Sy byt op haar tande en lóóp. Die wilde geskree is n veraf geruis soos van n skulp teen haar oor. Sy loop, maar die bruin, leeragtige elmboë, en drillende neksenings van die kampioen bly twee meter voor, soos aan die begin. Net twee, dit word nie meer nie, flits dit deur Ettie, en met die wenpaal reeds in sig bars sy uit in n wilde dolle vaart waarin sy van alles om haar vergeet; die kampioen langs haar, Bester by die tralies, die wenpaal voor. Sy hardloop asof sy elke spier in haar liggaam in n kolossale selfmoordpoging uitmekaar wil skeur. Die eerste waavan sy weer bewus word, is oom Spekies, haar skoolhoof, wat haar vang. Sy word links en regs rondgeruk en op die skouers geklop. Vreemdes skree in haar gesig. Sy het gewen. Baie, baie geluk. Tussen al die stemme deur tref diè een. Twee droë lippe tref hare en daar is die verbete glimlag na die toeskouers; Hanna Dewalt, die kampioen, wat nie meer kampioen is nie! n Soutsmaak van onvoldaanheid is op Ettie se lippe agtergelaat, maar dan sien sy hulle, haar eie mense, haar eie spesiale eilandjie van aanmoediging, wat wild op die paviljoen te kere gaan. Voordag van more van Estville weg, n Paar onderwysers, die skoolhoof, haar ouers, nog n paar atlete, maar nie so goed soos Ettie nie, nou nooit weer so 1

goed soos Ettie nie. Sy waai vir hulle, maar Eben Bester neem haar aan die arm. Hierso, gaan trek gou aan. Sportsak met haar sweetpak en skoene. Die stadige, versigtige afkoel van spiere. Ek tek sommer hier aan, dink sy en pluk haar sweetpak oor haar atletiekklere aan. Die aantrekkamer Haai, Meneer, ek wil nie by die kleedkamer ingaan nie. Sê nou ek kry juffrou Dewalt daar. Maar jy het haar mos net geklop. Jy het haar nie gestamp of gepootjie nie. Ek weet, Meneer. Maar ek voel aardig. Die verskrikking van verloor was nog nooit so naby as noudat sy gewen het nie. Aardig? sê hy ysig. Hulle stap buitentoe op die sypaadjie langs om haar te laat afkoel. Hy bly vies: hierdie naelloop is die kroon wat gespan is op maande se deskundige kanalisering van haar kragte, van meedoënlose voortdrywing onder nimmereindigende aanmoediging. En die belangrikste, om haar tienergees te dissiplineer in die stale selfbeheering van die werklike atleet. En nou: aardig! Daar lê nog baie werk voor. Jy sê aardig. Weet jy wat jou tyd was? Nee Meneer? Skuldig omdat sy dit nie eerste gevra het nie. Jy het haar drie jaar oue record geëwenaar. Maar Ons moet dit weer doen! Volgende maand in Port Elizabeth. Het jy gesien hoe neem hulle jou af? Jy is vooorbladnuus: onbekende skoolmeisie stof Hanna Dewalt uit. Sy sal dit ook lees. Sy sal die rumatiek uit haar senings brand en haar vol kotisone pomp. Sy wag vir jou volgende maand. Ettie swik langs hom en skree van die pyn. Hy ruk haar op. My voet, my voet, my voet. Hulle staan tussen die geparkeerde motors, en dis verlate soos in die veld. Van binne die stadion kom die dawerende gejuig van die volgende wenner. Hy druk haar op die randsteen neer. Hy gaan sit tussen die vuil koerantopdrifsels en plastiekgemors. Dan hurk hy voor haar en stroop haar sokkie af. Sy gesig is krytwit; n kramp? n Klopping? Binne? Buite? In die kuit? In die hakskeen? In die tone? Waar? Ek weet nie, ek weet nie. Trane stroom uit haar oë. Hy vat haar geswete voet voor die sokkie behoorlik af is. Sy hande is al wat sy ken en vertrou. Sy vingers streel, gevoelig vir die geringste swelsel of hitte. Eina! Hy bars uit van die lag, onbeheers, soos nooit anders nie. Dis n blaar, n yslike blaar. Van die verdomde nuwe spykerskoene, dis al! Kom! Sy hink langs hom terug, die trane uit haar oë gevee. By die hek wag die ander, want hulle het net vir Ettie se wedloop gewag. Al die vroue soen haar. En oom Spekies sê vir almal wat wil luister: So sien ons weer die waarheid van die gevleuelde woorde: astra castra, lumen numin, die sterre my kamp, God my lamp. Estville, die Vrystaat, ja die hele suid-afrika is trots vandag En haar ma sê trek aan jou skoen my kind. En haar pa sê die afsitter was kop in een mus met Hanna Dewalt, sy het ten minste n sekonde te vroeg weggespring, En Eben Bester sê Baie geluk ook, Ettie. En Ettie sê: Baie dankie, Meneer. Vir alles 2

Al die raas en dril en opdreun? Voor almal sê hy dit, sodat hulle kan weet hy vry nie agteraf met haar, soos baie ander afrigters met meisie-atlete doen nie. En sy dink, bie-dem, en sê: Ja, daarvoor ook Sodat almal kan wonder. Want hy is eintlik so mislik oor dinge soos Hanna Dewalt. Weet hy nie hoe dit voel om te verloor nie? Of weet hy te goed? Hy kyk n oomblik na haar, byna of hy iets verder wil vra maar dit is voor almal. Eben Bester is afgesien van alles, nog haar Wiskunde-onderwyser. En daar is hy nog genadeloser, gevoelloser. Kort voor die atletiek byeenkoms in Port Elizabeth sit Ettie op n dag voor in die klas. Agter haar sit Dolf Marais. Het jy die tigprobleem uitgekry, Ettie? vra hy. Hy kry altyd alles uit. Hy moet werk vir n hele paar onderskeidings en het dit byna so bitter soos Etti. Dolf skuif sy huiswerkboek vorentoe oor. En sy hand raak toevallig aan haar wang. Sy weet dis aspris, en hy weet, sy weet. Is jy seker die ding is reg? vra sy. Moet ek langs jou kom sit en dit verduidelik? Natuurlik kan sy nie ja sê en sy kan nie nee sê nie. Sy skryf die antwoord af. Eben Bester kom by die klas in. En beide Ettie en Dolf, wat hom soos n horlosie ;lees, weet dat hy in n slegte bui is. Hy kyk na niemand nie, wys afwesig vir iemand om die bord skoon te maak, gaan by die venster staan en uitkyk en met sy duimnael breek hy stukkies van die kryt in sy hand af. Die kinders weet dat hy in sy universiteitsdae n uithaler atleet was, n toekomstige lid van die Suid-Afrikaanse span. Hy het n besering opgedoen, moes maande met krukke loop en het geëindig as n gewone onderwyser. Ongewoon beduiweld. Bitsig en onverdraagsaam, maar goed. As Bester teen n ding is en hy is dikwels ontsien hy hoof nog kollega. Gelukkig het hy aan die begin van die jaar verloof geraak aan die nuwe musiekonderwyseres, en almal hoop dat sy gal in die toekoms tuis gebraak gaan word. Ja, en wie het die probleme uitgekry? Argeloos steek Ettie haar hand op. Dis net haar hand en Dolf s n wat opgaan. In die sop! So? Hy staan soos n dikgevrete mannetjieskat daar en hou sy hand uit vir die twee boeke. Hulle gee dit, en die res van die klas vou hulle hande. In die sop is Bittergal se twee witbroodjies Al trap hy hulle gedurig voor ander uit, hulle weet dis sy witbrode.. Hy verduidelik die problem op die bord. En dit is nie die verduideliking wat Ettie van Dolf afgeskryf het nie. En julle twee, die enigste twee wat dit uitgekry het, het dit volgens dieselfde verkeerde redenasie uitgekry. Dolf, wat sê jy hiervan? En staan op as ek met jou praat. Dolf slinger orent, staan stug en afkyk. Het Ettie by jou afgeskryf? Nee, Meneer. A. Dus het jy by Ettie afgeskryf. Belaglik! Ettie sukkel deurentyd met Wiskunde. Terwyl Eben Bester praat, kyk hy smalend na Ettie. Sy kyk weg. Hy wag. Nou ja, jy ontken dit nie, Dolf, dus het jy afgeskryf. Jy weet wat ek van oneerlikheid dink. Kom saam met my kantoor toe. Die klas vergaap hulle aan die belaglikheid daarvan dat die Wiskundebrein van die klas,en dat Ettie nie opstaan en erken dat sy die afskrywer is nie. Maar Ettie sit doodstil. Sy kyk Bester vas in die oë. Sy lig haar ken net n bietjie hoër en sy glimlag net nie. Dolf kom vanself vorentoe met ongewoe veerkrag in 3

sy stap en n stywe trots in sy nek. Bester bly na Ettie kyk, maar sy verroer nie n spier nie. Eers toe hulle albei uit die klas is, pak sy haar boeke en loop uit, koshuis toe. Sy voel naar, sê sy vir die matone, en klim in die bed. Sy is ook naar. Siek. mislik. Is dit die eerste keer dat n kind in jou klas iets afskryf? vra Eben se verloofde ongelowig toe hulle die middag saam terugstap skool toe, hy na die atletiekveld, sy na die musiekamer. Natuurlik nie. Maar dan is dit nie Ettie Stofberg nie. Ag, ek het self enkel male Ek glo nie daar was sprake dat jy die daaropvolgende jaar vir suid-afrika gekies kan word nie. Sy ignoreer die skimp; Sy is ten spyte van alles net n doodgewone meisie wat dalk gewone dinge doen en glo. n Meisie, ja. Maar n meisie wat die Suid-Afrikaanse vrourekord geëwenaar het toe dit glad nie die beste tyd van die tyd van die maand vir haar was nie. Liewe hemel! Jy matig jou dit tog nie aan om selfs oor sulke dinge van die stomme kind op hoogte te wees nie? Vanselfsprekend. Sy doen elke dag n stel oefeninge wat n os sal laat neerslaan. Ek moet weet op watter tye ek haar kan druk en wanneer nie. Ettie weet nie eens dat haar ma my daarmee gehelp het nie. Die byeenkoms van nou die dag het haar sleg getref. Maar op die een in Port Elizabeth sal sy eers regtig kan uithaal. Dit tref haar net op die regte tyd. Jy is heeltemal behep met haar, Eben. Ek rig atlete af. En as daar oor elke atleet wat ek afrig, n rusie gaan wees Die sin bly in die lug hang. Hy stap na die baan. Sal sy daar wees, nà vanoggend? Natuurlik sal sy. En nou, tussen hulle twee alleen, sal hy haar die afranseling gee wat sy verdien. Verbeel jou om hom te probeer vermaak! Hy sal net weier om haar verder af te rig tot sy om verskoning vra. Korrek. Hy sien haar dadelik waar sy besig is om òm die baan te draf. En teen wil en sin raak hy soos altyd vasgevang in die koòrdinasie van haar gang. Die merkwaardige krag waarmee haar dyspiere trek sodat dit lyk of haar voete nie grond raak nie, die ligte, inspanninglose beweging van die skouers, die onversteurbare, voortstuwende ritme bring hom in vervoering. So het hy haar opgemerk toe sy hokkie speel, haar ingepalm en haar begin afrig. En daar draf sy. Sy is nog nie naastenby ten volle ontplooi nie. Alles lê nog glinsterend en heerlik in die toekoms vir hulle. Vir haar, korrigeer hy homself. As haar spiere taaier is, haar gees meer stabiel Toe sy verby kom, hou hy sy hand op. Uit met die skoen. Ounooi. Ek wil sien of die waterblaar nie lol nie. Dis alles verby: sy hande maak die vrede. Dankie, Meneer, sê sy eerbiedig toe hy klaar is. En nou verder: tot aan die einde van die kwartaal sy hy reël dat sy by die hoof inwoon. Want nou moet die oefenprogram versnel word, en dit is nie moontlik 4

met haar in die koshuis nie. Sy moet ook die regte dinge eet, ongewone tye. Dit mòèt nou. Sy praat nie tee nie, want sy weet ook dit moet. Dit blyk nie so erg te wees nie. Oom Spekies by die huis is heeltemal n ander mens as die gevreesde hoof by die skool, en om saans voor die kaggelvuur te leer, terwyl die koshuisbrakke by hul boeke sit en bibber, is nogal n aardigheid. Minder lekker om soggens halfses in die donker af te stryk atletiekbaan toe, waar Bittergal staan en wag,. En ná die oefening stap hulle saam weg, en hy gesels. Altyd oor atletiek Maar sy leer baie meer as net van atletiek. Sy sien sy verterende idealisme en die toewyding waarmee hy haar afrigting doen, die noukeurigheid van besonderhede. Sy merk ook op dat hy geen vriende het nie. Howel hy die verloofde van n gewilde meisie is, kom hy met n ongelukkige gesig soggens op die veld aan. Eers daar raak hy kalm. En sy merk dat sy self soggens ongelukkig by die baan kom, want sy raak ook afgesonder van haar maats, deel nie meer in hul gesprekke nie. So praat die meisies lankal van die koshuispartytjie voor sy iets daavan agterkom. Ek is nie gevra nie, moet sy erken. Maar Dolf wil jou vra. Hy is net bang vir Bittergal. Hy sal darem nie nóg straf vat net vir jou nie. Bittergal is nie my pa nie. Maar Dolf hou net nie meer van my nie. Niemand hou van wenners nie. Ha! Stoffel sê Dolf het n foto van jou in sy Bybel. Wat? Hy kry dit nie by my nie. Nee, hy sny dit uit die koerant. Sal jy gaan as hy jou vra? Sê hy moet vra en kyk. Dolf gee n briefie vir n maat wat dit vir n meisiemaat gee om vir haar te gee. En sy gaan, sê sy. Die party is die laaste aand voor die skool sluit, twee dae voor sy na Port Elizabeth moet gaan. Dolf loop nou agter haar aan as hulle klasse verwissel, en die ander kinders dink hulle is gekys. Maar hy vra haar nie. Hy moet eerste aan sy onderskeidings dink en sy aan haar tyd. Maar hulle gaan saam partytjie toe, en wie weet wat nie daar sal gebeur nie? Drie dae voor die skool sluit, kry sy die onheilstyding van Eben. n Vriend van die skoolhoof het n filmopname gemaak van Ettie se naelloop daardie vorige keer. Hy sal dit nou by die skoolhoof kom vertoon.. Ettie moet dit bestudeer. Ek is jammer, ek gaan na die koshuisparty. Jy is nie meer in die koshuis nie. Die seunskoshuisparty Het n seun jou gevra? vra hy bot. n Gloed sprei oor haar gesig. n Koshuisparty. Twee aande voor die S.A. Kampionskappe! Is jy gek? Ek sal eers na die film gaan kyk. Die party hou in elk geval nie tot laat aan nie. Laat? Dit het in elk geval niks daarmee te make nie. Atletiek, groot atletiek, in nie kinderspeletjies wat na willekeur met skoolkêreltjies afgewissel kan word nie. Ek dag dit verstaan jy ten minste teen dié tyd. Sy bly staan. En wie is die mannetjie nogal? vaar hy onbeheers uit. Seker weer Dolf Marais. Nou wel, jy sê hom jy gaan nie meer nie. Volgende kwartaal kan julle, wat my betref, n ring gaan koop, maar hierdie 5

atletiekbyeenkoms sal jy harloop en wen, al breek ek Dolf se nek vir hom. Gaan jy hom sê of moet ek? Ek sal self, Meneer. Sê sy, draai sy op haar hakke om en hardloop struikestruikel! oor die grasveld weg. Van die beroemde harloopstyl is niks te sien nie, en hy weet wat dit beteken. Donderdagaand sit Ettie vaal tussen die grootmense na die film van haar destydse prestasie en kyk. Sy is skaam oor haar vertrekte gesig en seninrige arms. Ook maar nes Hanna Dewalt vir wen of bars. Dit word nie net een keer vertoon nie. En stadigaan voel Ettie hoe sy twee mense word. Die een kyk na Eben Bester en sien hoe sy stramheid hom verlaat. Hy beduie geesdriftig terwyl die film afrol, hy laat dit terugrol, hy speel dit weer oor. Die wegspring, die eerste tree Daar kom vuur in sy koue oë Sy gevoelige hande flicker deur die lig-skadu van die projektorstrale. Hy wys na haar voet, tik sy vinger op haar lang dyspier, streel langs haar rug af met die agterkant van sy middelvinger, raak met onverbloemde teerheid die skouerknop aan van die skadumeisie wat hom nog nooit teleurgestel het nie. Maar die ander meisie wat ook sy is, luister na die veraf musiek wat uit die seunskoshuis kom. Dolf se hande, jonk, dom teen haar wang. Sy wil huil vir altwee die meisies. Eindelik is die aand verby, die grootmense groet en gaan saam iewers heen. Sy en tannie Spekies bly alleen agter. Sy trek uit. Ettie, hier is iemand om jou te sien. Wie op aarde? Sy trek aan. In die helder voorkamer, soos n haas in n lampstraal gevang, staan Dolf. Sit maar, sê sy ewe benoud, en hy gaan op die puntjie van n stoel sit. Hoe was die paty? Nie gegaan nie. Mens sou jou net vrek verveel. Hy spring op toe daar voetstappe iewers opklink en sê hard; Ettie, ek het net die boeke gebring wat jy by my wou leen. maar toe die voetstappe wegraak, weer sagter: Ettie, ek wou nie sonder jou gaan nie. Ek het net vir jou kom sê ek hou vir jou duim vas enne, hoor hier, hoe laat hardloop jy Saterdag? Ek dink so elfuur se kant, hoekom? Jy sien, ek het nou gedink: dan staan ek vroeg op, en elke uur as die horlosie slaan, dan dink ek dertig sekondes lank aan jou. Vat dit nou dat ek sê maar vyfuut opstaan, dan het ek tot by elfuur drie minute lank aan jou gedink. Dink jy dit kan help? Vir die wen? O, ek dink dit sal vreeslik help. Veral as ek ook daardie dertig sekondes aan jou dink, want ek weet mos nou jy dink, en sy bloos. n Wisselstroom. Dit kan n allemagtige elektrisiteit beloop. Sal jy regtig vyfuur opstaan net daarvoor? vra sy net vir die lekker. Ja Maar ek sal dan nog slaap, Ek moet, jy weet. Dit maak nie saak nie. Dit sal net so lekker wees. Ek dink dan direk. In jou slaap in soort van. Maar nou kom die voetstappe nader: Kyk daar is iets vir jou in die algebraboek. En hy word deur toe gewys deur tannie Spekies. 6

Ettie maak opgewonde die algebraboek oop. n Kaartjie, in Dolf se handskrif; Ek dink aan jou. Nou toe, Ettie, hulle wag. Eben Bester kyk af op haar. Sy kyk op, sien met verbasing die geknopte spiere langs sy wange, die vaalheid van sy oë Nee, Menner, ek voel goed. Hy wil astra castra, numen lunen sê. Maar sy mond is droog. Ek hou duim vas, is al wat hy uitkry. Dankie, Meneer. Beleefd. Sy waai kalm en stap na die wegspringblokke. Eindelik dan sielkundig ryp vir groot atletiek. Ambisieus, maar beheers. Ontspanne, maar gesnaard. Hy kyk na die sak met sweetpak en skoene in sy hand. Is dit die laaste keer wat hy dit dra? Hanna Dewalt het haar taai senings onder lampe gebraai, haar knieskuiwe vol kortisoon gepomp, woema op woema gedrink, en daardie oggend om sewe minute oor elf val sy die honderd meter aan, n halwe sekonde voor Ettie Stofberg. Die mense storm op Hanna af en druk en soen haar. Ettie druk Hanna se hand en soen op n mond wat soos n blaasbalk hyg. Die son skyn helder uit n wolkelose hemel toe sy alleen wegstap. Eben Bester vat die twee skoene, draai hulle toe in die sweetpak en pak hulle stadig in die sportsak, verslae oor soveel wat kón gewees het. En wag haar in. Sy sien hom staan. Verbasend, hy staan daar soos altyd, of byna. Sy gesig het nie soos n gebarste spieël gesplinter nie. En die ys in sy oë, wat het daarvan geword? En die skaduwees? Doodgewone vlak oë soos n gewone man s n en niks wonderlike wimpers of iets nie. Dis vreeslik. Sy kan hom nie so aanvaar nie. Ek is jammer, ek is vreeslik jammer. Maar sy moet, want hy antwoord: Toe maar, jy sal weer wen. Astra castra, numen lumen. En sy begryp met ontsetting dat hy die woorde bedoel. Astra castra DOT SERFONTEIN Gebore en getoë Susanna Jacoba Serfontein is op 30 April 1925 gebore, die derde kind van Kootjie Serfontein en sy vrou van Erfdeel. Haar vader was n bekende Afrikanerbeesboer in die Kroonstadse distrik in die Vrystaat. Sy het haar skoolopleiding aan die Hoёrskool Kroonstad voltooi. In 1948 het sy haar B.A.-graad en hoёronderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria behaal. Nadat sy n jaar lank aan die Sentrale Hoёrskool in Bloemfontein onderwys gegee het, het sy 7

vroueredaktrise by Die Volksblad geword. Sy is met Willem Krog getroud en hulle het op die plaas Middenspruit in die Kroonstad-distrik gebore. Hulle het vyf kinders, onder wie haar dogter Antjie Krog, die bekende Afrikaanse skrywer. Dot Serfontein het aanvanklik verhale vir die tydskrif Sarie Marais geskryf en hoofsaaklik gekonsentreer op verhale oor haar eie mense en persoonlike ervarings. Haar roman Rang in der staten rij het in 1979 verskyn en in 1982 is haar beste bundel kortverhale, Die laaste jagtog, gepubliseer waarvoor sy die Helpmekaarprys vir gewilde prosa ontvang het. In 1992 het haar dogter, Antjie Krog, n versamelbundel van haar ma se werke onder die titel Deurloop saamgestel. Vrae: TOETS JOUSELF (OPSOMMING) 1. Aan watter atletiektegniek moet Ettie aandag gee as sy suksesvol wil wees? (1) 2. Hoekom dink jy huil Ettie eintlik oor die blaar op haar voet? (1) 3. Wat is die skoolhoof se bynaam? (1) 4. Watter Latynse woorde gebruik die skoolhoof vir aanmoediging? (1) 5. Wat gebeur tussen Dolf, Ettie en mnr. Bester in die Wiskundeklas en wat kan jy daauit aflei (deduce)? (2) 6. Hoekom maak Eben en sy verloofde rusie? Dink jy sy het n grondige rede vir haar uitbarsting? (2) 7. Hoekom verbied Eben vir Ettie om partytjie toe te gaan? (1) 8. Hoekom dink jy voel Ettie nog positief, al het sy verloor? (2) 9. Dui aan hoe Eben Bester se houding na die finale wedloop verskil van sy houding voorheen. (2) (13) TOETS JOUSELF ANALISE 1. Die titel van hierdie verhaal is Latyns. Verduidelik die betekenis. (1) 2. Vergelyk die betekenis van Eben Bester se woorde: Astra, castra, numen, lumen aan die begin van die verhaal met dieselfde woorde aan die einde van die verhaal. (2) 3. Vergelyk die karaktarisering van Eben Bester en Ettie Stofberg. (4) 4. Wat is die oorsaak van Ettie se innerlike konflik? (2) 5. Watter twee aspekte van Ettie se karakter leer die leser uit haar innerlike konflik ken? (2) 6. Wat is die oorsaak van die uiterlike konflik tussen Ettie en Eben Bester? (2) 7. Hoeveel duidelike tydspronge is daar in die verhaal? (2) (14) 8

KONTEKSTUELE VRAE Vraag 1 Lees die paragraaf wat begin met Ek is nie gevra nie, moet sy erken tot by Hy sal darem nie nóg straf vat net oor jou nie (bl. 199) en beantwoord dan die vrae: a) Waarheen is Ettie nie genooi nie? (1) b) Wie se bynaam is Bittergal? (1) c) Hoekom, dink jy het hierdie persoon hierdie bynaam? (2) d) Na watter straf word hier verwys? (2) e) Noem TWEE beledigende aanmerkings wat Eben Bester oor Dolf maak. (2) f) Wat dreig Eben Bester om te doen as Ettie die uitnodiging aanvaar?(2) g) Beskryf Ettie se gevoelens terwyl sy na die film oor haar destydse prestasie kyk. (2) h) Beskryf haar gemoedstoestand nadat sy na die film gekyk het. (2) i) Dolf kom besoek haar ná die film. Wat is die doel van sy besoek? (2) (16) Vraag 2 Lees vanaf Eben Bester kom by die klas in tot aan die einde van die paragraaf wat eindig met en almal hoop dat sy gal in die toekoms gebraak gaan word. a) Hoe weet Dolf en Ettie dat mnr. Bester in n slegte bui is as hy die klas binnestap? (2) b) Hoekom moes Eben Bester maar tevrede wees om n gewone onderwyser te wees? (2) c) Noem TWEE redes waarom mense blykbaar nie van Eben Bester hou nie. (2) d) Hoe tree Eben Bester op as hy nie met mense saamstem nie? (2) e) Wie sal sy persoonlikheid by die huis hopenlik kan verander? (1) f) Hoekom dink mnr. Bester dat dit Ettie is wat by Dolf afgeskryf het? (2) g) Hoekom voel Ettie blykbaar naar na dié episode en gaan koshuis toe? (2) (11) Vraag 3 Lees vanaf Sy waai kalm en stap weg na die wegspringblokke tot aan die einde van die verhaal en beantwoord dan die vrae: a) Noem n moontlike rede waarom Ettie so ontspanne voel oor die finale wedloop. (2) b) Vergelyk Eben Bester se houding na Ettie se eerste wedloop met sy houding na die finale wedloop. (2) c) Hoekom aanvaar Ettie uiteindelik hierdie veranderde houding van Eben? (2) (35) 9

VRAE UIT STORIEJOERNAAL 1. Haal n frase uit die eerste paragraaf van die verhaal aan waaruit dit blyk (appears) dat Eben Bester soms n baie onpersoonlike voorkoms kan hê. 2. Kyk goed na die tweede paragraaf in die verhaal en sê dan watter een van die volgende die beste pas by Ettie se gevoel teenoor Eben Bester: a) bewonderend b) bang c) verlief 3. Kyk na die beskrywing van Ettie se oorwinning oor Hanna en beantwoord dan die volgende vrae: a) Dink jy dat dit vir Hanna maklik was om Ettie geluk te wens? b) Motiveer jou antwoord deur twee tot drie woorde oor hierdie gelukwensing aan te haal. 4. Wanneer Ettie se voet seer is na hierdie oorwinning, laat Bester haar op die randsteen sit en en gaan sit self tussen al die rommel. Wat openbaar dit van hom? 5. Eben stuur vir Dolf kantoor toe, alhoewel hy klaarblyklik weet dat dit Ettie is wat afgeskryf het. Waarom tree hy só op? 6. Waarom plaas Dolf die kaartjie in die algebraboek en gee hy dit nie openlik vir haar nie? 10

Astra castra : Memorandum: Toets jouself opsomming 1. wegspring 2. Die druk is te veel, veral toe sy hoor dat sy weer teen die kampioen moet meeding. 3. Oom Spekkies. 4. Astra, castra 5. Ettie skryf by Dolf af, meneer Bester vang hulle uit en Dolf aanvaar die skuld daarvoor. 6. Sy voel hy is té betrokke by haar. Ja, sy het beslis rede om so op te tree. Hy weet dan selfs persoonlike omstandighede van Ettie se lewe. 7. Dis twee aande voor die kampioenskap. 8. Sy dink aan Dolf wat aan haar dink. 9. Hy lyk nie meer so ongenaakbaar (unapproachable) nie en tree meer gemoedelik (jovial) en opreg (sincere) op. Toets jouself analise 1. Streef die beste na (Reach for the stars). 2. Aan die begin boots (mimics) hy die skoolhoof na, maar aan die einde is hy opreg. 3. Eben is n voorspelbare karakter, Ettie word meer volledig gekarakteriseer en as gevolg van haar innerlike konflik leer die leser haar beter ken. 4. Sy moet keuses maak tusen atletiek en haar afrigter wat sy nie wil teleurstel nie en haar maats (sosiale lewe). 5. Sy wil sukses behaal (ambisieus), maar sy wil ook n normale lewe geniet. 6. Hy plaas Ettie onder druk om te presteer en gee nie om wat sy in haar lewe nodig het nie. 7. twee Kontekstuele vrae Vraag 1 a) Die seunskoshuispartytjie b) Eben Bester c) Hy is beduiweld, bitsig, bitter en onverdraagsaam (intolerant) d) Dolf gee voor (pretends) dat hy by Ettie afgeskryf het. e) Hy praat van skoolkêreltjies en praat van hom as die mannetjie. f) Hy sal vir Dolf sê Ettie kan nie meer gaan nie./al breek hy Dolf se nek. 11

g) Sy voel asof sy twee mense is; die een wil nie vir Eben teleurstel nie en die ander een wil saam met Dolf by die partytjie wees. h) Sy wil huil. i) Hy bring n kaartjie en stel voor hulle moet op vasgestelde tye aan mekaar dink. Vraag 2 a) Hulle kan hom soos n horlosie lees. b) Hy het n besering opgedoen en kon nie sy atletiekloopbaan voortsit nie, c) Hy is beduiweld, bitter en onverdraagsaam (intolerant) d) As hy teen iets is luister hy na niemand anders se mening nie, maak nie saak wie dit is nie. e) Sy verloofde f) Ettie sukkel met Wiskunde. g) Sy voel sleg want sy weet sy is eintlik die skuldige. Vraag 3 a) Sy weet Dolf dink aan haar en atletiek is nie die enigste belangrike ding in haar lewe nie. b) Hy is meer gemoedelik en opreg aan die einde terwyl hy aan die begin gespanne en ongenaakbaar was. c) Hy lyk meer ontspanne en rustiger as voorheen. Vrae uit storiejoernaal 1. Sy koue blou oё 2. b) bang/ontsag 3. a) Nee b) verbete glimlag / Soutsmaak van onvoldaandheid 4. Hy is baie besorg oor haar. 5. Hy voel Dolf kry haar aandag terwyl hy wil hê dat sy moet aandag gee aan haar atletiek. 6. Hy is n bietjie skaam en wil nie by wees as sy dit lees nie. 12

Astra Castra Ekstra Oorsprong van die Titel van die Storie History AFR EAT KORTVERHALE GRAAD 11 The original group named Maccabees were a priestly family of Jews who organized a successful rebellion against the Seleucid ruler Antiochus IV and reconsecrated the defiled Temple of Jerusalem. "The aspects of Maccabeus's feats that appealed to the founders of the modern Maccabees were steadfastness and persistence; his wisdom in the use of power; and the fact that he seems to have been the first recorded military leader to order his soldiers to reserve a part of their spoils for the widows and orphans of their fallen colleagues, and lastly his unwavering determination to protect the particular nation and culture of his people in their ancestral land.". As a fraternal organization, the Knights of Maccabees want to emulate his example. 19th Century In 1878, the Knights of Maccabees was founded by Nathan Boynton in London, Ontario in Canada and was reorganized in 1883. The Knights of the Maccabees had a membership of 209,831 in 1896. 20th Century By 1920 the ladies' auxiliary, Ladies of the Maccabees, alone claimed more than 200,000 members. In 1926 they established their headquarters at the Maccabees Building in downtown Detroit, Michigan. In 1960 the Maccabees relocated to a new building in Southfield, Michigan - a suburb of Detroit. In 1986 they built new 251,000-square-foot (23,300 m 2 ) office building, once again in Southfield. In 1941 the group gained control of the Michigan Union Life Association, furthering its transformation from a benefit society into a modern, legalreserve insurance company. In 1962 the group changed its name again, this time to the Maccabees Mutual Life Insurance Company. In the 1990s the organization was demutualized and sold to the Royal Insurance Group and operated under the name Royal Maccabees Life Insurance Company. In 1999 Royal Maccabees was sold by its parent company, Royal & Sun Alliance Financial Services, to Swiss Re. [4] Swiss Re merged it into its subsidiary, Reassure America Life Insurance Company. [5] 13

21st Century Motto In 2008, the Knights of the Maccabees has returned to its fraternal roots after a long history as a mutual reserve life insurance company. Some remaining members in California revived the Knights of the Maccabees no longer as a benefit insurance organization but completely as a Fraternity. It has been modernized and redesigned for the 21st century with a new focus on the fraternal character of the Order [6]. As of January 2011, the Knights of Maccabees as a revived Fraternal organization has tents in Northern California and Central Florida with some members located in other States in America, Canada, Israel and the United Kingdom. [7]. The motto of the Knights of Maccabees is the Latin "Astra Castra Numen Lumen" which means "The stars my camp, the Deity my light" [8]. Astra Castra, Numen Lumen From OpulentOddities 14

"This review is ended. Sir Knights, retire to your homes in peace, and hold yourselves ever in readiness to serve our noble cause." This is the end of the initiation ceremony of the Maccabees. Here is more information about the focus of this piece and what it means: Inscribed around the temple is "Astra Castra, Numen lumen" which means, "The stars are my camp, god my light" "Numen" means divinity, so it doesn't necessarily have to be one certain religion at all. "KOTM" stands for Knights of the Maccabees. 15

Based in Judaic tradition, the Maccabees became an organization much like the Knights of Templar. Described as a "fraternal and benevolent legal reserve," they were concerned with taking care of each other member and developed an insurance policy in the case of loss of limbs and death. They collected for widows, for funerary costs, etc. This is a beautiful medallion. Every member of the Knights of the Maccabee had one. This establishment was created after the civil war and ended in 1962, when the Maccabees became an insurance company. It was mainly based in Michigan, so to find one of these down in Florida is simply a treat! For more information--it even shows you more pictures of what other medallions looked like, please go to this site: http://www.phoenixmasonry.org/masonicmuseum/fraternalism/maccabees.htm Now that we've had our history lesson! The medal is on a brass chain with a lobster clasp. Dangling in the back is a beautiful glass briolette. I have in no way damaged this medal in making the necklace. The chain connects on the back. It is a C-pin and its just slightly bent down to keep it from sticking you. The sharp edge as been sanded down, but the integrity of the piece is kept whole. Around the neck is 18.5inches/47cms The medal drops down 3.5inches/9cms. 16

17

18

19

20