September 2012 K L E I N F O N T E I N B O E R E B E L A N G E K O Ö P E R A T I E F B P K w w w. k l e i n f o n t e i n. n e t Kleinfonteinnuus 1 3 2 Dis hoekom ons hier wil wees! H oekom wil julle hier wees? Dis die vraag wat Kleinfonteinnuus gaan vra het. Dié Kleinfonteiners se antwoorde bevat talle elemente van Kleinfontein se missie: leefruimte, vryheidsliewend, volksbestaan, onbedreig, plaaslike welvarende ekonomie, volkseie arbeid. 1. Werner en Suzette Ernst woon nie tans op Kleinfontein nie, maar besit eiendom hier. Ek het hier belê, nie omdat ek hoop om n opbrengs te maak nie of selfs die geld terug te kry nie, maar omdat ek gedink het dat as ek my werk verloor en hande-arbeid moet doen om te oorleef, ek dit eerder vir my eie mense kan doen, sê hy. Die foto hierbo is in 2007 in Swede geneem. Werner se werkgewer, Sasol, het hom vir n jaar lank Denemarke toe gestuur en die gesin was saam en het rondgereis. Tans woon hulle in Secunda waar Suzette Wiskunde en Wetenskap gee by die CVO skool daar. Die kinders, Marna (10), Wilma (8) Christian (7) en Walter (6), is ook in die CVO skool. Werner sê: Die doel van Kleinfontein is om iets vir die Afrikaner te red deur ons geld, tyd en kennis tot mekaar se beskikking te stel. Ons gaan agterkom dat jou verhouding met jou buurman en gemeenskap belangriker is as jou titelakte. Dit lyk vir my of Kleinfontein se strewe meer beperk word deur ons onderlinge stryd as teenstand van buite. Kleinfontein is soos enige ander belegging waarvan die waarde verbeter as dit bemark word. Kom ons werk saam en maak van Kleinfontein n sukses. Hy het ook eiendom in Orania en sal groter samewerking tussen Kleinfontein en Orania verwelkom. My droom is om n eie posen koerierdiens te stig wat tussen al die Afrikaner-groeipunte werk. 2. Michelle Jones woon nou drie maande op Kleinfontein. Sy en KBK Direkteur Louis Berrington het so pas verloof geraak. Ek het in die ou Suidwes-Afrika grootgeword, waar jy as kind die woestyn kon invaar en die wild in die dorp rondgeloop het. Toe ek net so bietjie meer as n jaar gelede vir die eerste keer op Kleinfontein kom kuier het, het ek sommer da delik op die plek verlief geraak. Michelle ontwerp en doen gehaltebeheer vir n maatskappy wat sagteware vir die skuldberadingsbedryf ontwikkel. Ek geniet dit om bietjie met n verfkwas te mors en hoop om meer tyd te vind om dit weer te kan doen, sê sy. 3. Tobie en Chantelle Erasmus is op 11 Augustus getroud. Tobie het hier grootgeword. Toe ek jonger was, wou ek terug stad toe, maar nie meer nie. Chantelle sê altyd dit voel soos vakansie op Kleinfontein, sê Tobie. Hy werk as n rekenaartegnikus vir Wipronet. Chantelle werk vir haar pa, maar wil graag huise ontwerp. Op Kleinfontein lewe mens nie net in jou grot (huis) nie, mens bly in n gemeenskap. Ek sien daarna uit om eendag my kinders op Kleinfontein te kan grootmaak, want dis n mooi omgewing, en dis veiliger as enige plek in Pretoria, sê Tobie.
Hoekom is jý hier? Liewe leser aar is glo net drie soorte mense in die wêreld, het n slim ou D een keer beweer. Dié wat dinge laat gebeur, dié wat wag dat dinge gebeur en dié wat wonder wat het gebeur. Die afgelope tyd voel dit of ek my in die laaste groep bevind so vinnig het dinge op Kleinfontein verander. Die een week was almal nog moedeloos omdat alle bouwerk op die dorp gestaak moes word. Die volgende week het Afriforum tot ons stryd toegetree en is daar weer bevestig dat KBK wettig is in gevolge artikel 235 van die SA Grondwet. Natuurlik is daar juridies nog baie sake wat uitgestryk sal moet word en dit gaan beteken dat elke Kleinfonteiner weer na KBK se missie moet gaan kyk en hom- of haarself afvra presies hoekom is hy of sy juis op n plek soos Kleinfontein en Dawid Barnard, Kurt Els en Eric Nagel is weer fluks aan die bou. nie in n gewone ou sekuriteitsdorpie nie. As jy dié uitgawe van Kleinfonteinnuus lees, sal jy sien dat daar meer instansies is as net die Solidariteitsbeweging se Afriforum wat ons goedgesind is. Die Christelik- Maatskaplike Raad (CMR) het ook formeel op Kleinfontein begin werk en n hele paar ander niewinsgewende organisasies help om ons mense op te hef. Onder ons eie mense word daar ook gewoel en gewerskaf, soos wat die berigte oor talle komitees wys. Redaksie REDAKTEUR: Marisa Haasbroek MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria Pretorius en Francois Malan ADVERTENSIES: Elisabeth Malan FOTO S: Estelle Cronjé, Gert van Tonder, Betsie Steyn en Monique Viviers Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan marisa@kleinfontein. net Die een versugting wat almal elke keer het, is: ons wens daar was meer mense wat kon help. Dit raak tyd om by die eerste kategorie hierbo in te val. Komaan, word iemand wat dinge láát gebeur! Marisa Ons bou vir jou toekoms Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie DE WET CILLIERS Tel (012) 940-0220 Sel 072-345-3086 Epos bou@kleinfontein.net KLEINFONTEIN BOUBESTUUR BK A FLAIR FOR HAIR Heleen Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743 Gesluit op Dinsdae Materiaalwinkel Hannetjie en Bets (012) 734-4751 Winkel 8 Rayton Park Plaza
Kom leer lag... vir ons woonwapark se krag 2 4 1 3 5 Kleinfontein is nie welvarend genoeg om dit te kon bekostig om eers n hele ontwikkeling op te bou met byvoorbeeld klaar geteerde paaie, en dan mense hierheen laat trek nie. Kleinfontein hef geleidelik sy eie gemeenskap op. Hierin is vennote soos die Christelik-Maatskaplike Raad, n geregistreerde welsynsorganisasie, onontbeerlik. Met die hulp van die CMR en ander vennote word die lewensomstandighede van ten minste vyftig Afrikaners van Kleinfontein wat omtrent op die broodlyn lewe, nou beter. D ie CMR bied op Vrydag 19 Oktober 2012 n motiveringsoggend by die Collection Bali Gastehuis en Konferensiesentrum (1) (reg langs Woodlands Boulevard) aan. Die fondse wat ingesamel gaan word, gaan onder meer gebruik word om vir Kleinfontein se woonwapark-inwoners voorafbetaalde kragpunte te installeer. Retha Walters is n opgeleide lagleier en sy gaan op 22 Oktober n lag-terapiesessie aanbied. Navorsing wys dat lag uiters terapeuties is. Dis ook n feit dat n mens se liggaam nie kan onderskei tussen ware lag en nagemaakte lag nie. Retha léér mense dus lag sodat hulle beter kan voel. Ilse Burden (3) is al die afgelope vyftien jaar n maatskaplike werker en sy gaan oor haar werk praat. Sy lei mense op om indiwiduele terapie en huweliksberading te kan doen. Sy sê: Die meeste genot wat ek uit my werk kry, is om die Woord met my werk te kombineer om só n nuwe aanwending van die Woord mee te bring. Susan Grobler (2) is n motiveringspreker wat al in lande soos Frankryk, Italië, Duitsland en Nederland korporatiewe opleiding gedoen het en sy gaan n praatjie lewer. My hartsbegeerte is om elke vrou met wie ek in aanraking kom, in staat te stel om haar volle potensiaal in Christus te besef, om dit van Hom te aanvaar, en om haar droom te leef, sê sy. Hanania Botha (5), n mev SA finalis gaan ook daar wees, sowel as Intiem Tydskrif se Melissa Roberts. Die musiek word verskaf deur die bekende skilder en musikant Koos Bronkhorst (4). Daar is ook groot pryse te wen, onder meer n naweek in n vierslaapkamer huis by die Hartbeespoortdam. Tee en verversings word bedien. Die kaartjies kos R250 per persoon. Dalene Elliot het gereël dat WOORD- SAKE twintig kaartjies vir hierdie geleentheid skenk aan vroue van die Kleinfontein Woonwapark. WOORD- SAKE is n groep Christen sakemense wat betrokke is by welsynswerk. Hulle sal met n bussie soontoe en terug vervoer word. Dit sal wonderlik wees as van hierdie vroue se werkgewers op Kleinfontein die motiveringsoggend kan ondersteun en dit saam met hulle bywoon, sê Dalene. Vir meer inligting en vir besprekings, stuur n epos na Marinda du Preez by occasioninspiration@mweb.co.za of bel haar by 072 632 1990. p Vrydag 12 Oktober reël die O Kultuurkomitee n gesellige sangaand ter viering van Krugerdag. Die gehoor en n sanggroep gaan saam sing aan n hele 32 liedjies Kom sing saam uit die FAK bundel. Tydens die sang sal toneeltjies op die verhoog opgevoer word. Dit begin om 19:00 in die Kleinfontein Gemeenskapsaal. KLEINFONTEINNUUS 3
HOOGLAND ELEKTRIES Die reg se krag oestande in die profeet Habakuk se tyd laat hom die T ontleedmes diep en wyd aanwend. Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. Die gevolg: Daarom verloor die wet sy krag en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Met die woord Daarom laat die profeet blyk dat die droewige toestand die gevolg is van n verval in regering en samelewing. Die wet is dieselfde as wat vandag vir ons geld, die Tien Gebooie, wat die verhouding tot God en medemens uitstippel. Die klag van die profeet oor die verval spruit uit sy besef van die erns en omvang van die sonde en die gevolge daarvan voor n hoë en JPG FITMENTS Hervul en herstel van lugreëlaars heilige God wat meer verwag van n volk wat van beter weet, omdat hulle God se Verbondswet as wegaanwyser vir denke en gedrag het. In Krisiswoorde in krisistye wys prof PA Verhoef daarop dat die sonde was, dat leiersfigure, in plaas daarvan om hulle te beywer vir die rus en vrede en welvaart van die volk, hulle deur roekelose onderdrukking en geweld, onrus en moeite op ongekende skaal veroorsaak het. Onder die volk het twis en tweedrag, hoogmoed, regsgedinge, vooroordeel, agterdog en die bedenklike interpretasie van mekaar se motiewe die verval geïllustreer. Hierdie sondige toestand vind dus nie sy aanleiding in uitwendige prikkels of omstandighede nie, maar dit ontstaan as vanself simptoom van n verdorwe innerlike gesindheid en n bevestiging van die waarheid dat die mens geneig is om... sy naaste te haat. Habakuk wend hom in daardie noodtoestand in gebed tot sy God. oordenking Ds Bertus van Jaarsveld is van die APK. Sy vrou Harriet het vir jare in die meubelbedryf gewerk waar sy onder meer n opleidingsbeampte was. Sy is baie lief vir bak, kook en brei en maak baie graag tuin. Gaan lees gerus weer biddend die aangrypende deel in hoofstuk 3 vers 17 tot 19. God se wet vir n samelewingsorde van vrede en vreugde, het nie sy krag verloor nie. God wag op sy gelowiges. Sy belofte geld vandag nog. Hab.2:4: Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.... maar wie reg doen, sal lewe, omdat hy getrou bly. (1983 vertaling) Die Habakuk profesie bied ook vir Kleinfontein n tydige boodskap. Bertus van Jaarsveld. Vir die instandhouding van huisbedrading Nuwe installasies en foutnasporing Installasietoetsing vir die uitreiking van sertifikate Alarmstelsels Sentrale sluitstelsels Ratslotte Anti-versplinterlae op motorruite BEN MOOLMAN 072 243 4297 012 802 1111 ETIENNE SMIT 084 775 5990 Van Rooyenstr 1028 (langs RPJ Spares), Rayton 071 396 8919 083 729 8929
lke Vrydag maak Willie Bouwer E die Gemeenskapsaal skoon. Partykeer hoef hy net te vee of te stofsuig, ander kere moet hy met n mop inklim. Hy is die saalopsigter en hy sien om na ons saal na n tere baba. Willie is eintlik n duikklopper en spuitverwer van beroep. Hy was die Jaguar Klub op Pietersburg se amptelike duikklopper. Hy het ook lank skoolgehou by die tegniese hoërskool Tom Naude in Pietersburg. Hy en sy vrou Nan woon sedert 2009 op Kleinfontein. Ons het eintlik hier kom bly om ter wille van Nan naby hartspesialiste te wees. Nan het reeds n groot hartomleiding gehad en verlede jaar het sy algehele hartversaking gekry. Dis n wonderwerk dat sy nog leef, vertel Willie dankbaar. En dis n nog groter wonderwerk dat sy soms die hele ent pad saam met my van ons huis in Patryssingel tot by die saal stap. Om na die saal om te sien, is n groter werk as wat die meeste mense besef. Gits, net die bos van meer as dertig sleutels wat Willie moet ronddra, is intimiderend. Om saalopsigter te wees, beteken eintlik dat n mens vier en twintig uur per dag vir sewe dae per week beskikbaar moet wees, sê Willie, wat die meeste van die byeenkomste in die saal ook self bywoon. En dan, as almal weg is, die luidsprekerstelsel en orrel sorgvuldig wegsluit. Hoekom is hy bereid om teen so n klein vergoeding so hard te werk? Ek is n bietjie van n werkolis en vakansie is vir my eintlik n straf, lag hy. Ons het onsself met dié bate opge saal Kleinfontein Boerebelange Koöperatief Beperk is nie n ontwikkelaar nie, maar n gemeenskap wat homself bemagtig. Die Gemeenskapsaal is een van die beste voorbeelde dat Kleinfontein se grootste kapitale bate nog altyd sy mense was, wat vrywillig en onbetaald hulle tyd, energie en kundigheid in diens van hul gemeenskap stel. Die saal is n bate vir almal en dit word feitlik daagliks, nie alleen deur Kleinfonteiners self nie, maar ook deur mense in die omgewing, benut. Die saal is volledig deur vrywilligers gebou met fondse wat hulle self ingesamel het. Die Saalkomitee het in November 2010 begin om n kombuis by die Gemeenskapsaal aan te bou en die werk is amper klaar. Die toilette kon onlangs in gebruik geneem word. Met dié bouwerk het ek n span mans sien kragte saamsnoer soos min, vertel Leoné Kruger, voorsitter van die Saalkomitee. Terloops, die kombuiskompleks gaan na wyle Gert Visagie vernoem word as erkenning vir al sy harde werk. Dié kompleks sal altyd staan as n monument vir mense wat wîl al is dit bietjie vir bietjie vir bietjie... Mense wat die saal wil bespreek, kan vir Leoné Kruger n epos na leone@kleinfontein.net stuur of haar skakel by 082 781 4224. KLEINFONTEINNUUS 5
Van Rooyenstraat 1028, RAYTON
Boeke en mense is haar passie oppie Roets was vir drie jaar P lank hoofmeisie. Dit was omdat Nigel Junior Hoërskool oorgeskakel het na n volle hoërskool en sy en haar klasmaats vir drie jaar lank die seniors in die skool was. Poppie is n regte slimkop wat graad een en graad twee ook sommer in een jaar kafgedraf het. Die skool was reg om haar standerd een ook daardie jaar te laat klaarmaak, maar haar ouers het n stokkie daarvoor gesteek, want hulle het geglo dis nie n goeie ding nie. Skoolgaan was vir my heerlik, want ek wou leer, vertel sy. Om met mense en boeke te werk, is my vreugde. Dis seker dié dat sy vir meer as dertig jaar as n bibliotekaresse gewerk het. Poppie woon in Wag n Bietjie, waar sy n regte steunpilaar is. Sy help waar sy kan, of dit nou broodjies is wat gemaak moet word of jaffels of poeding, sy bring haar kant. Elke Vrydagaand hou sy huisgodsdiens in die Sorgsentrum. Sy het haar man, Danie, op n Volksfees tydens Volkspele ontmoet en is vier jaar later met hom getroud. Hulle het twee seuns, wat albei predikante geword het, en twee dogters, wat albei dosente geword het. Die gesin Roets het vir baie jare aan die Voortrekkerbeweging behoort. Ons wou baie graag op Kleinfontein kom bly en in 2006 het ons hierheen getrek. Na Danie se dood is ek Wag n Bietjie toe, waar ek te heerlik bly, sê sy. Marietjie Fourie Ontmoet die nuwe direkteure p 18 Augustus 2012 het KBK O se lede ses nuwe direkteure verkies. Louis Pretorius en Andries Haasbroek is herkies en Dannie de Beer, Chris Els, Bonnie Freyer en Patrys Prins is vier nuwe direkteure. 1 Dannie wil help met groei Dannie de Beer is die eienaar van Wipronet, n draadlose internet- en telefoonverskaffer wat op Kleinfontein gesetel is. Ek was nog altyd n volbloed-volkstater en as direkteur van KBK sal ek Kleinfontein graag behulpsaam wil wees in sy groeifase, waar ons van krag tot krag gaan, ons grondgebied uitbrei en daadwerklik n heimat vir die Boere-Afrikaner word. Dannie is reeds betrokke by die Regs- en Welsynskomitee. 2 KBK se Werkedepartement val onder Chris Chris Els is tans voorsitter van die Gemeenskapsraad en het ook vir n tyd lank waargeneem as KBK se hoofbestuurder. Hy het vir 38 jaar vir die Poskantoor gewerk, die laaste paar jaar as Adjunkbestuurder van die Voorraadhoofkantoor. Dis my visie dat ons uiteindelik vrede op Kleinfontein sal kry en ek maak dit n saak van gebed dat ons dit binnekort sal hê. Die Werkedepartement van KBK ressorteer onder Chris. 3 n Eie hospitaal is Patrys se droom 1 3 Patrys Prins het in 1982 as geregistreerde verpleegkundige en vroedvrou gekwalifiseer. Die laaste tien jaar was sy n hoofverpleegkundige, beter bekend onder die ou naam: n matrone. Sy het vyf kinders, waarvan die laatlam nog skoolgaan en dis die hoofrede waarom sy en Ben Kleinfontein toe getrek het. Hulle het gevoel die staatsleerplan bots met hulle Christelike 2 beginsels. Dis my groot droom dat ons n hospitaal op Kleinfontein sal kry. As direkteur gaan sy betrokke wees met gesondheidsaspekte en 4 ook help by die Sorgsentrum. 4 Bonnie wil meer jongmense hier sien Bonnie Freyer is n senior spesialis in die finansiële afdeling van Vodacom in Midrand. Hy het twee kinders Hattinie (13) en Bond (11), wat albei in die CVO skool Kleinfontein is. Ek wil deel wees van die Afrikanerkultuur- en volkslewe. Ek wil Afrikaans praat en ek wil saam met my mense bou aan n toekoms vir elkeen wat vryheidsliewend is. My ideaal is om meer jong mense op Kleinfontein te sien terwyl hulle hier studeer. Ek hou daarvan om aan opbouende en nuwe goed te werk en om my met positiewe dinge besig te hou. Die Direkteure het weer vir Jan Groenewald as voorsitter verkies. Andries Haasbroek is die ondervoorsitter. Die ander direkteure wat nog nie genoem is nie, is Louis Berrington, Pieter du Preez, Daan Koekemoer, Connie Medlen en Stefan Skarabis. KLEINFONTEINNUUS 7
Dié vier moet vinnig vort an 1 Oktober af sê Kleinfonteiners weer die volgende vier in- V dringerplante die stryd aan: 1 Bankkrotbos: Dié onkruid verdring al hoe meer die natuurlike weiding in die Wildpark. Die bosse is hard sodat die diere dit nie vreet nie en dit word ook nie vernietig deur hitte of koue nie. Hulle moet uitgehaal word of chemies bestry word. Daar gaan dié nuwe seisoen ernstig aandag gegee word aan bankrotbos. Mense op die hoewes wat bankrotbos opmerk, moet asseblief met Connie Medlen skakel by (012) 802 0926 of n epos na connie.medlen @kleinfontein.net stuur. Pompoms: As jy pompoms 2 om of op jou erf sien, moet jy die blomme dadelik pluk en in 1 2 3 4 die asblik gooi. Roei dan die plant wortel en tak met n spitvurk uit en gooi dit weg. As ons almal nie gaan saamstaan en pompoms begin uitroei nie, gaan ons nog baie jare hieraan bestry, sê Leoné Kruger, hoof van die Bewarea komitee se onkruidbestrydingspan. Wattels: Dié kom oral op 3 Kleinfontein voor en is moeilik om te beheer, omdat dit so welig opkom na n brand. Dis ook moeilik om wattels chemies te bestry, maar jong boompies haal maklik uit. 4 Luisbome: Met hulle wollerige blare en mooi pers blommetjies is hulle veral op die Hoewes n groot probleem. Tans probeer die onkruidbestryders om dié bome minstens langs die Rhenosterfonteinpad uit te roei, sodat die sade nie heen en weer tussen die Wildpark en Hoewes deur voëls versprei word en weer opkom nie. Roei dié bome op u erf dadelik uit. Mens besef nie hoeveel indringing op Kleinfontein is tot jy aktief in die veld werk nie. Onkruidbeheer is nie net die werk van n paar mense nie. Ek wil n beroep op elke Kleinfonteiner doen om te kom help, al is dit net vir n uur per week, sê Leoné. Skakel haar by 082 781 4224 of stuur n epos na leone@ kleinfontein.net as jy enigsins kans sien om te help. Dienste wat ons aanbied: Korttermynversekering Lewensversekering Besigheidsversekering Rekeningkundige dienste Persoonlike belasting Eiendomsverkope op Kleinfontein Uit en Tuis Winkelsentrum Winkel no 14 Tel: 012 940 4215 www.hvo.co.za n Geregistreerde finansiële diensteverskaffer FSP 29156
Kollig is in die kol Op 29 Junie is Kleinfontein se kubernuusbrief, Kollig op Kleinfontein, vir die eerste keer uitgestuur. Sedertdien is nog drie uitgawes na Vriende van Kleinfontein versend. ollig op Kleinfontein bevat K kort, positiewe berigte en foto s oor alles wat Kleinfontein en sy inwoners raak. Kollig bevat ook lewendige skakels na ander webwerwe toe. In die uitgawe van 13 Augustus was daar byvoorbeeld een na Paul Kruger van die VVK se vertolking van artikel 235 van die SA Grondwet, na Kleinfontein se eie webwerf en ook een na n opname van die liedjie Voshaarnooi op Youtube. Dis vir my so lekker dat ek die nuusbrief vir my familie en vriende wat oorsee bly, kan aanstuur, was VYFSTER INTEKENAAR Koos Opperman is een van Kollig op Kleinfontein se lojaalste lesers. Hy het die jongste uitgawe van Kollig na meer as sestig mense aangestuur! Koos is ook die Kleinfonteiner wat gesorg het dat Afriforum toegetree het tot Kleinfontein se stryd tot selfbeskikking. die reaksie van talle Kleinfonteiners. Ter wille van diegene wat nie toegang het tot epos nie, word n afdruk van dié nuusbrief elke keer by die KBK kantoor afgegee. Só sê die intekenare: Niël de Beer: Baie, baie geluk met die stigting van die Vriende van Kleinfontein. Ek is bewus daarvan dat daar nie alleen binne die land maar ook in die buiteland baie Afrikaners van alle ouderdomme is wat wag dat Kleinfontein groei om nie alleen in al die kulturele behoeftes en die vereistes van n moderne selfstandige Afrikanergebied in die Noorde van Suid-Afrika te voldoen nie, maar ook aan die vereistes van werksgeleenthede in al die diverse beroepe van ons moderne tyd. Mag die Vriende van Kleinfontein die voertuig wees na die bereiking van hierdie ideaal! Lampies Lambrechts: Pragtig! Doen so voort! Dalene Elliot: Dit was voorwaar n eye opener om die Kleinfontein nuusbrief te lees en te sien wat daar vir ons volksgenote opgeoffer word deur omgee-mense. Woordsake se passie is om bediening te doen volgens die beginsels van die Woord en hulp te verleen daar waar die nood die hoogste is, en het tot die slotsom gekom dat dit onder ons verarmde volksgenote is. Woordsake se span sal baie graag n besoek aan Kleinfontein wil bring, veral aan die minder gegoede gemeenskap en sorgsentrum vir bejaardes. Jozua Loots: Puik werk en inisiatief. Andries Breytenbach: Dankie! Dit is n mooi inisiatief. Ja, ek is n vriend van Kleinfontein en mag ons plek uitbrei en gedy! Koos Opperman: Baie dankie vir ons eerste kubernuusbrief. Dit is n groot gedagte om ons aan ons vriende bekend te stel met so n netjiese nuusbrief. Hoop dit gaan van krag tot krag tot krag. Mariëtta van der Merwe: Dankie vir die Kollig op Kleinfontein. Ja, ek en die Christelike Maatskaplike Raad sal graag n Vriend van Kleinfontein wil wees. Carel Stadler: Hierdie is n baie goeie poging om Kleinfontein se naam uit te dra. Geluk aan almal betrokke. Ronelle Berrington: Sommer gou bietjie nuus: het klaar reaksie gekry! Dawid Nell gaan n kontantbedrag skenk elke maand, so ek moes gou hol om n bankrekening oop te maak vir die doel. Barendina van Cahi gaan die koeke bak vir die partytjie. Jenny Manning: Ons het reeds vyf nuwe kliënte gekry nadat die beriggie oor die Washuis in die Kollig op Kleinfontein verskyn het. Stuur name en eposadresse van mense wat in Kleinfontein belangstel, asseblief na marisa@kleinfontein. net KLEINFONTEINNUUS 9
Boeremark en Openbare Veiling elke Saterdag Kom geniet die dag saam met ons by die Boeresaal,Cullinan Uitstallers van die plaaslike gemeenskap Slegs vars produkte en tuis- en handgemaakte artikels Vir meer besonderhede skakel: Karin Tel 082-785-0895 Pieter Tel 072-524-7990 Irene Groenewald EIENDOMME 083 228 8572 KLEINFONTEIN VERHURING Marius en Miempie Bosch is tot u diens hier op Kleinfontein Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u Skakel ons as u eiendom wil huur of verhuur. Ons telefoonnommer is 082 815 7382 of 012 940 4220. Vonkpos: bosch@kleinfontein.net Faks 086 693 1380
aar bestaan nou D amptelike n Welsynskomitee op Kleinfontein. Dié komitee het op 2 Augustus vir die eerste keer byeenkomgekom. Dié nuwe komitee bestaan uit afgevaardigdes van Kleinfontein, n maatskaplike werker van die Christelik- Maatskaplike Raad en verteenwoordigers van nie-wins-gewende organisasies wat veral gaan help om vir die woonwaparkinwoners fondse in te samel. Van Kleinfontein af dien die volgende persone op die komitee: Johan van der Merwe (woonwaparkbestuurder), Martie de Villiers (woonwaparkinwoner), Bettie Wentzel (woonwaparkopsigter), Dannie de Beer (KBK Direkteur). Dr Mariëtta van der Merwe, maatskaplike werker, verteenwoordig die CMR: Roodeplaat. Alta Botes (Warm Hearts), Dalene Elliot en Ian Rothmann (WOORDSAKE) en André van Tonder, n sakeman van Pretoria, dien ook op die komitee. Die CMR het reeds twee gesinne, die Schuttes en die Nels, na die Kleinfontein Woonwapark verskuif en hulle lewenskwaliteit het op Kleinfontein met 110% verbeter. Kleinfontein het struktuur, reëls en n gesonde uitkyk op die lewe, sê Mariëtta. Hope Schutte het saam met haar oupa en ouma in n informele nedersetting in Kameeldrift gewoon. Volgens Hope se graad 2 Ons is hier vir jou Enige Kleinfonteiner wat n maatskaplike probleem by Mariëtta wil aaanmeld, kan haar skakel by (012) 808-1455 en n boodskap los. Of stuur n epos na mariettacmr@gmail.com met die naam en adres van die gesin en n kort verduideliking. Ons besef dat sensitiewe sake soms aangemeld word en daarom word die persoon wat die aanmelding doen se identiteit beskerm. Die Welsynskomitee het n samewerkingsooreenkoms geteken waarin hulle onderneem om alle inligting as vertroulik te hanteer, sê Mariëtta. Hope, Trudy en Bill Schutte. Trudie het die mooiste tuin en die houtbruggie op die foto is Bill se handewerk. onderwyseres sou sy vir die tweede keer graad 2 druip. Ouma Trudie was baie bekommerd oor Hope se emosionele welstand. Die feit dat Hope nie goed op skool presteer het nie, het veroorsaak dat sy in haarself begin twyfel het en dit het haar selfbeeld baie skade berokken. Ouma Trudie het my toe gevra om by Johan van der Merwe te verneem of hulle op Kleinfontein gevestig kan word. Johan was baie behulpsaam en het n sinkhuis beskikbaar gestel. Hope is nou in die koshuis, in n privaat Afrikaanse skool naby Bronkhorstspruit, waar sy baie gelukkig is. Sy kom naweke op Kleinfontein kuier. Tydens die Junie 2012 eksamen het sy drie onderskeidings gekry. Ek wil vir Kleinfontein baie dankie sê vir die geleentheid wat julle vir ouma Trudie en Hope gegee het. Hulle het dit met albei hande aangegryp en n groot sukses daarvan gemaak, vertel Mariëtta. Die Nel gesin was al in die nuus nadat die CMR, André van Tonder en inwoners van Kleinfontein vir hulle n songeiser op hulle huis se dak geïnstalleer het. Die Welsynskomitee het reeds besluit om drie projekte vir die woonwaparkinwoners aan te pak en het begin om geld hiervoor in te samel. Die eerste is die installeer van voorafbetaalde kragpunte, die tweede is buitemuurse aktiwiteite vir die skoolgaande kinders (sien berig op p 15) en die derde is die installering van rioolpype om vir elke erfie sy eie toilet te gee. Op 19 Oktober word n baie interessante motiveringsoggend juis aangebied (sien berig op p5) om geld in te samel. Ons wil soveel as moontlik Kleinfonteiners vra om dié geleentheid by te woon, sê Mariëtta. KLEINFONTEINNUUS 11
Sorgsentrum kry hond se gedagte p 14 Julie het Gezina, n O labrador, vir die inwoners van die Sorgsentrum meer oor veiligheid kom leer. Sy is vernoem na Generaal Christiaan de Wet se vrou. Toe haar nooi, Theresa de Klerk, sê n mens moet om en om rol as jou klere per ongeluk aan die brand raak, het Gezina, ten spyte oppie Visagie sou n dokter P word. Met onderskeidings in Wiskunde, Wetenskap en Rekeningkunde by die Hoërskool D F Malan in Johannesburg, het sy klaar keuring by Tukkies gehad. En toe stort die boubedryf ineen en haar pa, n boukontrakteur, kon haar nie universiteit toe stuur nie. Sy gaan werk toe by n apteek. n Oud-onderwyser tref dié begaafde jong mens daar tussen die pille aan en reël dat sy as boekhouer by n skryfbehoefte-maatskappy gaan werk waar sy beter geld verdien het. Sy het vir jare daar gewerk. Saam met haar oorlede man, Gert, het sy twee kinders gehad. Gert, wat nes haar pa in die boubedryf was, besluit om te gaan boer. Hy moes nog deeltyds aanhou met bou en Poppie moes die boerdery op haar skouers neem. In daai tyd was veevrektes en immunisering, die slag en bewerk van vleis, seep en konfyt kook, die huishouding en die boeke alles haar werk. Sy en Gert het vir dertig jaar lank 12 KLEINFONTEINNUUS van haar rumatiekerige ou lyf, dit mooitjies gedemonstreer. Theresa werk vir die brandweer en sy en Gezina leer veral kinders en bejaardes hoe om veiliger te wees. Terwyl Theresa allerhande dinge vertel oor rookverklikkers, kerse tydens kragonderbrekings, vreemdelinge in jou omgewing en Onse Poppie kan jy nie stop nie geboer, by geleentheid tegelyk vir drie plase met voerkrale. Kleinfonteiners ken Poppie as die vrou wat met haar vlugge verstand en ongelooflike werksvermoë diep spore op die dorp getrap het. Sy was by altesaam elf komitees betrokke. Toe sy en Gert op Kleinfontein kom aftree het, het hulle dadelik met tuindienste begin. Só het hul pad met die van Jaap Nel gekruis. Met sy bou- wat om te doen as n brand uitbreek, beweeg Gezina rustig tussen die mense deur en tree net op die voorgrond as haar nooi haar nodig het. Gezina is lief vir mense en blaf nie, maar sy hou daarvan om bederf te word. Dié geleentheid is gereël deur die Republikeinse Vrouebeweging (RVB). Die RVB is n kultuurbeweging vir Boereafrikanervroue, vertel Christa van den Berg van die RVB. Ons wil graag in Afrikaans onder ons eie mense woeker en het daarom by die Sorgsentrum betrokke geraak. By dié geleentheid het elkeen van die Sorgsentruminwoners n tuisgemaakte sepie en waslap met sy of haar naam daarop gekry. Gezina, self al bejaard, is ook met n jassie en n waslap huis toe. Sy was op 1 September weer hier toe sy aan die lenteloop deelgeneem het. kennis en ander vaardighede het Gert toe by die Werkedepartement ingeskakel en Poppie by die administratiewe kantoor. Nadat Gert vroeër vanjaar oorlede is, was dit nie vir haar moontlik om langer op Kleinfontein te bly nie. Tans kuier sy doer onder in Australië by familie. As sy terugkom, gaan sy by haar dogter Miranta in Pretoria bly. Maar Kleinfontein sal nie maklik heeltemal uit haar lewe verdwyn nie. Dit was die laaste skof van haar en Gert se saamwees. Hier het sy vriendskappe gesluit, wat haar deur die laaste hartseer maande gedra het en wat haar vorentoe ook sal onderskraag. Hier was mense wat met baie meer as woorde bystand en hulp verleen het, ook toe sy haar huis moes ontruim. Jy sal nog weer uit ons fonteintjie helder water kom drink en dan sal ons daar wees vir jou, Poppie. Marietjie Fourie.
Wag n bietjie, hulle kuier alweer lke tweede Woensdag van die maand kry jy die mense van Wag n E Bietjie gesellig aan die kuier. Die wyksverteenwoordiger, Marietjie Fourie, gee KBK inligting deur oor die aspekte wat hulle raak. Hulle bespreek dit en daarna kuier hulle. Daar is gewoonlik genoeg koek, tert en soutigheid dat die tafels kreun. Hierdie maandelikse bederfie word aangevul deur Wag n Bietjie se Kersfeesete en dan is daar Betsie Steyn se gebruiklike potjie wanneer sy verjaar. Soms reël hulle nog n ekstra vleisbraai ook. Voorwaar n lekker plek om jou te bevind. Dit pas Ina nes n handskoen ee vir Mara Prinsloo van G Wag n Bietjie dié paar moffies, want toe ek haar Sondag by die kerk groet, het ek gevoel haar hande is só koud, sê Ina Immelman vir my toe ons oor haar breiery gesels. Dié breiprojek van haar kom al van verlede jaar af toe sy vir elke vrou in die Sorgsentrum n paar moffies begin brei het. So terloops, moffies is vingerlose handskoene en Ina s n is ekstra spesiaal, want elke paar kry n opstaan-kantjie in kleur wat so mooi kan by n mens se uitrusting kan aanpas. Ina het in Klerksdorp grootgeword, haar geliefde ontmoet, getrou, vir nege jaar saam met hom in die Vredefort distrik geboer en later Kemptonpark toe getrek. Daar het sy twee seuns en twee dogters grootgemaak, waarna sy vir 25 jaar as boekhouer in n meubelwinkel gewerk het. Sy is geseën met twaalf kleinkinders en dertien agterkleinkinders. Vir die afgelope 18 maande is Ina n inwoner van Kleinfontein se Sorgsentrum. Dis my huis dié en ek is lief vir almal, sê sy. Ina het op 28 Julie 81 geword. Álet Erasmus Nog n knap Afrikanersakeman k het in 2010 my werk by E n navorsingsmaatskappy verloor, nadat ek vyf jaar daar gewerk het en dit het my gemotiveer om te doen wat ek nog altyd wou: my eie besigheid begin, vertel Quintin Visser. Ons doen enige staalwerk en werk ook met vlekvrye staal en draaiwerk. Dit sluit gekodeerde sweiswerk in. Ek het ook onlangs met aluminium begin sweis. Daar is meer inligting by www.namathisa.co.za. Hy het op Boschkop grootgeword en was in CVO Pretoria. Quintin is die man wat die watertoring op die Kleinfontein hoewes opgeknap het. Die toring is afgeskuur en nuwe loopvlakke is opgesit. n Groot deel van die pypwerk is ook oorgedoen. Toe is Behoede ons Quintin saam met sy vrou Magda en hulle dogtertjie. Sy is die grootste motiveerder in my lewe, sê Quintin. die toring met n laag rooioksied en daarna met aluminium-silwer verf geverf. Dis vir my belangrik om my eie mense so ver moontlik te gebruik. Ons werk ook baie nou as familie saam. Ek het in n stabiele Christelike huis grootgeword, waar ek geleer is om my eie mense te ondersteun en by te staan. ie NG Kerk D Rayton het onlangs 'n High Tea aangebied en die toegang was n prettige hoed. Kleinfontein se dames het ewe meegedoen. Hier is Amanda Myburgh aan die bopunt met 'n spoggerige kadotjie en links loer Alet Brisley met n ietwat ouer model! KLEINFONTEINNUUS 13
Buksie-mens met n bielie-hart S y skryf stories en sy sing, maar die meeste Kleinfonteiners ken Ronelle Berrington as die opgewekte vrou wat so baie vir die kinders van Kleinfontein doen. Die afgelope paar maande maak sy en haar ma, Nellie Grobbelaar, gereeld vir die behoeftige kinders van Kleinfontein kos. Ronelle het groot planne vir die kinders van die dorp. Om mee te begin, hou sy op 8 September n groot partytjie by Die Boskombuis. Dis om die verjaarsdae van al die kinders in die woonwapark te vier wat die afgelope drie maande verjaar het Ek het aan die einde van Augustus n vergadering saam Ronelle by haar twee seuntjies Theuno (links) en Werno (regs). Sy skryf graag vir haar twee seuns stories. Sy het ook onlangs deelgedring tot die tweede rondte van Radio Pretoria se Woord en Liriek Kompetisie. Hulle gaan woonwaparkma s help oplei Sy laat haar liefde na Sarie Kruger was n ma duisend. Sy het gedien sonder om te kla en haar hart was oorlopenstoevol liefde vir haar vier seuns. Haar hande was nooit stil nie, of dit breiwerk of naaldwerk was. Daar is geen afskeidswoord aan Ons het n soortgelyke projek in Elandspoort aangebied en dit het uitstekend gewerk. Dis vir ons belangrik dat al ons projekte op die Woord gebaseer moet word en daarom begin ons by basiese gehoorsaamheid wat n mens vir jou kind moet leer, sê Dalene. a s van Kleinfontein se M woonwapark gaan een van die dae n kinderopvoedingskonsultant, soos TV se Supernanny tot hulle beskikking hê. Sy is Aukje van der Leij (links). Sy en Dalene Elliot (regs) van WOORDSAKE gaan binnekort een maal per maand vir n groepie van die ma s in die woonwapark n ouerkindleiding-werkwinkels begin aanbied. Aukje het baie ondervinding in en kennis van kinderopvoeding, van kinders se motoriese tot hulle verstandsontwikkeling. Kleinfonteinwoonwapark se ma s kan hulle ook regmaak vir goedvoelsessies af en toe wanneer Dalene en Aukje hulle uit hulle omgewing op uitstappies gaan neem. haar nie, en geen laaste groet. Alles wat gesê kon word, is alreeds in haar dade vergestalt: liefde, liefde, liefde. Marietjie Fourie met WOORDSAKE se mense gehou en hulle gaan die hamburgers borg vir n hele honderd mense. Dit beteken dat daar baie meer Kleinfonteiners genooi sal kan word, vertel sy opgewonde. WOORDSAKE is n groep Christen sakemense wat volgens Bybelse beginsels uitreik na gemeenskappe wat hulle nodig het. Maar ek wil meer as dit doen, ek wil begin om in die middae vir ons kinders verrykingsklasse aan te bied. Ek het aan bak en brou, musiek, kuns, stories skep, naaldwerk en houtwerk en nog baie ander dinge gedink. Maar hiervoor het ek die hulp van die hele gemeenskap nodig. Daar is so baie mense op Kleinfontein met kennis en vernuf. As ons n beurtstelsel begin en elkeen kry elke tweede week vir een middag n beurt om iets vir die kinders aan te bied, kan ons hulle stimuleer en vir hulle n baie beter toekoms help skep, sê Ronelle. Ons is baie opgewonde dat daar iemand soos Ronelle op Kleinfontein is, want ons het gevind dat opheffingsprojekte baie meer geslaagd is as dit vanuit die gemeenskap self kom. Al wat ons nou hoef te doen is om haar te ondersteun, verduidelik Dalene Elliot die projekkoördineerder van WOORDSAKE. Ronelle het nou ook amptelik n kantoor in die Uit en Tuis Winkelsentrum. Onthou dat jy kos en ander benodigdhede by Die Koöperasie Koffiewinkel kan gaan afgee vir haar projekte. Enige bydraes vir Ronelle se kinderprojek kan in die volgende rekening inbetaal word: Absa 406 009 2627, Takkode 632005, Verw: 193G. Stuur asseblief n betalingsbewys na ronelle@kleinfontein.net of bel haar by 072-167-1961. KLEINFONTEINNUUS 15
RAYTON Apteek Besoek ons vir al u gesondheidsbehoeftes Kom loer gerus in vir persoonlike, professionele diens Voltydse suster aan diens by ons kliniek Treurnichstraat, Raymedsentrum, Rayton Posbus 162, Rayton, 1001 Epos: raytonapteek @ cks.co.za Tel: 012-734-4800 Faks: 012-734-5647 Na-ure noodnommer: 083-302-5918 Maandae tot Vrydae: 08:00 19:00 Saterdae: 08:00 13:00 en 17:30 18:30 Sondae en vakansiedae: 10:00 12:00 en 17:30 18:30 Plaas u bestelling Maandae tot Vrydae voor 14:00 en ons lewer dit teen 15:00 vir u by die Kleinfontein Sorgsentrum af. Skakel ons vir rekeningfasiliteite of betaal die bedrag direk in ons Absa rekening in. Takkode: 334-150 Rekeningnaam: Rayton Apteek Rekeningnommer: 0800150213 Lid: T van Wyk B Pharm BK: 1995/029842/23
Nuwe Wildparkhek werk goed leinfontein spog van 12 Augustus af K met n nuwe geoutomatiseerde toegangstelsel by die Wildpark. Dié stelsel kan aan inwoners vier en twintig uur per dag toegang tot Kleinfontein bied. Elke toegangskyfie het n unieke kode en word aan n spesifieke persoon uitgereik. n Rekenaarstelsel hou rekord wie wanneer by die hek in- en uitgaan. Ons versoek die wildparkhekgebruikers om, nadat hulle in- of uitgery het, te wag totdat die hek weer toe gaan om te keer dat mense onbeheerd toegang tot die perseel kry, sê Stefan Skarabis, KBK Direkteur gemoeid met Veiligheid. Die tydsvertraging staan tans op ongeveer 10 sekondes, sê Monique Viviers van die Stefan Skarabis Veiligheidskomitee. Die tydsverloop tussen oopmaak en toemaak gaan gaandeweg korter gemaak word, sodat gebruikers daaraan gewoond kan raak. Dis nie nodig om die hek met die skyfie toe te maak as jy deurgery het nie. Wag net totdat die hek weer toegaan. Persone wat n skyfie benodig, kan by die KBK kantoor aansoek daarom doen. Daar is sekere voorwaardes wat geld. Monique is op Dinsdae van 08:00 tot 12:00 beskikbaar by die KBK kantoor vir navrae hieroor. As jy jou skyfie verloor, moet jy dit asseblief onmiddellik aanmeld, sodat die skyfie op die stelsel blokkeer kan word. Dit kan by enige van die poorte of by Monique (072-059- 7639) gedoen word. KBK se toegangsbeheer is onlangs verskerp. Ek het n klompie inwoners se mening hieroor getoets. Die meerderheid van die mense wat ek ondervra het, was tevrede (68%) met die verskerpte maatreëls, 26% het gevoel die maatreëls moet nog meer verskerp word en net 6% het gevoel die maatreëls is te streng, sê Stefan. Die Veiligheidskomitee benodig dringend mense om met veiligheidswerk te help. Ek is spesifiek op soek na mense wat iets van brandbestryding en die strafproseswet weet. Geen wanbetalers nie, asseblief. Ek soek mense met n skoon heffingsrekord, voeg hy by. Skakel Stefan by 082-787-6859 of vir Monique as jy hiermee kan help. Vir die met vaardige vingers n Klompie vroue in die Wildpark kom elke maand byeen om n nuwe hand-werktegniek te leer. In Julie het ons by Olivia Steyn se huis geleer hoe om n byderwetse rondomtalie serp te brei. Die volgende maand het ons leer hekel en volgende keer gaan ons na Rina van Tonder om te leer hoe om op n moderne manier te appliek. Ons besluit wat ons wil leer en dan kry ons iemand wat die nodige kennis het, om te kom demonstreer, vertel Leoné Kruger. Stel jy belang? Bel vir Leoné by 082 781 4224. Bak en Brou op Bestelling KBA Aflewering tot 15 Desember in die Kleinfonteindorpie Kleinkoekies Gemengde onversierde kleinkoekies 500 g of 1 kg pakke @ R 48 per kg Vrugtekoeke 500 g of 1 kg broodvorms sonder versiering in foelie toegedraai @ R 98 per kg Skakel of sms Ria Pieterse by 082 6982 465
ouis en Magda Swart woon in L die pasvoltooide huis in Kareepark langs die pad die besige een langs die swembad. Die Swarts het vir n tydlank in hulle woonwa op Kleinfontein gebly en maak nou hulle huis so stuk-stuk self klaar. Ons is die hoofrede waarom Chamberlains in Hans Strydomrylaan so n sukses is, spot Magda goedig. Nou het ons stof tot dankbaarheid nadat ons vir 428 dae nie in ons eie bed kon slaap nie. Tuis na meer as 400 dae Louis was Johannesburg se Gebiedshoof: Logistiek in die Polisie. As n polisieman enige uitreiking moes kry, het ek dit help doen, van sy vuurwapen tot sy voertuig tot sy skryfgoed, sê hy. Magda het vir jare vir onder meer Mediese Rade en Fondse gewerk. Sy help nou nog soms hulle twee dogters, een n ouditeur en die ander n rekenmeester, uit met van hulle werk. Die Swarts is ywerige woonwamense. Op die vraag wat hulle gunstelingoord is, sê altwee gelyk: Buffelspoort. Ons is op Kleinfontein omdat ons hier wil wees. Hier bly sulke gawe mense, en ek dink baie mense besef nie wat hulle hier het nie. As almal nou net twintig kilometer per uur voor ons huis verby wil ry en minder stof opjaag tot tyd en wyl ons ons gras geplant het...! sê Louis met n knipoog. Tot siens aan Sarel Kleinfontein onthou vir Sarel Venter in n rolstoel en min mense weet dat hy op sy dag nege Comrades marathonne voltooi het. Hy het vir meer as vyftien jaar aan n rare spiersiekte gely en is op 13 Augustus oorlede. Ek en die kinders wil aan al die Kleinfonteiners wat ons so bygestaan het met ons groot verlies baie dankie sê. Baie dankie vir al die gebede, blyke van meegevoel en besoeke. Ek weet die pad vorentoe sal grondpad wees en met baie slaggate, maar met so n ondersteuningsnetwerk sal ek daardeur kom, sê Sarel se vrou, Marié. DIE POSKLIP (012 ) 940 1921 Kortno: 6270 Epos: posklip@ kleinfontein.net Ons is twee jaar oud. Hou ons dop, ons gaan lekker partytjie hou. Ons is in die Uit en Tuis winkelsentrum langs die OTM.
Nege dekades maak n dik boek N egentig jaar gelede, op 16 Augustus 1922, is die kleine Willemien in Wageningen Gelderland aan die oewer van die Rhynrivier gebore, naby die Arnhembrug wat in 1944 so n belangrike rol in die ontsetting van Nederland gespeel het. Willemien was toe maar twee en twintig, maar as sy dié storie vertel van hoe lank hulle gesin hulle Nederlandse vlae reg gehou het om dit weer te kon hys, voel dit of jy midde-in die oorlog is. In 1946 is sy met Wybe Wieringa, n saadinspekteur, wat ook help ontwikkel het aan masjinerie om saad skoon te maak, getroud. In 1952 vertrek sy met haar dogtertjie Imma en haar seuntjie Bennet per boot na Suid Afrika waar Wybe reeds n paar maande vroeër in Pretoria as saadinspekteur begin werk het. Daardie herontmoeting op die Kaapse kaai en die treinreis na Pretoria waar ons in Sunnyside in n woonstel ingetrek het, onthou ek nog alte goed, sê sy. Die foto Tot op die einde was hy in sy hart n boer eet Nel was die man met die P sagte oë en die sagte hart. Met n boom het jy nie gelol as Peet naby was nie, daarvoor was sy deernis vir die natuur te groot. Rondom sy huisie in Wag n Bietjie nommer 34 was geen boom nie. Toe kom daar n kleine watteltjie langsaan op. Peet en Suzie het oor hom gewaak en vandag kwetter die voeltjies sorgvry in sy takke. Nommer 34 is die boerplek van n gestreepte muishondjiegesin, hasies, dikkoppies, tarentale en n hele skare van die veervolkie. n Mens kon sien hoe kom daar vrede van Willemien en Wybe onder heel regs is in 1960 in Londen geneem. Die gesin vestig hulle mettertyd in n huis in Duncanstraat. Imma was in die Afrikaans Hoër Meisieskool en het haar as swemster onderskei. Sy het die Sprinbokspan gehaal die jaar wat Suid-Afrika uit die Statebond getree het en dus kon die beplande toer nie plaasvind nie. Imma het uiteindelik n apteker geword. Bennet het hom in n elektriese rigting bekwaam. Toe die kinders die huis verlaat, het Willemien en Wybe hulle in n meenthuis in Lynnwood Glen gaan vestig. Daar moes sy afskeid neem van Wybe, wat aan veelvuldige sklerose gesterf het. n Vriendin het haar genooi om na Kleinfontein te gaan kyk. Dit was glo n nuwe plek waarvan sy oor Radio Pretoria gehoor het. Daar was n geselligheid op die dorp, maar dié dag waai die wind hul skoon uit die geselligheid uit en hulle ry met Kleinfonteinweg langs. Die huisies langs die pad bekoor Willemien so dat sy by Irene Groenewald se kantoor stilhou en siedaar, n paar maande later is sy die trotse besitter van so n huisie. Dit was in 2004. in Peet se gemoed as hy die klompie kon gadeslaan terwyl hy koester in die sonnetjie. Jy kon sien hy was toe in sy gedagtes terug op die plaas. Die adel van boerwees het hom nooit verlaat nie. Ek en die kinders wil graag baie dankie sê vir elkeen wat ingeloer en met Peet gesels het. Julle meelewing tydens sy finale siekte en afsterwe het vir ons baie beteken, sê Suzie, Peet se vrou. Marietjie Fourie Vandag nog is haar huis en haar tuin haar trots. As sy nie in die tuin doenig is nie, lees sy of doen die allerfraaiste hand- en borduurwerk. Vir haar negentigste verjaardag het Bennet en sy vrou (saam met Willemien op die boonste foto) uit verre Amerika kom kuier. Saans het hulle om die ronde tafel gekuier tot watter tyd. Dan is daar kermisbed gemaak en as die nuwe dag kom, weer met oorgawe gekuier. Bennet het terstond besluit dat hulle binnekort weer kom kuier op hierdie plaas waar sy Ma so gelukkig is! Marietjie Fourie Elke laaste Vrydag van die maand verkoop die Sorgsentrum kerrie en rys teen R15 per bakkie. Skakel Marthie vroegtydig by 012 802 1415 en plaas jou bestelling. Dit kan tussen twaalf- en eenuur by die Sorgsentrum afgehaal word. KLEINFONTEINNUUS 19
roeër was n bedradingsertifikaat vir nuwe huise sowel as V veranderinge nodig. So n sertifikaat is deur geakkrediteerde kontrakteurs namens die Elektriese Kontrakteursassosiasie uitgereik en het betrekking op korrekte indeling van stroombane, draaddiktes en stroombrekers wat die stroombane beveilig, aardlekbeveiliging, ens. Daar is nou bykomende sertifisering wat deur die Departement van Arbeid ingestel is, nodig. Die sertifikaat wat tans uitgereik word, geld vir tegniese voldoening, sowel as gesondheid en veiligheid. Dit staan bekend as CoC (Certificate of Compliance). Van belang is dat, hoewel n sertifikaat geen vervaldatum het nie, dit die eienaar van n perseel se plig is om toe te sien dat enige veranderinge bykomstig gesertifiseer moet Elektriese sertifikate Wees veilig word, of n nuwe sertifikaat vir die hele installasie verkry word. Verder is dit nodig dat n geldige sertifikaat by oordrag van eiendom aan die nuwe eienaar gelewer moet word en is die ou sertifikaat slegs oordraagbaar as dit nie ouer as twee jaar is nie, anders moet die installasie hertoets en n nuwe CoC en Toetsverslag uitgereik word. Indien enige ongeluk as gevolg van n foutiewe installasie plaasvind, is die eienaar aanspreeklik en mag assuransiedekking geweier word. Die CoC dek slegs die installasie vanaf die hoofskakelaar (verdeelbord) tot by die gebruikspunt (stoofisolator, geyseraansluiting, kragsok, ligpunt) en nie toestelle wat hieraan gekoppel is nie (stoof, geyser, ligte, inprop-toestelle). Francois Malan Kleinfontein vier lentedag Die Republikeinse Vrouebeweging het op 1 September n baie gewilde lenteloop gereël. Die APK Kleinfontein het ook op 1 September sy Oesfees gehou. Marius Bosch en Frik Oberholster is aan t braai. Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579 RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton Posbus 382, Rayton, 1001 Tel (012) 734-4161/2 Faks (012) 734-4741 Selfoon 079-206-9393 Epos drdeon@gpmg.co.za NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890 Wilgers Nood (012) 807-8285 NETCARE 082 911 ER NOOD 084-124 SPREEKURE Maandag Donderdag 09:00 tot 17:30 Vrydae 09:00 tot 15:00 Saterdae 08:00 tot 11:00 Sondae en vakansiedae gesluit (Gebruik noodnommers asb)
Die redakteur behou die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer. briewe Marié Venter Lucia van den Berg Van ouma tot mama ns kinders het onlangs uit O België kom kuier en ek het die voorreg gehad om my twee kleinkinders, Gianna, 7 en Hannah, 4, te vergesel op n treinrit na Kaapstad, waar hulle ander ouma woon. Om dit nog opwindender te maak, moes ons drie boonop met die Gautrein ook ry. Dié was nie naastenby so n aardigheid vir die berese twee Europeërtjies as vir Ouma nie. Hulle was baie meer beïndruk met die twee swart vroue op die stasie wat yslike pakkase op hulle koppe kon balanseer. Die twee ou vroue het ritmies, grasieus en statig by ons verbygestap. Haai, kyk, hulle hou nie eens vas nie, het Gianna uitgeroep. Hannah het later aan haar ouers vertel dat sy seker is dat hulle lym gebruik om die goed daarbo te hou. In die trein het die bedbediende opgedaag en ons as the family aangespreek, tot hy die Vlaams, wat die twee praat, hoor, en toe ewe flink na Afrikaans oorslaan en my as mama aangespreek. Toe hy dit die volgende dag weer doen, wou Hannah ewe ernstig weet of die man dan my kindje is. So ampertjies het Kleinfontein n nuwe inwoner gehad! Toe ons aan die buitewyke van Kaapstad deur die vele plakkerskampe ry, was Gianna heel jammer vir die mense wat so arm is dat hulle huise van vuil blikke wat op die grond lê, bou. Hannah se kommentaar was: Die ou groot nare wolf sal sommer maklik al daardie huise kan omblaas. Cecilia van Lill Of ek weer so n treinreis sal onderneem? Beslis. Ek sal net beter voorsorg tref vir padkos, want ek het my kleinkinders se eetlus geheel en al onderskat. En ek sal beter voorbereid wees dat die kompartement nie van die skoonste sal wees nie. Marié Venter Ek mis dié fontein k en my man het in 2004 E Kleinfontein toe getrek, maar na sy dood was die groot huis, die koue winters en die eensaamheid vir my te veel en ek is op 31 Mei 2012 daar weg. Ek het in n aftreeoord op Thabazimbi gaan bly. En ek moet sê die afgelope winter op Thabazimbi was lekker warm, maar ek verlang my dood na Kleinfontein. Marietjie Loubser n Soete geskenk Marietjie Loubser ksievrouekrag se staatmakerspan kon onlangs R5500 aan A die Sorgsentrum skenk na n hoogsgeslaagde fondsinsameling. Ons het n poedingstalletjie beman en deur goeie samewerking goeie resultate behaal. Dankie aan al die inwoners van Kleinfontein wat poedings, vla en kontant geskenk het. Baie dankie ook aan: Alet Brisley vir so baie reëlings en die plakkate Hennie Brisley vir ons afdakkie Hester Genis en Fifi Joubert wat die oggend kom help het Poppie Roets vir die geldsake Chris Els en andere vir die kaartjie-verkope Didi van Niekerk wat op haar eie n hele R 1000 ingesamel het Alida Verwoerd vir die houttafel Radio Pretoria vir die afkondigings Lucia van den Berg. Baie dankie, Kleinfontein k wil vir al die mense wat in E die omgewing bly baie dankie sê vir hulle kuiers, hulp en die inkopies wat hulle vir my gedoen het toe ek by die huis was na n heupoperasie. Veral baie dankie aan Iona. Sy het so mooi gehelp met die oefeninge wat ek moes doen. Kleinfontein is n plek waar daar groot samewerking is. Annie Kirsten n Lieflike rustigheid k het die voorreg gehad om n E paar weke op Kleinfontein by my familie (Celia Erasmus, my ma en Lou Erasmus, my broer) te kuier. Aangesien ek in Australië bly, kom ek nie gereeld op Kleinfontein nie, maar elke keer as ek hier kom is ek opnuut verras en beïndruk met die nuwe ontwikkelinge hier. Die twee uitstaande kenmerke vir my is die pragtige mense van Kleinfontein en die lieflike rustigheid van die nedersetting. Dit is n voorreg om tussen jou eie mense te kan bly n voorreg wat julle nie gering moet ag nie. Ek wens almal geluk wat bydra tot die opbou van n gesonde gemeenskap waarin ons kinders nog waardes kan leer wat vir ons belangrik is en waar ons ouer mense in rus en vrede hulle self kan uitleef. Weer eens dankie aan die vriendelike inwoners van die aftreeoord wat my elke keer ekstra tuis laat voel. Cecile van Lill, Bourke, Nieu-Suid-Wallis, Australië KLEINFONTEINNUUS 21
Die Koöperasie Koffiewinkel Tuisnywerheid Uit en Tuis Winkelsentrum, Kleinfontein Nedersetting Tel: 012 940 0065 (6174) of 082 708 7382 ie Koöperasie het n groot D vriendekring en is die lekkerste kuierplek, waar ons saam kan lag, huil en omgee. Van die mense wat net so getrou soos ons groot ou oupaklok kom kuier, is die biduurgroepie wat gereeld kom koek en tee, n ma en dogter wat amper elke dag koffie kom drink, studente en skoliere wat hulle broodjies en slap tjips kom haal en sommer buite sit en eet en n werker wat sy vetkoek en maalvleis kom koop. Daar is n hele paar vaste bestellings vir wegneem-etes en al sit die son al laag, weet ek hulle kom hulle kos haal. Oop Maandae tot Saterdae 07:00 tot 19:00 Die stoepsitters wat op n Vrydag kom, is Álet, Lou en Flippie Erasmus, Bonnie Freyer, Elsie en Hannes Conradie en met tye die seuns, Oom Jan Boer en tannie Celia Erasmus. Hulle drink van gewone koffie tot Coke met baie ys en kuier dan baie lekker totdat die gaste wat aandkos bestel het, begin opdaag. Baie keer vra die stoepsitters of daar kos oor is sodat hulle ook ietsie te ete kan kry. Daar is ook ondersteuners wat gereeld kom melkskommel drink. Daar is ook dié wat elke week saam met hul personeel kom ontbyt eet. Wipronet se baas bestel drie maal per week gesondheidsbroodjies vir al sy mense. Al die ander ondernemers op die stoep af en om die draai tot doer by die Washuis ondersteun ons. Daarvoor n groot dankie. WEN WEN WEN Jy kan n ontbyt en filterkoffie vir twee wen as jy inskryf vir ons kompetisie. Die vraag? Wie is die kunstenaar van die skildery in Die Koffiewinkel? Kom skryf by Die Koöperasie in. Inskrywings sluit op Saterdag 28 September 2012. KLEINFONTEIN MINIMARK Melk, kaas, brood, koerante, tydskrifte, koeldrank, vrugtesap, roomys, pasteie, vleis, biltong, droëwors, ys, lekkergoed, koekies, beskuit, batterye, kruideniersware, elektriese ware en benodigdhede, sigarette, medisinale middels, skoonmaakmiddels, braaibenodigdhede en nog baie meer. Van ons mense, vir ons mense Baie dankie aan almal wat ons so getrou ondersteun. Hoe meer u by ons koop hoe meer kan ons u bied. Mandjie vir mandjie vergelyk ons goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd. Kobus Malan Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012-940 0059
Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: n Leukje slaaitjie Kleurige lente salade met sjalotjes en hazelnootdressing... so lui die opskrif in Nederlands vir hierdie fleurige slaaitjie. Die slaai, getooi met kruieblommetjies, is net die ding om die lenteseisoen mee te begroet. Dis heerlik en dit lyk ook mooi. Dalk sien ons dit by die volgende Pik en Proe geselligheid. Bestanddele 150 ml selderyskyfies 60 ml gekapte pekanneute 250 ml ingemaakte pynappelblokkies 1 klein gekerfde koolkoppie 3 geskilde appels in blokkies gesny 250 ml gesnipperde malvalekkers 80 ml gesnipperde dadels 250 ml mayonaise Sout en peper na smaak Metode: Meng al die bestanddele ligggies en hou in die yskas tot net voordat dit bedien word. Garneer met n paar pietersielietakkies, gekapte neute en rond af met n parmantige rooi glanskersie! Nuwe intrekkers en mense wat bou Mense wat bou: Sonja Kruger, E143 Nuwe intrekkers: Louis en Magda Swart, Kareepark Koos en Minnie Opperman, Dagbreek Chris en René Coertzen, Wag n Bietjie Dankie dat julle ons so mooi veilig hou ulle het meestal maar n H ondankbare werk en tog kwyt Kleinfontein se toegangsbeheerbeamptes hulle uitstekend van hulle taak. En hulle lyk deesdae so netjies in hulle nuwe uniforms. Namens alle Kleinfonteiners wil die Redaksie vir Wikus en sy hele span dankie sê vir hulle entoesiasme en toewyding. Ons sien dit raak! n Hele paar Kleinfonteiners het ook dié span se mooi optredes tydens begrafnisse opgelet. Wikus Cremer Willie Manning Hendrik Willem Barnard Henk van der Hayward jr Westhuizen Pierre van Wyk JJ Schroeder Alex van Gulden Chard Gobey Ernst Langenberg Hendrik Hayward sr Sampie Manning KLEINFONTEINNUUS 23
Ons hou jou aan die praat internet epos faks na epos en epos na faks bekostigbare telefoondiens: plaaslik, landswyd en internasionaal Uiters billike pakkette spesiaal vir Kleinfonteiners, vanaf slegs R250 per maand vir 3 GB se op en aflaaidata. Groter pakkette is beskikbaar. Kleinfonteiners op die Wipronet telefoonstelsel kan mekaar gratis skakel Hulplyn waar jong Afrikaners wat weet waarvan hulle praat, jou help Wipronet, Kleinfontein se eie internetverskaffer, verskaf ook internetdienste aan n wye omgewing om Kleinfontein, en het van die vinnigste internetspoed in die land Skakel ons gerus by 012 940 0222 of op ons gratis nommer 6000. Meer inligting is beskikbaar by www.wipronet.co.za