Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012



Similar documents
IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue


Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

How To Get A Bsc In Forensic Science

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

INHOUDSOPGAWE

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

MARKETING MANAGEMENT

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

Die huwelik as 'n gawe van God

Algemene vrae - ontvangers

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Kunsuitstalling in Calitzdorp

Uit die Woord DOOD EN LEWE

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

Deur die innerlike word gedikteer aan:

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Vertrekpunte van die Christelike geloof

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF

Policy on Student Leadership Development and Training

Preek Jan Steyn op 11 Desember Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

Workshop: Translation Today: Computers, Practice, Ethics. Werksessie: Vertaling Vandag: Rekenaars, Praktyk, Etiek November 2015

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie.

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

HOOFSTUK 4 KRITIESE BESKOUING VAN TWEE UITERSTE INTERPRETASIES VAN DIE CHRISTUS-KERK METAFOOR

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

Human Rights and Workman s Compensation:

Die liggaam-van-christus-metafoor: instrument vir die effektiewe uitvoering van die missionale opdrag

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

DIE GEBRUIK VAN RITUELE EN SIMBOLE BINNE DIE EREDIENS AS DRAERS VAN HOOP

Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

Laat waai met jou gawes

Verbintenis tot besluitneming

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Doelgerigte Jeugbediening (

Die Naam in kleinletters Johan van Zyl

D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts

Gebed in Jesus se naam (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

*Julie Geregtigheid en Genade in die Ou Testament: Deel 2

Die Groot Afvalligheid

Hoofstuk 5: Die Eerste Wêreldoorlog


1. Lees en leestegnieke

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12


Om die Psalms biddend te sing of singend te bid

'N TERUGBLIK... Met opregte waardering vir waardevolle lesse geleer, Marieta Visagie 29 Augustus 2014

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

Transcription:

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012 Erediens Materiaal - Verskaf deur CABSA, (the Christian AIDS Bureau for Southern Africa). Agtergrond en Tema vir 2012 Daar word jaarliks by twee geleenthede spesifiek aan MIV en Vigs aandag gegee. Alhoewel Wêreld Vigsdag op 1 Desember meer bekend is, is dit dikwels vir kerke moeilik om in Advent n gefokusde Vigsdag erediens aan te bied. Die tweede geleentheid is Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag wat jaarliks op die derde Sondag in Mei herdenk word. CABSA moedig gemeentes aan om op hierdie Sondag op MIV te fokus. Hierdie jaar is die derde Sondag in Mei ook die begin van Pinkster. Dit is besonder gepas om in n tyd wanneer ons fokus op hernuwing en nuwe lewe deur die krag van die Heilige Gees, ook op MIV, en die geleentheid vir versoening en hoop wat dit die kerk bied te fokus. Toe die eerste International AIDS Candlelight Memorial in 1983 gehou is, was die oorsaak van MIV nog nie eers bekend nie en het nog net n paar duisend mense aan hierdie voorheen onbekende toestand gesterf. Die organiseerders wou die lewens van hulle wat gesterf het herdenk en terselfdertyd hulle steun wys vir die wat met die toestand lewe. In die 29 jaar sedertdien het 30 miljoen mense aan Vigsverwante toestande gesterf en teen 2010 het n beraamde 34 miljoen mense met die virus gelewe i. Die doel en aard van die herdenking op die derde Sondag in Mei het egter nie verander nie. Dit is n sigbare geleentheid vir gemeenskappe om te rou oor die verlies van geliefdes en ook terselfdertyd hulle betrokkenheid by die pandemie te wys. Dis n geleentheid vir groter bewusmaking en begrip en kan groter gemeenskapsbetrokkenheid aanmoedig. CABSA is reeds baie jare betrokke by die ontwikkeling van materiaal vir n erediens op hierdie dag. Die tema vir hierdie jaar is: Promoting Health and Dignity Together. Ons sou dit kon

vertaal as: Saam Bevorder ons Gesondheid en Waardigheid. Dit is n tema wat CABSA volmondig ondersteun en is in lyn met die Bybelse Riglyne ii wat alles wat CABSA doen rig. Ons ondersteun ook die stelling in die amptelike media vrystelling van die International AIDS Candlelight Memorial, wat deur die Global Network of People Living with HIV gekoördineer word: This year s theme Promoting Health and Dignity Together carries a lot of meaning. The theme focuses on the fact that the HIV response will only be successful when it is an effort that is supported by and addresses the needs of all those affected by HIV, including people living with HIV key populations such as men who have sex with men, people who use drugs, and sex workers, as well as women and young people. The theme emphasizes that health and well being cannot be achieved without respecting the dignity and promoting and protecting the human rights of all. iii Ons glo dat die Saam in die tema nie volledig kan wees as geloofsgemeenskappe nie deel hiervan uitmaak nie en as besondere klem nie geplaas word op die kompleksiteit van verhoudinge tussen die geslagte nie. Ons is baie bewus daarvan dat hierdie n uitdagende onderwerp is, met diep kulturele en godsdienstige wortels. Dis egter noodsaaklik om in die konteks van die MIV pandemie hiermee rekening te hou en ook met die spesifieke broosheid wat gender en geslagsverhoudings meebring. Ons glo dat verhoudinge wat die voorbeeld van Jesus reflekteer lewegewend, helend, voordelig en opbouend teenoor almal is en vol genade en omgee. Daarom moet ons verhoudings bevraagteken wat onmenslik, onregverdig of onderdrukkend is, selfs al is hulle ingebed in tradisionele of kulturele gebruike. Gender en die verhoudings tussen mans en vrou is dus gekies as fokus vir hierdie riglyne vir 2012. Hierdie is nie n volledige preekstudie of erediens nie, eerder n gids met elemente wat binne n erediens gebruik kan word. Hierdie materiaal is aangepas uit n oordenking wat tydens die Kerke Kanale van Hoop Fasiliteerders Opleiding van CABSA en haar vennote gebruik word. Die oorspronklike oordenking is saamgestel deur CABSA vriend en opleier Frank Molteno, terwyl hy aan die hoof was van implementering van hierdie program binne die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika. U kan gerus ook voorstelle uit vorige CABSA riglyne in ag neem vir die voorbereiding van MIV vriendelike liturgiese ruimtes http://www.cabsa.org.za/content/aids-candlelight-memorialsunday. Oorweeg ook die gebruik van visuele elemente soos plakkate, rooi strikke en kerse. Hierdie riglyne word in verskeie denominasies en kerk tradisies gebruik en dit is dus nie moontlik om liedere voor te stel wat aan almal bekend is nie. Kies asb. geskikte liedere en musiek vir u gemeente.

Erediens Riglyne iv (Om aan te sluit by die tema Promoting Health and Dignity Together, sluit die erediens doelbewus die stemme en deelname van n verskeidenheid gemeentelede in.) Seëngroet Almal: Dit is n nuwe dag, wat opnuut hoop bring. Ons dank U daarvoor. Kom ons verootmoedig onsself voor God. Almal: God, ons staan vanoggend voor U. Ons is U wêreld en U mense. Almal: U self het ons geskep. Almal: Almal: Ons is gemaak na U beeld. U het ons gemaak na U gelykenis Ons is mense van U liefde. U het ons geskep en dit was goed. Gebed en Aansteek van Kers (Maak vooraf seker dat daar n groot kers in n prominente plek in die liturgiese ruimte is. U kan n rooi strik op die kers vasmaak of n kruis met n rooi lint daarom langs die kers plaas. Reël met n lidmaat om die kers aan te steek. As dit iemand is wat direk deur MIV geraak is en openlik daaroor praat, kan dit besonder waardevol wees. ) Terwyl die kers van hoop namens ons almal aansteek, kom ons bid saam: Here Jesus, U is ons lig wat skyn in die donker. Ons steek hierdie kers aan om onsself te herinner dat ons U lig in die middelpunt van ons lewens kan vind. U lig kan die donkerte van die donkerste nag verdryf and ons lei na die lig van n nuwe more en n nuwe dag. Here, ons het gehoor van die wonderlike dinge wat U gedoen het, in en deur die lewens van U volgelinge deur die eeue en regoor die wêreld: U het mense se hele lewenswyse aangeraak en verander; U het mense nuut gemaak.

Ons kom om U te aanbid, om deur U verander te word, om die mense te word wat U bedoel het ons moet wees. Laat dit so wees, Here, selfs al is ons bang vir verandering en al staan ons enige verandering van ons manier van lewe teë. Daag ons uit, verander ons, vul ons met so n bewustheid van U en U teenwoordigheid dat niks, nie eers ons eie harte en lewens, ooit weer dieselfde kan wees nie Ons bid dat U ons harte en verstand oopmaak vir die wysheid van U Heilige Gees en U woord, sodat ons daardeur verander kan word. Amen. Lied Skriflesing v Voorleser 1: Genesis 1:26-28 (Afrikaanse Nuwe Vertaling - ANV) 26 Toe het God gesê: Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, Ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip. 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. 28 Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip. Genesis 1:30-31 (ANV) 30 So het dit gebeur. 31 Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag. Gebed/Refleksie Skepper God, U het elkeen van ons na U beeld geskape. U het elkeen ook wonderlik verskillend geskape Kom ons dink vir n paar oomblikke in stilte na hieroor, oor hoe ons almal verskillend is en waar elkeen van ons ons plaas te midde van hierdie verskille: Christen; man of vrou; lid van n spesifieke nasionale groep of ras, miskien selfs van n spesifieke stam; dalk n sekere klas kleinboer, arbeider, professioneel of besigheidsman of

vrou; plattelander of stedeling; jonk, middeljarig of oud; tradisioneel of modern; in n leierskapsposisie of n volgeling; daar is nog baie ander wat ons sou kon noem God, ons hemelse Ouer, U het ons geskep as U kinders, om in verhouding te wees met U en met mekaar - Dit is U behoefte aan verhouding wat ons die geleetheid gee om in verhouding te wees, met U, met onsself, met mekaar en met almal wat deur U geskep is. Ons is mense met n lewende hoop: Voorleser 2: 1 Petrus 1:3 (ANV) 3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop. Romeine 8:32-39 (ANV) 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?... 35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?... 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. Refleksie En tog vind ons dit so moeilik om te midde van ons verskille van stam, nasionaliteit, geslag, ras, geloof en seksuele oriëntasie in verhoudings met mekaar te wees wat reg, liefdevol en regverdig teenoor mekaar is. Ons lewe te midde van en is deel van soveel gebrokenheid. Kom ons luister met oop en biddende harte na die stemme van mans en vroue wat deur die eeue na ons kom deur die teks van die Bybel, maar ook vandag in woorde van regoor Afrika. Hierdie is almal die stemme van ons broers en susters. (Al die deelnemers kan gevra word om op te staan en voor in die kerk te staan en een na die ander hulle sinsnede te lees. Deelnemers kan ook bloot waar hulle sit in die kerk opstaan en een na die ander hulle sinsnede lees, indien almal gehoor sal kan word. n Ander moontlikheid sou wees om vooraf n opname van die sinsnedes te maak en dit te speel. Indien hierop besluit word, moet stemme versigtig gekies word om duidelik verskillend te klink. Lesers moet nie te vinnig na mekaar volg nie, maar moet n oomblik vir nadenke toelaat. Indien n PowerPoint aanbieding in

die erediens gebruik work, kan n verskeidenheid beelde van vroue (en later mans) van verskillende sosiale kulturele en ekonomiese agtergrond en ouderdomme op die skerm vertoon word.) Die Stemme van Vroue en Mans Vrou 1: Vrou 2: Vrou 3: Vrou 4: Vrou 5: Vrou 6: Vrou 7: Vrou 8: Vrou 9: Vrou 10: Ek is Eva, been van jou been en vlees van jou vlees. Ek is Sarah, die vrou wat jou heer en meester noem. Ek is Hagar, jou slavin, jou onoffisiële vrou. Ek is Lea, die vrou waarmee jy teen jou sin getroud is. Ek is Dina, jou enigste dogter, wat deur Sigem verkrag is. Ek is Tamar, jou desperate weduwee, wat haar soos n prostituut gedra. Ek is Rut, die weduwee wat by jou voete inkruip en jou beskerming vra. Ek is Batseba, wat deur jou koning verkrag is en met wie hy getrou het. Ek is Vasti, die koningin wat verwerp is, sodat alle vroue hulle mans sal gehoorsaam. Ek is die Leviet se byvrou, wat deur boewe verkrag is en deur my man in stukke gesny is. Al die Vroue: Ons is die gebroke vroue van die Ou Testament Ons is die gebroke vroue in n gebroke wêreld Ons is vroue wat soek na heling. Vrou 11: Vrou 12: Vrou 13: Vrou 14: Vrou 15: Vrou 16: Vrou 17: Vrou 18: Vrou 19: Vrou 20: Ek is Maria, die swanger vrou wat nêrens het om heen te gaan nie. Ek is die Samaritaanse vrou, met vyf mans en nie een wat haar eie is nie. Ek is Martha, die vrou wat kook terwyl julle sit en gesels. Ek is Maria, die vrou wat Sy voete salf met olie. Ek is die vrou met die sondige lewe, wat Sy voete was met my trane. Ek is die geboë vrou, wat wag vir n helende aanraking. Ek is vrou met bloedvloeiing, wat probeer om aan die kleed van mag te raak. Ek is Anna, die weduwee wat sonder ophou bid. Ek is the hardnekkige weduwee, wat roep om regverdigheid. Ek is Isebel, die vrou wat vir alle kwaad blameer word. Al die Vroue: Ons is die vroue van die Nuwe Testament Ons is die gebroke vroue in n gebroke wêreld Ons is vroue wat soek na heling. Vrou 21: Vrou 22: Vrou 23: Ek is die vrou in jou huis, ek is jou vrou ek kook vir jou en maak jou huis skoon, ek was jou wasgoed, ek versorg jou kinders, ek gaan daagliks uit om n inkomste te probeer verdien, ek bevredig jou seksuele behoeftes, ek doen wat jy sê. Ek is die vrou in jou huis, jou minnares. Ek is die vrou in jou lewe, jou ma.

Vrou 24: Ek is die vrou in jou werkplek, jou sekretaresse. Vrou 25: Ek is die vrou in jou strate, die sekswerker vir wie jy nie betaal tensy ek onbeskermde seks met jou het nie. Vrou 26: Ek is die vrou wat in jou huis werk, wat geen eiendom van my eie besit nie. Vrou 27: Ek is die vrou in jou lewe met geen beheer oor my liggaam nie. Vrou 28: Ek is die vrou in jou huis, jou vrou, wat geslaan word as ek vra dat jy my met n kondoom beskerm ek lewe met MIV. Vrou 29: Ek is die vrou in jou bed, met die blou oog en die gebreekte ribbes. Vrou 30: Ek is die vrou wat geen toegaan het tot MIV medikasie nie en daarom besig is om te sterf. Wie sal na my kinders kyk as ek weg is? Vrou 31: Ek is die vrou met wie jy getrou het wat glo dat ek minderwaardig is, omdat ek n vrou is en jy n man. Vrou 32: Ek is die vrou wat n maagd was totdat jy my verkrag het, omdat jy geglo het dit sal jou genees van MIV. Vrou 33: Ek is die ouer vrou, wat graag wil rus, maar nou my vyf kleinkinders moet voed en versorg. Vrou 34: Ek is die jong vrou, die meisie in jou klas vir wie jy n saamry geleentheid aangebied het en wie jy toe verkrag het. Vrou 35: Ek is die vrou wat dieselfde werk as jy in die fabriek doen, maar baie minder as jy verdien. Vrou 36: Ek is die vrou in jou kerk, die een wat kook en skoonmaak, die een wat sing en dans. Alle Vroue: Man 1: Man 2: Man 3: Man 4: Man 5: Man 6: Man 7: Ons is vroue van die wêreld Ons is vroue van Afrika Ons is Christen vroue Ons is die gebroke vroue in n gebroke wêreld Ons is vroue wat soek na heling. Ek is die man wat jou pa is, my eie broer het jou verkrag. Ek is die man wat jou gedwing het om seks met my te hê omdat my maats my gespot het omdat ek nog nie n man is nie. Ek is die man wat nie weet hoe om ware intimiteit en vriendskap met jou te hê nie al wat ek ken is om te beheer en te vat. Ek is die man wat jou domineer en jou daardeur verkleineer. As ek jou verkleineer, verkleineer ek myself. Ek is man van die huis, ek is jou man die verantwoordelikheid om jou te beskerm en vir jou te voorsien rus swaar op my. Ek is die man wat nie toegang het tot MIV medikasie nie wie sal vir jou sorg as ek nie meer daar is nie? Ek is die man in jou lewe; die werkende man wat nie werk het nie; die man van die grond, wat geen grond het nie; n gesinsman, met geen kos vir my gesin nie.

Man 8: Ek is die man wat die pa is van jou kinders die een wat nooit die geleentheid gehad het om hulle teen my bors te koester nie of om hulle aan die slaap te wieg nie. Al die Mans: Ons is die mans van die wereld Ons is mans van Afrika En ons is Christen mans Ons is gebroke mans in n gebroke wereld, wat nie meer weet wat van ons verwag word of how ons teenoor julle moet optree nie Ons is mans wat soek na ons eie heling en na julle s n. Vir verhoudings om reg, liefdevol en regverdig te wees, moet hulle wederkerig en wedersyds wees. Wederkerigheid sluit vrygewigheid, goedhartigheid, vergewensgesindheid en bedagsaamheid in. Wederkerigheid is die onderlinge interafhanklikheid van gelykes. Interafhanklikheid en gelykheid is die teenoorgestelde van selfgerigtheid of n fokus op die self ten koste van die ander een. Wederkerigheid is n manier om lief te hê wat die waarde en waardigheid van beide partye en ons behoefte aan en afhanklikheid van mekaar bevestig. Dit is inderdaad die liefde van Christus, wat ons dring en motiveer! Voorleser 3: 2 Korintiërs 5:14 (ANV) 14 Die liefde van Christus dring ons... 1 Korintiërs 13:4-8 (ANV) 4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7 Dit bedek Alles, glo Alles, hoop Alles, verdra Alles. 8 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Wederkerige verhoudings maak nie verskille tot niet nie. Elke persoon bly n individu met unieke gedagtes, gevoelens en optredes maar wat ook optree dink en voel, na aanleiding van die ander se denke en gevoelens! Die ander een bly waarlik n ander en anders! Respek vir die ander, of n gebrek daaraan, bly n doelbewuste keuse. Jy kies of jy my sal respekteer, ongeag ons verskille van ras, nasionaliteit, klas, geslag, gender, ideologie, seksuele oriëntasie, kultuur of

enigiets anders! Ek kies of ek jou sal respekteer. Maar dit is duidelik watter keuse God van ons verwag; Om ander te aanvaar soos Christus my en elkeen van ons aanvaar Voorleser 4: Romeine 15:7 (ANV) 7 Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ons moet mekaar so aanvaar, omdat alle mense die beeld van God dra. Alle mense het gelyke waarde en waardigheid en almal is geskep om in verhouding met God en met mekaar te wees. Dít gee aan elke mens onskatbare waarde! Ons verhoudings moet die verhouding reflekteer wat God in Christus met ons het n verhouding van genade, deernis en liefde. Die roeping tot verhouding steek doodeenvoudig alle grense van ons vooroordele en kulturele en gender stereotipes oor, want alle mense het inherente waarde en waardigheid ryk en arm, swart en wit, jonk en oud, mans en vroue, seuns en dogters. Dit is ons taak as ambassadeurs van Christus om die waarde en waardigheid van elke mense te koester en beskerm Voorleser 5: 2 Korintiërs 5:16-21 (ANV) 16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Ons bely en berou ons ongewilligheid om liefdevol teenoor hulle wat anders as ons is op te tree: Ons slaag nie daarin om mekaar te verwelkom en aanvaar soos Christus ons aanvaar en verwelkom het nie. Ons bely en berou hoe ons mekaar stigmatiseer, hoe ons nie daarin slaag om in verhouding te tree met die een wat anders is nie: Ons maak mekaar seer en vernietig mekaar selfs as ons mekaar so verwerp: die honger kind, die mishandelde vrou, die vlugteling langs n stowwerige pad, die een wie se ras of geslag anders as myne is, die uitgeteerde man wat aan Vigsverwante

toestande sterf, die een met n ander seksuele voorkeur, die een met n ideologie waarvan ek nie hou nie, een van n ander geloof, iemand wie se gemeenskap in konflik is met myne. Die belofte van God se verbond met ons, is die belofte van n wederkerige verhouding, waarin onvoorwaardelike liefde, voortdurende teenwoordigheid, regverdigheid, vrede en heelheid steeds toeneem. Ons word geroep om ons verbondsverhouding met God te reflekteer in liefdevolle en regverdige verhoudings met mekaar, veral ook met randfigure en hulle wat nie hulle eie belange kan verdedig nie. Jesus maak ons roeping duidelik: wederkerige liefdevolle verhouding met God en met ons naaste, soos onsself. Vir ons as Christen gelowiges is Jesus se radikale lewensveranderende liefde n voorbeeld van hoe om in die wêreld te lewe op n manier dat dit verhoudings verdiep, gemeenskap beliggaam en uitbrei en die gawe van lewe versprei (nav Harrison) inderwaarheid n voorbeeld van hoe om sout en lig vir die wêreld te wees. Voorleser 6: Joh 4:5-10 (ANV) 5 Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. 6 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. 7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: Gee My 'n bietjie water om te drink. 8 Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 9 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink? Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. 10 Jesus het haar geantwoord: As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: Gee My 'n bietjie water om te drink, sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Joh 4:25-27 (ANV) 25 Die vrou het vir Hom gesê: Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak. 26 Toe sê Jesus vir haar: Dit is Ek, Ek wat met jou praat. 27 Net toe het sy dissipels teruggekom en hulle was verbaas dat Hy met 'n vrou praat. Tog het niemand vir haar gevra: Wat wil jy hê? of vir Hom: Waarom praat U met haar? nie. Hoe vervul ons ons menslikheid? Is dit nie deur ten volle deel te wees van die geheel wat die liggaam van Christus uitmaak nie? Deur deel te neem, nie te besit nie, deur mekaar nodig te hê, deur te weet dat ons aan mekaar behoort? Dit is terselfdertyd ons roeping en ons identiteit: ons is die liggaam van Christus.

Ek nooi jou om deel te neem aan n toewydingsgebed. vi Aangesien ons met Jesus een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Rom 6:5 Sela [ n oomblik van stil refleksie oor bg.] Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. Joh 13:34 Gemeente: Kruisig my selfsug, Here, sodat U liefde in ons kan leef. Bewys eerbied teenoor mekaar. Rom 12:10b Gemeente: Kruisig my vooroordele, Here, sodat ons mekaar kan respekteer. Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Rom 14:13 Gemeente: Kruisig my kritiek, Here, sodat ons mekaar kan waardeer. Aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Rom 15:7 Gemeente: Kruisig my verwerping, Here, sodat ons mekaar kan omhels. Dra mekaar se laste. Gal 6:2 Gemeente: Kruisig my apatie, Here, sodat ons mekaar kan ondersteun. Praat mekaar moed in en versterk mekaar. 1 Thes 5:11 Gemeente: Kruisig my kla en kerm, Here, sodat ons mekaar kan inspireer. Laat ons ook na mekaar omsien. Heb 10:24 Gemeente: Kruisig my privaatheid, Here, sodat ons mekaar kan versorg. Gemeente: Almal: Maak ons een met U sterwende manier van leef, Here, sodat ons saam met U kan opstaan om nuut te leef. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Rom 6:8 Ewige God deur wie se krag ons geskape is en deur wie se liefde ons verlos is: lei en versterk ons deur U Gees sodat ons onsself in U diens kan gee en vandag en elke dag kan lewe in liefde vir U en vir mekaar, deur Jesus Christus ons Heer. Amen Lied Seën:

Die pad is lank, kom ons stap dit saam. Die pad is swaar, kom ons help mekaar. Die pad is vreugdevol, kom ons deel dit. Die pad is Jesus s n, want Hy is die Weg, kom ons volg Hom. Die pad is oop voor ons, kom, laat ons gaan. Met die liefde van God, Die genade van Christus, En die gemeenskap van die Heilige Gees. Amen i 2011 UNAIDS World AIDS Day report ii CABSA Guiding Principles http://www.cabsa.org.za/content/guiding-principles iii Media Advisory: International AIDS Candlelight Memorial: Promoting Health and Dignity Together iv Musa Dube in Dube, Musa W. (ed), AfricaPraying - Handbook on HIV/AIDS Sensitive Sermon Guidelines and Liturgy. Geneva: World Council of Churches; 2003. Denise M. Ackermann "Becoming Fully Human: An ethic of relationship in difference and otherness" pp.13-27 in Journal of Theology for Southern Africa 102 (November 1998) v Afrikaans Nuwe Vertaling. 1975, 1979, 1983, Bybelgenootskap van Suid-Afrika vi Hierdie gebed is gebaseer op die Lydingstyd Litanie van Fontainebleau Gemeenskapskerk. Vir meer inligting oor CABSA en die programme wat CABSA aanbied om kerkleiers te begelei na MIV bevoegdheid: Kontak Me Lyn van Rooyen management@cabsa.org.za 011 796 6830 CABSA bied hierdie en n verskeidenheid ander dienste gratis aan. U kan meer oor CABSA lees by www.cabsa.org.za. CABSA is n geregistreerde NPO en van befondsing afhanklik om hierdie dienste te lewer. Ons wil u uitnooi om deel van die CABSA visie te word en te verseker dat die organisasie steeds dienste kan lewer, deur voorbidding maar ook deur finansiële steun. Bank: ABSA Taak en Kode: Wellington (632005) Naam: Christian AIDS Bureau Tipe Rekening: Active saving Rekening Nommer: 910 467 4160 Swift Kode: ABSAZAJJ