Preek Jan Steyn op 11 Desember 2011. Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde



Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.


Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

INHOUDSOPGAWE

Algemene vrae - ontvangers

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

MARKETING MANAGEMENT

Die Groot Afvalligheid

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

Vertrekpunte van die Christelike geloof

How To Get A Bsc In Forensic Science

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

Human Rights and Workman s Compensation:

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 17 Inleiding

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Uit die Woord DOOD EN LEWE

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

DIE ANTICHRIS VAN OPENBARING ONTMASKER

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OP DIE VLERKE VAN N SNEEUWIT DUIF

'n Sosio-historiese skets van die tussen-testamentêre periode

Policy on Student Leadership Development and Training

DIE GEBRUIK VAN RITUELE EN SIMBOLE BINNE DIE EREDIENS AS DRAERS VAN HOOP

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Hoofstuk 5: Die Eerste Wêreldoorlog

Deur die innerlike word gedikteer aan:

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

Mission and Jewish Evangelism Always and Everywhere LCJE conference at High Leigh Cecilia Burger

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Is Henog en Elía in die Hemel?

1. Lees en leestegnieke

Kunsuitstalling in Calitzdorp

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

K28337 KOMMissin 4058 RA5

Kuyper se ekklesiologie en die interpretasie van kerklike sake in artikel 30 van die Kerkorde van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

IP-NBM. Copyright Capgemini All Rights Reserved

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

Beskouings oor die doodstraf

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis

Die Naam in kleinletters Johan van Zyl

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

Government Gazette Staatskoerant

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

eres van vjiare erqisre

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

MODULE OOR VERWERPING WERKSTUK Bladsy D3 oorweeg hierdie vrae doen opsomming van die wat u raak en die twee kolomme onder die primêre prentjie.

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

Die huwelik as 'n gawe van God

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

HOOFSTUK 4 KRITIESE BESKOUING VAN TWEE UITERSTE INTERPRETASIES VAN DIE CHRISTUS-KERK METAFOOR


'N TERUGBLIK... Met opregte waardering vir waardevolle lesse geleer, Marieta Visagie 29 Augustus 2014

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament

Deur Christus Alleen

Llterêre vertaling as kruiskulturele kommunikasie: Kortonnen dozen van Tom Lanoye in Afrikaans

Gebed in Jesus se naam (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

Transcription:

Preek Jan Steyn op 11 Desember 2011. Teks: Daniël 3 Tema: God, gode en vuuroonde Inleiding: Die oorsprong van die boek van Daniël: Die tyd waarin die boek Daniël finaal op skrif gestel was waarskynlik so tussen 168 tot 165 voor Christus. Hierdie tyd was vir die Joodse volk een van geweldige godsdienstige vervolging en verdrukking en 'n tyd waarin mense se bekende wêreld en sekerhede totaal inmekaar gestort het. In hierdie tyd was die mense van Israel onder die heerskappy van die Grieke wat uit die wêreldryk wat Alexander die Grote nagelaat het, na vore getree het. Die Griekse heerser oor Palestina in daardie tyd was Antiochus 4 Epifanes wat een staatsgodsdiens in sy ryk probeer afdwing het met die Griekse god Zeus Olimpos as hoofgod. Hy het die Griekse kultuur met geweld op sy onderdane afgedwing en kinders moes in spesiale skole of gimnasiums opgelei word in daardie kultuur. Ook Jerusalem het sy eie Griekse gimnasium gehad waar Joodse kinders onder dwang in die Griekse kultuur opgevoed is. Die Joodse besnydenis, die bring van offers, die Joodse feeste en die onderhouding van die Joodse sabbat is verbied. As jy gevang is dat jy 'n kopie van die wetboek van Moses besit, is jy met die dood gestraf. Ook die besnydenis aan kinders volgens Joodse gebruik was met die dood strafbaar. Die Jode het uiteindelik in opstand gekom teen die Griekse bewind toe Antiochus die bevel uitgevaardig het dat daar in alle dorpe van sy ryk 'n altaar vir Zeus opgerig moes word en dat die inwoners daarop moes offer. Die finale strooi was toe hy so 'n standbeeld vir Zeus laat oprig het op die plek waar die brandofferaltaar in die tempel in Jerusalem was. Antiochus se onderdrukking van die Joodse godsdiens het daarna verskerp na die opstand, genoem die Makkebese opstand onderdruk is. Selfs die tempeldiens in Jerusalem is daarna gestaak en die tempel is ontheilig deurdat Antiochus vark wat vir die Jode 'n onrein dier was op die altaar in die tempel geoffer het. As mens Daniel 7:25 lees, sien jy duidelik die verwysing na Antiochus Epifanes: "Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander en die heiliges van die Allerhoogste sal aan sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd". In hierdie hopelose tyd vir die Joodse volk onder die heerskappy van Antiochus het 'n kring wyses gaan terugkyk in die geskiedenis van hulle volk en onthou van die verhale van Daniël en sy vriende en hul ervaringe en visioene uit die tyd van die ballingskap onder Nebukadneser en die Babiloniërs hier vanaf 589 voor Christus. Hierdie verhale van Daniël en sy vriende, die eerste ses hoofstukke van die boek, is mondeling van geslag tot geslag in die Joodse volksmond oorgedra en dit was vir hierdie kring wyse manne duidelik hoe die Jode se lyding in die Babiloniese ballingskap van lank gelede aansluit by die verdrukking wat hulle onder Antiochus Epifanes ervaar het. Nou stel die kring wyses hierdie verhale van Daniel en sy vriende saam met die visioene van hoofstuk 7-12 op skrif sodat dit hoop kan bring vir hulself en hul volksgenote onder Antiochus se verdrukking. Vir die mense wat die mondelinge verhale van Daniel en sy vriende te boek gestel het, was dit belangrik dat die gelowiges van hul tyd hulle nie blind sou staar teen die chaos en verdrukking rondom hulle

nie, maar dat hulle vir God sou raaksien. Dat hulle sou raaksien Wie regtig in beheer van die wêreld en sy heersers was en Wie die toekoms in Sy hande gehou het. Skriflesing: Die eerste vraag wat Daniël 3 aan ons stel, is hoe ware, Bybelse geloof lyk: Die eerste gevaar is dat ons geloof in die krag van ons geloof gesetel sal wees. Daar word die tragiese ware verhaal vertel van Larry en Lucy Parker wat geglo het dat as hulle net genoeg geloof het, God hulle diabetiese seun sou genees. Uiteindelik het hulle seun Wesley so siek geraak dat hy insulien nodig gehad het. Omdat hulle so geglo het dat God Wesley sou genees, het hulle hom nie insulien gegee nie en het hy in 'n diabetiese koma verval. Wesley het later gesterf sonder enige behandeling, maar die ouers was so oortuig van die krag van hul geloof, dat hulle nie vir hom 'n begrafnisdiens gehou het nie, maar 'n opstandingsdiens waar hulle die Here gebid het om hom uit die dood te laat opstaan. Lucy en Larry Parker het albei op die ou end in die tronk beland vir manslag en kinderverwaarlosing. As Daniël se drie vriende se geloof gebou was op die krag van hul geloof sou hulle kon sê: Ons glo ten volle dat God ons van die vuuroond sal bewaar. Die koning sal sy besluit verander of die vlamme sal geblus word, maar ons gaan nie in die vuuroond beland nie. In hierdie scenario as ons diepste vertroue in ons eie geloof is, dan oortuig ons onsself ons geloof is nou so sterk opgepomp dat God nie ander kan as om ons ons wense en begeertes te gee nie. Jy kan vra wat jy wil van God as jou geloof net sterk genoeg is. Klink dit bekend? Dit was nie die soort geloof wat Sadrag, Mesag en Abednego gehad het nie. Hulle het nie geweet wat die Here se wil vir hulle in hierdie situasie gaan wees nie. Hulle het nie vir God probeer voorskryf wat die uitkoms vir hulle moes wees nie. Hulle sê vir die koning dat God die mag het om hulle uit die brandende oond te red, maar selfs al doen Hy dit nie, sal hulle sy goue beeld nog nie aanbid nie. Selfs al besluit Hy om ons nie te red nie! Dis rof! Hulle geloof was nie gebou op die krag van hul eie geloof of om die uitkoms van hierdie situasie te bepaal nie. Hulle geloof was gebou op die krag en grootheid van God. Hulle het God toegelaat om God te wees en nie vir Hom probeer voorskryf nie. Ons sukkel nogal dikwels om God toe te laat om God te wees. Ons sukkel om te bid volgens Sy wil, ons verkies om te bid volgens ons wil! Sal ek, sal jy bly glo selfs al gee God nie die antwoord of uitkoms wat ek en jy verlang nie? Sal ons God toelaat om God te wees, om Sy wil te laat geskied? Sadrag, Mesag en Abednego is nie van die vuuroond gered nie, hulle is in en deur die vuuroond gered. Maar God was saam met hulle in die vuuroond. Ons bid so maklik: Here red ons van die krisis. Verwag, selfs eis ek en jy nie dikwels in ons gebede dat God ons van die krisis moet red nie, anders is Hy nie goed en getrou nie? Soms red God ons in die krisis en soms moet ons deur die krisis gaan om ons iets belangrik te leer oor God se trou en Almag of ons geloof of lewe te suiwer. Ware geloof beteken ek sal op God vertrou of ek nou die oond of die krisis mis en of ek daarin beland of selfs daardeur moet worstel. Bybelse geloof herinner ons maak nie saak wat die uitkoms is nie, God verlaat ons nooit nie en laat ons nooit allleen nie. Ons dink soms

verkeerdelik geloof is ons vermoë om die Here so te beïnvloed dat Hy ons sal gee wat ons van Hom verlang of aan ons die uitkoms sal verskaf wat ons begeer. Die drie vriende van Daniël herinner ons dat dit nie ware Bybelse geloof is nie. Geloof is ook nie ons vermoë om te voorspel wat die Here gaan doen nie. Dit was ook nie so in die geval van Daniel se drie vriende nie. Hulle het nie geweet wat God in hulle situasie sou doen of wat die uitkoms vir hulle presies gaan wees nie. Ons dink mense is vreeslik heilig of indrukwekkend wat presies kan voorspel wat God volgende gaan doen of behoort te doen. Hierdie soort geloof laat nie vir God God wees nie. Dit probeer aan Hom voorskryf. Iemand skryf so aangrypend hieroor: "True faith does not claim to know what only God can know; it claims only to know the God who knows". Die tweede vraag wat Daniel 3 aan ons stel is die volgende: Wie het waarlik mag of hoe lyk ware mag? Nebukadneser dink hy is die een wat waarlik mag het: Vir die drie vriende wat voor hom gebring word, het Nebukadneser die volgende opmerking: As julle nie die beeld aanbid nie, sal julle in die brandende oond gegooi word en watter god sal julle uit my mag kan red? Antiochus het gedink hy het waarlik mag en het die altaar van die Here in Jerusalem ontheilig deur vark daarop te offer aan sy eie gode en deur later 'n standbeeld van Zeus binne-in die Joodse tempel te laat oprig. Beide Nebukadneser en Antiochus het dieselfde strategie gehad om hul mag te vestig- verenig almal in hulle koninkryke onder een godsdiens. By Nebukadneser was die hierdie een staatsgodsdiens en by Antiochus hierdie een Griekse kultuurgodsdiens. Ek meen God het met hierdie strategie ligjare beter gevaar as hierdie tiranne- die een kerk van God is vandag oor die hele wêreld versprei en Nebukadneser en Antiochus nietige historiese figuurtjies en hul ryke lankal tot niet. In die tyd van Jesus se geboorte het Herodus geglo hy het die mag. Hy sou sy koninkryk in stand kon hou teenoor die koninkryk van die Messias wat hy verkeerdelik as hierdie aardse en opponerende een tot sy mag gesien het. Hy het alle Joodse seuntjies laat doodmaak, maar die Messias gemis wat op die engel se waarskuwing saam met sy ouers na Egipte gevlug het. Herodus is lankal stof en as en ek dink nie eers iemand weet waar sy graf is nie. Maar Christene 2000 jaar later bid steeds in die Naam van Jesus en nader tot God die Vader deur Hom. Tiranne van die geskiedenis soos Nebukadneser en Antiochus en Herodus het die mag van geweld en onderdrukking demonstreer in hul dade en optrede. Christus het in Sy dade en optrede die mag van die liefde kom demonstreer. Raai watter een is die sterkste? Daniel 3 wil ons kom herinner dat net by God ware mag is. Hy het die mag om in alles by ons te wees en ons nooit uit Sy hand te laat val nie. Ons moet dit onthou want die chaosmagte van die wêreld is baie sterker in ons gesig en ons gesigsveld en sigbaar op die TV of in die koerante as die mag van God wat dikwels agter die skerms en onsigbaar aan die werk is. Net God het die mag om jou en my te kom verseker dat niks in die hemel of op die aarde of bose magte of kragte of enigiets in die skepping ons van Sy liefde kan skei nie. Maak nie saak hoe lyk die vuuroond of die krisis of waarin ons ons bevind nie.

Die derde vraag wat Daniel 3 tot ons rig is hoe die gode van ons eie dag en tyd lyk? Dis gode van ons tyd is nie fisiese standbeelde wat 30 meter hoog en drie meter breed is nie. Dis ongelukkig baie meer subtiel as dit en daarom nie so maklik om raak te sien nie. Materialisme is verseker een van die afgode van ons tyd- dat mense geken en geëer word volgens wat hulle besit. Ons ken in Kerstyd maar alte goed die suigkrag van materialisme as jy begin loop met die kerslysie in jou hand. Hoekom is hierdie werklikheidsreeks oor byvoorbeeld die Kardashian familie op TV so gewild? Sou dit so gewild gewees het as hulle hierdie arm of middelklas familie was? Nee, almal kyk want hierdie mense is stinkryk en verveeld en moet drama skep net om hulle lewens so bietjie kleur te gee. Ons meet sukses aan uiterlike goed soos wat mense besit of wat hulle bereik het of wie hulle ken of wat hulle posisie by die maatskappy of werk is. Christene ken ook die druk wat die samelewing uitoefen dat ons moet dink net hulle wat goed genoeg lyk en goed genoeg presteer en genoeg geld en mag het, goed genoeg is. God se maatstawwe van hoe mense gemeet word is anders- dis dinge soos omgee vir ander, jou verhouding met God en eienskappe soos selfbeheersing en geduld en liefde en offervaardigheid. Wetenskap en tegnologie kan verseker ook afgode word, veral as dit ons by die punt bring dat ons daardeur die bestaan van God ontken of dink net dit wat wetenskaplik of met die meetinstrumente van die tegnologie gemeet kan word, is werklik of real. Die staat wat homself vergoddellik of bo die wet en die mense van die land stel is ook een van die afgode van ons tyd. Het nie juis een of ander ANC apie in ons eie land die stelling gemaak dat die ANC sal regeer tot en met die wederkoms nie? Ons sit in Suid-Afrika met hierdie magshonger regering wat nie deur die media of die wet onder die soeklig geplaas wil word nie en wat sy eie agendas ten alle koste wil bevorder. Nebukadneser het eintlik ook die staat vergoddellik en van sy onderdane verwag om die staat in die gedaante van sy eie standbeeld te aanbid. Sport is verseker nog een van die afgode van ons tyd. As ek dink hoeveel miljoene in sport en borgskappe aan sportlui ingestort word en hoeveel huise gebou kon word of nood verlig kon word met daardie geld. Ek lees die afgelope week in die koerant dat van die ouens wat die internasionale sewestoernooi in PE aanbied, dit sterk oorweeg het om die wedstryde wat nou op Vrydag en Saterdag gespeel word, in die toekoms na Saterdae en Sondae te verskuif, want reken hulle, op die Sondag gaan die stadion beslis volle as op die Vrydag wees! Kultuur is nog een van die dinge waarvan ons hierdie afgod kan maak. Antiogus het van die Griekse kultuur waarin hy groot geword het hierdie afgod gemaak en van almal in sy koninkryk verwag om voor hierdie afgod te buig en hul eie kultuur te ontken en te verraai en die Griekse kultuur as hul eie aan te neem. In die ou Suid- Afrika was die Afrikaner-kultuur soms vir party mense iets van hierdie afgod. Gaan kyk maar flieks soos Roepman en die pa-karakter daarin. Alle Afrikaners is maar net aangeneem was ook goeie Christene en edel mense en dit was nie in alle gevalle waar nie. Mense wat nie deel van Afrikaner-organisasies soos die

Ruiterwag of die Broederbond was nie, is in sommige gevalle van poste ontneem waaroor hulle soms die beste kwalifikasies gehad het. Ons het so bietjie neergekyk op die Rooinekke en die anderskleuriges in ons land en ons kultuur as bo hulle kulture beskou. Ons was God se uitverkore volk wat die lig van God na donker en heidense Afrika moes bring. Vandag word die swart kulture weer uitgelig of hierdie kultuur van politieke verdraagsaamheid en Afrikaners en ons kultuur as bietjie agterlik uitgemaak. TV programme soos Mollie en Wors versterk net daardie verkeerde indruk. Die grootste afgod van ons tyd is sekerlik die druk op Christene om te konformeer, om maar te maak soos almal maak en om te glo en te dink soos wat almal glo en dink. Dat ek maar by die werk dinge hanteer soos wat almal dit hanteer, al is dit teen my Christelike beginsels. Dit was die druk wat op Sadrag, Mesag en Abednego ook gerus het- in Babel moet jy soos die Babiloniers doen as jy jou lewe liefhet. Ons sit as Christene met hierdie subtiele druk uit die samelewing om ons om tog nie te openlik oor ons geloof te wees nie, want verdraagsame mense hou hul geloof en hul oortuigings vir hulself. Ons moet tog net nie iemand ontstel of aanstoot gee deur te sterk oor ons geloof en oortuigings oor te kom nie! Ek lees die afgelopge week van Franklin Graham, seun van die bekende evangelis Billy Graham wat by Obama, die Amerikaanse president moes optree by een of ander funksie. Skielik word Graham laat weet dat sy teenwoordigheid daar inappropriate sou wees omdat hy hom openlik teen die gevaar van die Moslemgodsdiens uitgespreek het. Ons kan hierdie soort godsdiens wat al hoe meer posvat sommer vermenslikte godsdiens noem. God en diens aan God het daar soms weinig mee te make. Die laaste vraag wat ek uit Daniel 3 aan die orde wil stel is die rol van lyding en vervolging en swaarkry in die lewens van God se kinders: Ons het soms die gedagte in ons agterkop dat jou kindskap van God jou eenvoudig van baie slegte goed behoort te vrywaar, dat jy as Christen nie eintlik ontberings en vervolging behoort te ken nie. Dit behoort iets te wees wat maar by hoë uitsondering op jou pad kom. Maar dis nie wat die Bybel ons leer nie. Ek lees in 2 Timoteus 3:12: "Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word." En dan in 1 Petrus 2: "Om lyding te verdra wanneer julle goed doen, is genade van God. Juis hiervoor is julle geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg". Om in Jesus se voetspore te volg, om toegewy aan God te lewe, waarborg op een of ander manier moeilikheid en vervolging en selfs verwerping deur mense. Sadrag, Mesag en Abednego het nooit verstaan dat hul gehoorsaamheid aan God vryheid van moeilikheid en vervolging en ontbering gewaarborg het nie. Het julle opgelet dat al wat aan die drie vriende in die vuur gebrand het, was die toue waarmee hulle vasgebind was? Hulle het self op die ou end uit die oond gekom. Dit gebeur ook met ons in krisistye of moeilike omstandighede- die Here gebruik daardie krisis om die toue wat ons bind, die onnodige goed wat ons vashou of waaraan ons nog vashou, van ons weg te brand. Met ander woorde, vuuroonde of krisisse louter of reinig ons en kan ons vryer maak. Die tweede is dat Sadrag en Mesag en Abednego God geken het, maar binne in daardie vuur was God op hierdie nuwe en nog meer intieme manier by

hulle teenwoordig deur SY engel wat hulle bewaar het. Ons leer God se teenwoordigheid in ons lewe baie keer nog meer intiem ken deur krisisse en swaarkry. Dit verdiep dikwels ons verhouding met God en met die lewende Here Jesus. Hoe sluit hierdie teks van Daniel 3 by Adventstyd aan? Adventstyd wat oploop na Kersfees is hierdie tyd van die jaar waarin ons Jesus se eerste koms as kind in die Bethlehem krip herdenk en ook onthou van die belofte van Sy tweede koms as Here en Koning en Regter van die heelal met Sy wederkoms. Die boodskap van Daniel 3 is dat God by Sy kinders is, maak nie saak wat die omstandighede is of hoe warm die vuuroond is nie. Die Messias wat as Jesus in die krip in Bethlehem gebore is, word aan ons bekend gestel as Immanuel, God met ons. Daniel 3 en die boodskap van Kersfees herinner ons dat God met SY kinders is en ons nie sal verlaat of in die steek laat nie, maak nie saak wat die grootte van jou krisis of die felheid van jou storm is nie. Die tweede raakpunt is dat God in beheer is en dat Hy die hoogste mag en gesag in Sy hande het. Ons sien dit soms moeilik in ons tyd omdat die Malemas en die slegte nuus in die koerante baie meer in ons gesigsveld is as God wat dikwels agter die skerms werk. Die mense in die tyd van Jesus het God se beheer oor die wêreld baie moeilik gesien in hierdie nederige kindjie in die krip en die skynbaar magtelose Verlosser aan die kruis. Maar God se Almag kan nie ontken word nie. Het jy vanoggend gehoor? Jy is nie alleen en van God en mense verlate nie. Ook nie in die vuuroonde of krisisse of moeilikhede op jou pad nie. Ook nie voor die gode van ons tyd wat jou tempteer om voor hulle te buig nie. Jy is nie alleen nie, want Sadrag het twee vriende saam met hom in die vuur gehad, Mesag het twee vriende saam met hom in die vuur gehad en Abednego het twee vriende saam met hom in die vuur gehad. In die vuur of krisis het hulle die gemeenskap van gelowiges ervaar en saam gemeenskap met die Here wat by hulle was. Daarom het die Here ook vir jou hierdie medegelowiges rondom jou gegee. Sodat jy nie alleen deur die vuuroonde van jou bestaan hoef te gaan nie. Mag jy in hierdie Adventstyd en Kerstyd opnuut die krag van die Here se vashou aan jou ontdek en vier. Mag jou geloof op Hom gerig wees en nie op die krag van jou eie geloof nie. Mag jy ontdek dat bokant die vuuroonde en afgode van ons tyd is die Almag van ons God. Mag jy ontdek dat jy bewaar en gedra word deur die onverdeelde trou van hierdie Almagtige God. Amen.