AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM


UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MARKETING MANAGEMENT

1. Lees en leestegnieke

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

How To Get A Bsc In Forensic Science

HOëRSKOOL PORTERVILLE

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

Ë1412-A-AET-JE02 Î JUNIE-EKSAMEN 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2/3 GRAAD 12 %

Algemene vrae - ontvangers

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

Kunsuitstalling in Calitzdorp

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

n KURSUS STUDIEMETODES

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

1. Die vraestel bestaan uit 5 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

Astra castra Dot Serfontein

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

IT-waardeketen management op basis van eeuwenoude supply chain kennis

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

Government Gazette Staatskoerant

Policy on Student Leadership Development and Training

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Vertrekpunte van die Christelike geloof

Human Rights and Workman s Compensation:

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

Sample test Secretaries/administrative. Secretarial Staff Administrative Staff

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

Emile Page 9 Maart September 2009 Deur Heleen Page

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

INHOUDSOPGAWE

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Doelgerigte Jeugbediening (

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007

eres van vjiare erqisre

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

Workshop: Translation Today: Computers, Practice, Ethics. Werksessie: Vertaling Vandag: Rekenaars, Praktyk, Etiek November 2015

~ We are all goddesses, the only problem is that we forget that when we grow up ~

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Deur die innerlike word gedikteer aan:

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

Graad 8: Datum: 26 November Naam & Van: Totaal: 100 Tyd: 90min

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God se beloftes in voorbidding (Uit: Gebed maak alles anders geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers)

Examen Software Engineering /09/2011

Theory (Handout) You can also refer to chapters 1 and 2 of the textbook for additional practise GAAP (handout)

Managerial support for an optometry practice: A business analytics study

NAAR NEDERLAND HANDLEIDING

101 Inspirerende Quotes - Eelco de boer - winst.nl/ebooks/ Inleiding

GEE GOD AAN N VROU, WAT DIE SLAGOFFER VAN VERKRAGTING IS, DIE REG OM N ABORSIE TE KRY?

K28337 KOMMissin 4058 RA5

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

Herken en visualiseer 3-dimensionele voorwerpe uit die omgewing

Asking what. a person looks like some persons look like

Verticale tuin maken van een pallet

IP-NBM. Copyright Capgemini All Rights Reserved

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM

Transcription:

Kingswood College AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 1 JUNIE / JULIE 2013 TYD: 2 UUR 100 PUNTE Eksaminator: Mnr. D. Koen Moderators: Me. M. Muller INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 2. Lees die vraestel deur voor jy die vrae beantwoord. 3. Beantwoord alle vrae in Afrikaans. 4. Trek n kantlyn aan die REGTERKANT van elke antwoordblad. 5. Nommer jou antwoorde presies soos dit op die vraestel verskyn. 6. Skryf netjies en leesbaar. 7. Goeie taalgebruik en spelling sal in jou guns tel. 8. Sterkte en lekker skryf! Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 1

AFDELING A - Begriplees VRAAG 1 Lees die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg in jou EIE woorde tensy anders gevra word. Die wonderlike verhaal van Marco Polo Byna sewehonderd jaar gelede is daar in die Italiaanse stad, Venesië, n seuntjie gebore wat later baie beroemd sou word. Sy naam was Marco Polo. Marco se vader was n ryk koopman wat handel gedryf het met lande in Asië. Daar was destyds in Europa baie min bekend oor die lande in die Ooste; daarom het Marco Polo met groot belangstelling geluister na die verhale wat sy vader oor sy reise vertel het. Toe hy sewentien jaar oud was, het hy sy vader en sy oom oor hoë berge en dorre woestyne op n reis na die Ooste vergesel. Die reis, wat drie jaar geduur het, is met kamele afgelê. In die Ooste is hulle vriendelik ontvang in die land waar Kublai Khan geheers het (die huidige China). Al drie het by laasgenoemde in diens getree en hom sewentien jaar lank so goed gedien dat die Oosterse heerser hulle met kosbare geskenke oorlaai en hulle by hulle vertrek met hul besittings en in groot hoeveelheid handelsware per skip tot in die Persiese Golf laat neem het. Marco Polo self kon die taal van Kublai Khan se mense vlot praat. Vanaf die Persiese Golf het hulle oor land gereis na die Middellandse See en daarvandaan per skip na hul geboortestad, Venesië, wat hulle 25 jaar tevore verlaat het. Marco Polo is in 1324 op sewentigjarige ouderdom oorlede, maar voor sy dood het hy al sy wedervaringe op skrif gestel. Hierdie boek word vandag nog gretig gelees. Bron: Van Heerden, P.W. 1987. Afrikaans vir die Middelbare Skool Standerd 7. Kaapstad: Via Afrika Uitgewers. Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 2

1.1. Waarom het Marco Polo as jong seun baie in die Ooste belanggestel? (1) 1.2. Watter taal het Marco Polo tydens sy verblyf in die land van Kublai Khan leer praat? (1) 1.3. Verduidelik waarom die reise van die Polo-gesin so goed bekend is. (1) 1.4. Waarom, dink jy, het hulle die reis oor land met kamele afgelê? Verduidelik. (1) 1.5. Hoe het die Oosterse heerser vir hulle dankie gesê vir al hulle getroue diens aan hom? (1) 1.6. Hoe oud was Marco Polo toe hy sy pa en oom na die Ooste vergesel het? (1) 1.7. Hoe oud was hy toe hy uiteindelik weer in sy geboortestad aangekom het? (1) 1.8. In watter stad en land is Marco Polo gebore? (2) 1.9. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Haal n sin uit die teks aan om jou antwoord te motiveer. (2) Marco Polo se reisjoernale word nie meer vandag deur baie mense gelees nie. 1.10. Watter bekende motorfabrikaat het een van hul modelle na Marco Polo vernoem? (1) 1.11. Haal EEN WOORD uit die tweede paragraaf aan wat dieselfde as handelaar beteken. (1) 1.12. In watter land was die Kublai Khan se koninkryk geleë? (1) 1.13. Hoe lank het die Polo s se reis na die Ooste geduur? (1) [15] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 3

Vraag 2 Bestudeer die onderstaande paragraaf en beantwoord die daaropvolgende vrae. CHOLERA: WAT OM TE DOEN 1. Een uit elke twee mense wat cholera kry en nie behandel word nie, sterf binne ʼn dag. Aan die ander kant sterf net 1% van die mense wat die regte behandeling kry. Die goue reël is: gaan dadelik dokter toe. 2. Cholera begin met n skielike pynlose diarree wat soos ryswater lyk. Dit begin ongeveer 24 tot 72 uur na infeksie. Siekes word dors en kry spierkrampe omdat hulle vinnig baie water verloor. Hul oë sink in en hul vel kry plooie. Hulle moet baie vloeistof drink. 3. Cholera versprei in besmette water. Om jou teen hierdie siekte te beskerm, moet jy jou drinkwater kook of gebottelde water gebruik. Rou groente en vrugte wat nie in skoon water afgewas word nie, kan ook die siekte versprei. 4. n Pasiënt se diarree en vomering is hoogs aansteeklik. Maak alles met n Jikoplossing skoon, sodat ander mense nie aansteek nie. [Verwerk uit: Rooi Rose, Maart 2009] 2.1 Elke mens wat cholera kry, sterf. 2.1.1 Is die stelling hierbo WAAR of ONWAAR? (1) 2.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.1 deur uit die leesstuk aan te haal. (1) 2.2 Hoe lyk iemand wat cholera het? Noem TWEE dinge. (2) 2.3 Daar is cholera in die omgewing. Noem DRIE dinge wat jy sal doen sodat julle dit NIE kry NIE. (3) 2.4 Watter advies word gegee aan iemand wat cholera het en baie water verloor het? (1) 2.5 Die diarree begin onmiddellik na die infeksie. 2.5.1 Is die stelling hierbo WAAR of ONWAAR? (1) 2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1 deur uit die leesstuk aan te haal. (1) [10] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 4

Vraag 3 Bestudeer die onderstaande strokiesprent deur Fred Mouton en beantwoord die daaropvolgende vrae. Volsinne word nie vereis nie. [Die Burger, 2 November 2011] 3.1. Wat is die tema van hierdie strokiesprent? (1) 3.2. Waarom lyk die planeet so moeg en ongelukkig? Verduidelik. (2) 3.3. Waarna verwys die swart wolke in die strokiesprent? (1) 3.4. Wat bedoel die planeet wanneer hy sê dat daar sowaar nou genoeg van julle en te min van my is? (1) TOTAAL AFDELING A: [30] [5] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 5

AFDELING B - Opsomming Vraag 4 Lees die onderstaande teks versigtig deur. Identifiseer VYF maniere om beter vir die eksamen voor te berei. Skryf die sinne neer deur dit van 1 tot 5 te nommer. (Byvoorbeeld: 1, 2, 3, 4, 5) Jou opsomming mag nie langer as 70 WOORDE wees nie. Skryf jou totale aantal woorde aan die EINDE van jou opsomming neer. Gebruik dieselfde OPSKRIF as wat in die teks verskyn. Elke feit moet in EEN VOLSIN in jou EIE WOORDE neergeskryf word. Maniere om beter vir die eksamen voor te berei Dis amper weer tyd vir eksamen!by heelwat skole begin die groot gestres oor die eksamen al hoog loop. Hier is maniere wat jou sal help om jou eksamen met produktiwiteit, positiwiteit en uithouvermoë te slaag. 1. Gee aandag in die klas As jy vanjaar tot dusver in die skoolbanke geslaap het, kan jy gerus oplet in die laaste paar klasse van die kwartaal en let op watter werk hersien word. Die onnie gee dalk net wenke oor wat jy in die eksamen kan verwag. 2. Slaap genoeg Om te leer, moet jy slaap, skryf prof. George Johnson. Hy haal navorsing aan wat Robert Stickgold gedoen het. Volgens Stickgold het die brein sowat ses uur se slaap nodig om nuwe kennis optimaal te benut. Om deurnag kennis in te cram gaan jou dus niks baat nie. 3. Bestuur jou tyd Tydbestuur die wagwoord wees as jy studeer. Werk 'n realistiese rooster uit wat jy elke dag kan volg. 4. Eet slimkos Kos speel 'n baie belangrike rol in toets- en eksamentyd. Gesond eet kan help om jou bui te verbeter. Bly ook in eksamentye weg van kitskos. Kitskos sal jou energievlakke laat daal en jou lus maak om te slaap. Eet eerder blokkies kaas, vrugte, neute en groente terwyl jy studeer. 5. Wikkel daai bene Oefen, oefen, oefen! Gaan stap om die blok om suurstof deur jou are te laat borrel. [Bron: Jip, 11 Mei 2010] TOTAAL ADFELING B: [10] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 6

AFDELING C - Poësie Vraag 5 - Gesiene gedig Die volgende vrae is gebaseer op Ernst van Heerden se gedig, Sirkus op die Karoodorp. Lees die gedig deur en beantwoord die vrae soos gevra word. Sirkus op die Karoodorp Groter as twee kerke op ons dorpsmeent aangelê is Pagel se sirkustent: by stink gegrendelde dierehokke kan ons die leeus se hap en grom betrag, as bedeesde toekykers die olifante hoor sketter aan hul kettings, en sien hoe die skraal trapeesmeisie haar hande doelbewus met wit bestryk voor sy die dun koord voetjie-voel betree. Maar vanoggend dui alle woelighede op vertrek: die grootste tentballon het ingesak, is opgerol, stringe reënboogliggies afgetakel, die karavane krakend tot konvooi gedril; algaande sal net n mishoop en n dwaalreuk oorbly waar n dorpsbrak nog sal snuif en tjank. Deur ons gesprekke loop fantasieë wild en word ons vir n afgemete tyd weer oerwoudjagter, temmer van gevaar, en loper op n hoë garingdraad wat wieg. Kortstondig kon ons in n vertrapte lewe gisteraand se blinknag rugkriewelend herbeleef: anderwêrelds, buitenissig en gewaag. Uit: Najaarswys 5.1. Wie is die eienaar van die sirkus? (1) 5.2. Hoe weet ons dat die sirkustent baie groot is? Haal TWEE WOORDE uit die eerste strofe aan om te bewys dat die sirkustent baie groot is. (1) Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 7

5.3. Na watter TWEE diersoorte word in die gedig verwys? (Strofe een) (2) 5.4. Verduidelik waarom die trapeesmeisie se hande met wit bestryk is. (2) 5.5. Haal n voorbeeld van ALLITERASIE uit die derde strofe aan. (1) 5.6. Haal EEN woord uit die gedig aan wat progressie aandui. (Strofe drie) (1) 5.7. Wie is die spreker in die gedig? (1) 5.8. Waar speel die gebeure rondom die sirkus af? (1) 5.9. Haal EEN WOORD uit die gedig aan wat daarop dui dat die spreker in n klein dorpie woon. (1) Vraag 6 Ongesiene gedig [11] Lees die volgende gedig en beantwoord die daaropvolgende vrae soos versoek. Lisa se klavier Ek het n vriendin ver by die blou see teen die hang van Tafelberg as die son sak speel sy die mooiste melodieë Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart die klavier se grootste vreugde hartseer en verlange verstaan die hart se diepste smart Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem voor my laaste sigaret nie Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 8

Ek staan op haar balkon en drink haar appelkoostee en kyk na Kaapstad in die nag die liggies en die swart, swart see Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier En onder op die sypaadjie sien ek die bergie en sy maat gaan staan en opkyk ver na bo vanuit die vullis van Oranjestraat Hulle ken al die klanke wat uit haar woonstel stroom lank na twaalf, met die deure oop al moan die bure ook al hoe word Lisa elke boemelaar se droom Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier - Koos A. Kombuis 6.1. In watter stad woon Lisa? Haal EEN WOORD uit die EERSTE strofe aan om jou antwoord te motiveer. (2) 6.2. Waarna verwys die spreker met die woorde wit en swart in strofe 2? (1) 6.3. Wat word die strofes in n gedig of liriek genoem wat herhaal word? (1) 6.4. Noem twee dinge wat die spreker doen wanneer hy op Lisa se balkon staan. (strofe 5) (2) 6.5. Verduidelik waarna die woord bergie (strofe 7) verwys. (1) 6.6. Waarom kla die bure wanneer Lisa klavier speel? Verduidelik. (1) 6.7. Waarom word Lisa elke boemelaar se droom? Verduidelik. (strofe 8) (1) TOTAAL AFDELING C: [20] [9] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 9

AFDELING D Grammatika Vraag 7 (Woordstrukture) Lees die volgende paragraaf deur. Skryf slegs die nommer en die KORREKTE WOORD op jou antwoordblad neer. Korrekte SPELLING is n vereiste. Kingswood College is die (7.1. goed) skool in Grahamstad. Alhoewel ons in n klein (7.2. dorp) woon, is die skool relatief groot. Ons skooluniform lyk soms (7.3. baie vaal), maar ons is baie trots op ons uniform. Op Woensdae mag ons die Peppergrove inkopiesentrum besoek. Ons stap in groot (7.4. groep), want meneer Schenck is (7.5. baie bekommerd) dat ons beroof sal word. Afrikastraat is een van die (7.6. besig) strate in die dorp. Daar is baie gate in al die (7.7. pad). Ons neem soms baie (7.8. foto) wanneer ons in die strate stap of n partytjie bywoon. Die laerskool is (7.9. klein) as die hoërskool. In die middae speel ons sport. In die somer word Grahamstad (7.10. baie warm) en het ons soms nie in die middae skool nie. Ons is baie gelukkig om leerders van Kingswood College te wees. [10] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 10

Vraag 8 (Sinstrukture) Herskryf die volgende sinne deur elke keer met die gegewe woord(e) te begin. 8.1. Cobus sê: Ek is so gelukkig by Kingswood. Cobus sê dat 8.2. Nathan lui elke oggend die skoolklok om die leerlinge wakker te maak. Die skoolklok 8.3. Sean sit somtyds in die Wiskundeles en slaap. In die verlede (2) (2) (2) 8.4. Danica eet elke dag slaai saam met haar middagete. Nee, (1) 8.5. Paula vra: Wanneer gaan julle op n uitstappie? Paula vra wanneer (2) 8.6. Mitchell wil elke dag laat slaap. Laas jaar (1) 8.7. Thomas en Joshua swem elke middag in die skool se swembad. Volgende jaar 8.8. Is julle ooit lus vir vis en skyfies op n Vrydag? Nee, 8.9. (Felix)(om vinnig te hardloop)(het)(hard)(geoefen)(elke middag) (op die atletiekbaan) Verlede maand (1) (2) (2) 8.10. Ntombikayise is die slimste meisie in graad nege. Sy werk baie hard. (want)(1) 8.11. Megan is verlief op Jimmy. Hy is die kaptein van die eerste rugbyspan. (omdat) (1) 8.12. Die graad neges sal môre die Lebonesentrum besoek om die kinders met hul leesvaardighede te help. Die Lebonesentrum (2) 8.13. Tyla hou van Netbal. Sy oefen elke dag na skool. (dus) (1) [20] Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 11

Vraag 9 (Woordstrukture) Lees die volgende paragraaf deur. Skryf slegs die nommer en die KORREKTE WOORD op jou antwoordblad neer. Korrekte SPELLING is n vereiste. Afrikaans word deur (9.1. miljoen) mense in (9.2. S.A. skryf voluit) gepraat. Dit is die (9.3. driede / derde / drieste) mees gesproke taal in die land. Die taal word ook in (9.4. Namibie / Namibië) gepraat. Afrikaans is n baie (9.5. goed / goeie / goede) taal om te kan praat wanneer jy Nederland besoek. By Kingswood is daar twee (9.6. meneer) wat Afrikaans aanbied. (9.7. Mej. skryf voluit) Muller is die enigste vroulike onderwyser wat Afrikaans by Kingswood aanbied. Afrikaans is een van ons land se (9.8. elv / elfe / elf) amptelike (9.9. taal / talle / tale). Ons is (9.10. baie verlief) op Afrikaans! [10] TOTAAL AFDELING D: [40] ============== GROOTTOTAAL: [100] Ek is n wenner! DIE EINDE! Graad 9 Afrikaans EAT Junie / Julie 2013 Bladsy 12