Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956


MARKETING MANAGEMENT

How To Get A Bsc In Forensic Science

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Policy on Student Leadership Development and Training

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Algemene vrae - ontvangers

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

Kunsuitstalling in Calitzdorp

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

HOëRSKOOL PORTERVILLE

1. Lees en leestegnieke

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Government Gazette Staatskoerant

How To Pay Aangedui In The Germany

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

Human Rights and Workman s Compensation:

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

Advertising and attorneys: some anxiety -reducing empirical findings

K28337 KOMMissin 4058 RA5

Government Gazette Staatskoerant

Taak, watse taak?! Opdrag = Handleiding! Onderwerp. idees kry. hoekom? proeflees tabelle? prente? waar pas dit in? navorsing doen.

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

RACUMIN Paste / Pasta

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

Beskouings oor die doodstraf

STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

Welcome to. and and. for.

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

MATZIKAMA MUNICIPALITY TENDER NR:T1/2014

Serwitute. Werkstukke vir Hoofstuk 6. Paragraaf Tipe persoonlike serwitute. Paragraaf Skepping van persoonlike serwitute

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

CHRONIC MEDICINE APPLICATION FORM CHRONIESE MEDISYNE AANSOEKVORM

Laerskool Generaal De la Rey Reg. Nr Distrik : Johannesburg-Wes D12

BRAUNVIEH SA PO Box /Posbus 506 Tel: Henry St./Str. 118 Fax/Faks: /

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Benefits, business considerations and risks of big data

AANSOEK OM TOELATING 2017 APPLICATION FOR ADMISSION 2017


I. I, Membathisi Mphumzi Shepherd Mdladlana, Minister of Labour, hereby give

THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE OF MASTER OF PUBLIC ADMINISTRATION AT THE UNIVERSITY OF STELLENBOSCH

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

Doelgerigte Jeugbediening (

AANSOEK OM TOELATING TOT SKOOL / KOSHUIS

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Die huwelik as 'n gawe van God

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE JUDGMENT

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

Volmag. Werkstukke vir Hoofstuk 5. Paragraaf 2.2 i i i. Regulasie 44A. Totale getal punte uit hierdie hoofstuk gevra

Transcription:

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE Ek was vandag by n werkswinkel en ek het baie oor testamente geleer. Ek dink ons moet n testament maak. Nee. n Testament bring net moeilikheid. Ek wil nie een hê nie. Dis nie waar nie. Dis sommer net n storie. As ons n testament maak, kan ons besluit wie vir ons kinders moet sorg as ons doodgaan. Ons kan ook sê wat met ons goed gedoen moet word. Met n testament kan ons sorg dat daar geen geskille of gryping van ons goed is as ons doodgaan nie.

Ek het met Johannes gepraat oor n testament, maar hy wil niks weet nie. As hy nie n gesamentlike testament wil maak nie, sal ek my eie een skryf. Testamente is nie regtig deel van ons kultuur nie. Maar dit is baie belangrik. Onthou jy wat met Katriena gebeur het toe Simon dood is? Simon is in n motorongeluk dood. Hy het nie n testament gehad nie. Sy familie het twee dae ná sy dood na sy huis toe gekom en al sy goed tussen hulle verdeel. Katriena, die ma van Simon se kinders, het niks gekry nie. Nou het hulle nie n blyplek nie, en sy kan nie eers vir die kinders skoolklere koop nie. Wat is n testament? n Testament is n wettige, skriftelike dokument wat jy vrywillig maak, waarin jy sê wat moet met jou besittings gebeur, wie vir jou minderjarige kinders moet sorg, en wie die eksekuteur moet wees wat jou besittings ná jou dood moet verdeel. Wie kan n testament maak? Jy kan n testament maak as jy 16 jaar of ouer is. Jy moet weet en verstaan wat jy doen. Jy mag nie n testament maak as jy, wanneer jy die testament maak, nie verstandelik in staat is om besluite te neem nie. Wat kan jy doen as mense ná iemand se dood die testament ignoreer? Elke testament moet n eksekuteur hê. Die eksekuteur is die persoon wat die besittings in die boedel hanteer en seker maak dat die boedel behoorlik verdeel word volgens die testament. As jy dink die eksekuteur hanteer nie die boedel reg nie, moet jy n klag indien by die Meester van die Hoërhof. As iemand sonder n testament sterf, kan jy by die Meester van die Hoërhof aansoek doen (as die boedel meer as N$100 000 werd is) of by die Landdroshof (as die boedel N$100 000 of minder werd is) dat n eksekuteur aangewys word om die boedel te hanteer.

Gisteraand het my vrou voorgestel dat elkeen van ons n testament moet maak. Sy s mal! Ek wil nie n testament hê nie. Jou vrou is reg. Ons weet altwee hoe moeilik die lewe is. As jy nie n testament het nie, maak jy die lewe vir jou vrou en jou kinders nog moeiliker. Wil jy hê hulle moet swaarkry as jy doodgaan? Ses redes hoekom dit belangrik is om n testament te maak: 1. As jy n testament het, word jou besittings volgens jou wense verdeel. Jy kan seker maak dat almal weet wat JY met JOU goed wil doen. 2. Jy kan besluit wie vir jou kinders moet sorg. As albei ouers sonder testamente sterf, sal jou uitgebreide familie of die hof moet besluit wie vir die kinders verantwoordelik sal wees. 3. Jy kan n deel van jou besittings as geskenke bemaak aan die mense wat jy liefhet, soos lede van die uitgebreide familie. As jy n lys maak van WIE WAT moet kry, kan daar geen geskil daaroor wees nie. 4. As jy nie n testament het nie, sal dit langer neem om jou besittings te verdeel. Dit kan beteken dat die mense wat die besittings nodig het, kan swaarkry terwyl hulle wag vir die verdeling van die bates. 5. As jy sonder n testament sterf, en geen familie het nie, sal jou geld na die Staat toe gaan. 6. Jou begrafniskoste kan nie ten volle deur die boedel betaal word as dit nie so in die testament aangedui word nie. Dit sal beteken dat die koste van byvoorbeeld die grafsteen en die grafsteenonthulling deur die familie betaal moet word en nie deur die boedel nie.

Ons het besluit as ek en my vrou altwee sterf, my ma vir ons kinders sal sorg. My ma sal ons huis verkoop en die geld gebruik om die kinders te versorg. As jy dit nie in n testament geskryf het nie, is daar geen bewys dat dit is wat jy wil hê nie. Jou ma sal moet hof toe gaan en die landdros vra vir n hofbevel wat sê sy is jou kinders se voog. Dit sal tyd en geld kos. Onthou, jou ma bly in n nedersetting, ver van die hof af. Sonder n testament kan jou ma nie die eiendom verkoop as die hof nie toestemming gee nie (of die Meester in die geval van duurder huise). En die Voogdefonds van die Meester van die Hoërhof sal die geld vir die kinders beheer. n Toelaag sal elke kwartaal betaal word aan die persoon wat vir die kinders sorg. Dis n klomp ekstra werk. My ma is oud en sy sal nie so wil sukkel nie. Miskien moet ek tog maar n testament maak. Ja, dit sal die beste wees.

Hoe maak n mens n testament? Baie mense vra n prokureur of iemand by hulle bank om hulle te help met n testament. Jy kan self ook n testament skryf. Maar jy moet onthou, as jy die testament nie reg skryf nie, sal dit nie geldig wees nie. Die meeste mense kry maar iemand om hulle te help om n testament te maak. Sê nou ek verander van plan oor vir wie ek wat wil gee? Jy kan jou testament enige tyd verander. Maar elke keer wanneer jy dit doen, moet jy dieselfde prosedure volg as vir jou testament jy en getuies moet elke verandering onderteken. Kan ek my testament kanselleer? Ja, jy kan. As jy n nuwe testament maak, sê jy daarin dat dié testament jou vorige testament kanselleer. As jy dit nie doen nie, moet die twee testamente saam gelees word. As hulle verskil, aanvaar die meester gewoonlik die laaste testament wat jy gemaak het. Maar dit is altyd die beste om in jou nuwe testament te sê dat dit al jou vorige testamente kanselleer.

Wat behoort in n testament te wees? Jy kan enige van die volgende goed doen: 1. Sê wie sekere artikels van jou besittings moet kry. (Byvoorbeeld, Ek bemaak my trouring aan my dogter, Rita. ) 2. Die mense benoem wat saam jou besittings sal erf. (Byvoorbeeld, Die res van my besittings moet in gelyke dele tussen my kinders verdeel word. ) 3. n Voog aanstel om vir jou minderjarige kinders te sorg. (Byvoorbeeld, Ek benoem my suster Ellen om vir my kinders te sorg. ) 4. n Eksekuteur aanstel om toesig te hou oor die betaling uit jou eiendom van alle skuld wat jy het ten tye van jou dood, en toesig te hou oor die verdeling van die res van jou besittings. (Jy kan sê dat iemand anders die eksekuteur kan bystaan as dit nodig is. Dit is goed om n tweede eksekuteur te benoem vir ingeval die eerste eksekuteur voor jou sterf of nie sy/haar pligte as eksekuteur kan uitvoer nie.) Basiese besonderhede van wat in jou testament moet wees Persoonlike en familie-besonderhede 1. Jou volle naam, ouderdom, identiteitsnommer en permanente adres. 2. Jou huwelikstaat en of jy binne of buite gemeenskap van goedere getroud is, en ook die naam van jou huweliksmaat en sy/haar identiteitsnommer. 3. Die naam, geslag en ouderdom van elk van jou kinders, en of elke kind alleenlopend of getroud is. Besonderhede oor wie die versorger en voog van jou minderjarige kinders moet wees. 4. Besonderhede van die mense wat sal erf. Besonderhede van wat hulle sal erf. 5. Die naam en besonderhede van die eksekuteur (die persoon wat die testament hanteer en wat verantwoordelik is om die boedel af te handel en seker te maak dat die besittings behoorlik verdeel word). Besigheids- en finansiële besonderhede 1. Jou persoonlike finansiële posisie (byvoorbeeld wat jy besit, hoeveel geld jy skuld en jou polisse, soos n lewensversekeringspolis). 2. Jou en jou huweliksmaat se inkomstebelastingnommers. 3. Jou werkbesonderhede, bystands- of pensioenfonds begunstigdes en adres van werkgewer. 4. Jou besigheidsbesonderhede en pligte (byvoorbeeld die name en adresse van besigheidsvennote, en opdragte of jou besigheid verkoop moet word of moet voortgaan). Wat om te doen as die testament klaar is 1. Gee jou testament vir n betroubare vriend, pastoor, kerkouderling, prokureur of bankbestuurder, of bêre dit op n veilige plek. Maak seker dat die begunstigdes van jou testament weet waar die testament gebêre word. Hulle sal die oorspronklike, getekende dokument nodig hê as jy sterf. 2. Pas die testament gereeld aan om voorsiening te maak vir veranderings in jou omstandighede, soos n huwelik, geboorte van kinders of die koop van n huis of grond.

Vereistes vir die geldigheid van n testament Dit is baie belangrik om die volgende vereistes noukeurig na te kom, anders sal die testament nie geldig wees nie: 1. Die testament moet n skriftelike dokument wees en onderaan volledig onderteken wees deur die persoon wat die testament maak. Dit is goed as die testament ook n datum onderaan het. 2. Die persoon wat die testament maak, mag dit met n merk onderteken, soos n duimafdruk, maar n Kommissaris van Ede, soos n polisiebeampte of n bankbestuurder, moet sertifiseer dat hy/sy seker is van die identiteit van die persoon wat die testament onderteken en dat die dokument wel die persoon se testament is. 3. n Ander persoon mag die testament onderteken namens die persoon wat die testament maak. Dit kan gebeur as die persoon wat die testament maak, nie sy/haar hande kan gebruik om die testament te onderteken nie (byvoorbeeld as die persoon gestrem is). Die persoon wat die testament onderteken en sy/haar huweliksmaat mag nie begunstigdes in die testament wees nie. 4. Die testament moet onderteken of die merk aangebring word in die teenwoordigheid van twee getuies. 5. Die getuies moet minstens veertien jaar oud en by hulle volle verstand wees. Hulle mag niks uit die testament ontvang nie, en mag nie die benoemde voogde van die kinders of die eksekuteurs van die testament wees nie. 6. Die getuies moet die testament onderteken nadat hulle gesien het dat die persoon wat die testament maak, dit onderteken het. Die getuies moet die testament onderteken in die teenwoordigheid van die persoon wat die testament maak en in mekaar se teenwoordigheid. Die getuies moet hulle name voluit teken. Hulle mag nie voorletters of n merk gebruik nie. As die testament langer as een bladsy is, moet die persoon wat die testament maak en dieselfde getuies al die bladsye volledig onderteken. As die Kommissaris van Ede n testament gesertifiseer het wat met n merk onderteken is, moet dieselfde Kommissaris ook al die bladsye onderteken. My My kinders sal voordele uit my testament kry as ek sterf. Hulle is die BEGUNSTIGDES. Ek benoem my oom Jan as die EKSEKUTEUR van my testament. Hy sal seker maak dat die begunstigdes kry wat hulle toekom. As oom Jan voor my sterf, sal my suster Hilda die eksekuteur wees. Ek is Ester. Ek skryf my testament. Ek is die TESTATEUR. My bure, Selma en Theo, sal getuies van my testament wees. Hulle is daar om seker te maak ek verstaan wat ek doen en dat ek dit self teken. Hulle is die GETUIES. Ek benoem my suster Mara en my niggie Tina as die VOOGDE van my kinders. Hulle ken hulle en is lief vir hulle. Hulle sal vir die kinders sorg en na hulle alledaagse behoeftes omsien.

Nou weet ek hoekom dit so belangrik is om n testament te maak. Kom ons maak een. Ek is baie bly. Baie dankie! Ses redes hoekom dit belangrik is om n testament te maak: 1. As jy n testament het, word jou besittings volgens jou wense verdeel. Jy kan seker maak dat almal weet wat JY met JOU goed wil doen. 2. Jy kan besluit wie vir jou kinders moet sorg. As albei ouers sonder testamente sterf, sal jou uitgebreide familie of die hof moet besluit wie vir die kinders verantwoordelik sal wees. 3. Jy kan n deel van jou besittings as geskenke bemaak aan die mense wat jy liefhet, soos lede van die uitgebreide familie. As jy n lys maak van WIE WAT moet kry, kan daar geen geskil daaroor wees nie. 4. As jy nie n testament het nie, sal dit langer neem om jou besittings te verdeel. Dit kan beteken dat die mense wat die besittings nodig het, kan swaarkry terwyl hulle wag vir die verdeling van die bates. 5. As jy sonder n testament sterf, en geen familie het nie, sal jou geld na die Staat toe gaan. 6. Jou begrafniskoste kan nie ten volle deur die boedel betaal word as dit nie so in die testament aangedui word nie. Dit sal beteken dat die koste van byvoorbeeld die grafsteen en die grafsteenonthulling deur die familie betaal moet word en nie deur die boedel nie. Hierdie strokiesprent is ontwikkel deur gebruik te maak van inligting van die publikasie van die LAC se Aids Law Unit, Die skryf van n testament en erflating in Namibië. Raadpleeg gerus hierdie publikasie vir meer inligting. Die Aids Law Unit kan mense help om n testament te maak. As jy hulp nodig het met die maak van n testament, kontak gerus die Aids Law Unit. As jy n testament wil maak, kan jy n prokureur of n bank kontak, of jy kan jou testament self maak, maar onthou dat die testament reg opgestel moet wees. As dit nie reg is nie, sal die testament nie geldig wees nie. Ons wil graag weet wat jy van hierdie strokiesprent dink. SMS: 081-6000098 E-pos: info@lac.org.na Faks: 088-613693 Posadres: Posbus 604 Windhoek Hierdie strokiesprent mag vir opvoedkundige doeleindes gedupliseer word, maar die bron moet vermeld word. Let asseblief daarop dat die Legal Assistance Centre jou nie noodwendig met bepaalde besonderhede oor die maak van jou testament sal kan help nie. Elektroniese weergawes van hierdie strokiesprent en die publikasie van die LAC Aids Law Unit, Die skryf van n testament en erflating in Namibië is beskikbaar op die LAC-webwerf: www.lac.org.na Teks: RACHEL COOMER Vertaling: Lochna Meeser Illustrasies, ontwerp en uitleg: DUDLEY VIALL en PERRI CAPLAN Projekbestuur: RACHEL COOMER en DIANNE HUBBARD Drukwerk: JOHN MEINERT PRINTING (EDMS) BPK Finansiering: NEDERLANDSE MINISTERIE VAN BUITELANDSE SAKE, MDG3-FONDS Uitgewer: Gender Research & Advocacy Project, Legal Assistance Centre, 2011