Jesaja 7:14 en die maagdeiike geboorte*



Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir


THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

How To Get A Bsc In Forensic Science

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

MARKETING MANAGEMENT

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

Policy on Student Leadership Development and Training

Verskeie redes sou genoem kon word waarom dit sinvol sou wees om die rol van die Bybel

Llterêre vertaling as kruiskulturele kommunikasie: Kortonnen dozen van Tom Lanoye in Afrikaans

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

Algemene vrae - ontvangers

n Kerugmatiese perspektief op bedieninge in die Nuwe Testament

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

Vertrekpunte van die Christelike geloof

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

JESEBEL N OPENBARENDE STUDIE VAN DIE

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

DIE BETEKENIS EN KONTEKS VAN GENADE EN WAARHEID IN JOHANNES 1:14-18

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IP-NBM. Copyright Capgemini All Rights Reserved

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

Government Gazette Staatskoerant

Beskouings oor die doodstraf

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

HOOFSTUK 4 KRITIESE BESKOUING VAN TWEE UITERSTE INTERPRETASIES VAN DIE CHRISTUS-KERK METAFOOR

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Om die Psalms biddend te sing of singend te bid

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

'n Sosio-historiese skets van die tussen-testamentêre periode

In Teologiese perspektief op lewe is noodsaaklik, aangesien die betekenis van lewe

Die Naam in kleinletters Johan van Zyl

n Kritiese ondersoek en bespreking van die toepassing van die beleid van verskroeide aarde gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog.

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

DIE BRITSE MILITÊRE STRATEGIE VIR OORLOG IN SUID-AFRIKA, 1899

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

Kuyper se ekklesiologie en die interpretasie van kerklike sake in artikel 30 van die Kerkorde van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE. and. INSOLVENT ESTATE J P BOTHA (Trading as "TRIO KULTURE")

Apokaliptiek en Openbaring: 'n Kritiese evaluering van Malina en Pilch se Social-Science Commentary on the Book of Revelation

HOëRSKOOL PORTERVILLE

AN AUDIT AND RISK HANDLING PROTOTYPE FOR FIREWALL TECHNOLOGY. by ESTÉE VAN DER WALT DISSERTATION

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

SONDEVAL, VERLOSSING EN HERSTEL WG de Vries. Sondeval, verlossing en. Die omkeer van God se hart...4. U rollende donder het weerklink 5

Die huwelik as 'n gawe van God

SANTAM INSURANCE CO LTD v VORSTER 1973 (4) SA 764 (A) Flynote : Sleutelwoorde. Headnote : Kopnota

TIEN BOODSKAPPE VAN HOOP

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

Republic of South Africa IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN)

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Examen Software Engineering /09/2011

COMMENTS Dealing in drugs revisited: S v Mbatha 2012 (2) SACR 551 (KZP)


Literêre genre van die Daniëlverhale 1

Workshop: Translation Today: Computers, Practice, Ethics. Werksessie: Vertaling Vandag: Rekenaars, Praktyk, Etiek November 2015

Die Israel-Visie is een van die Wit Teologie-kultes, meer spesifiek n aangepaste vorm van Brits-Israelisme.

Wat is die reg en die vryheid van die eksegeet?

An information technology governance framework for the public sector. by Judith Terblanche. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements

DIE ROL VAN VISIE EN MISSIE IN 'N ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN STRATEGIESE BESTUUR. A.J. Kuyvenhoven. Skripsie MAGISTER COMMERCII ONDERNEMINGSBESTUUR

DIE GEBRUIK VAN RITUELE EN SIMBOLE BINNE DIE EREDIENS AS DRAERS VAN HOOP

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Wat jy moet weet oor n ouderling

INDUSTRIAL PSYCHOLOGY NEWSLETTER Number 4, MARCH 2009

Die vertaling. Die Vertaling

Missionale gemeentes in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Teologies verantwoord

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

Internasionale VIGS Kerslig Herdenking Sondag 2012

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the

Transcription:

Jesaja 7:14 en die maagdeiike geboorte* W S Prinsloo (UP) ABSTRACT Isaiah 7:14 and the virgin birth Despite the fact that Matthew 1:22-23 uses Isaiah 7:14 to legitimise the virgin birth - or, rather the virgin conception - Isaiah 7:14 can not be interpreted to be a prediction of the virgin birth. Matthew 1 :22-23 is a total reinterpretation of Isaiah 7:14 and cannot be applied as a criterion to the reading of Isaiah 7:14. These are two unique texts, each having its own junction and message. 1 INLEIDEND Hierdie akademiese gesprek fokus op die maagdelike geboorte. Eintlik sou dit meer korrek wees om te praat van die maagdelike ontvangenis. Matteus 1 :22-23 verwoord die gebeure soos volg: "Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gese het, vervul sou word: 'Die maagd sal swanger woro en 'n Seun in die wereld bring, en hulle sal Horn Immanuel noem'. Die naam beteken God by ons" (AV J 983). Dit is duidelik dat Matteus 1 :22-23 vir Jesaja 7: 14 as legitimering gebruik vir die maagdelike geboorte. Hiervolgens word Jesaja 7 ge"interpreteer as 'n voorspelling wat gerealiseer het deurdat die maagd Maria, sonder die tussenkoms van 'n man, swanger geword het en vir Jesus gebaar het. My taak is nie om as propagandis vir 6f teen die maagdelike geboorte op te tree nie. Ek laat dit aan Nuwe-Testamentici oor om volledige kommentaar te lewer op die interpretasiemodel waarmee Matteus 1 vir Jesaja 7 benader. Ek wil hier slegs enkele opmerkinge oor Jesaja 7:14 maak en probeer om die gedeejte primer binne sy eie konteks te lees. *Kort referaat gelewer tydens die Interdissiplinere Simposium, 2 Mei 1996, gereel deur die Fakulteit Teologie (Afd A), Universiteit van Pretoria. ISSN 0257-8891 = SKRIF EN KERK Jrg 18(2) 1997 323

2 JESAJA 7:14 Jesaja 7 vorm deel van 'n groter geheel, naamlik Jesaja 6: 1-9:6. Hoewel hierdie gedeelte nie in alle opsigte eenvormig is nie, vorm dit tog 'n natuurlike eenheid. Anders as die voorafgaande en die daaropvolgende gedeeltes bestaan Jesaja 6:1-9:6 hoofsaaklik uit narratologiese of verhalende stof. Dit is ook opvallend dat die profeet hier heel dikwels in die eerste persoon aan die woord is wat maak dat hierdie gedeelte dikwels as gedenkskrif of memoirs van Jesaja getipeer word. Die sentrale tema van Jesaja 6:1-9:6 is die mislukking van die koningshuis van Juda en hulle volgehoue verwerping van die profetiese verkondiging. Nog 'n samebindende faktor by Jesaja 6: 1-9:6 is die feit dat hierdie gedeelte verbind word met die gebeurtenisse tydens die Siro-Efraimitiese oorlog gedurende die agste eeu vc. Die Siro-Efraimitiese oorlog (± 7331732) handel oor 'n konflik tussen koning Agas van Juda aan die een kant en Peka van Israel (= Efraim) en Resin van Damaskus (= Sirie) aan die ander kant. Die aanleiding tot hierdie oorlog was dat Resin en Peka in die lig van die Assiriese bedreiging 'n anti-assiriese koalisie gesluit het, maar dat Agas geweier het om saam met hulle daaraan mee te doen. Hierdie weiering van Agas loop daarop uit dat Peka en Resin volgens 2 Konings 16 'n poging aangewend het om Jerusalem oor te neem en om die koningskap van Agas omver te werp. Hoewel hulle nie daarin kon slaag om Jerusalem in te neem nie, is daar tog sprake van groot verliese wat Juda gely het (2 Kron 28). Die aanval van Resin en Peka teen Juda misluk egter omdat Agas die hulp van die Assirier Tiglatpileser III teen hulle inroep (2 Kon 16; 2 Kron 28). Ironies genoeg, ontsnap Agas die Siro Efraimitiese bedreiging net om 'n vrywillige vasaal van Assur te word. Dit is binne hierdie spesifieke konteks dat Jesaja 7 gelees moet word. Agas se keuse om op Assirie le vertrou staan Iynreg teenoor die advies van die profeet Jesaja. Agas se optrede word as ongeloof en as 'n mosie van wantroue in Jahwe deur die profeet beskou. Om by die kern van die gedeelte uit te kom: Jesaja 7:1-7 is 'n verhalende gedeelte waarin Jesaja tydens die Siro-Efraimitiese oorlog vir Agas by wyse van 'n heilsaankondiging en die Immanuelteken (vergeefs) oproep om op die Here te vertrou. Jesaja 7:10-17 kan as die onmiddellike konteks van Jesaja 7:14 beskou word. Ten spyte van Agas se onwilligheid om 'n "teken" (ri'~) te aanvaar, se Jesaja dat Jahwe nietemin self 'n teken aan die koningshuis ('1'1 n~) sal gee. Die woord n '~ word normaalweg in die Ou Testament, soos ook hier, gebruik om Jahwe se aktiewe teenwoordigheid en sy ingryping in die geskiedenis aan te dui. Die teken wat Jahwe sal gee is dat die 324 JESAJA 7:14

:1~7jz sal swanger word en 'n seun met die naam Immanuel in die were Id sal bring. Die naam van die seun (Immanuel) bevestig juis wat pas gese is, naamlik dat dit hier oor 'n teken gaan wat die teenwoordigheid en ingryping van Jahwe moet aandui. Die vraag is egter hoe die woord :17t7jz verstaan moet word. Dit is belangrik om daarop te wys dat die Septuagint dit met 1] 7rap(jivoc;, dit is met "maagd" vertaal. Die Vulgaat, in aansluiting by die Septuagint, vertaal dit met virgo. Dit is egter ook belangrik om daarop te wys dat die ander Griekse vertalings soos Aquila, Symmachus en Theodotion dit met 1] ve&vtt;, dit wil se "jongvrou" vertaal. Dit is dus duidelik dat Matteus 1 :22-23 by die Septuaginttradisie aangesluit het in sy gebruik van die woord 7rap()ivoc; ten einde die maagdelike geboorte te legitimeer. Matteus interpreteer Jesaja 7:14 dus as 'n profesie wat sewe en 'n half eeue vooruit gewys het. Voordat daar na die moontlike betekenis van :17t7jz in Jesaja 7 gekyk word, sou dit egter loon om ook te kyk na die manier waarop die res van die Ou Testament die woord gebruik. Genesis 24:43 gebruik die woord om 'n ongetroude jongmeisie, wat oenskynlik ryp vir die huwelik is, aan te dui; Eksodus 2:8 praat van Miriam die suster van Moses as 'n :17t7jz; Psalm 68:26 praat van die tamboerynspelers in die tempel as ri'~?~; Hooglied 1:3 en 6:8 gebruik die woord om 'n geliefde aan te dui; Spreuke 30: 19 praat van die manier hoe die liefde tussen 'n man en 'n :17t7;? werk. Vit hierdie oorsig blyk dit dat daar geen konnotasie van maagdelikheid by ;,7t7jz te besp~ur is in die manier waarop die woord in die Ou Testament gebruik word nie. Die tertium comparationis wys eerder in die rigting van iemand wat seksueel ryp is of wat gereed is om 'n huwelik te sluit. Wat van die voorkoms van ;"l7t7:l in die Ou Testament as geheel gese kan word, geld ook van Jesaja 7: 14. Hier is geen sprake van maagdelikheid nie. Die klem val op 'n vrou wat geboorte aan 'n kind gaan gee. Die geboorte is teken van die Here se aktiewe ingryping in 'n krisistyd. Die woord ;"l7t7;? in Jesaja 7: 14 sou dus ook vertaal kon word met 'jongvrou". Die presiese identifikasie van die jongvrou is egter ook 'n probleem. Dit is opvallend dat daar 'n bepaalde lidwoord v~~r die selfstandige naamwoord staan: ;'I7t7;;~, "die" jongvrou dus. Hoewel dit vir ons vandag moeilik is om ;'I~71~ te identifiseer kan ons tog die afleiding uit Jesaja 7: 14 maak dat dit vir die oorspronklike hoorders of lesers nie 'n probleem sou gewees het nie, aangesien die woord van die profeet blykbaar hier 'n bepaalde jongvrou in gedagte gehad het. Dit is juis een van die kenmerke van die Ou-Testamentiese profesie dat dit primer bedoel was en relevant moes wees vir die situasie waarin dit uitgespreek was en dat dit ook ISSN 0257-8891 = SKRIF EN KERK lrg 18(2) 1997 325

verstaanbaar vir die hoorders moes wees. Vir Jesaja 7:14 om se we en 'n half eeue vooruit te wys, sou dus baie vreemd aan die aard van die profesie wees. Verskeie pogings is in die loop van die tyd aangewend om die jongvrou te probeer identifiseer. Die volgende belangrikste pogings tot identifisering kan genoem word: ;'i~7i word veral deur die Christelike kerk in aansluiting by Matteus met die maagd Maria, die moeder van Jesus geidentifiseer; die vrou van die profeet Jesaja word ook soms as 'n moontlikheid genoem; daar is ook 'n kulties-li\itologiese interpretasie in die sin dat ;'i~7i 'n kultusfiguur sou wees wat 'ri rol sou speel in 'n rituele, heilige huwelik; daar is ook 'n kollektiewe interpretasie, naamlik dat "jongvrou" op elke vrou wat swanger sou wees of word, betrekking sou he; nog 'n moontlikheid is dat die jongvrou 'n onbekende meisie in die skare sou wees waarna die profeet sou gewys het - vandaar die bepaalde lidwoord. Wanneer die konteks van Jesaja 7 egter in gedagte gehou word, naamlik dat die koningshuis van Juda hier aangespreek word deur die profeet en dat juis die geboorte van 'n koningskind 'n besondere teken sou wees van die teenwoordigheid van Jahwe, dan is die moontlikheid sterk dat ;'i~?i iemand in die destydse koninklike hotbouding sou wees, heelwaarskynlik een van die koning se vrouens. Dit is ook belangrik om daarop te wys dat die woord van Jesaja wel in vervulling gegaan het in die sin dat die klein Judese koninkrykie van Agas die van Resin en die van Peka oorleef het. Sowel Peka as Resin is deur Assirie oorwin (vg} onderskeidelik 2 Kon 15:29 en 2 Kon 16:9). Dat Juda die aanslag van die Assiriese mag oorleef het en eers baie later in 587 vc deur die Babiloniers in ballingskap weggevoer is, was 'n wonderwerk - 'n Ji'K van die aktiewe ingryping van Jahwe. Wanneer hierdie interpretasie aanvaar word, kan die vraag weer eens gevra word of dit wel moontlik is om die "jongvrou" en die koningseun waarvan Jesaja gepraat het te identifiseer. Hiskia, se un van Agas en Abia, sou baie goed by hierdie konteks kon inpas. Dit was juis Hiskia wat 'n politieke en godsdienstige hervorming bewerkstellig het en dit was tydens die regeringstyd van Hiskiadat Jahwe vir Jerusalem op wonderbaarlike wyse van die Assiriese beleg gered het (vgl2 Kon 18-19). 3 KONKLUSIE Uit bogenoemde bespreking kan die volgende afleidings gemaak word: 1 Jesaja 7: 14 is nie 'n voorspelling van die maagdelike geboorte of ontvangenis nie. Die Jesajateks moet binne sy eie literere en!ill JESAJA 7:14

historiese konteks verstaan word as 'n heilsorakel waarin Jahwe die ongehoorsame J udese monargie nogtans van Sy aktiewe ingryping verseker. 2 Matteus 1 :22-23 is 'n totale herinterpretasie van Jesaja 7: 14. Matteus 1:22-23 is 'n nuwe teks naas die van Jesaja 7. Ons het hier dus te doen met twee unieke tekste, elkeen met sy eie funksie en boodskap. Matteus 1:22-23 moet - soos Jesaja 7:14 - gevolglik binne sy eie konteks gelees word. 3 Met behulp van 'n interpretasiemodel, eie aan sy tyd, wat horn juis toegelaat het om woorde buite hulle konteks te gebruik, gee die skrywer van Matteus 'n totaal nuwe betekenis aan Jesaja 7 sodat dit 'n nuwe teks word wat die lesers daarvan moes oortuig dat Jesus wel die Christus is. Matteus gebruik juis 'n gesagsvolle teks, naamlik die uit Jesaja, om gesag aan sy stelling oor die maagdelike geboorte te verleen. 4 Matteus 1 :22-23 relativeer nie die oorspronklike bedoeling of boodskap van Jesaja 7 nie. Matteus 1 :22-23 is ook nie 'n aanhaling van Jesaja 7: 14 in die eksakte sin van die woord nie en is gevolglik ook nie bedoel om as kriterium te dien van hoe Jesaja 7 ge interpreteer behoort te word nie. Wanneer Jesaja 7:14 binne sy eie konteks gelees word, het dit as gesagsvolle Woord steeds 'n unieke boodskap wat relevant bly - ook vir Christene. ISSN 0257-8891 = SKRIF EN KERK Jrg 18(2) 1997 1'};7