NUWE BYBEL: WARE EN VALSE BYBELS Alle Bybels is nie die Woord van God nie. Hierdie geskrif, net sewe bladsye, sal u help om te kan onderskei tussen die ware Bybel en valse Bybel met Skrif bewyse. EN, kortliks, die geskiedenis van die Nuwe Testament vanaf die Apostels tot vandag. LAASTENS, die antwoord op die vraag waarom God valse Bybels toelaat. Daar is twee verskillende Bybels binne die Christendom. Die twee verskillende Bybels is gegrond op twee verskillende groepe manuskripte wat soos dag en nag verskil. Uit elke groep manuskripte (oorspronklike tale soos Hebreeus, Grieks, Aramees, Siries, ens) word ʼn Hebreeus / Griekse Bybel, genoem bronteks, saamgestel deur die manuskrip deskundiges van ʼn Bybelgenootskap. Die Bybelgenootskap voorsien hierdie bronteks, Hebreeus (Ou Testament) en Griekse (Nuwe Testament) Bybel, aan vertalers. Kerke se teoloë gebruik hierdie bronteks om die Bybel in hul taal (Afrikaans, Engels, ens) te vertaal. Die Textus Receptus bronteks kom uit een groep manuskripte, saamgestel kort voor die Protestantse Hervorming in 1517. Dit het gemaak dat Christene van die Katolieke Kerk (en valse Bybel) weggebreek het. Die Textus Receptus bronteks word ook gebruik vir die King James (Authorized) Version, Hollandse Staten Bybel en die 1933/1953 Afrikaanse Bybel. Die tweede groep manuskripte se bronteks is die Sinaiticus (so genoem vir duidelikheid onthalwe in hierdie geskrif) wat in 1881 as die English Revised Version verskyn het en later die 1983 Afrikaanse Bybel en Lewende Bybel. Gegrond op dieselfde groep manuskripte (waarby nuwe manuskripte gedurig gevoeg word) verskyn baie nuwe brontekse wat aanleiding gee tot menige nuwe Bybels in elke taal wêreldwyd. Die nuutste bronteks van die Bybelgenootskap word nou gebruik vir die vertaling van nuwe kerk Bybel in Afrikaans, Engels, ens. Die groot verskil tussen die twee groepe manuskripte / bronteks / Bybels openbaar dat daar ʼn ware en ʼn valse Bybel binne die Christendom is. Die stryd rondom die Woord van God het begin in die tuin van Eden. Satan het God se woorde verdraai, wat Adam en Eva geglo het sodat hulle van die vrug van die boom geëet het en uit Eden verdryf is. Die eeue oue stryd duur voort toe kerkvaders die Apostels se briewe, Nuwe Testament, vervals het. Hierdie valse manuskripte word deur die Bybelgenootskap se manuskrip teoloë gebruik om menige nuwe brontekse saam te stel. Dit word deur baie kerkleiers gebruik vir nuwe Bybels. Dat kerkleiers dit doen veroorsaak ʼn Babelse verwarring by Christene. Daarom moet elke Christen die saak van die ware en valse Bybel ondersoek. Skielik, besluit 26 Suid-Afrikaanse kerke, insluitend kerke in Namibië, om te begin met die vertaling van ʼn nuwe Bybel in Afrikaans en Engels. Hierdie kerke sluit in Katoliek, Protestant, Pinkster en Evangeliese, ens, kerke wie verskillende Bybels gebruik.
Saam met die vervalste Nuwe Testament manuskripte gebruik die Bybelgenootskap ook die Leningradensis manuskrip vir ʼn nuwe Ou Testament. Hierdie manuskrip word blykbaar al lank in sekere teologiese skole gebruik. Dit veroorsaak onenigheid tussen die vertalers van Afrikaanse kerke en enkeles wou hulle onttrek. By die Oktober 2012 vergadering besluit 15 Afrikaanssprekende kerke om voort te gaan met die vertaling van die nuwe Bybel. Hieronder is Skrif bewyse dat die nuwe bronteks (Hebreeus / Griekse Bybel) wat vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans gebruik word, korrup is. Om goddelike gesag te verleen aan die valse bronteks gebruik die Bybelgenootskap selektief ook die Textus Receptus bronteks! (vers 6 van nuwe Bybel hieronder). SKRIF BEWYSE: DRIE BYBELS (1953 Bybel, nuwe Bybel en 1983 Bybel) Jesus sê: Maar ek het ʼn doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word ek totdat dit volbring is! Luk 12:50. Apostel Johannes skryf: Maar een van die soldate het met ʼn spies in sy (Jesus se) sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom. Joh 19:34. Die kruis word ook uitgedruk as ʼn doop met bloed en water. Aangehaal uit 1953 Bybel. Apostel Johannes in sy boek 1 Johannes 5:6,7.8 verduidelik Jesus se kruisdoop en sy spies woorde hierbo. Vers 6 1953 Bybel (Textus Receptus) Vers 6 Nuwe Bybel (2016?) Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, (spies) Hy, Jesus Christus, is die Een wat Jesus die Christus; deur water en bloed gekom hetnie deur die water alleen nie, (water doop nie) nie deur die water nie, maar deur die water en die bloed; (spies water / bloed) maar deur die water en die bloed. en dit is die Gees wat getuig, Die Gees is die Een wat getuig (bo?) want die Gees is die waarheid. want die Gees is die waarheid. Vers 7. Vers 7. Want daar is drie wat getuig in die hemel: Want daar is drie wat getuig. (res weggelaat) die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; (een Here God) Vers 8. (gelees met vers 6) Vers 8. en daar is drie wat getuig op die aarde: (weggelaat soos 1983 Bybel) die Gees en die water en die bloed (spies) die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. en hierdie drie is dit eens. 1983 Bybel (vrye vertalingwyse Sinaiticus teks) Die Een wat deur die water van sy doop (korrup!) Vers 7. en die bloed van sy dood na ons toe gekom het, Daar is dus drie wat getuig: (nuwe Bybel) is Jesus Christus; (spies gesteek en nie mee gedood nie!) nie net deur die water nie, (asof ook waterdoop) Vers 8. maar deur die water en die bloed. (weggelaat soos nuwe Bybel) Die Gees is die getuie daarvan die Gees en die water en die bloed, en die Gees is die waarheid. en die drie se getuienis stem ooreen.
Die nuwe Bybel en die 1983 Bybel se bronteks (manuskripte) stem ooreen en is leuen Bybels. Die Textus Receptus se vers 6 word verdraai. Hierdie twee leuen Bybels vervals die ware Woord van God en verdraai die waarheid. ʼn Persoon wie nie die waarheid van die leuen kan onderskei nie, het nie die Gees van God in hom nie. Vertoë tot die kerkleiers wie die 1953 Bybel gebruik was vrugteloos. Dit blyk nou dat die Heilige Gees staan nie die valse Bybel teen nie maar laat dit toe om ware Christene te dryf uit die leuen kerke. Die ware Woord van God, Textus Receptus, het die Protestante geskei van die korrupte Katolieke Kerk / valse Bybel. Die Protestantse kerke skeur toe hulle die valse 1983 Bybel aanvaar het. Christene, wêreldwyd, verlaat die kerk want die swaard van die Gees is die Woord van God. Dit bevestig die erns van die saak van die Textus Receptus Bybel wat die waarheid is. Nota: Kommentaar op die drie verse van Apostel Johannes: 1. Wanneer ʼn ware Christen die volledige verse 7 en 8 lees en vergelyk met ander Bybels dan sal geen ware Christen twyfel watter Bybel die ware Woord van God is nie. Dit is die hoofrede waarom valse teoloë so woedend raak oor die drie Johannes verse en allerhande manuskriptiese bewyse soek om dit teen te staan. Hulle kan egter nie die goddelike betekenis van die woorde in verse 7 en 8 weerspreek nie. 2. Apostel Johannes, wie lewend na die hemel gegaan het, openbaar in verse 7 en 8 wie die drie getuies vir ons in die hemel (regterstoel oordeel*) en op aarde (doderyk*) sal wees. Want as iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy op die getuienis van twee of drie mense. Onder die Nuwe Testament is ons nie onder die wet van Moses nie maar onder die genade (Gees) van God. Daarom moet daar drie wees wie vir ons sal getuig in die hemel en op aarde sodat ons nie sal sterf nie. Nota *: Die hemel en aarde gebeure in verse 7 en 8 word volledig verduidelik in hoofstuk 12 Opstanding uit die Dood: Doop met Vuur in my boek Een Here, Een Geloof, Een Doop tik in op Google. Name van 26 kerke Bylae: Geskiedenis van die Nuwe Testament. GESKIEDENIS VAN DIE NUWE TESTAMENT (Apostels tot vandag) Vanaf die tyd van die Apostels, vir drie honderd jaar na Christus, het Christene net een Bybel gehad. Vandag word dit genoem die Textus Receptus ( received texts ontvange teks). Christene was verdeel in onafhanklike en selfstandige gemeentes wie die nuwe testamentbriewe oor en oor met die hand gekopieer het wat weens gebruik verweer het en as manuskripte uit menige ooreenstemmige stukke bestaan. Die oorspronklike Textus Receptus verwys na hierdie gemeentes as gemeente van God en liggaam van Christus.
Die (woord) kerk het nog nie bestaan nie. Die kerk - Katolieke Kerk - het eers 380 jaar na Christus ontstaan. Nuwe Bybels het die woorde gemeente van God en liggaam van Christus verander na kerk sodat mense kan glo dat die kerk is die liggaam van Christus! Dit staan in hul Bybel! Vir meer inligting oor die tyd van die Apostels self sien bylae Jare van die boek Handelinge in my boek Een Here, Een Geloof, Een Doop (tik in op google). Die eerste drie honderd jaar tot Keiser Konstantyn, 321 nc: In die jaar 70 nc is die tempel in Jerusalem verbrand en der duisende Israelies gedood en nog meer in gevangenis weggevoer. Apostels Jakobus en Petrus skryf aan hulle, twaalf stamme, wie nou tussen die nasies verstrooi is. Jak 1:1; 1 Petr 1:1. Die oorblywende Israelies word 135 nc verban uit Israel en tussen die nasies verstrooi. Nou kan Christene onversteurd die evangelie van Jesus Christus aan die nasies verkondig. Skeepseienaar Marcion kom in die jaar 144 nc (gemeenteleier in Rome 150 160 nc) met die aanklag dat die God van toorn in die Ou Testament nie dieselfde God van liefde in die Nuwe Testament kan wees nie. Hierdie beskuldiging dwing Christen gemeentes om die Heilige Gees geïnspireerde nuwe testamentboeke te skei van geskrifte deur kerkvaders en kwaadwillige Jode. Nota: Daar is verbitterde Jode wie weet dat hul stamme deur God verwerp gaan word boek Openbaring. Dit is hulle wat aan geheime organisasies behoort en wie se gruwel dade verkeerdelik aan die hele Jodedom toegedig word. Nuwe Testament briewe / boeke geskryf deur die Apostels self was aanvaar. Briewe gedikteer deur Apostels en nie-apostels was getoets aan die letterwaarde van Griekse woorde, eenhede van sewe (soos in Latyn die letter V se letterwaarde is 5). Die oorspronklike Nuwe Testament het begin met 21 boeke en dit word gevoeg by die Ou Testament om die Textus Receptus Bybel te vorm. In die jaar 174 nc kom Montana met sy twee profetesse met nuwe openbarings. Op hierdie wyse dwing die Heilige Gees Christene om die Nuwe Testament boeke met die boek Openbaring (geskryf ± 94 nc) af te sluit. Ongeveer 200 jaar na Christus word die laaste boeke gevoeg by die Nuwe Testament naamlik die boeke Jakobus (die Apostel), 2 Petrus, 2 en 3 Johannes, Judas (broer van Apostel Jakobus) en die boek Openbaring. ʼn Totaal van 27 Nuwe Testament boeke geïnspireer deur die Heilige Gees die oorsprong van die Textus Receptus Hebreeuse en Griekse teks - vir die vertaling van die een WARE Bybel in volkstale. ʼn Honderd en twintig jaar later beveel Keiser Konstantyn (321nC) biskop Eusebius om ʼn nuwe vertaling te skryf om die Nuwe Testament te versoen met die Griekse filosofie en Romeinse Babiloniese godsdiens (begin by die toring van Babel / Nimrod). Eusebius gebruik
nie die oorspronklike gebruikte Textus Receptus teks nie maar kerkvader Origines se (reeds) mens korrupte manuskripte wat die Godheid van Jesus verwerp (soos alle nuwe Bybels tot vandag toe). Die vyftig korrupte nuwe Konstantynse Bybels (nuwe testamentboeke) is deels die oorsprong van korrupte manuskripte wat vandag gebruik word as bronteks vir korrupte nuwe Bybels. Die valse manuskripte staan vandag bekend as die Alexander teks, Vaticanus teks ontdek in 1481 in die biblioteek van die Vatikaan stad, Rome, en die Sinaiticus teks ontdek deur Tischendorf in 1844 in ʼn Sinai klooster in ʼn goeie toestand weens onbruik! Sestig jaar later, 380 nc, verenig Keiser Theodosius alle onafhanklike Christen gemeentes in een kerk naamlik die Rooms Katolieke (-wêreld) Kerk. In die geheim aanvaar die biskop van Rome, Damasus, die aanstelling as die hoof, genoem Pontif, van die Romeinse Babiloniese godsdiens! Die biskop - Pontif Damasus van Rome (hoof van twee godsdienste) beveel Jerome om ʼn amptelike Latynse Bybel vir die nuwe Rooms Katolieke Kerk te skryf. Dit staan bekend as die Roomse Vulgaat Bybel. In 1592 word dit weer gewysig. Die Vulgaat Bybel is die een Bybel vir een kerk vir meer as ʼn duisend jaar in Wes-Europa. Alleen Christene buite die Katolieke Kerk beskik oor die ware Textus Receptus Bybel. In die jaar 1453 nc verower Moslems Turkye en daarmee kom die Oostelike Romeinse Ryk tot sy einde. Hulle val Griekeland binne en priesters van die Ortodokse Kerk vlug met hul manuskripte na die Weste en Rusland. Terselfdertyd begin die eeu van die druk pers. Erasmus, 1465, versamel manuskripte en skryf die Textus Receptus Hebreeus / Griekse Bybel wat as bronteks dien vir die vertaling van die ware Woord van God in volkstale. Nou kan mense self weer die Bybel in hul eie taal lees. Die ware Bybel baan die weg vir die Protestantse Hervormings in 1517. Die Textus Receptus Bybel in volkstale is die swaard van die Gees om Christene in 1517 te skei van die korrupte Katolieke Kerk se valse Bybel, bygelowe en tradisies. In 1611 verskyn die King James (Authorized) Version. Soos en enigste Textus Receptus Bybel in die Engelse taal. Nota. In enkele gevalle, soos Holy Ghost in plaas van Holy Spirit en Passover vir beide die Pasga fees en Pinksterfees, is die Katolieke invloed nog sigbaar. Kort daarna, 1624, verskyn die Elzevir Textus Receptus Griekse Nuwe Testament bronteks vir die vertaling van die Bybel in volkstale. Die 1637 Hollandse Staten Bybel en die 1933/53 Afrikaanse Bybel. Meer as twee honderd jaar later in 1844 word die feitlik volledige maar korrupte Nuwe Testament Sinaiticus teks ontdek. Dit dien as bronteks vir menige nuwe Bybels vanaf 1881. Bybels soos die English Revised Version, 1881, American Standard Version, Revised Standard Version, Jehovah New World Translation, New International Version, 1983 Nuwe
Afrikaanse Bybel en Lewende Bybel. Dit word ook gebruik vir die New King James en nou vir die nuwe Bybel (2016?) soos geopenbaar in die drie Johannes verse. Dit is kortliks die geskiedenis van die Nuwe Testament. Die Bybelgenootskap is die dryfveer agter hierdie nuwe Bybel, alhoewel hulle dit oor en oor ontken in hul webwerwe wat my agterdogtig gemaak het. Veral die skielike besluit van 26 kerke om terselfdertyd te vra vir ʼn nuwe Bybel. Die feit van die saak is dat dit die Bybelgenootskap is wie die korrupte bronteks (Hebreeus / Griekse Bybel) aan vertalers voorsien! Hierdie vreemde handeling van die Bybelgenootskap het begin in 1949. Skielik, verenig alle Bybelgenootskappe in die wêreld (uitgesluit enkeles) in die United Bible Society. Die nuwe verenigde Bybelgenootskap voorsien skielik een Bybel wat vir alle kerke aanvaarbaar is. Wêreldwye kerkeenheid begin by een-en-dieselfde Bybel. Ses en twintig jaar na die Bybelgenootskap verenig het, 1975, skryf die teoloog Fuller (266): When our time honoured Bibles are revised, the changes are generally in favour of Rome. We are told that Bible revision is a step forward: that the new manuscripts have been made available and advance has been made in archaeology, philosophy, geography and (our Textus Receptus Bible) the apparatus of criticism. How does it come then that we have been revised back into the arms of Rome? - soortgelyk aan die valse Vulgaat Bybel? Menige voetnota s, as kompromie tussen verskillende kerke se vertalers, oorbrug nie die kloof tussen die nuwe bronteks en die Textus Receptus bronteks nie! Vir die 1983 Bybel het die Bybelgenootskap ʼn vryevertalingwyse toegepas. Kerke se vertalers kon verse interpreteer soos hulle wou en dit so vertaal (Johannes vers 6 hierbo, 1983 Bybel, dien as voorbeeld). Vir dieselfde rede verskil die 1983 Bybel van die Lewende Bybel alhoewel hulle dieselfde bronteks gebruik het. Dit kan die Bybelgenootskap nie weer toelaat nie! Die Bybelgenootskap beklemtoon nou ʼn direkte vertalingwyse (soos die Textus Receptus vertalings) maar dit verander nie die korrupte manuskripte wat gebruik word en verdraaiing van die Textus Receptus vir die valse nuwe Bybel nie. Leke Christene, soos ek, kan nie manuskripte beoordeel nie. Ons kan wel die verskillende Bybels beoordeel. In ons eie taal kan ons die woorde en verse in verskillende Bybels toets en beoordeel. Soos die drie Johannes verse in die drie Bybels hierbo gemeld. Deur een enkele woord of twee, soos Een in vers 6 van die nuwe Bybel, word die goddelike betekenis van ʼn vers verander. Dieselfde om die name van God te vervang met die woord Hy soos die 1983 Bybel wat weglaat die naam Here 24 maal, die naam Christus 41 maal, die naam Jesus 31 maal, die woord God 20 maal asook dele van 32 verse en 14 volledige verse want dit kom nie voor in die gebruikte bronteks nie (voetnotas in 1983 Bybel) soos in die Textus Receptus bronteks nie!
Nuwe Bybels is ʼn direkte aanval op Christene se harte en denke (nie meer brandstapels nie). Nuwe Bybels se primêre doel is om Christene te laat twyfel oor die bestaan van ʼn werklike Woord van God (want dit verander gedurig!). Nuwe Bybels wat die woorde van God verdraai (nuwe betekenisse) laat mense twyfel oor die bestaan van een God wie se Naam Here Jesus Christus is, onder die Nuwe Testament. In elke taal kan daar net een Bybel wees wat die ware Woord van God is. Dan is daar nie ʼn behoefte aan ʼn ander Bybel nie. Die Heilige Gees kan ons alleen lei en leer in die volle waarheid wanneer ons die ware woorde van God lees. Die Woord van God is die swaard van die Gees wat die koring Christen van die kaf skei. Christene met die Gees van God staan nie magteloos teen hierdie aanslag op die Woord van God nie! Apostel Paulus rig eers ʼn waarskuwing aan hulle wie die valse Bybel glo en dan wat God self doen in die harte van Christene om die ware Woord van God te kan herken as die waarheid. Die waarskuwing. 2 Thes 2:10 en 11. - - - omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van dwaling stuur, om die leuen te glo soos Adam en Eva in die tuin van Eden. Die krag van dwaling is valse Bybels om die leuen, Satan, te glo. Werkinge van God in ons harte. 2 Thes 2:13 en 14. Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid (redding) in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid, waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry. Die saak van die Bybel is dus ʼn geloof saak. Dit wat elke persoon vir homself moet uitklaar. Alle lof en ere aan Here Jesus Christus. Pieter Stegmann. E-pos: pstegmann@vodamail.co.za BRONNE 1. Die 1953 Afrikaanse Bybel en die Authorized King James Version die ware Textus Receptus Bybels wat valse Bybels openbaar. 2. Erkennings tot my boeke Een Here, Een Geloof, Een Doop en Skepping en Profesie (tik in op google) of webwerf www.vryechristen.co.za (tik op Die Bybel Verduidelik Homself ). Ons is afhanklik van mense, skrywers en meesal teoloë, vir inligting oor die kerkgeskiedenis en die geskiedenis van die Nuwe Testament wat nie volkome betroubaar, soos die ware Textus Receptus Bybel, is nie.