Ons groet u weer vanaf Arcadia. Baie dankie as u

Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Algemene vrae - ontvangers


Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

How To Get A Bsc In Forensic Science

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

MARKETING MANAGEMENT

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

Policy on Student Leadership Development and Training

Kunsuitstalling in Calitzdorp

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Verbintenis tot besluitneming

Top achievers in management programmes receive the Sanlam trophy An MBA still thé most sought-after qualification in the world

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Advertising and attorneys: some anxiety -reducing empirical findings

EERSTE LIEFDE. 1 Ek is altyd hier by jou. 2 My eerste liefde. 3 Woorde. 4 Stofpad langs. 5 As die God van Josafat jou vat. 6 Hou vas aan jou droom

STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

DRAKENSTEIN MUNICIPALITY

Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:

1. Die vraestel bestaan uit 5 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

Checklist: Skills and Abilities Seasonal farm work

Managerial support for an optometry practice: A business analytics study

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

RACUMIN Paste / Pasta

1. Lees en leestegnieke

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962


THE LIVING STANDARDS MEASURE AS A MARKET SEGMENTATION TOOL FOR SELECTED RETAILERS

How To Pay Aangedui In The Germany

Human Rights and Workman s Compensation:

BRAUNVIEH SA PO Box /Posbus 506 Tel: Henry St./Str. 118 Fax/Faks: /

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

A Systematic Approach to Enterprise Risk Management

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

101 Inspirerende Quotes - Eelco de boer - winst.nl/ebooks/ Inleiding

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the


Benefits, business considerations and risks of big data

MATZIKAMA MUNICIPALITY TENDER NR:T1/2014

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

N LIG WAT BRAND IN DIE KAAP

Perspective Training College (PTC)

Beskouings oor die doodstraf

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

VERA NDER GOD OOIT SY GEDAGTE OOR SY WOORD?

"GOUE GEDAGTES". "GOUE GEDAGTES"

Wake me up when September ends. PSG Konsult Menlyn. Augustus 2012

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CASE NO:4439/2007

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

THE EMOTIONAL VALUE OF PAID FOR MAGAZINES. Intomart GfK 2013 Emotionele Waarde Betaald vs. Gratis Tijdschrift April

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

Welcome to. and and. for.

Basiese Rekenkundige beginsels

Adres/Address Posbus / PO Box 270 BLOEMFONTEIN 9300 Telefoon/Telephone: (051) Faks/Fax: (051)

Emile Page 9 Maart September 2009 Deur Heleen Page

DIE LEWENDE TAAL. No. II. (Vir Standaard III) GOEDGEKEUR DEUR DIE SKOOLBOEKE KOMMISSIE VAN DIE SUIDAFRIKAANSE AKADEMIE. Inspekteur van Skole

Kindertoewyding. Die Beginsel uiteengesit

Quality Customer Information Management in the Financial Services Industry: A CASE STUDY. George Francois Malan

DOUBLE MAX. Reg. No. B2916 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. B2916 Wet Nr. 36 van 1974 Namibian Reg. No. N-F 0673 Namibiese Reg. Nr.

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

Spread. B&R Beurs. March 2010

N PROJEK MET: DIE DOELGERIGTE LEWE VAN RICK WARREN VIR KLEINGROEPE. (Video Gebaseerde Handleiding)

Workshop: Translation Today: Computers, Practice, Ethics. Werksessie: Vertaling Vandag: Rekenaars, Praktyk, Etiek November 2015

Doelgerigte Jeugbediening (

AN AUDIT AND RISK HANDLING PROTOTYPE FOR FIREWALL TECHNOLOGY. by ESTÉE VAN DER WALT DISSERTATION

T VAN DER HEIJDEN. Supervisor: Prof. N. Vink

Transcription:

Maart 2014 Vol.22.2 Goeie dag VRIENDE Ons groet u weer vanaf Arcadia. Baie dankie as u die tyd kan afstaan om hierdie Nuusbrief te lees en na die pamflet te kyk. Ons seisoen het effens laat begin, toe baie mooi opgetel, toe die tipiese midsomer droogte, maar nou lyk dit weer na n lushof! Ons is baie bly om te hoor dat groot dele van die Weste van die land, laat, maar goeie reën gekry het. Ons hoop saam met u vir goeie opvolg reën. Ek het n interessante gedeelte oor TYD raak gelees. Ons praat altyd oor TYD. Of dit is te min, of dit neem te lank, of dit is te kort of die tyd vlieg (lyk my soos mens ouer word!) of ons het dood gewoon nie tyd nie. Hier volg n uittreksel daarvan: Imagine there is a bank that credits your account each morning with R86 400. It carries over no balance from day to day. Every morning the bank deletes whatever part of the balance you failed to use during the day. What would you do? Draw out every cent, of course. Each of us has such a bank. Its name is TIME. Every morning, it credits your with 86 400 seconds. Every night it writes off as lost whatever of this you have failed to invest to good purpose. It carries over no balance. It allows no overdraft. Each day it opens a new account for you. Each night it burns the remains of the day. If you fail to use the day s deposits, the loss is yours. There is no going back. There is no drawing against tomorrow. You must live in the present on today s deposits. Invest it so as to get from it the utmost in health, happiness and success. The clock is running. Make the most of today. Value today. To realise the value of ONE YEAR, ask a student who failed a grade. To realise the value of ONE MONTH, ask a mother who gave birth to a premature baby. To realise the value of ONE WEEK, ask the editor of a weekly magazine. To realise the value of ONE DAY, ask the editor of a daily newspaper. To realise the value of ONE HOUR, ask the lovers who are waiting to meet. To realise the value of ONE MINUTE, ask a person who missed the flight. To realise the value of ONE SECOND, ask a person who just avoided an accident. To realise the value of ONE MILLISECOND, ask the person who won a silver medal at the Olympics. Treasure every moment you have! And treasure it more because you shared it with someone special, special enough to spend your time. And remember that time waits for no one. Yesterday is history. Tomorrow is mystery. Today is a gift. That s why it is called the present! Soos die tyd loop moet ons aanpas by veranderinge. Een verandering wat na my mening positief is, is die gebruik van Teelwaarde Indekse. Teelwaardes van die Bonsmara Ras word elke ses maande op gedateer. Soos wat nuwe inligting van n dier bykom en en/of sy verwantes, so verander die Teelwaarde van elke eienskap. Op die oomblik het ons inligting van sestien Teelwaardes en nog drie Seleksie Waardes wat afgelei word uit Teelwaardes. Dit het bykans onmoontlik geword om die aktiewe gemiddeld van elke eienskap wat elke ses maande verander te onthou. Die nuutste ontwikkeling is die uitdruk van Teelwaardes in die vorm van n Indeks, waar 100 die gemiddeld van elke eienskap van die aktiewe diere in die Bonsmara Ras is. Een belangrike aspek van Teelwaarde Indekse, is dat ons moet besef dat die grense vir optimale indekse nou lê tussen 90 en 110 (tot 120 vir sekere eienskappe). Daar behoort vir u n goeie rede te wees waarom u diere wil gebruik wie se Teelwaarde Indekse minder as 80 of meer 130 is. Top bouvorm is na my mening die enigste rede. Maar daar behoort vir u n goeie rede te wees waarom u vir Teelwaarde Indekse van minder as 80 of meer as 130 wil gaan. Gebruik asb. hierdie Teelwaarde Indekse dit is maklik om te verstaan. Onthou net dat die grense vir aanvaarbaarheid geskuif het (tussen 90 en 100 is nog perfek dalk die ideaal). Onthou ook dat Teelwaarde Indekse nog steeds net n hulpmiddel met seleksie is. Die een gevaar van Teelwaarde Indekse is dat die gemiddeld (100) elke ses maande skuif en dit skuif meestal op! Dit beteken dat as u aanmekaar vir hoë Teelwaarde Indekse gaan selekteer u diere verseker groter gaan word (want

die meeste Teelwaardes meet direk of indirek groei) met die gepaardgaande nadele daarvan. Die akkuraatheid van die Teelwaarde gee vir u n aanduiding van hoe baie die Teelwaarde kan verander. n Hoë akkuraatheid van 90% plus waarskynlik min verandering. Teelwaardes met akkuraatheid van minder as 75% kan nog baie na enige kant verander. Gebruik Teelwaardes, maar bouvorm, funksionele doeltreffendheid en aanpassings eienskappe (waarvoor daar nie Teelwaardes is nie), bly nog altyd belangrik en verander baie min oor jare. Pasop vir papier beeste teel hulle funksioneel korrek en laat common sence en cow sence seevier! n Bespreking Van 25 Van die 75 bulle wat op 16 April 2014 aangebied word: LOT 4 : AG10-013 Hierdie is n uitsonderlike goeie bul wat ons self gebruik het. Die bul het baie goeie diepte, die regte hoeveelheid bespiering, nie te veel of te min nie en veral baie goeie breedte. Die bul het n baie sterk kop en onderkaak, perfekte skrotum en skede en goeie bene en kloue. Die bul se pa is AG06-027 en sy moeder n top koei. Sy het die eerste keer op 23 maande gekalf en het n Reproduksie Indeks (RI) van 109. Hy is totaal onverwant aan ons hooflyne m.a.w. hy kan op enige AG98-338/AGJ8/ AGD103 dogters of van hulle seuns se dogters gebruik word en ook op die meeste ander AG-diere se nageslag. T.s.v. bogenoemde kom hierdie bul uit ander suiwer AGlyne so die erfdwang sal daar wees. Ons dink definitief hierdie bul is die moeite werd om voor vêr te ry. As ek oor Teelwaardes skryf in hierdie Nuusbrief, gebruik ek die Teelwaarde Indekse soos bo verduidelik. Hierdie bul se Teelwaardes is ook mooi, 93 op Geboorte Direk, op Speen Direk 108, op GDT 117, op Voeromsetverhouding (VOV) 116, op Skrotum 110, op Hoogte is hy 90, maar op Lengte is hy 104, m.a.w. hy gaan nie groot word nie maar hy het lengte en gewig. Ons dink regtig dit is n bul wat u kan oorweeg en dis n bul wat na n stoetkudde toe behoort te gaan en wat n groot bydrae kan maak. Dit is interessant dat ons nou sy jonger broer (uit FCT06-109) ook in die Arcadia Bonsmara Stoetkudde gebruik. Sy moeder is ook nog in ons kudde en 100% van haar kalwers is goedgekeur. Sy het kalwers verkoop aan J E Nolte van Perdekop en Johan Klingenberg van Piet Retief. LOT 6 : AG08-210 Hierdie is n positief beproefde bul hy gee top kalwers! Die gemiddelde geboortemassa van sy kalwers is 34kg met nog twee seisoene se kalwers in die pyplyn. Ons het hierdie bul ook gebruik om mee te KI met vars semen omdat ons dink hy is so goed. Hierdie bul het baie goeie balans, diepte, bespiering, manlikheid, baie goeie vel en haar, uitstekende skede, baie goeie kloue, baie goeie bene, goeie skrotum, stertaanhegting, kruis en sterk bek. Hierdie is regtig n bul wat ons baie sterk aanbeveel en met groot vertroue verkoop as n beproefde bul. Ons sien alreeds van sy seuns wat ons gaan gebruik om hom te vervang. Hierdie bul kom uit HJS03-016 (nou by Hartebeestloop in Namibië) wat terug verwant is aan TBR91-704 wie se oupa AGB140 was donkiejare terug!. Aan sy ma se kant kom sy uit AG98-301 en verder uit die ou IVY-lyne uit. So kyk na hierdie bul as n onverwante bul. Hier is min van hierdie bul se bloed in Suid-Afrika. Hy is ook n uitstekende allrounder en alhoewel ons hom hoofsaaklik op koeie gebruik het, kan hy ook op verse gebruik word. Sy aanwending sal baie goed wees by Telers wat se geboortemassas besig is om te hoog te raak. Sy Teelwaarde op Geboorte Direk is 107, op Speen Maternaal is 113 m.a.w. hy het baie melk, op skrotum is 104, 96 op GDT en 103 op VOV. Hy het goed gespeen op 244 kg met n 107 Speen Indeks. Sy moeder is verkoop aan dr. Clifford Bull van Kyalami. Ons dink hierdie bul sal n baie positiewe bydrae kan maak in enige kudde, in ons kudde het hy alreeds sy merk gemaak. Moenie n fout maak om te dink die bul is te klein nie hy IS en teel REG! LOT 8 : AG11-107 Hierdie is ook n bul wat besonderse bouvorm het, met goeie balans, goeie skrotum, goeie skede, vel en haar, kruis, sterk kop en bek. n Bul wat uit n interessante stamboom uitkom sy vaar PAD07-93 van Phillip Dreyer - uit Oom Charles Williams (CSW03-109) se kudde aan vaderskant en uit moederskant, AG98-338. Hierdie bul was ook n vers se eerste kalf en het n ligte geboortemassa van 34 kg gehad en sy Teelwaarde op Geboorte Direk is 103, 104 op Speen Direk, 113 op Geboorte Maternaal, 103 op Na-speen se Groei en 109 op Skrotum-omvang. Ons kan hom ook aanbeveel as n allrounder. Die bul se ma het verder baie goed gedoen, elke kalf (almal bul kalwers) wat sy sover geteel het kon ons verkoop as n stoetbul. Sy is verkoop aan Steven McIntyre van Oranjeville. Sy het ook n ander baie goeie bul geteel (AG08-270) wat verkoop is aan Keith Keating van Hartbeesfontein waarvan

hulle alreeds 41 kalwers geregistreer het. Daar is nog n bul verkoop aan Riaan du Randt wat boer in die Witkoppe naby Vrede. Lot 8 se Vaar is nou by een van ons nuwe entoesiastiese telers Danie Opperman van Vryheid. LOT 10: AG10-106 U kan gerus mooi kyk na hierdie bul se bouvorm. Let op na sy baie sterk kop en bek en baie goeie balans, goeie bespiering, diepte, verdonkering, vel en haar en pigment. Hierdie bul het ook n 110 Teelwaarde op Geboorte Direk, 93 op Speen Direk, 107 op VOV en 102 op Skrotumomvang. Ons het die bul self gebruik en beveel hom sterk aan, veral as u bespiering, diepte en balans in u kudde wil teel. Hierdie bul behoort gemiddelde koeie se kalwers te verander na vêr beter as gemiddeld. Hy kom ook uit goeie bloedlyne uit, sy pa is n bul van die Ralfe-familie van Wasbank, wat oorspronklik kom uit AG96-059 en aan die moeder se kant is sy n agter kleindogter AG98-338. van LOT 12 : AG11-290 This is a good son of AG06-401 the last bull that Wally Stay bought at our auction. We used AG06-401 ourselves for a year and it was then sold to Chris Visser from Vryburg. Have a good look at the depth, capacity, good sheath, testis, legs and hooves, good hide and hair and balance of Lot 12. Breeding Value of 124 on Wean Direct, 94 on Wean Maternal, 127 on ADG, 121 on Feed Conversion, 110 on Scrotum Circumference and 124 on Body Length. His dam calved at 25 months, 8.5/7 calves with a average ICP of 388 days. Her Reproduction Index (RI) is 115. This bull is from a breeding line with depth AGH1, AGJ8 and AG98-338 all appear in his pedigree. This bull will deliver! LOT 14 : AG11-116 Hierdie is n indrukwekkende, diep, lang donkerrooi bul, n tipiese seun van AG06-027. Die bul het n baie sterk bek en baie sterk kop, mooi skrotum, baie goeie skede, goeie vel en haar en baie volume en kapasiteit. Hierdie bul het ook baie goed gegroei, 115 Teelwaarde op sy Speen Direk, 117 op Na-speen se Groei, 110 op GDT, 117 op VOV en ook 99 op Skrotum. Definitief n bul wat ons kan aanbeveel - nie op verse nie, maar op enige normale Bonsmara-koei of op tweede kalf koeie behoort hierdie bul baie goed te doen. Sy geboortemassa was 45kg uit n 8 jaar oud koei in Maart maand hou dit in gedagte dat herfskalwers gewoonlik swaarder sal weeg by geboorte as lentekalwers a.g.v. die koei se goeie kondisie in die herfs. Maar weet ook dat herfskalwers baie ligter speen as lentekalwers dit het alles te doen met voeding en niks met genetika nie. Sy ma het reeds bulle verkoop aan Keith Keating (Tensmar Bonsmaras), van Hartbeesfontein en ook aan Josua du Plessis van Delmas. Een gebruiksaandeel van hierdie bul is reeds opgeneem deur Neil Harvey van Tosca. Die bul het n jaar by hom geloop. LOT 16 : AG11-076 A well balanced, dark red, three year old bull with black pigment and a very good skin. Have a good look at his exceptional sheath and well formed testis. The sire of this bull (AG07-434) was sold in 2013 to André van der Heyde from Settlers. His mother is a daughter of AG03-256 which was sold in 2009 to Paul Maré, Chris Welman, Martiens Aveling, Ian Lourens and Dr. Joggie Briedenhann from Namibia. AG03-256 is breeding well for his new owners too. The mother of Lot 16, calved at 23 months and have a RI of 108. We used also another son of her AG07-230 (an AI bull), he was also sold last year to Pat van der Schyff and Leon Meyer from Westonaria. A daughter of this cow was sold as a SP cow to Dr. Clifford Bull from Kayalami. Lot 16 is from a solid bloodline Bokkie van der Merwe on sire side and AG98-338 on dam side. He is an allrounder we would use him on cows and heifers. His Breeding Values are, 99 on birth direct, 101 on wean direct 98 on wean maternal, 100 on post wean growth, 112 on ADG, 111 on feed conversion, 96 on scrotum and 106 on length. This bull shows quality!

LOT 18 : AG11-060 Nog n drie jaar oud seun van AG06-027 wie se seuns nou baie sterk deurkom. Kontak gerus vir Cecil van der Merwe van Barley Oos wat van sy semen gebruik het of Kobus du Toit van Settlers wat van sy eerste seuns gekoop het! Ons gebruik tans vier van sy seuns en kleinseuns in ons eie kudde. Hierdie is n baie goeie lyn veral as ons kyk na die nuwe moderne neiging van breedte, diepte en kapasiteit. Hierdie bul kom ook uit n baie goeie moeder uit wat aan Shaun Keating van Hartbeesfontein verkoop is (sy is n kleindogter van die bul wat nou in van die nuutse Zoetis advertensies gebruik word). Uit hierdie koei is bulle verkoop aan Peet en Riaan Nel van Bethlehem en Louis van der Walt van Vivo wat die bulle in hul stoetkuddes gebruik het. Peet-hulle het al 43 kalwers geregistreer en Louis 27 uit hul onderskeie bulle. Hierdie bul het baie goeie groei, Speen Direk van 104, Na-speen 105, 112 GDT, 113 VOV, Skrotum-omvang van 102, Lengte van 104. Hierdie is n bul wat met groot vrymoedigheid gebruik kan word om die lengte, breedte en kapasiteit in die kudde in te bring. LOT 20 : AG11-044 Another son of AG06-27! Maybe he will develop into a slightly bigger bull (3,5 4 frame out of 5). A bull with good balance, depth, length, a very good and well formed scrotum, perfect sheath and very good quality hair. Almost perfect Breeding Values, 93 on Birth Direct, 117 on Wean Direct, 98 on Wean Maternal, 106 on Mature Weight, 124 on post Wean Growth, 115 on ADG, 109 on Feed Conversion, 104 on Scrotum and 104 on Body Length. In spite of my prediction that he will develop into a bigger bull his Breeding Value on Shoulder Height is 87 (-6 mm)! This bull was also used by Neil Harvey (Ottawa Ranches) from Tosca for a year Neil is well known for his excellent results in the National Carcass Competition. He and his manager Niel Fourie (previously Freddie Scheepers) are doing excellent work to promote Bonsmaras in this way. To win with pure bred Bonsmara carcasses of more than 99% - against all breeds and crosses country wide - is a great achievement. And they have done this several times! Congratulations! I am glad that they give credit to AG genetics for achieving these rewards. AG genetics are also doing well for Neil and Pieter Pistorius in Botswana. Something about this bulls mother, she was sold to Dr. Herman Netshidzivhani from Derby. We also sold sons of her to Dirk Luus and Janneman Roberts from Ermelo. LOT 22 : AG11-310 n Baie mooi, diep donkerrooi, breë bul wat vir die meeste Bonsmara-telers baie aanvaarbaar behoort te wees. Hierdie bul het regtig besonderse bouvorm, besonderse diepte, breedte en kapasiteit en vel en haar. Op Geboorte Direk is hy 100, op Speen Direk 111, op Na-speen se groei 108, op GDT 101, op VOV 103 en op Skrotum-omvang 129. n Bul wat u definitief na kan kyk. Hy kom uit n bul (net so diep en breed nou by Joe en Jacques Marais van Brandfort) van Chris Pieterse wat ons op die Warmbad veiling gekoop het. Hy is weer n seun van die AG-bul, AG03-371. Sy moeder het baie goed gepunt op bouvorm toe sy gekeur is, sy is n pragtige koei en n dogter van AG02-251. Sy het vir die eerste keer gekalf op dertig maande, sy het n RI van 108. Hierdie is die tipe bul waarna u behoort te kyk as u diepte, breedte en kapasiteit soek, asook om skrotum reg te maak. Hierdie bul is n all-rounder met goeie pigment en donker vel en n baie goeie houding. Sy donker kleur, swart pigment en veral die swart op die onderste helfte van sy skrotum is n goeie aanduiding dat hy goeie pigment (o.a. swart neuse) gaan teel. Kyk gerus hoe skoon is hy in sy ore n baie goeie verwysingspunt vir top kwaliteit haar, n eienskap wat ons mooi moet oppas! LOT 24 : AG11-050 A son of the Kit Thompson bull, FCT06-109. We all know that Kit had an excellent herd and was an outstanding breeder and person. We were fortunate to have used two sons from this herd. Lot 24 are one of those bulls that let you stand back and have a second look at it! His depth and capacity is outstanding. His hair quality, sheath, testis, strong head, lower jaw and muzzle, dark colour and volume speak for itself. His Breeding Value of 105 for Birth Direct suggests he can be used on heifers and cows. His legs and frame which is of medium size confirm this. His mother calved at 23 months, is 9.4 years old with 8 calves and an

average ICP of 387 days. She has already calved again 355 days after her last 2013 calf! If you can attend our Information Day you will be able to see her and her latest calf. She will be marked with 24 (the same lot as her son on Sale). It will be worth your while to come and see the mothers of the bulls on Sale on the Information Day. You can have a good look at her frame, udder, legs and hooves and general conformation. As a rule of thumb a bull breeds daughters which look like his mother. LOT 26 : AG11-275 Definitief n bul wat u kan merk as u gekom het om n bul te soek vir bouvorm om koeie reg te maak wat gemiddelde bouvorm het. Met gemiddelde bouvorm bedoel ek n koei wat funksioneel doeltreffend is maar wat gewoonlik groot en rankerig is, plat vertoon en smal van agter af is. Sy het gewoonlik ook n swak/klein agterkwart van die kant af gesien - en geen buite dye nie (selfs al is sy in n goeie kondisie). Baie keer is sy effens geknyp agter die blaaie en alhoewel sy dalk elke jaar kalf word haar kalwers nie goedgekeur as Bonsmaras nie met die hoof afkeurredes as algeheel plat B13 en swak bespiering B2 by haar bul kalwers. Lot 26 behoort sy stempel af te druk van goeie bespiering, goeie balans, goeie vel en haar en donker pigment. Die bul behoort op verse gebruik te kan word. Hy kom uit AG07-458 wat deur Kobus Coetzee van Bethlehem gekoop is en wat vir ons baie goed gedoen het. Hy lyk ook baie soos sy pa. Van die ma se kant af ouderdom eerste kalf 23 maande, 7.4 jaar oud met 6 kalwers, n RI van 116, - n goeie lyn om na te kyk. Ons het ook n vers van haar aan Loren Louw, n nuwe teler van Nylstroom verkoop. Van sy moederlyn af is daar diere verkoop aan Thinus Maritz van Vaalwater, Rajen Puckree van Devon en aan Koos en Jaco Swart. Sy ma se oupa is n bul wat ons aan Laurence en Derek Ralfe verkoop het, wat by hulle goed gedoen het, later is hy na Danie en SP Olivier van Babanango. Kyk mooi na Lot 26 se baie mooi rug bespiering, sy baie mooi toplyn, kruis, skede, skrotum, bene en kloue, pigment en vel en haar. LOT 28 : AG10-019 First impressions of this bull are depth, capacity, width, strong head and muzzle, good sheath and strong legs. Breeding Values, 106 on Birth Direct, 104 on Wean Direct, 106 on Post Wean Growth, 109 on ADG and 111 on Feed Conversion. He is also from AG06-27 and from dam side from AGJ8. His mother is a top cow 12 years old, 10 calves, average ICP of 373 days and a RI of 109. Her 2011 bull calf is also on Sale as Lot 2. We used Lot 28 on our own stud cows and we also lent him to Duncan Serapelwane and Turner Mahura from Vryburg we looking forward to see how he did on their cows. Keep in mind that there are now two users of this bull as these two gentlemen are also stud breeders. LOT 30 : AG11-409 Hierdie is n seun van AG07-361 wat verlede jaar vir die hoogste prys op ons Produksie Veiling aan Tensmar Bonsmaras van Keith Keating, verkoop is. Ek dink hy gaan net so goed ontwikkel soos sy pa, baie mooi agterkwart, baie mooi vel en haar, sterk kop en bek, sterk bene, goeie skede, goeie skrotum en baie goeie balans oor die algemeen. Hierdie is n bul met kwaliteit! Sy ma is ook n uitsonderlike koei, sy het n TKP van 373 dae oor 4 kalwers, n RI van 111. Op Speen Direk is hy 105, op na Na-speen 103, op Skrotum 110, so regtig n goeie bul met n hoogte-lengte verhouding van 1.19. Hierdie bul se ma is verkoop aan Cassim Hassim van Trichardt in 2013 en Kobus Coetzee van Bethlehem het sy ouma in 2012 gekoop. U kan sien dat ons elke jaar top koeie wat top kalwers teel aanbied op ons Veilings gaan gerus deur hierdie besprekings en u sal sien dat die meeste moeders nog of in ons kudde is of verkoop is aan ander Stoettelers. Hierdie jaar gaan ons weer top koeie aanbied van wie ons seuns gebruik en in die toekoms gaan aanbied. Kyk gerus na hierdie bul se stamboom, enige teler wat al voorheen by ons diere gekoop het behoort hierdie bul gemaklik te kan gebruik op AGbulle se dogters. LOT 32 : AG11-014 n Seun van WBB07-012 (Benjamin Bosch) wat ook 90% uit AG-bloedlyne kom. Lot 32 is n bul met diepte, breedte, kapasiteit, regte hoeveelheid bespiering en n sterk kop en bek. Ek dink dit is hoe n manlike kop van n drie jaar oud bul behoort te lyk. Kyk na sy goeie haar kwaliteit, verdonkering, bene en kloue en uitstekende skede. Sy skrotum se aanhegting is nie perfek nie. Toe ek die bulle moes uitsoek vir die Veiling het ek dit gesien maar gedink sy bouvorm is so goed dat hy wel n rol kan speel in enige kommersiële kudde. Ons weet mos van die doktorstesis wat dr. Pierre van Rooyen gedoen het waar hy bewys het

dat dit (die aanhegting van die skrotum) niks negatief te doen het met sy eie of sy dogters se vrugbaarheid nie. Sy moeder het op 22 maande die eerste keer gekalf en het n gemiddelde Speen Indeks van 105 oor drie kalwers. Sy is nog steeds in ons kudde en op die punt om weer te kalf kom kyk hoe lyk sy op die Inligtingsdag van 5 April. Sy ouma is ook nog in Benjamin se kudde en sy en haar nageslag, volgens hom, presteer en lyk goed. LOT 34 : AG11-705 Hy is nog n seun van AG06-401 (kyk Lot 12). Die bul doen baie goed by Chris Visser en hierdie seun van hom lyk ook of hy baie goeie potensiaal het. Lot 34 is baie mooi gebalanseerd, baie goeie vel en haar, mooi skof-ontwikkeling, n wakker bul met goeie skede, goeie skrotum, goeie bene en goeie kloue. n Bul met Teelwaardes van 111 op Speen Direk, 115 op Na-speen se groei, 120 op GDT, 123 op VOV, positief op Skrotum en 110 op Liggaamslengte. Hierdie bul se ma het gekalf op 24 maande, al 8 kalwers gespeen met n gemiddelde TKP van 384 dae en n RI van 115. n Bul wat regtig kom uit baie goeie lyne ons sien AG98-338, AGJ8, AG96-059 dit is almal bulle wat sterk eienskappe gelaat het in ons kudde. Ons sien ook in sy stamboom AG99-104 wie se seuns goed doen in Namibië, AG01-245 wie se seuns baie goed doen by Hennie Coetzee van Prieska. Hier is n bul met diepte in sy stamboom en baie goeie bouvorm. Sy moeder het ook vroulike diere verkoop aan Johan Steynberg van Secunda en Rajen Puckree van Devon se wêreld. LOT 36 : AG11-804 You can predict from his ID number that he is the youngest bull on Sale. He will be about 28 months at the 16th of April. He is a well balanced bull with exceptional hair quality, strong back and loin, short sheath, good scrotum, legs, hooves and a wide muzzle. We lost his sire to Redwater, (it is endemic in our area so all our animals are to a certain extend immune to it but if the challenge is too high we do loose a few animals per year. We stick with the policy of dipping the minimum maybe once a year - to keep the challenge as high as possible you will always see ticks on our cattle) he was also a bull with very good capacity and depth. We retain a semen share of Lot 36. His Breeding Values are: 95 on Birth Direct, 106 on Wean Direct, 104 on Wean Maternal, 102 on Mature Weight, 112 on Post Wean Growth, 105 on ADG, 107 on Feed Conversion and 96 on Scrotum Circumference. Have a look at this bull s mother she calved at 24 months, is 9 years with 8 calves, an average ICP of 367 days and a RI of 119. She will be on display on April 5. LOT 38 : AG11-490 This bull is from our Frikkie and Louw Kruger line. His sire was AG07-742 but he was from WAT00-200 and BG96-125. We wrote earlier about carcass competitions and this team has also won the National Competition and is also doing great work for Bonsmara in this respect - thanks guys! We used Lot 38 on Arcadia heifers. Breeding Values of: 106 on Birth Direct, 102 on Wean Direct, 97 on Wean Maternal, 103 on Post Wean, 103 on ADG, 95 on Feed Conversion and 104 on Scrotum Circumference. He is a dark red, smooth coated and deep bull from a polled mother. She calved at 23 months and has a RI of 119. She was sold in 2013 as a SP cow. We thought he was good enough to use maybe you would agree. LOT 40 : AG11-426 Nog n seun met baie kapasiteit en breedte van AG07-361 hierdie Vaar teel vir ons konstant diepte, breedte en kapasiteit, Let veral op na AG11-426 se baie sterk kop, sterk oogbanke, breë bek en goeie skof-ontwikkeling. Hierdie is ook een van die bulle met die sterkste koppe op die Veiling. n Broer van hom is verlede jaar verkoop aan Pat van der Schyff en Leon Meyer van Westonaria. Hierdie bul behoort in enige kudde n baie goeie bydrae te maak t.o.v. diepte, breedte en kapasiteit want dit kom deur van hom

af, sy pa, sy oupa en sy oupa grootjie almal van hulle het hierdie selfde goeie eienskappe. Hierdie bul se ma het n TKP van 370 dae oor 4 kalwers met n RI van 110. Sy kom uit n bul uit van oom Johan Mybrugh van Petrusburg wat vir ons baie goeie vroulike diere geteel het. Oom Japie Olivier van Hartbeesfontein het hierdie koei se Vaar gekoop. LOT 42 : AG11-341 Hierdie is n bul met n besondere sterk bek, baie goeie diepte, goeie vel en haar, baie goeie skede, besonderse agterkwart en sterk bene. Hy kom ook uit n baie goeie ma uit, sy het op 24 maande die eerste keer gekalf, 7 jaar oud, 6 kalwers, gemiddelde TKP van 376 dae en n RI van 118. Hierdie bul het verder mooi Teelwaardes, 109 op Speen Direk, 98 op Speen Maternaal, 100 op Volwasse Massa, 110 op Na-speen se Groei, 103 op GDT, 102 op Voeromset, 100 op Skrotum-omvang en 98 op Liggaamslengte. Voorwaar n bul wat n mens na kan kyk. Die bul se pa is AG07-138 wat baie goed by ons gedoen het en ook by Oom Frans van der Berg van Reivilo toe hy op n stadium daar gaan werk het. Sy Vaar is verkoop op ons Produksie Veiling van 2013 en is nou by Koos Odendaal van Aliwal Noord ons dink hy gaan daar ook n verskil maak! LOT 44 : AG11-726 Another son from the Kruger Bonsmara-line. Good Breeding Values: 101 on Birth Direct, 105 on Wean Direct, 94 on Wean Maternal, 97 on Mature Weight, 105 on Post Wean Growth, 109 on ADG, 114 on Feed Conversion and 110 on Scrotum Circumference. We see overall balance, good depth of body, a good scrotum, strong head and muzzle and good hair quality. This bull s mother is an AG02-251 daughter which calved at 24 months, is now four years old with three calves, an ICP of 383 days and a RI of 120. Have a good look at this bull he has good genes from his paternal and maternal side. LOT 46 : AG11-029 This three year old bull was used by us to produce this conformation. His sire is LAR06-34 which produced good calves for us. Look at Lot 46 s good top line, very good muscling, good sleek hair, good legs and hooves. Good growth figures: 108 on Wean Direct, 106 on Post Wean Growth, 105 on Feed Conversion. His mother was also an early calver who calved at 23 months with a RI of 116, average Wean Index of 103 over 4 calves. In spite of the above mentioned good traits we feel that he will combine the best with deep cows with good capacity. LOT 48 : AG11-382 As hierdie bul n donker rooi bul was, was dit seker een van die gewildste bulle van die veiling. Mense neem soms die onlogiese besluit deur n swakker donkerrooi bul te koop vir meer geld as wat hulle bereid is om te betaal vir n beter ligrooi bul. Hierdie is wel n ligrooi bul maar wat verdonkering vertoon met uitstekende diepte, baie mooi sterk kop en bek en met baie goeie balans. Sy Teelwaardes is baie mooi in lyn: 108 op Na-speen, 109 op Speen Direk, 109 op GDT, 111 op Voeromset, 104 op Skrotum-omvang en 110 op Lengte. Hierdie bul se pa is AG08-454 wat nog steeds een van ons top kuddebulle is wat ons nog baie sterk gebruik. Hy het net soveel diepte en kapasiteit en net so n sterk kop en bek. Kom kyk gerus hoe lyk hy op ons Inligtingsdag. Lot 48 se ma is n besonderse koei, sy is 8.9 jaar oud met 8 kalwers, sy het gekalf die eerste keer op 21 maande, TKP van 371 dae, RI van 120. Hierdie bul se ma kom ook uit AG02-251 uit, wat n uitstekende bul was en baie goeie dogters geteel het. U moet nie hierdie bul mis omdat hy ligrooi is nie. Ons skryf dit elke jaar, ons ondervinding is dat die ligrooi bulle teel na die normale rooi toe en die donkerrooi bulle teel ook terug na die normale Bonsmara rooi toe. Daar is baie diepte in hierdie bul se stamboom, u moet hom asseblief nie mis kyk net oor sy kleur nie.

LOT 50 : AG11-045 n Bul met baie goeie lengte, baie mooi kruis, stertaanhegting, goeie skede, goeie skrotum, sterk bek, mooi skof-ontwikkeling. n Sterk drie jaar oud bul, wat ook uit die Frikkie Kruger lyn kom, sy ma kom uit die ROBCO lyn uit van dr. Wesson van Rensburg wat weer uit AGJ8 uit kom en ook uit AG98-338. Sy ma het gekalf vir die eerste keer op 25 maande met n RI van 105. U kan gerus na hierdie bul kyk vir groei, 118 op Speen Direk, 114 op Naspeen se Groei, 116 op volwasse massa, 110 op GDT, 114 op VOV, 102 op Skrotumomvang en 108 op lengte. Dit is n sterk robuuste bul wat sy stempel behoort af te druk op enige koei. LOT 75 : AG08-311 Ons het hierdie bul ook self gebruik en ons het ook reeds 29 kalwers (gemiddelde geboortemassa van 34 kg) van hom geregistreer met n winter en somergroep wat nog in die pyplyn is. Hierdie bul het baie goeie Teelwaardes, alles is bokant 100 as dit vir u belangrik is - 101 op Geboorte Direk, 111 op Speen Direk, 102 op Speen Maternaal, 120 op Na-speen se Groei, 119 op GDT, 105 op VOV, 105 op Skrotum-omvang en 112 op Liggaamslengte. Kyk gerus na hierdie bul se baie goeie vel en haar en ook sy goeie toplyn. n Bul wie se Vaar ons gekoop het op n Nasionale Veiling n paar jaar gelede. Geteel deur Oom Hasie Haasbroek. Hy is uit AG96-059 en AG91-212 wat ook n groot rol in die Vryburg area gespeel het. Lot 75 se ma het op 23 maande vir die eerste keer gekalf, haar TKP is 369 dae oor 6 kalwers met n RI van 119. Kyk gerus na hierdie bul as jy n beproefde bul soek wat vir jou goeie toplyne gaan teel asook goeie vel en haar en goeie vrugbaarheid soos afgelei uit sy stamboom. Uit hierdie bul se ma het ons reeds bulle verkoop aan Max Mervitz en Flip Kleynhans van Stilbaai, Bremer Swanepoel van Senekal en n jong bul wat nou loop by Johan de Klerk (wat ons waarskynlik self later vanjaar gaan gebruik) van Delmas dit is n koei wat konstant goeie kalwers teel. Gebruik Lot 75 ook op diep koeie met goeie kapasiteit. Sy Koei Waarde n Seleksie Indeks is 119 wat baie goed is. DIE VROULIKE DIERE OP DIE VEILING Die aanbieding koeie en verse is van uitstaande gehalte en ons ondervinding en die van ons kopers is dat AG-koeie in ander kuddes oor die algemeen goed vaar, spesifiek t.o.v. die bouvorm van hul kalwers. Die Arcadia Produksie Veiling, het behalwe vir die bulle, ook n goeie naam van goeie vroulike diere teen billike pryse. U sal nie u tyd mors om te kom kyk nie. Die kommersiële diere sal goed inskakel by enige kudde. U kan verseker wees dat hierdie koeie, stoet en kommersieel, geharde diere is wat op natuurlike veld kan gedy. Hulle sal beslis by u werk! Hulle is almal AG geteel en het op Arcadia grootgeword. Die meeste van hulle is ook van so n gehalte dat hulle opgeneem sal kan word as basis diere vir Bonsmara stoetteling. Alle vroulike diere (kommersiële diere ingesluit) is TB en BM vry getoets n baie belangrike gesondheid voordeel wat u nie oral kry as u kommersiële diere aankoop nie. Die SP vroulike diere word enkel of in pakkies van 2 5 diere aangebied u kan die hele pakkie neem of een of meer diere nomineer. Hulle is gegroepeer in tipe, ouderdom, dragtigheid status so meeste pakkies pas mooi bymekaar. Die kommersiële diere is meestal in pakkies van 3 tot 10 diere ook dieselfde geklas soos bo. Hier word die pakkie as geheel aangebied. GRATIS VERVOER! VAN U AANKOPE TOT OP OF NABY U PLAAS. (Al is dit net een dier) Ons gaan dit weer vanjaar vir u maklik maak om diere op ons veiling te bekom en u hoef u nie te bekommer oor die vervoer nie. Ons sal vir u die vervoer doen op ons koste. U het geen kopseer van vervoer reëlings en hoe die diere by u op u plaas afgelaai word nie. Met die huidige brandstofpryse en vervoerkoste is hierdie n voordeel wat u definitief kan oorweeg en waar u boer behoort geen invloed op u keuse om die Veiling by te woon of nie, te hê nie. Ons kry van tyd tot tyd vrae oor waarom ons nie vir ons kopers promosie artikels soos kussinkies, pette, baadjies, truie, sleutelhouers, penne ens. gee nie. Ons voel egter dat ons kopers n baie groter voordeel kry deur die gratis vervoer van hulle aankope. Hierdie promosie artikels sal ons n tiende van die prys van die vervoer kos. Anél het in elk geval vir u almal n geskenkie voorberei!

Transport is by far the biggest single cost item for our sale every year, but we are still prepared to do it for this year. Consider buying a bull 100km from your farm - this can cost you more than R2 500 for that bull extra - just on transport. Baie van ons kopers kom sover as 400km en verder hulle spaar ±R10 000 en meer per bul. Ons wil aanbeveel dat u, u diere ten minste in transito verseker - want die vervoer word gratis maar op u eie risiko gedoen. Transportation of animals that are not insured is at the Buyer s own risk. U neem eienaarskap van die diere sodra die hamer val soos by enige ander Veiling. INLIGTINGSDAG: Saterdag 5 April 2014 Ons hou vanjaar ons jaarlikse Voor Veilings Inligtingsdag op Saterdag, 5 April 2014 om 11H00 hier op die plaas Arcadia waar die Veiling gaan plaasvind. Dit lyk tog of n Saterdag die meeste voltydse en deeltydse boere (boere met n professionele beroep ook) die beste pas. Die dag sal soos in die verlede begin met verversings, waarna die bulle dan individueel vertoon en bespreek sal word. Ons Inligtingsdag neem jaarliks eintlik maar die vorm van n Boeredag aan, met die voordeel dat u ook die veilingsbulle, hul moeders en ander nageslag kan sien, sou hulle nog in die kudde wees. Ons bespreek funksionele doeltreffendheid van beide bulle en koeie en wys u op sterk en swak punte van die diere. Ongeag of u n stoet- of kommersiële boer is en ongeag met watter ras u boer, die funksioneel doeltreffende kenmerke van n bees bly dieselfde. Ons rig dus n uitnodiging aan elkeen wat belangstel, of weet van vriende of bure wat sou belangstel, om gerus die dag by te woon. Dit is altyd leersaam om tussen beesboere te kuier en ook ander telers se beeste te sien en opinies te hoor. Die bulle sal na afloop van die bespreking in krale beskikbaar wees vir verdere besigtiging. Ook die moeders wat nog in die kudde is, sal met dieselfde lotnommer as haar seun gemerk en op die werf wees vir besigtiging. Sy kan dan beoordeel word t.o.v. haar tipe, uier en spene, haar volgende kalf, bene en kloue en haar algemene voorkoms. Another advantage of this Information Day or any other visit before the sale is that we as breeders can have a discussion with you about the bull/s you have in mind. We will give our opinion about your choice and we can discuss the possible application of the bull in your herd. This could probably help you to make a better wellinformed decision. All the females on sale will also be in pens to examine. Lunch will be served. Ons wil dit egter beklemtoon dat u ons enige ander dag, wat vir u geleë is kan besoek, indien u nie die Inligtingsdag kan bywoon nie. U is enige tyd welkom en ons ontvang u graag hier op Arcadia. Vir veral mense wat van ver af kom - U is baie welkom om die dag VOOR die Veiling deur te kom en die diere hier rustig deur te kyk. Daar sal middag- en aandete op die plaas bedien word. Kontak Anél op 0723848822 vir oornag reëlings. n Spesiale uitnodiging word weer gerig aan ons Namibiese telers, vriende en kliënte. Noudat ons weer diere na u kan stuur sal dit vir ons n eer wees om u hier te ontvang soos in die verlede. Hier is verseker bloedlyne wat nie in Namibië beskikbaar is nie. Ons weet ook ons bloedlyne doen baie goed daar in u droë wêreld. Ons gaan agteroor buig m.b.t. die transport en afhangende van hoeveel diere Namibië toe gaan, sal ons ons kant bring al is dit net een dier dan ten minste vry vervoer tot by Upington, soos vir ons SA kliënte. As ons n trok kan half volmaak dan laai ons op u plaas af. GENERAL: All animals are tested and certified free of TB and CA. All the bulls will be fertility tested and negative for Trichomonas and Vibrio. Certificates will be available on the day of the sale. Alle diere is geënt teen Milt-, Spons- en Knopvelsiekte. Die diere loop op Rooiwater en Galsiekteveld en elkeen is Multimin en Vitamien A, D en E gespuit. Die dragtigheid status van die koeie en verse sal op die dag van die veiling beskikbaar wees met dragtigheid sertifikate. Vir kopers uit Hartwater gebiede: Die nuutste aanbeveling is om die diere hartwater bloed te gee, bloot te stel aan u plaas se bosluise, hulle te spuit met Oksitetrasiklien n week later, weer te spuit op twee weke, weer op drie weke en om seker te maak die laaste keer op vier weke. (Hierdie is die Pernell metode). Ons kopers doen dit nou al n paar jaar en dit werk! Ons weet van geen diere wat dood is of geaborteer het nie. Ons sal op ons koste die hartwaterbloed hier toedien voordat die diere gelaai word. Vir kopers wat versekering wil reël, Dawie van der Linde van PSG Makelaars sal beskikbaar wees op die dag van die veiling ons beding namens u vir u die beste premies binne ons vermoë. Indien diere vir n paar dae moet oorstaan, is dit in orde. Kopers wat van die aanbod van gratis vervoer gebruik wil maak, se diere sal oor n periode van ongeveer 10 dae afgelewer word of soos met u persoonlik gereël. Ons sal na u diere omsien en goeie weiding en water beskikbaar stel, maar dit sal op die koper se risiko wees.

TUISBLY OPSIE STAY AT HOME OPTION BUY SIGHT UNSEEN / KOOP ONGESIENS: Satisfaction guaranteed / Gewaarborgde tevredenheid. Ons wil weer vanjaar hierdie konsep aan u voorhou wat u moontlik reeds teen hierdie tyd ken en waarvan heelwat van u al van gebruik gemaak het. Dit is die koop van diere op ons veiling sonder dat u die diere gesien het. U kan moontlik nie die veiling bywoon nie, veilings is vir u vreemd of spannings vol of u het ander verpligtinge of bly dalk baie ver van Vrede af - vir diegene wat in die kategorieë val, kan dié konsep uitstekend werk. Die feit wat dit die beste kan illustreer is voorbeelde waar boere al herhaaldelik 1, 2, 8, 10 en ook al in totaal aan een boer, 49 bulle (in hierdie geval oor 3 transaksies uit die hand uit) ongesiens van ons gekoop het. U skakel ons, verkieslik ten minste een week voor die veiling, vul die ingeslote vorm in en beskryf die tipe bul/le of vroulike diere waarin u belangstel en stel u prysklas. Ek bespreek die diere met u en bie vir u op die beste dier/e volgens u beskrywing en ons mening, wat aan u behoeftes sal voldoen. U kan natuurlik ook iemand nomineer wat namens u bie. Ons het nog NOOIT misbruik van n aanbod gemaak nie inteendeel ons kan verwysings gee waar ons bulle vir kopers gekry het teen die helfte van die prys wat hulle bereid was om te betaal. U sal na afloop van die veiling in kennis gestel word of u bod suksesvol was. U betaal dan die tersaaklike bedrag in Vleissentraal se rekening en u aankope word dan gratis na u plaas vervoer. FINANSIERING Finansiering is beskikbaar vir vooraf gekeurde kliënte. Kontak ons op die laatste teen Woensdag, 9 April 2014, in hierdie verband - sodat die maatskappy wat dit reël die nodige dokumentasie kan voorberei en die goedkeuring kan gee. n Maand of twee uitstel vir boere met oeste op die lande of kalwers of skape wat voor die winter nog verkoop gaan word kan gereël word. DIE AG GENE VEILING Hierdie Veiling van 16 April 2014 is die beste geleentheid om die Genetika te bekom van diere wat u op toekomstige AG Gene Veilings wil verkoop. Indien u van hierdie konsep hou en wil deelneem aan die AG Gene Veiling skaf nou die ouers aan van die bulle en koeie en verse wat u beplan om in te skryf vir die toekoms. As u meer inligting oor hierdie Veiling wil hê kontak my gerus. OORNAGREËLINGS Ons het 20 slaapplekke op die plaas en sal graag mense wat die veiling bywoon ook hier wil akkommodeer. Daar moet net asseblief vooraf met ons gereël word. Skakel gerus vir Anél op 0723848822. Die volgende gastehuise in Vrede kan aanbeveel word, hulle is skoon en netjies met vriendelike eienaars. GASTEHUISE: Transito versekering op die diere moet uitgeneem word om moontlike dood of besering te dek - ons kan dit vir u op die veiling doen. Sodra die diere by u arriveer, besluit u of u tevrede is met die koop of nie. Indien u nie tevrede is nie, is u onder geen verpligting om die diere te aanvaar nie. Skakel ons dadelik sodat ons die probleem kan bespreek. Volle tevredenheid word gewaarborg, anders stuur u die diere op ons koste dadelik terug, met die trok waarmee die diere daar gearriveer het. Faks of stuur ingeslote vorm aan ons, verkieslik nie later as 14 April 2014 nie. Daar is ook goeie selfoon opvangs op die plaas - u kan dus per selfoon ook bie. Reël net vooraf met myself of met die afslaers sodat ons u kan skakel sodra ons by u verkose lotnommer kom. Waterfront Gastehuis Annie van der Walt Sel: 0722906041 (8 Persone) Glen B+B Marietjie Jordaan Tel: (058) 9131950 Sel: 082 873 5389 (6 Persone) Centre Court B+B Denise of Johan Tel: (058) 9131536 Sel: 082 923 5093 (6 Persone) WelgevondenB+B Estelle du Toit Tel: 058-9131624 Sel:082 417 3087 (12 persone) Vrede Hotel Tel: 058 913 3637 Die Hotel is oorgedoen, baie luuks en netjies. Home to Home B+B Charlotte Koen Sel:082 825 7973 (3 Dubbelkamers)

LIGGING VAN DIE VEILING: Vanaf Vrede neem die Memel/Newcastle teerpad (R34) en draai ± 15 km vanaf Vrede links op die eerste S993 pad. Volg die pad vir 6 km. Draai links, ry nog 3 km, draai regs. Volg die wegwysers. Vanaf Memel, neem die Memel/Vrede (R34) teerpad vir ±40km. Draai regs op die tweede S993 pad. Volg die pad vir 6 km, draai links, ry 3 km en dan regs. Volg die wegwysers. GPS Ko-ordinate: S27 29 019 E29 17 413 Stel asb. u GPS in op vinnigste roete NIE op kortste roete nie. Daar is n kortpad maar u gaan deur die gramadoelas ry! Ons nooi u hartlik uit om ons Inligtingsdag en Produksieveiling by te woon. Al is u nie van voorneme om diere te koop nie, woon gerus ons Inligtingsdag en / of Veiling by en kuier lekker saam met ons. Vir u gerief het ons ook nou n aanloopbaan op die plaas wat n 1000 meter lank is. Bel ons asb. as u hier wil land sodat ons van u weet en u kan gaan haal - dit is ongeveer een kilometer van die huis/veilingslokaal af. Die GPS koördinate vir die middel van die aanloopbaan is: S27 29 120 en E29 18 184. Hoogte: 1781m Rigting NNW. Belangrik/Important: Should you want to receive a catalogue please SMS the word - catalogue and you e-mail or postal address to 082 564 8912 or send your request to amdev@zippnorth.co.za with Catalogue in the subject line or alternatively visit the website of the Bonsmara Association at www.bonsmara.co.za click on Sales catalogues and click on Arcadia Bonsmaras. Indien u n katalogus benodig, SMS asseblief die woord - katalogus en u e-pos of posadres na 082 564 8912 of stuur u versoek na amdev@zippnorth.co.za met Katalogus in die onderwerplyn of besoek die webwerf van die Bonsmara Genootskap by www.bonsmara.co.za en klik op Veiling katalogusse dan op Arcadia Bonsmaras. BORGE Baie dankie aan ons borge u kan hulle gerus ondersteun. Molatek - Gawie Gertenbach 0827738402. Molatek se Vetmes 33 is n kritiese bestanddeel van ons bulmeel. Baie dankie vir die drank borg. Saamstaan Voere Riaan Slabbert 0823880035. Saamstaan Voere het n pasmaak bulmeel mengsel ontwikkel wat ons al baie jare gebruik en waarmee ons baie tevrede is. Saamstaan se Winterlekke en Somer lekke is net sulke goeie produkte en net so gewild. Baie dankie vir die drank borg. V.K.B. - Toppie Jonker 0873588810. Hierdie mense is altyd bereid om die ekstra myl te stap. Baie dankie vir die koeldrank borg. LANDBANK - Lampies Jonker 083 708 9139. T.s.v. al die negatiewe dinge in ons land bly ons nog baie positief en dink n belegging in landbou grond klop meeste ander beleggings m.b.t. tot kapitaalgroei, inkomste potensiaal en dan nog die leefstyl daarby. Ons kry baie goeie diens van die Bethlehem Landbank kantoor. Baie dankie vir die kontant borg. PSG Makelaars Dawie van der Linde 082 8881506 ons volg die enkele probleme op en die terugvoer van ons kliënte is dat hulle uitstekende diens kry teen van die beste tariewe. Baie dankie vir die kontant borg. Vleissentraal Anton Vos BD, Wessel Meyer 082 8004913 van die Ermelo Tak, Sonet Coetzee, Johnny Muller en ander personeel baie dankie vir 22 jaar saam. Min ander Produksie Veilings kan dit kleim. Dankie vir julle puik diens. Dankie ook vir julle ruim borg. Mike Killassy 082 3788112 ons afslaer - is nie n borg vir die Veiling nie maar ons kom nou al vir langer as 22 jaar saam baie dankie Mike! Dankie vir jou moeite om die katalogus so goed te bestudeer en op hoogte te wees van die diere. Ons kopers weet presies wat aangaan, wie die bieërs is en waar lê die bod. Dit is nog altyd die standaard op Arcadia en so wil ons graag Veiling hou. Groete Arthur en Anél de Villiers en die Arcadia Span Sel: 082 564 8912 Tel: 058-9132049 Fax: 058-9131808 Vonkpos: amdev@zippnorth.co.za Webblad: www.arcadiabonsmara.com ABSA Bank Angelique van Dyk 0586242500. Ons eerste en enigste bankiers vandat ons drie generasies terug met Bonsmaras begin boer het. Baie dankie vir die kontant borg.

ARCADIA BONSMARAS BUY SIGHT UNSEEN / KOOP ONGESIENS Naam:... Plaasnaam & Naaste Dorp:...... Posadres:...... Tel:... Faks:... Sel:... Ek stel belang in: BULLE:... VROULIKE DIERE:... My koeikudde is (merk X asb): Bonsmara Stoet Bonsmara Kommers BrahXBrits BrahXkontinentaal Sanga Kruisings Gemengde Kruisings Bulrasse wat ek die afgelope 3 jaar gebruik het:...... Ek bemark kalwers deur (merk X asb): Voerkrale Verkoop as tollies Voer self Maak as osse groot Ek beplan om die bul(le) te gebruik op (merk X asb): Kleinraam verse Grootraam verse Koeie Nommer die volgende eienskappe soos dit vir u belangrik is: 1 baie belangrik 2 minder belangrik 3 minste belangrik Kalfgemak Raamgrootte Groei Melk Bespiering Kleur Ander eienskappe wat vir my belangrik is:...... My ideale raamgrootte: Klein Medium Groot Hou u vervangingsverse: Ja Nee Ek verkies: Ligrooi Donkerrooi Enige skakering van rooi Ek verkies bulle uit die volgende Vaders:... Ek verkies Lot no(s):... Ek wil nie meer as R...per bul spandeer R...per vroulike dier Ek het die bul(le)of vroulike diere nodig voor:... Arthur de Villiers Tel: 058-9132049 Fax: 058-9131808 Sel: 082 5648912 Vonkpos: amdev@zippnorth.co.za