GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
|
|
|
- Damon Booker
- 9 years ago
- Views:
Transcription
1 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE FEBRUARIE/MAART 2012 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye.
2 Dramatiese Kunste 2 ALGEMENE NOTAS VIR NASIENERS 1. Skryf as nasiener kort opmerkings waarom daar 'n punt af- of opgemerk is indien die memo nie 'n duidelike riglyn gee nie en die nasiener eie diskresie moet gebruik. 2. Maak duidelike merkies om die leerpunt wat geassesseer word, aan te dui. Nasieners behoort aktief met die antwoord om te gaan. 3. Hoofnasieners moet die rubriek (rubric) fasiliteer met die nasieners gelei deur vlakbeskrywers (level descriptors) in Dramatiese Kunste. 4. Gereelde konsultasierondtes is nodig om te verseker dat die nasienproses gestandaardiseer is. 5. In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf moenie penaliseer nie (opstelvraag). 6. Die memobesprekingsforum kan nie alle response voldoende voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in aanmerking neem en oop wees vir kandidate se response en seker maak dat verskillende onderrigstyle nie die leerder benadeel nie. 7. Spandeer die eerste dag aan die ontleding van die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die memo en aan standaardisering en om gemeenskaplike definisies en konsepte te vind. 8. Nasieners moet seker maak dat die kandidaat se antwoord in lyn is met die Assesseringstandaard-bewyse vir daardie vraag.
3 Dramatiese Kunste 3 INSTRUKSIES AAN DRAMATIESE KUNSTE-TOESIGHOUERS EN -NASIENERS OOR DIE GRAAD 12-EKSAMENVRAESTEL 1. Die vraestel is DRIE uur lank. 2. Die TOTALE punt vir die vraestel is Leestyd van VYFTIEN minute moet voor die aanvang van die vraestel aan kandidate toegestaan word. Dit is noodsaaklik om aan kandidate die geleentheid te bied om die nodige keuses te maak. 4. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A (30 punte) AFDELING B (60 punte) AFDELING C (60 punte) 5. AFDELING A bestaan uit TWEE vrae wat hoofsaaklik op LU 3 fokus, maar LU 2 word ook direk en indirek getoets. VRAAG 1 Epiese Teater Kaukasiese Krytsirkel, of Moeder Courage of Kanna Hy Kô Hystoe VRAAG 2 Teater van die Absurde Afspraak met Godot of Die Kaalkop Prima Donna of Bagasie Kandidate moet EEN van die twee vrae beantwoord. 6. AFDELING B bestaan uit AGT vrae wat hoofsaaklik op LU 3 fokus (maar ander LU's word ook direk en indirek getoets) en op spesifieke dramas uit die Suid-Afrikaanse teaterbeweging: VRAAG 3 Boesman en Lena VRAAG 4 unosilimela VRAAG 5 Woza Albert! VRAAG 6 Sophiatown VRAAG 7 Nothing but the Truth VRAAG 8 Groundswell VRAAG 9 Siener in die Suburbs VRAAG 10 Mis Kandidate moet TWEE van die agt vrae beantwoord. 7. AFDELING C bestaan uit DRIE vrae wat hoofsaaklik op LU1 en LU4 fokus. LU2 word ook direk en indirek getoets. Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. 8 Die gewigswaarde van die LU's vir die vraestel volgens die VAR ('SAG')- dokument is die volgende: LU1 20% (30 punte) LU3 60 % (90 punte) LU4 20 % (30 punte)
4 Dramatiese Kunste 4 AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER Kandidate moes EEN vraag beantwoord, óf VRAAG 1: EPIESE TEATER óf VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE. VRAAG 1: EPIESE TEATER KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE KAUKASIESE KRYTSIRKEL ÓF MOEDER COURAGE ÓF KANNA HY KÔ HYSTOE BESTUDEER HET. 1 Die opstelle behoort gemerk te word volgens die matriksriglyn en behoort die kandidaat se benaderingswyse in ag te neem. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig toon, moet krediet kry. KATEGORIE PUNTE 1. BESKRYWERS (BEWYSE) Uitstaande prestasie Verdienstelike prestasie Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur. Antwoord word ondersteun deur 'n uitsonderlike hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie en 'n deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings. Toon insig; is vloeiend; kragtige uitdrukkingsvermoë van waarneming en kennis. Kandidaat bespreek hoe die temas, karakters en vervreemdingstegnieke die gehoor aanmoedig om oplossings uit te dink en maatskaplike verandering te bevorder. Hy/ sy verwys na spesifieke tegnieke van Epiese Teater en gee voorbeelde van die tegnieke in die toneelstuk. Die kandidaat toon 'n uitstekende begrip van Epiese Teater en Brecht se filosofie en gebruik relevante voorbeelde uit die teks om sy/haar antwoord te staaf Goed georganiseerd, gedetailleerd en omvattend, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om inligting te verwerk. Gebruik 'n keuse van relevante dramaverwysings. Toon insig, waarneming en kennis word goed verwoord. Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer is as die uitstaande kandidaat. Die hoofverskil is die vermoë om aansluiting te vind by die opstel se onderwerp, die bespreking van die onderwerp en om taal effektief te gebruik. Dikwels oorskryf hierdie kandidaat deur korrekte, maar irrelevante inligting neer te skryf.
5 Dramatiese Kunste 5 Bevredigende prestasie Voldoende prestasie Middelmatige prestasie Georganiseerd, gedetailleerd, daar is 'n vlak van bevoegdheid, sommige geringe foute is waarneembaar in die essay-struktuur. Interessante aanbieding, duidelike en logiese stellings, oortuigend, eenvoudige direkte taalgebruik. Ondersteun deur 'n keuse van relevante dramaverwysings. Toon 'n goeie begrip van die onderwerp ÓF: Kandidaat poog om te bespreek hoe die temas en karakters die gehoor aanmoedig om te dink. Hy/sy verwys na sommige tegnieke van Epiese Teater, maar is vaag oor hoe hierdie tegnieke in die toneelstuk aangebied word. Die kandidaat toon 'n goeie begrip van Epiese Teater en Brecht se filosofie. ÓF: Uitstekende ontleding van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer is, maar aansluiting by die opstelonderwerp is per toeval, eerder as wat die opstelonderwerp bespreek word Struktuur nie noodwendig logies nie. Demonstreer 'n basiese begrip, maar is geneig om by tye meganiese en stereotipe antwoorde te verskaf. Genoegsame seleksie van relevante dramatiese verwysings. 'n Voldoende antwoord, maar blyk gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie. Kandidaat is goed voorberei en kan detail gee oor Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer is, maar het nie die vermoë om aan te sluit by die onderwerp van die opstel nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van klasnotas is en mag dus gefragmenteerd wees. Maar die kandidaat het 'n soliede kennis van die inhoud Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie logies nie. Beperkte keuse van inligting; swak taalvaardigheid mag 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike voorbeelde te ondersteun nie. Kandidaat het kennis van Epiese Teater, Brecht en van die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om alles wat hy/sy ken neer te skryf sonder om aan te sluit by die opstelonderwerp of om sy/haar antwoord met die teatergeskiedenisaspek en die toneelstuk te verbind. Inligting is oor die algemeen korrek, maar mag op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is geneig om ÓF 'n aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÓF kort sinne wat sekere aspekte van die inhoud verduidelik. Ken die inhoud van die toneelstuk wat bestudeer is.
6 Dramatiese Kunste 6 Elementêre prestasie Onsamehangend geen struktuur, beperkte woordeskat, min poging aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike voorbeelde nie. Kandidaat het 'n bietjie kennis van Epiese Teater, Brecht en van die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die inhoud van die toneelstuk of teorie wat geleer is, neer te skryf. Dikwels word foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander toneelstuk/karakters of 'n ander deel van teatergeskiedenis). Die nasiener sal in die antwoord moet soek vir korrekte inligting. Moeilik om te merk omdat dit by die eerste oogopslag lyk asof die hele antwoord foutief is. Die kandidaat is geneig om die storie van die toneelstuk te vertel. Kandidaat se antwoord toon geen verband met die onderwerp van die opstel nie. Onvoldoende Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig ondersteuning Irrelevant. Eenvoudige frases of woorde wat die kandidaat geleer het, maar nie verstaan nie. Die kandidaat se kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer is, is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is geneig om 'n lys van woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde waarin die kandidaat dinge onthou. [30] VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE OF KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE AFSPRAAK MET GODOT ÓF DIE KAALKOP PRIMA DONNA ÓF BAGASIE BESTUDEER HET. 2. Die opstelle behoort gemerk te word volgens die matriksriglyn en behoort die kandidaat se benaderingswyse in ag te neem. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig toon moet krediet kry. KATEGORIE PUNTE 2. BESKRYWERS (BEWYSE) Uitstaande prestasie Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n uitstaande hoë vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid van relevante dramatiese verwysings. Toon insig; is vloeiend; kragtige uitdrukkingsvermoë van waarneming en kennis.
7 Dramatiese Kunste 7 Verdienstelike prestasie Bevredigende prestasie Kandidaat bespreek die uitgangspunt van Absurdisme dat die menslike bestaan sinneloos is en dat mense poog om betekenis te vind in die wêreld om hulle deur 'n tipe orde en struktuur te skep. Die kandidaat bespreek die troostelose en leë verhoog as 'n manier om die betekenisloosheid van die lewe te beklemtoon. Wanneer temas en intrige bespreek word, ondersteun hy/sy hul antwoord met relevante voorbeelde uit die toneelstuk. Is in staat om te bespreek hoe die onkonvensionele tegnieke wat in Absurde Teater gebruik word, die stelling ondersteun dat mense in 'n betekenislose en irrasionele wêreld bestaan deur spesifieke voorbeelde uit die toneelstuk te gee. Die kandidaat toon 'n uitstekende begrip van Absurde Teater en die toneelstuk wat bestudeer is Goed georganiseerd, gedetailleerd en omvattend, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om inligting te verwerk. Gebruik 'n keuse van relevante dramaverwysings. Toon insig en waarneming; kennis word goed verwoord. Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Absurde Teater en die toneelstuk wat bestudeer is as die uitstaande kandidaat. Die hoofverskil is die vermoë om aansluiting by die opstel se onderwerp te vind, die onderwerp te bespreek en taal effektief te gebruik. Dikwels oorskryf hierdie kandidaat deur korrekte maar irrelevante inligting neer te skryf. Nie heeltemal so bondig en gesofistikeerd as die uitstaande kandidaat nie Georganiseerd, bevat detail, daar is 'n mate van bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die essay-struktuur. Interessante aanbieding; duidelike en logiese stellings; oortuigend; eenvoudige en direkte taalgebruik. Ondersteun deur 'n keuse van relevante dramaverwysings. Toon goeie begrip van die onderwerp ÓF: Kandidaat poog om die intrige, stel en temas van die toneelstuk en die Absurde filosofie te bespreek. Hy/sy verwys na sommige tegnieke van Absurde Teater, maar is vaag oor hoe hierdie tegnieke in die toneelstuk aangebied word. Die kandidaat toon 'n goeie begrip van Absurde Teater en die toneelstuk wat bestudeer is. ÓF: Uitstekende ontleding van Absurde Teater en die toneelstuk wat bestudeer is, maar in die opstel is aansluiting by die onderwerp per toeval, eerder as wat die opstelonderwerp bespreek word. Dikwels 'n kort en veralgemenende bespreking van intrige, stel en temas.
8 Dramatiese Kunste 8 Voldoende prestasie Middelmatige prestasie Elementêre prestasie Struktuur nie noodwendig logies nie. Demonstreer 'n basiese begrip, maar is by tye geneig om meganiese en stereotipe antwoorde te verskaf. Genoegsame seleksie van relevante dramatiese verwysings. Antwoord voldoende, maar blyk gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie. Kandidaat is goed voorbereid en kan detail gee oor Absurde Teater, intrige en temas en die toneelstuk wat bestudeer is, maar kan dit nie van toepassing maak op die opstelonderwerp nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van notas is wat in die klas uitgedeel is en mag dus gefragmenteerd wees. Maar die kandidaat het 'n soliede kennis van die inhoud Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie. Beperkte seleksie van inligting; swak taalvaardighede kan 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike voorbeelde nie. Dikwels vae en veralgemenende voorbeelde Min of geen poging om aan te sluit by die vraag nie Soms blote vertelling van die intrige. Kandidaat het kennis van Absurde Teater, intrige, temas en die stel van die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om alles wat hy/sy ken van Absurdisme neer te skryf sonder om aan te sluit by die opstelonderwerp. Inligting is oor die algemeen korrek, maar mag op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is geneig om ÓF 'n aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÓF kort sinne wat sekere aspekte van die inhoud verduidelik. Ken die inhoud van die toneelstuk wat bestudeer is Onsamehangend geen struktuur, beperkte woordeskat, min poging aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike voorbeelde te ondersteun nie. Kandidaat toon aanduidings van kennis van Absurde Teater, karakters en die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die intrige, stel en temas van die toneelstuk of teorie wat aangeleer is, neer te skryf. Dikwels word foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander toneelstuk/karakters of 'n ander deel van teatergeskiedenis). Die nasiener sal in die antwoord moet soek vir korrekte inligting. Moeilik om te merk omdat dit by die eerste oogopslag lyk asof die hele antwoord foutief is. Die kandidaat is geneig om die storie van die toneelstuk te vertel of om kort karaktersketse weer te gee.
9 Dramatiese Kunste 9 Onvoldoende Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig ondersteuning. Irrelevant. Eenvoudige frases of woorde wat die kandidaat geleer het, maar nie verstaan nie. Baie vaag en verward. Die kandidaat se kennis van Absurde Teater, intrige, stel en temas van die toneelstuk is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is geneig om 'n lys van woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde waarin die kandidaat dinge onthou. [30]
10 Dramatiese Kunste 10 AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD 3.1 Boesman voel bedreig deur Outa se aankoms en wys dit deur sy woede en frustrasie. Hy verwelkom Outa nie soos Lena nie en wys dit deur onbeskof te wees en nie eers Outa se teenwoordigheid te erken nie. Hy is nie gelukkig daarmee dat Lena opgewek lyk en gewillig is om die bietjie wat sy het met Outa te deel nie. (3) 3.2 Lena bedoel dat hy dinge kan regmaak en lekker pondokkies kan bou, maar die ironie is dat hy haar slaan met daardie selfde hande vir die eenvoudigste dinge soos wanneer sy die leë bottels laat val. Sy hande is beide opbouend en afbrekend. (3) Sy doen dit om Boesman te oortuig dat sy regtig nie gelukkig is nie. Boesman is al klaar kwaad en is lus om haar te slaan omdat sy Outa so hartlik verwelkom en hy is omgekrap oor Outa se teenwoordigheid dus wil sy hom nie verder kwaad maak nie. (2) In reël 8 sal sy met 'n normale stemtoon probeer praat. Haar stemtoon sal feitlik wees en haar volume medium tot laag. Sy probeer 'n stelling maak. In reël 10 sal haar stemtoon oorredend wees en haar volume harder omdat sy Boesman probeer oortuig dat sy nie gelukkig is nie - sy weet dat hy haar weer wil slaan net omdat sy gelukkig voel by Outa. Sy wil nie hê dít moet weer gebeur nie. (6) Aanvaar oopverhoog, tongverhoog, proscenium of arena verhoog mits kandidate 'n verduideliking voorsien. (Punte moet nie toegeken word indien kandidate nie 'n verduideliking voorsien nie.) (2) Skole het nie veel geld om te spandeer nie, so die beste opsie sou 'n leë verhoog met 'n paar bokse en pakkies (wat aandui dat hulle reisend is) wees. 'n Paar rotsstrukture of bokse kan dien as plekke om op te sit. Indien moontlik kan 'n agterdoek met 'n toneel van 'n onbeboude veld/oop grond daarop geverf word of op die agtermuur van die verhoog geprojekteer word. Die toneelstuk is aanpasbaar en kan beide minimalisties opgevoer word of met meer steldetail, afhangende van die hulpbronne wat by die skool beskikbaar is. (3) Aanvaar kandidate se antwoorde wat gestaaf (regverdig) is. Al die karakters leef in armoede, dus moet die kostuums hierdie armoede weerspieël. Klere wat deur die karakters gedra word, sal oud, vuil, geskeur, baie gedra, flenters, ens. wees. Kleredrag sal hul haweloosheid weerspieël, asook hul gebrek aan geld. Tweedehandse en oorgroot klere vir Lena. Klere wat te klein is om hul gebrek aan middele te wys. Ou geskeurde baadjies en jasse vir Boesman en Outa. (3)
11 Dramatiese Kunste Die toneelstuk speel in die apartheidsera af en omdat Boesman 'n bruinman is, is hy 'n slagoffer van rassisme en diskriminasie. Vanaf die openingstoneel sien ons dat hy gedwing is om van plek tot plek te beweeg omdat hy nie toegelaat word om sy pondok op enige plek te bou nie. Die wit regering het nie enige laekoste-behuising voorsien vir mense soos Boesman wat op die rand van die samelewing leef nie. Hulle laat hom ook nie toe om sy selfgemaakte huis te bou nie. Elke keer wat hierdie pondokke/ shacks opgerig word, stuur die regering hulle stootskrapers om dit te sloop. Ons sien uit die baie plekke waarheen Boesman gereis het dat hy deur die regering vervolg word. Hy word verneder elke keer wat sy pondok deur die wit mense gesloop word, wat sy hele bestaan vernietig. Daarby word hy gespot en gekoggel deur hierdie mense wat lyk asof hulle plesier daarin vind om ander se lewens te vernietig. Boesman moet die bespotting verduur van die 'wit baas' wat hom laat voel asof hy minder as 'n man is. Die wit mans sê dinge soos dat die pondokke 'vol siektes' is. Boesman sê dat hulle 'weggegooi is soos robbiesh'. Boesman is ook 'n rassis. Hy haal sy frustrasie uit op Outa, 'n swart man wat hy voel benede hom is. Hy weier om enigiets met hom te doene te hê en laat hom nie naby hulle pondok toe nie. Hy probeer hom wegjaag en as dit nie vir Lena se aandrang was dat hy moet bly nie, sou Boesman hom verwilder het. Boesman wys sy rassisme openlik wanneer hy Outa 'n "kaffer" noem en hom in Zulu aansê om te loop. Alhoewel Lena Boesman daaraan probeer herinner dat dit ook al gekom het dat sy soort vir ons 'n watertjie langs die pad gee, weier Boesman dat Outa bly omdat hy meen hy hoort nie by hulle nie, want Outa is swart en nie bruin nie. (Aanvaar kandidate se antwoorde indien dit goed gemotiveer is) PUNTE 3.5 BESKRYWER 7 8 Baie goed Kandidaat is in staat om duidelik en direk te antwoord met verwysing na rassisme en hoe Boesman beide 'n rassis is en aan die ontvangkant van rassisme is. Hy/sy kyk ook sorgvuldig na redes waarom Boesman is soos hy is. Hy/sy gebruik voorbeelde uit die toneelstuk. Die kandidaat demonstreer uitstekende begrip van die kompleksiteite van die situasie. 5 6 Goed Kandidaat verwys na rassisme en Boesman se behandeling van Outa in die toneelstuk. Die kandidaat demonstreer begrip van rassisme in die toneelstuk, maar motiveer nie altyd stellings wat gemaak word nie. 3 4 Gemiddeld Kandidaat verduidelik rassisme in die toneelstuk in terme van hoe Boesman behandel is, maar brei nie uit nie. Gee 'n paar eenvoudige voorbeelde uit die toneelstuk. 0 2 Swak Kandidaat is geneig om 'n veralgemenende stelling oor rassisme te maak en hoe sleg dit is en hoe baie Boesman gely het. (8) [30]
12 Dramatiese Kunste 12 VRAAG 4: unosilimela DEUR CREDO MUTWA Hierdie memo is nie in Afrikaans vertaal nie, aangesien die drama slegs in Engels beskikbaar is. 4.1 She is presented as having a 'calming effect' on unosilimela She is a source of information and inspiration to unosilimela She cuts an intelligent figure/personality that easily solves unosilimela's problem She is a figure to whom a confused/worried/misunderstood unosilimela can run to for advice. She is amiable and has an 'easy-going' character that unosilimela finds easy to talk to. She speaks in a dignified and caring manner (4) 4.2 unosilimela has been raised in the traditional African space but has now converted to Christianity. She is torn between respecting the teachings of the elders and the teachings of the Bible (with seemingly different rituals than the ones she is accustomed to). She is worried that if she does as she has been raised she might be doing things that are against the teachings of the Bible, whilst if she does what the Bible requires she will be disrespectful to her people and culture. (4) 4.3 You have been asked to direct the extract Mark holistically. The following is an example of an answer: The actor would speak in a low yet audible and firm voice whilst wearing a smile Whilst asking the question, she would look unosilimela straight in the eyes Whilst unosilimela is explaining her predicament, e.g. lines 5 7 and lines 10 14, she (old woman) would nod periodically and gently tilt her head to one side. In African culture, particularly rural, gently tilting one's head to one side whilst someone is pouring her/his heart out about an issue shows attentiveness, sympathy, empathy, etc. Whilst saying the lines she may hold unosilimela's hand, gently stroking it to make her feel comfortable and less irritable Her tone is worried an anxious, she is feeling trapped between two cultures and does not know what to do. She does not speak in a measured calm pace, but in a quick pace (hastily) (8) (4) 4.4 Discuss how the themes, structure and social and cultural issues in a performance of unosilimela are still relevant today. Some of the points could be, but not limited to; The play focuses on the still relevant and present issue of conflict between indigenous African culture and the contemporary Western culture.
13 Dramatiese Kunste 13 Through urbanisation and other factors many people even today, as when the play was written, have been 'culturally uprooted' and so have lost their cultural identity. The play helps them to understand their cultural predicament and how they can strike a balance between the two interconnected yet conflicting worlds. Whilst many people have been born in the 'practices' of African religion, people have aspired/converted to other religions such as Christianity, Catholicism, Islam, etc. This play explains certain concepts that have always been problematic to other people. MARKS 4.4 DESCRIPTOR 8 10 Very good Candidate is able to discuss in detail how the themes, structure and social and cultural issues between traditional African and contemporary Western culture as portrayed in unosilimela are still relevant for modern audiences. If a sketch is provided, it is neat and clear. Supporting comments are logical and comprehensive. 6 7 Good Candidate is able to describe in some detail how the themes, structure and social and cultural issues between traditional African and contemporary Western culture as portrayed in unosilimela are still relevant for modern audiences. If a sketch is provided it is clear. Candidate has sound knowledge of the themes and issues of conflict. 3 5 Average Candidate tends to describe at a basic level the themes, structure and social and cultural issues between traditional African and contemporary Western culture as portrayed in unosilimela that are still relevant for modern audiences. If a sketch is provided it is very rough. Candidate makes statements about the themes and issues of conflict. 0 2 Weak Some statements made about the play. Statements made about the themes and issues by chance not design. If a sketch is provided, if is unclear and untidy. (10) [30] VRAAG 5: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Hierdie memo is nie in Afrikaans vertaal nie, aangesien die drama slegs in Engels beskikbaar is. 5.1 Woza Albert! used elements of Grotowski's poor theatre in rehearsal and performance Physically develop and exercise their bodies. Exercise their voices whilst exploring and extending their vocal range and skills. (2)
14 Dramatiese Kunste Any possible space with/without a stage such as school/church/community halls or a theatre. It could even be outside on a patch of grass. (2) Pair of black/neutral coloured tracksuit pants each, maybe bare chested and/or sacks covered in soot for the upper part of the body. (2) Their use of verbal dynamics in trying to recreate the sounds of a lorry and the coal-vendors' shouting. It is their way of making the spectactor feel as if they are on a busy street. These 'noises' (shouts and making passes at women) are part of how the coal vendors attract attention. (4) The actor-audience relationship is often cosy and intimate as the play allows for audience interaction and participation. Even when performed in a large space this illusion is maintained by the energy and focus of the actors. This is very common in poor theatre and has been borrowed from oral traditions. (2) There is minimal use of decor and props, therefore staging the production is cheaper than it would be to stage it on a formal theatre stage. The use of mime kept the costs of production down. The use of physical theatre and verbal dynamics made the production lively and vibrant. (Accept two well-substantiated points) (4) 5.2 It brings in new information, thus shifting the attention of the spectator from the 'shenanigans' around the lorry and the girls to Morena. It shows the reaction of the coal-vendors to the possibility of the savior returning to South Africa. (2) 5.3 (Accept candidates responses if well substantiated.) Inappropriate, the use of vulgar language is not suitable as this is a school play. It is against the moral code of conduct for schools. There may be sensitive spectators who may feel offended by the offensive choice of language and gestures. Children might be part of the audience and in some families they are not allowed to use vulgar language or make rude signs. OR Appropriate, as a part of protest theatre such language and signs are used in context to show the mindset of the oppressed. They use vulgar words and make these signs to highlight their frustrations at their harsh treatment. These characters are likely to have used this language in conversation. (4)
15 Dramatiese Kunste The play does highlight the oppression and discrimination suffered by black people in apartheid South Africa. It was a vehicle to express the anger of black people against a system that tried to suppress them. The play focuses on the daily lives of the people who struggle to earn a living. Throughout the play we are given examples of the brutality of the police and the degradation and humiliation suffered by many black South African men, in particular, firstly in trying to obtain a 'pass', and then in presenting it on demand. If they didn't have their 'pass' on them, they could be arrested and detained without trial for a period of 30/60/90 days at a time. The treatment of prisoners is also highlighted. Scenes such as Albert Street and Coronation brickyard demonstrate the exploitation of workers and the fact they had no choice but to work under harsh conditions or be fired. Protest theatre aimed to highlight the injustices of the apartheid government and to conscientise people about what was happening around them. It was also a tool for mobilizing people into taking action against the injustice. This is what the play Woza Albert! tried to do: educate the mainly illiterate people about the evils of apartheid. (Accept candidates' responses if well substantiated with reference to the text.) MARKS 5.4 DESCRIPTOR 6 8 Very good Candidate has an excellent understanding of both the political past of apartheid South Africa and Woza Albert! He/she is able to refer to the political unrest and use examples from Woza Albert! to support the discussion. He/she has a clear idea of protest theatre and is able to make an argument for or against the play being classified as protest. The answer is in paragraph format rather than point form. 6 7 Good Candidate has a good understanding of the political past and Woza Albert! He/she is able to refer to the political unrest and use examples from Woza Albert! to support the discussion. He/she has a clear idea of protest theatre. The answer may be in point form. 3 5 Average Candidate explains political issues and understands the play Woza Albert!. May give some simple examples from the play. 0 2 Weak Candidate tends to make vague and generalised statements about apartheid and Woza Albert! They are accurate but does not clearly connect to question. (8) [30]
16 Dramatiese Kunste 16 VRAAG 6: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE TEATERGESELSKAP Hierdie memo is nie in Afrikaans vertaal nie, aangesien die drama slegs in Engels beskikbaar is. 6.1 When saying line 2, Jakes tone will have to be emphatic, firm and his volume would be normal. Line 4, will have to be said with conviction by Jakes. Dramatic action will be achieved by looking Ruth straight in the eyes when saying the words and his volume would increase. Whilst still trying to sound resolute/determined, the actor will lift his head, be forceful when he says 'no', in an attempt to convince Ruth that she has an 'escape route' back to Yeoville. Accept other answers if well supported by candidate. (4) 6.2 She is more decisive and knows what she wants. She seems more determined and focused about what she wants to do. From being unsure and insecure in the opening scene she is bolder and unafraid to speak her mind. She has had time to grow and develop through her interaction with the other characters. She didn't know herself when she arrived in Sophiatown, but now has an idea of what she wants to do and where she wants to go. (3) 6.3 It informs the audience about the imminent forced removals It creates a sad mood about the plight of the people that whilst their fate of forced removals has been decided, they (the victims/residents of Sophiatown) have no choice but to oblige It provides a linking mechanism from one scene to the next so that the energy and flow of the play remains uninterrupted. (4) 6.4 The play ends with a series of monologues by each character She is the mother and therefore she is in control of everything. The fact that she is a shebeen queen means that she knows a lot about Sophiatown. She therefore sets an appropriate tone in terms of having seen the beginning as well as the final destruction of Sophiatown. It is her home that has been destroyed in front of the audience's eyes. She is the matriarch of the family. The character monologues reflect the feelings of pain, anguish and heartbreak of all the characters due to the destruction of their homes, lives, family, friendships and neighbourhood. Mamariti represents the people of Sophiatown Ruth represents White South Africans who sympathise and understand the plight of the oppressed Jakes represents the 'intelligentia' and the role of the media Lulu represents the dissatisfaction of the people about Bantu education. She is also a casuality of Bantu education Princess represents the mistreatment of women. (3) (6)
17 Dramatiese Kunste The play is successful in recreating the vibrancy of Sophiatown and showing us how different race groups lived together despite the government's laws and regulations to keep them apart. Mamariti, as the shebeen queen, highlighted the role that many women played in providing for their families through letting out rooms and selling liquor. Mingus represented the gangs that operated in Sophiatown and through his dialogue we are given a taste of what life was really like in Sophiatown. Through Lulu we are able to see what the education system was like and how the school children hated the Bantu education system. Lulu, the 'princess from the slum' represents the girls who aspired to get out of the gutter in search of a better life. Jakes, a journalist, is able to write about the happenings in and around Sophiatown. Most of the political information comes via Fafhee. All these characters give us insight into life in Sophiatown the place. Memory is used as a weapon that exposes the weaknesses of the state. Whilst the state had destroyed Sophiatown and moved the people to places such as Meadowlands, the state could not destroy the vibrancy of Sophiatown in the minds of the people. It is probably against the backdrop of this memory (Sophiatown's and District Six's destructions) that the 1976 Schools uprisings gained its momentum. Memory of the forced removals in Sophiatown will help us learn from the mistakes of the past. MARKS 6.6 DESCRIPTOR 8 10 Very good Candidate is able to discuss the history of Sophiatown and its relevance as a memory that helps society reflect. The answer is clear and supported by reference to the play and the accuracy of what is presented. The candidate demonstrates an excellent understanding of Sophiatown. 6 7 Good Candidate tends to explain the history of Sophiatown and how the incidents in the play mirror that society. The candidate demonstrates a good understanding of Sophiatown. The answer may be in point form. 3 5 Average Candidate explains some basic history of Sophiatown. The candidate demonstrates some understanding of the play Sophiatown. 0 2 Weak Candidate tends to make vague and generalised statements about Sophiatown and tends to narrate the plot. Very simple statements. (10) [30]
18 Dramatiese Kunste 18 VRAAG 7: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Hierdie memo is nie in Afrikaans vertaal nie, aangesien die drama slegs in Engels beskikbaar is. 7.1 The title is extracted from the solemn undertaking that precedes giving evidence in court. It reflects the thematic truth revealed through the course of the play, Sipho's truth and the truth of the family. It also refers to Sipho's climactic outburst in which he challenges Thando and Mandisa to hear, 'the truth, the whole truth and nothing but the truth,' when he finally tells them the harsh realities of their family which had remained secret for so long. Truth is an important part of the healing process because ultimately the truth sets you free, as it did Sipho. (4) 7.2 The year 2000 marked the beginning of the new millennium, a new century filled with hope and expectation. South Africa had been liberated and a new democratic government was in place. The old struggle for freedom was over and it was time to embrace the future. Setting the play in 2000 highlighted the need to move forward and to release those things that held us prisoners for so long, such as hatred, bitterness and resentment. The TRC was operating and gave South Africa hope for the future. (3) 7.3 Accept either a yes or no answer if well substantiated with reference to text. Yes. Because the issues dealt with in the play such as sibling rivalry, forgiveness and reconciliation are just as important today as it was back then. Audience members can easily identify with the characters and the issues presented because all families have 'skeletons in the closet.' No. It is not appropriate because we have moved on as a country. We need to move away from apartheid and the past and move into the future. We cannot move on if we live in the past. (Candidates must support their answers well to be awarded marks. No marks for just a yes or no answer.) (4) The realistic environment makes the play more accessible to the audience as a 'slice of life' is presented on stage. They can identify easily with when and where the play is set. The audience is given more information on the characters, their historical background, economic status and the kind of communities they live in, making it easier for them to understand the play. This adds to the effectiveness of the play as it exposes it to a wider audience. (4) A box set could be used for the township home of Sipho and Thando Makhanya. It consists of a front living room and kitchen separated by means of a beaded partition. A door leads through to what would be the bedrooms. The space is small and cramped. The living room is simply furnished, reflecting an average home. There would probably be a small bookshelf with books showing that the inhabitants are educated. (Accept candidates responses if well substantiated with reference to the text.) (5)
19 Dramatiese Kunste The play develops around complex family relationships revolving around secrets, jealousy, separation, loss and love. Sipho, the protagonist is an embittered old man who has harboured things over the years such as Themba taking his wire bus, his blazer and his opportunity to study at university and most devastating of all, Themba having an affair with his wife. Sipho has bottled up his emotions and this has resulted in him being bitter, angry and resentful. He cannot move forward with his life because he is holding on to the baggage of the past. When Mandisa arrives, more tension is created because she doesn't fit into the traditional mould of an African woman. This causes Sipho to become more frustrated and when Mandisa encourages Thando to go to Johannesburg with or without Sipho's permission, Sipho feels that even in death Themba is still taking from him. It is only when Sipho finally confronts his feelings, his bitterness and anger that he can move on. When he shares his full sense of betrayal by his brother that he is able to purge his demons and reach a point of forgiveness and reconciliation with his past and his brother. In speaking the truth, Sipho is able to purge his demons and move on. When he forgave Themba he was able to release the past and in doing so he felt free to do what he always wanted to. The girls also finally understand Sipho because they realize all the pain and hurt that he has suffered over the years. When he shared the family secrets with them it establishes the foundations for the future of the family. This is a parallel with the TRC when victims' experiences were acknowledged by the perpetrators and the commission. Confronting, identifying and acknowledging past trauma is central to the process of healing. Victims were allowed to confront their oppressors and ask them to account for their actions. In this way both parties were able to recognise the wrongs, seek forgiveness and in most cases move on. It was liberating and freeing. Sipho eventually found that by releasing all his resentment, bitterness and hurt of the past he was able to make peace with his brother, his family and finally himself and was then able to go into the future unshackled. (Accept candidates' responses if well substantiated with reference to text.) MARKS 7.5 DESCRIPTOR 8 10 Very good Candidate is able to discuss the themes of forgiveness and reconciliation and can connect this to Sipho's journey and the content of the play. The answer is clear and supported by reference to the play. The candidate demonstrates an excellent understanding of Nothing But The Truth. 6 7 Good Candidate tends to focus more on either forgiveness or reconciliation. The answer is supported by reference to the play. The candidate demonstrates a good understanding of Nothing But The Truth. 4 5 Average Candidate tends to focus on one of the two themes The candidate demonstrates an understanding of Nothing But The Truth but tends to list and state information about the theme/s rather than discuss them. 0 2 Weak Candidate tends to make a generalised statement about forgiveness and/or reconciliation in the play. Storyline driven. (10) [30]
20 Dramatiese Kunste 20 VRAAG 8: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Hierdie memo is nie in Afrikaans vertaal nie, aangesien die drama slegs in Engels beskikbaar is. The suggested answers are examples. The candidates may give other appropriate responses. 8.1 The knife is used in a fight between Thami and Johan. Firstly Johan attacks Thami then Thami gets the knife from Johan and threatens Johan with it. It is an extremely violent scene. The audience believes that either is capable of killing the other. (3) 8.2 Johan is like the dog in that he never learns that he is not going to find enough diamonds to make the trips worthwhile. Taking 'the bait' is used to suggest that Johan believes anyone who has a story about diamond prospecting and is always keen to try again. Thami is far more cynical. Johan also endangers himself each time he dives as he has never quite recovered from the 'bends'. One could argue that Johan's intentions are good and not only to benefit him whereas the dog is just having fun. It is interesting that Thami compares Johan to the dog and this suggests that Thami thinks Johan is mad. (4) 8.3 It is clear from the dialogue that the two know each other well and are comfortable enough in each other's company for Thami to tease Johan ('like you' line 16 ). Thami also laughs at Johan this suggests they are friends and equals in the house. The conversation is casual and informal and involves discussion of a past history together. (4) 8.4 Johan begins irritated with the dog and chasing it away. He is otherwise pretty cheerful after his walk with the dog and is amused by his antics with the seagull on the beach. He is a bit confused when Thami says 'Like you' and then becomes a bit defensive as he realises Thami is comparing his hope of finding a number of diamonds to the dog chasing the seagulls. He is quite determined when he says 'There's always a possibility'. (4) 8.5 The description of the set implies a realistic space where doors open and close and real pieces of costume and props are used (the jersey and knife). Realisic sounds of the sea and the dog barking grow louder when the door is opened to mimic a real environment. Thami uses a broom to sweep sand out of the way. The dialogue is realistic and colloquial. (5) 8.6 Johan is in pain because of his actions in the past. He believes that if he helps Thami he will have paid for his sins of the past. He expects to be a part of Thami's life. Thami is frustrated and wants to be successful to prove himself to his wife. He may not be telling her the whole truth when he writes to her. He tells Johan that he has been successful at buying illegal diamonds and will be able to return to his wife soon but the audience does not know this for sure. Thami has allowed Johan to think that he agrees to the idea of being together in the future simply to avoid conflict towards the end of the play he no longer needs to avoid this. Smith is angry because he believes that
21 Dramatiese Kunste 21 he has been cheated out of his job. He thinks he has worked hard and did nothing wrong but has lost the job and together with that his purpose in life. All three characters are under stress and tension and this comes out in Johan's aggressive behaviour towards Smith Johan thinks that to get Smith's money to help with prospecting justifies the means. MARKS 8.6 DESCRIPTOR 8 10 Very good Candidate is able to discuss the disappointment of all three characters and how this leads to 'volatile consequences'. The paragraph is well structured and cohesive. The answer is supported by reference to the play. The candidate demonstrates an excellent understanding of Groundswell. 6 7 Good Candidate writes about all three characters (some in more detail than others) but creates three different sections to the answer one for each and may well structure the paragraph in point form. The candidate demonstrates a good understanding of Groundswell. 4 5 Average Candidate generally writes about all three characters but focuses on one in more detail. The candidate demonstrates an understanding of Groundswell. 0 3 Weak Candidate tends to make a generalised statement about the characters. May give more detail on one of them. Storyline-driven. (10) [30] VRAAG 9: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 9.1 Jakes is die pa van die baba. (1) 9.2 Gemotiveerde antwoorde wat begrip vir die konteks van hierdie uittreksel toon, word aanvaar. Voorbeelde kan wees: Tiemie ervaar 'n opbou in spanning oor die feit dat sy Tjokkie van haar moontlike swangerskap gaan vertel. Dit is belangrik dat die aktrise hierdie opbou in spanning aan die gehoor oordra. Haar liggaamshouding en gebare sal aanvanklik huiwering, spanning en onsekerheid verraai. Dit bou dan geleidelik op tot die klimaks in reël 20. Reël 9 sal met 'n toon van desperaatheid gesê word wanneer sy Tjokkie vra om haar te help. In reël 11 sal haar toon dringender wees omdat sy besef hy verstaan haar nie reg nie. Haar woorde in reël 14 is belangrik, omdat die spanning wat Tiemie in haar dra, hier 'n opbou toon. Die aktrise sal dalk van 'n kort pouse gebruik maak voordat sy reël 14 sê om aan te dui dat sy haar moed bymekaarskraap vir haar bekentenis. Hierdie woorde kan met meer intensiteit oorgedra word. Reël 16 sal met ongeduld gesê word (omdat Tjokkie nie begryp waarvan sy praat nie.) 'n Styging in sowel volume as 'n driftige handgebaar sal paslik wees.
22 Dramatiese Kunste 22 Die aktrise sal in reël 18 die eerste woord ('oór') beklemtoon in stem en deur 'n gebaar. Sy sal ook van 'n stadiger tempo gebruik maak in die eerste sin om seker te maak dat Tjokkie haar woorde begryp. Die tweede sin sal moontlik met ongeduld gesê word. In reël 20 bereik Tiemie se woorde 'n klimaks sy is nou desperaat dat Tjokkie verstaan. Hierdie woorde sal met volume en drif gesê word. Haar hande sal moontlik oop wees en in wye gebaar sykante toe gebruik word. (5) 9.3 Tiemie: Tiemie is in opstand teen haar omgewing en sosiale klas. Sy het 'n kans om te ontsnap uit die sosiale milieu omdat sy mooi en intelligent is en 'n goeie werk het. Tog kry sy dit nie reg om te ontvlug nie, omdat sy verstrik raak in haar eie sensualiteit, soos Ma. Tiemie vermoed sy is swanger. Sy vrees swangerskap en verset haar hierteen, hoofsaaklik omdat dit sou beteken dat sy nou nie van haar verstikkende omgewing sal kan ontvlug nie. Tiemie se verset is verder gerig teen die vloek daarvan om 'n buitestaander te wees. Haar mense is sosiaal uitgeworpenes en dit voel vir haar asof hulle nie bestaan in die denke van die gemeenskap nie. Sy sê vir haar ma dat die mense by die werk dink hulle bestaan nie, dat hulle lag as hulle van ons hoor. Tjokkie: Tjokkie se verset is gerig teen diegene wat met sy talent 'mors'. Hy verset hom teen Jakes en Giel wat hom wil laat 'sien' vir hul eie gewin. Ook is sy verset gerig teen Fé wat wil hê hy moet sien om Tiemie te help. Hy verset hom ook teen sy ma se onsedelike saamleef met Giel. Hy verset hom teen sy omgewing en alhoewel hy self geen hoop het om daaruit te kom nie, vestig hy sy hoop op Tiemie om te ontsnap uit die suburbs. Tjokkie se verset teen sy sienerskap lei tot sy eie ondergang, want aan die einde pleeg hy selfmoord as gevolg daarvan. (4) (4) Die kandidaat behoort Realisme te noem, asook boksstel of 'n realistiese stel op 'n prosceniumverhoog. (2) Indien die kandidaat 'n ander styl in noem, moet dit deur die gebruik van die stel gemotiveer word. Die kandidaat moet 'n beskrywing van die stel gee. Hieronder is die essensiële stelstukke. Gee krediet vir oorspronklikheid of 'n artistieke benadering wat deur die teks en styl gemotiveer kan word. Volgens 'n Realistiese inkleding weerspieël die stel 'n agterplaas in die suburbs op 'n lewensgetroue manier. Dit beeld 'n spieël na die werklikheid. Die volgende is 'n voorbeeld: Verhoog regs: agterdeur met stoepie, teen die muur moontlik 'n hoenderhok, wasgoeddraad. Verhoog links: enkelgarage met verweerde houtdeure. Op die garage kom hierdie woorde geverf voor: DO NOT PARK IN FRONT OF THE GATE.
23 Dramatiese Kunste 23 Die garagedeur is oop. 'n 1948-Buick sonder wiele, opgedomkrag met 'n nuwe rooi, hidrouliese domkrag, staan in die rigting van die gehoor. Aan die balk agter die deur hang die katrol waarmee die enjin vroeër uitgelig is. Voor teen die muur is 'n werkbank, oliedrom daaronder. Op die werkbank is die enjin van die Buick wat vroeër uitmekaargehaal is PUNTE BESKRYWER 5 6 Uitstekend Die kandidaat bespreek die stel volledig en korrek volgens die styl van die aanbieding. 3 4 Gemiddeld Die kandidaat het 'n beperkte begrip van die stel volgens die styl van die aanbieding. Al die aspekte word nie bespreek nie. 0 2 Swak Die kandidaat het baie min of geen kennis van die stel volgens die styl van die aanbieding nie. Die kandidaat beantwoord nie die vraag nie. (6) 9.5 Ooreenkomste in die twee verhoudings: In albei gevalle is die mans onbetroubare minnaars wat die vrou in die een of ander opsig teleurstel. Jakes se motiewe met Tiemie is onsuiwer en selfsugtig, en Giel vlug weg wanneer Ma hom die nodigste het. Albei mans is besonder selfgesentreerd. Hulle drink albei hul moeilikheid weg. Albei mans misbruik die verhouding vir hul eie belang: Giel omdat hy teer op Ma vir geld, blyplek en kos, en Jakes omdat hy Tiemie met opset swanger gemaak het omdat hy 'n klas ma vir sy laaitie gesoek het. Nie een van die mans toon veel sielewroeging oor hul onedele motiewe nie. Al twee die vroue, dogter en ma, het 'n sterk sensuele aard. Hulle maak dieselfde oordeelsfout: hulle albei raak opgesaal met 'n buite-egtelike kind wat al hul verdere kanse op 'n verbetering van hul lewenskwaliteit bederf. Teenstellings in die twee verhoudings: Ma en Giel aanvaar dat hulle altyd deel sal bly van die Surburbs. In teenstelling daarmee streef Tiemie en Jakes na 'n beter lewe Tiemie wil ontsnap uit die suburbs en Jakes wil na 'n hoër vlak beweeg met 'n klas ma vir sy laaitie. Ma en Giel is oud en ervare, met die beste deel van hul lewens reeds verby. Tiemie se lewe lê nog voor haar en het nog baie moontlikhede voor haar (as dit nie vir haar ongelukkige penarie was nie). Aanvaar ander voorbeelde wat gemotiveer is.
24 Dramatiese Kunste 24 PUNTE 9.5 BESKRYWER 6 8 Uitstekend Antwoord is gefokus en goed gestruktureer. Kandidaat verduidelik die twee liefdesverhoudings volledig deur te kyk na ooreenkomste en teenstellings. Die onderskeie karakters binne die verhouding word volledig bespreek. Die antwoord toon insig en kreatiwiteit, gemotiveer deur voorbeelde uit die teks. 3 5 Gemiddeld Kandidaat toon beperkte insig in sy/haar bespreking van die stelling. Daar kort inligting in die vergelyking van die twee verhoudings asook die onderskeie karakters. Die antwoord kort diepte. Vir 3 punte: die antwoord is simplisties en basies. 0 2 Swak Kandidaat verstaan nie die vraag nie. Die verhoudings en karakters word vaagweg bespreek. Die antwoord is onsamehangend. (8) [30] VRAAG 10: MIS DEUR REZA DE WET 10.1 Haar ma (Miem) het haar ten strengste verbied om na die sirkusliggies te kyk. Haar Ma sal haar 'straf' as sy moet uitvind dat Meisie daarna gekyk het. (2) 10.2 Daar is twee tipes lig in die toneelstuk Sagte lig van die olielamp: (DRIE punte vir enige van die volgende) Die lig van die olielamp kom voor in Miem se kombuis. Dit verteenwoordig haar kille rasionaliteit van reëls en dogma. Die lig skyn in Miem se domein/gebied, maar dis 'n flou lig van die lamp. Dit kan op swak insig dui. Die stel sal belig word deur 'n gedempte lig en kolligte sal die area van die olielamp belig sodat dit suggereer dat lig daardeur skyn. Flikkerende sirkusliggies: (DRIE punte vir enige van die volgende) Die gebruik van lig simboliseer ook die sagter, spookagtiger en geheimsinnige, lokkende lig van 'n sensuele droomwêreld. Dit word uitgebeeld deur die flikkerende sirkusliggies. Dit lok Meisie na die donker daar buite vanuit die beskermende lig van haar ma. Hierdie lig is net so bedrieglik soos Miem se beskermingsdrang self, want die lig is nie volgoende nie. Die sirkusliggies verteenwoordig dus die irrasionele.
25 Dramatiese Kunste PUNTE 10.2 BESKRYWER 5 6 Uitstekend Uitstekende bespreking van hoe beligting die tema versterk. Die kandidaat bespreek die verskillende aanwendings van lig op 'n omvattende manier. Hy/sy toon 'n volledige begrip van die beligtingseffekte. 3 4 Gemiddeld Die kandidaat bespreek nie al die aspekte van hoe die beligting die tema versterk nie. Hy/Sy fokus net op sommige beligtingsaspekte en sommige aspekte van die tema. 0 2 Swak Die kandidaat verstaan nie die vraag nie. Noem die beligting, maar die antwoord is vaag en is nie logies uiteengesit nie. (6) Meisie het 'n kulkunstenaar en 'n meisie (sy assistent) sien optree. Die meisie moet in 'n kis klim en die man saag dan deur die kis. Daar is bloed aan die saag. Nadat hy sy mantel oor die kis gegooi het en towerwoorde gesê het, is die meisie weer heel. Die man maak dan 'n kou oop en veelkleurige voëls vlieg daaruit. (3) Miem het haar verbied om oor die sirkus te praat. Miem glo dat alle dinge buite die huis boos en onveilig is. Sy sien die sirkus as 'n teken van boosheid en owerspel, en van dekadensie. In haar opinie moet die sirkus besweer word, want dit is iets waarteen almal beskerm moet word. Miem wil vir Meisie beskerm teen hierdie onheil en vir haar 'n 'veilige vesting' bied. Sy grendel alles dig om die boosheid buite te hou. Die vorige keer toe Meisie ongehoorsaam was aan Miem en na die sirkus gaan kyk het, was Miem so ontsteld dat sy vir 'n week lank siek was so domineer en manipuleer Miem vir Meisie om weg te bly van die sirkus af. (3) Meisie beleef hierdie ervaring as vreesaanjaend, maar tog ook fassinerend. Meisie se sirkuservaring weerspieël die tema van bevryding. Sy het die sirkus ervaar as 'n magiese skouspel waarin spel en werklikheid deur 'n knap oëverblindery saamsmelt tot 'n droomwêreld waarin die onmoontlike moontlik word. Die towenaar se kulkuns kan slegs werk as hy die gevange meisie in die kis op 'n meedoënlose manier benader en daarna weer heel maak. Hierdie gebeure wys dus na die einde van die toneelstuk wanneer Konstabel, as 'n nar, Meisie op 'n wrede manier weglok om van haar 'n vry mens te maak. Die helderkleurige voëls wat uit die kou wegvlieg nadat die meisie uit die kis bevry is, versterk verder die tema van bevryding.
26 Dramatiese Kunste 26 PUNTE BESKRYWER 5 6 Uitstekend Uitstekende bespreking met gedetailleerde voorbeelde. Kandidaat bespreek Meisie se sirkuservaring deeglik en verduidelik die simboliek daarvan op 'n omvattende manier. Hy/sy toon 'n volledige begrip van die vraag. 3 4 Gemiddeld Die kandidaat bespreek nie al die aspekte van die simboliese betekenis van Meisie se sirkuservaring nie. Die kandidaat fokus moontlik op Meisie se gevoelens daaroor en nie die simboliese betekenis daarvan nie. Die antwoord kort inligting. 0 2 Swak Die kandidaat verstaan nie die vraag nie. Noem Meisie se sirkuservaring, maar die antwoord is vaag en is nie logies uiteengesit nie. (6) 10.4 Hieronder volg 'n uitgebreide bespreking van Miem se karaktereienskappe. Die kandidaat kan enige van die volgende noem: Miem is vet, middeljarig met 'n vlegsel bo-oor haar kop. Sy is 'n diabeet en het water op die knieë. Sy bly egter lojaal aan haar man, Gabriël wat sy al vir sewe jaar versorg en wat hom tot die solder onttrek het. Sy skep die indruk van 'n sterk vrou, boos en dominerend. Sy manipuleer vir Meisie op 'n subtiele manier; sy sal weer siek word en sy verwyt haar ook dat sy nooit weer dieselfde was nadat Meisie die vorige keer so ongehoorsaam was om uit te glip nie. Haar gebrek aan selfinsig kos haar haar dogter, want sy vertel van die ander twee meisies wat weg is. Die een se pa was so dominerend en die ander een se ma was vol ipekonders. Intussen is sy aan albei hierdie aanklagte skuldig, maar sy besef nie dat sy daardeur ook haar dogter versmoor nie. Een van Miem se belangrikste karaktertrekke is haar besondere engheid. Sy is uiters konserwatief (seksueel en geestelik) en glo op 'n naïewe wyse dat 'n moordenaar elke jaar terugkom om 'n meisie te vermoor. Sy is ook 'n tipiese gasvrye Afrikanervrou en beleefd teenoor haar gaste, Gertie en Konstabel. As ons kyk na dinge wat sy vir Gertie sê, kan ons aflei dat sy baie reguit is. As Gertie liggaamsoefeninge wil doen om warm te word, sit sy haar gou-gou op haar plek met 'n: Ag nee wat, Gertie, daar is 'n tyd en plek vir alles. Ten spyte van haar sodanige konserwatiwiteit, beskik sy oor 'n valse moraliteit. Sy gee voor om iets te wees wat sy nie is nie. Sy probeer Meisie aan die Konstabel verkoop deur te vertel hoe breed haar heupe is. Hierdie Calvinistiese skynheiligheid kom ook na vore in haar uitvraery oor die gedrogte by die sirkus. Sy wil kamma niks van die sirkus weet nie, maar vra tog gretig uit daaroor. Haar neurotiese vrees vir die bose onheil wat hulle gaan tref, staan lynreg teenoor haar sterk persoonlikheid. Boonop sit Miem wat dan nou so kuis is met seksuele frustrasies. Sy erken openlik aan Konstabel, wat tog 'n wildvreemde man is, dat daar gevoelens by haar aangewakker word deur die nagtelike teenwoordigheid van 'n man in die huis. Haar man sit immers al hoe lank op die solder en al is sy so konserwatief, bly sy mens.
27 Dramatiese Kunste 27 Miem se rol binne die drama: Miem kom oor as die matriarg van die gesin (in die afwesigheid van die patriarg). Met haar streng konvensies domineer sy vir Meisie en in 'n mate ook vir Gertie as sy haar berispe omdat sy by die sirkus was. Sy verteenwoordig die streng Calvinisme en sosiale sisteem van 'n gedeelte van die Afrikanergemeenskap. Sy funksioneer as heksebesweerder teen die bose. Sy is 'n ironiese figuur. 'n Mens sien haar aanvanklik as die beskermer van haar dogter, maar eintlik is sy uiters boos. Sy is figuurlik gesproke blind. Hier kan ons let op haar bysiendheid (kan nie die garing deur die naald se oog kry nie). Haar blindheid lei tot die onderdrukking van Meisie. PUNTE 10.4 BESKRYWER 8 10 Uitstekend Antwoord is gefokus, kandidaat ken en verstaan alle kenmerke van sowel Miem se karakter as haar rol in die drama. Antwoord is goed gestruktureer. Alle aspekte is bespreek; kandidaat toon insig en kreatiwiteit, gemotiveer deur voorbeelde uit die teks. 6 7 Goed Kandidaat noem die meeste van Miem se karaktereienskappe en haar rol in die drama. Antwoord toon 'n mate van kreatiwiteit en insig. Kandidaat verstaan die vraag en noem voorbeelde uit die teks om te motiveer. 3 5 Bevredigend Kandidaat bespreek die basiese eienskappe van Miem en noem haar rol in die drama, maar daar kort inligting in laasgenoemde. Die kandidaat toon 'n gebrek aan visualisering en kreatiwiteit. 0 2 Swak Min of geen poging om die vraag te beantwoord nie. Kandidaat verstaan nie die vraag nie. (10) [30] AFDELING C: TOEPASSING VAN PERSOONLIKE HULPMIDDELS EN BESINNING EN EVALUERING AFDELING C IS VERPLIGTEND. VRAAG Aanvaar kandidate se antwoorde indien dit goed gemotiveer is. Kandidaat moet sy/haar keuse regverdig deur beide die vereistes van die gedig en die kwaliteit van die individuele en groepstemme in ag te neem. Die woorde in reel 1 en 2 moet aan verskillende stemme toegeken word. Die kandidaat moet kan verduidelik hoe en waarom. (3) 11.2 Hier volg slegs 'n voorgestelde antwoord. Alle geldige en gemotiveerde antwoorde behoort aanvaar te word. Pas en volume kan gebruik word om wisseling in die vertolking te skep. Reël 1 kan met 'n normale, middelmatige volume en 'n matige pas gesê word. Reël 6 se eerste wilde wit duiwe kan stadiger gesê word terwyl die herhaling daarvan vinniger en met meer volume gesê kan word sodat daar direk oorgegaan kan word na die volgende versreël (enjambement). Klem kan op verskillende woorde in beide versreëls geplaas word sodat daar wisseling in die vokale aanbieding geskep word. (4)
28 Dramatiese Kunste Hier volg slegs 'n voorgestelde antwoord. Alle geldige en gemotiveerde antwoorde behoort aanvaar te word. 'n Verdeling van die groep se stemme in twee (mans en vrouens) kan hier toegepas word. Reël 10 en 11 kan deur die mans gesê word met 'n doelgerigte toon in hulle stemme. Oë kan gefokus wees op die Suiderkruis (na bo) in reël 10 en opgevolg word in reël 11 met 'n handgebaar wat hulle almal saam doen om die plasing van die suidpunt van Afrika aan te dui. Die vrouestemme kan reël sê. Reëls 12 en 13 behoort aaneen gesê te word, sonder 'n pouse tussen die twee reëls (enjambement) en kan met 'n liriese toon gesê word. Die hele groep kan reël 15 saamsing, met 'n moontlike gebaar wat aandui dat dit die landslied is (hand op die bors). 'n Moontlikheid is ook om óf 'n bietjie verder aan die lied te sing, óf die versreël te herhaal/eggo. (Hier kan van beweging gebruik maak deur vorentoe te tree as 'n groep, of apart in die onderskeie stemgroepe vorentoe te tree.) 'n Pouse/Stilte na hierdie versreël is gepas. Reël 16 kan met 'n stadiger pas deur die vrouestemme gesê word met oë/koppe wat draai in die rigting van die berge terwyl die mans vorentoe bly kyk. Reël 17 kan deur die mansstemme gesê word met die mans wat nou ook met die oë fokus op die spoor van die kakebeenwa, en die hele groep kan afsluit deur reël 18 saam en stadiger te sê. Gee ook krediet vir geldige voorbeelde in fisiese vertolking/beweging. (6) 11.4 'n Sagter stemtoon, nostalgies, betowerend, met heimwee. (Aanvaar ander gepaste antwoorde wat met stemtoon verband hou) (2) [15] VRAAG 12: AANVAAR OPE ANTWOORDE 12.1 Twee punte word toegeken aan elke kunstenaar/danser. A Die kunstenaar staan stil, regop, baie vorstelik: dit skep die indruk dat sy in beheer is. Hoekige vorms en gebare kommunikeer 'n sterk karakter. B Die kunstenaar/danseres word opgelig. Sy is baie grasieus met haar hande wat na die hemel toe uitgestrek is soos 'n voël. Sy beeld 'n karakter uit wat kortstondige grasie besit. C Die kunstenaar/danser is sterk, gebalanseerd en geanker, want hy hou die vroulike danseres bo. 'n Sterk en betroubare karakter word deur hom gekommunikeer. D Die kunstenaar/danseres is uitgestrek op die vloer; haar postuur is gespanne, sy lê in 'n saamgetrekte posisie (kontraksie) met hande wat vorentoe uitstrek. Sy kommunikeer 'n karakter wat moontlik in nood of pyn is. (Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde) (8) 12.2 'n Sametrekking (kontraksie) is om die liggaam in 'n gespanne, rigiede, onbuigsame posisie te hou. Ontspanning impliseer dat die spiere, asemhaling, ledemate en liggaamsdele vrygelaat/ontspan word en in staat is om vryelik te beweeg. (4)
29 Dramatiese Kunste Hierdie vraag laat die kandidaat toe om 'n persoonlike reaksie weer te gee wat aansluit by die bronne en gestaaf word deur voorbeelde wat toepaslik is op sy/haar persoonlike ervaring. PUNTE 12.3 BESKRYWER 5 6 Goed Kandidaat skryf duidelik en met begrip oor sy/haar bewegingstuk en is in staat om die verskille en ooreenkomste tussen die bronne en sy/haar eie bewegingstuk uit te lig. Die kandidaat is in staat om korrekte fisiese teater-/bewegingsterminologie te gebruik. 3 4 Gemiddeld Kandidaat skryf in die algemeen oor sy/haar bewegingstuk, maar mag meer fokus op óf verskille óf ooreenkomste tussen sy/haar fisiese teater/bewegingstuk en die bronne. 0 2 Swak Kandidaat is geneig om 'n algemene stelling te maak oor sy/haar fisiese teater/bewegingsitem. Is nie in staat om by die vraag aan te sluit nie Aanvaar die kandidaat se persoonlike reaksies/antwoorde indien dit goed gemotiveer word. Dit laat groei en ontwikkeling toe. Bou selfvertroue en selfbeeld. Help om jouself as 'n kunstenaar 'n bietjie verder te druk. Bou karakter. Help om jou vaardighede in die opvoering waaraan jy werk, te verbeter. (4) Hierdie vraag laat die kandidaat toe om 'n persoonlike reaksie/antwoord te gee wat gestaaf word deur voorbeelde wat op sy/haar ervaring gebaseer is. PUNTE BESKRYWER 7 8 Baie goed Kandidaat is in staat om gedagtes en idees logies en vloeiend aan te bied. Gebruik voorbeelde uit sy/haar ervaring om punte wat gemaak is te ondersteun. Verstaan die vraag ten volle en bespreek alle aspekte baie goed. Toon kreatiwiteit en insig. 5 6 Goed Kandidaat toon duidelike begrip van die vraag en is in staat om 'n sowel goeie verslag van die praktiese stukke wat hy/sy aangebied het te gee, as die probleme wat ervaar is en hoe hy/sy dit oorkom het. Is in staat om gedagtes vloeiend uit te druk en aansluiting by die vraag te vind. 3 4 Gemiddeld Oor die algemeen het die kandidaat begrip van die vraag, maar druk homself/haarself nie ten volle uit nie. Skryf beskrywend oor praktiese stukke met min verwysing na probleme wat ervaar is en hoe hy/sy dit oorkom het. 0 2 Swak Kandidaat is geneig om vae en veralgemenende stellings oor temaprogram/oudisiestuk te maak. Geen aansluiting by die onderwerp nie. (8) [30]
30 Dramatiese Kunste 30 VRAAG 13 KIES ENIGE EEN VAN DIE VOLGENDE DRIE VRAE LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG) PUNTE 13.1 BESKRYWER Uitstekend Dit is duidelik dat die kandidaat die aanhaling verstaan en hy/sy kan beide vir en teen Paul Newman se stelling argumenteer. Hy/sy gebruik voorbeelde uit hy/sy eie optredes en pas sy/haar ervaring op die aanhaling toe. Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel deur die aanhaling te bespreek en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde van vertolkende vaardighede wat gebruik is in die temaprogram of oudisiestuk Goed Kandidaat toon duidelike begrip van die vraag en is in staat daartoe om 'n goeie verslag te gee van hoe hy/sy vertolkende vaardighede gebruik het om goed te kon optree. Is in staat om gedagtes duidelik en vloeiend uit te druk en by die vraag aan te sluit. 6 8 Gemiddeld Oor die algemeen begryp die kandidaat die vraag, maar druk homself/haarself nie ten volle uit nie. Is in staat om vertolkende vaardighede te beskryf, maar kan nie duidelik toon hoe hy/sy dit met sukses in sy/haar aanbieding gebruik het nie. 4 5 Elementêr Kandidaat beskryf sy/haar temaprogram of oudisiestuk op 'n algemene manier. Min of geen bespreking van vertolkende vaardighede nie en 'n vae poging om by die onderwerp aan te sluit. Die antwoord is nie baie duidelik nie. 0 3 Swak Kandidaat maak eenvoudige en veralgemenende stellings wat aan sy/haar temaprogram/oudisiestuk verwant is. Geen aansluiting by die onderwerp nie. [15] OF
31 Dramatiese Kunste MEDIASTUDIE (KEUSEVRAAG) PUNTE 13.2 BESKRYWER Uitstekend Dit is duidelik dat die kandidaat die aanhaling verstaan en hy/sy kan beide vir en teen Hawk se stelling argumenteer. Hy/sy gebruik voorbeelde van flieks wat hy/sy gesien het en video/filmteorie wat bestudeer is. Kandidaat mag dalk filosofie oor die rol van die regisseur en flieks gebruik, alhoewel dit nie essensieel is nie. Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel deur die aanhaling te bespreek en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde van regisseurs en films wat hy/sy gesien het Goed Kandidaat behoort die funksie van die regisseur en flieks wat deur hom/haar gemaak is, duidelik te kan bespreek. Die antwoord moet voorbeelde insluit van flieks wat hy/sy gesien het en video/filmteorie wat bestudeer is. Die antwoord moet duidelike, spesifieke verwysing na die aanhaling insluit. 6 8 Gemiddeld Kandidaat behoort die funksie van die regisseur te kan bespreek met verwysing na filmteorie. Die antwoord moet voorbeelde insluit van flieks wat hy/sy gesien het en video/filmteorie wat bestudeer is. Kandidaat moet die werk van die regisseur tot 'n mate bespreek. Daar mag dalk nie 'n direkte bespreking van die aanhaling wees nie. 4 5 Elementêr Die kandidaat verwys na voorbeelde van stories of flieks wat hy/sy gesien of waarvan hy/sy gehoor het en mag verwys na video/filmteorie wat bestudeer is. Is geneig om eerder op eie opinie te fokus as enige bespreking. Kandidaat is dikwels herhalend en gebruik dikwels 'Ek dink ' Dit is onwaarskynlik dat daar 'n direkte bespreking van die aanhaling sal wees. 0 3 Swak Kandidaat maak eenvoudige stellings wat aansluit by storievertelling en maak vae stellings oor die rol van die regisseur. Dikwels word 'n beskrywing van 'n storie of 'n fliek gegee. Geen bespreking van die aanhaling of van idees nie. [15] OF
32 Dramatiese Kunste KULTURELE OPVOERING EN RITUEEL (KEUSEVRAAG) PUNTE 13.3 BESKRYWER Uitstekend Kandidaat verstaan die verband tussen kuturele opvoering en teater. Hy/Sy is in staat om teatervaardighede en -elemente te gebruik om 'n argument te staaf wat teater verbind met die erfenis van rituele en kulturele opvoering. Kandidaat is in staat om te bespreek hoe die elemente uitdrukking vind in kulturele opvoering en rituele en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde om sy/haar idees te ondersteun Goed Kandidaat toon duidelik begrip van die vraag en is in staat om te verduidelik hoe elemente en vaardighede wat in teater gevind word ook in kulturele opvoerings en rituele aanwesig is. Hy/Sy is in staat om gedagtes duidelik en vloeiend te verwoord en maak gebruik van spesifieke voorbeelde van kulturele opvoering en rituele. 6 8 Gemiddeld Kandidaat het 'n algemene begrip van die vraag, maar druk hom-/haarself nie ten volle uit nie. Hy/Sy is in staat om teatervaardighede en -elemente en/of kulturele opvoering en rituele te beskryf, maar verbind hulle nie met mekaar nie (behalwe as dit per abuis gebeur). 4 5 Elementêr Kandidaat beskryf kulturele opvoering en rituele of teaterelemente en -vaardighede op 'n algemene manier. Daar is net 'n vae poging om teater te verbind met kulturele opvoering en rituele. Die antwoord is vaag. 0 3 Swak Kandidaat maak eenvoudige en veralgemenende stellings wat aansluiting vind by teater of kulturele opvoering en rituele. Geen duidelike verband tussen sy/haar argument en die onderwerp nie. [15]
Opstel Assesseringsrubriek 50. 16 tot 19. 19½ tot 22. 6 tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2
Opstel Assesseringsrubriek 1% INHOUD EN BEPLANNING 32 PUNTE 2 32 KODE 9% 22½ 2 9% 19½ 22 9% 1 19 9% 13 1 3 39% 1 12½ 29% 9½ TAAL STYL EN 12 PUNTE 1 12 ½ 9½ 3½ STRUKTUUR PUNTE ½ 3 2½ 2 1½ 32 PUNTE TAAL
Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir
Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir Kategorisering Dieselfde vraag kan by meer as een afdeling van die sillabus voorkom, of meer as een
Addisionele Behandelings Indien die chirurg besluit dat jy verdere behandeling nodig het, sal jy na 'n onkoloog ('n mediese dokter wat in die behandeling van kanker spesialiseer) verwys word. Onthou, elke
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase) My Huiswerk Boek(4) Naam: Jaar: Skool: Declaration This booklet is not sold or used for profit making. It is used solely for educational purposes. You may
IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM
IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM by AMANDA WOLMARANS DISSERTATION Submitted in fulfilment of the requirements for the degree MASTER OF SCIENCE in COMPUTER SCIENCE in the
ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)
ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC) SUBJECT PAPER PAGE ACCOUNTING 1 10 AFRIKAANS FIRST ADDITIONAL LANGUAGE
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde MATHEMATICS COMPETITION WISKUNDE KOMPETISIE GRADES 0 AND GRADE 0 EN SEPTEMBER 04 SEPTEMBER 04 TIME: HOURS TYD:
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS
VAN/SURNAME: UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS VOORNAME/FIRST NAMES: WTW 162 DYNAMICAL PROCESSES EKSAMEN
Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue
Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue *SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007 Wat is servikale kanker? Servikale kanker is 'n tipe kanker wat
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde MATHEMATICS COMPETITION WISKUNDE KOMPETISIE GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 SEPTEMBER 204 SEPTEMBER 204 TIME: 2
How To Get A Bsc In Forensic Science
DEPARTEMENT GENETIKA / DEPARTMENT OF GENETICS Keuringsaansoek: BSc Forensiese Wetenskappe / Selection Application: BSc Forensic Science Applying for BSc Forensic Science (Die Afrikaanse inligtingstuk vir
MARKETING MANAGEMENT
Faculty of Management DEPARTMENT OF MARKETING MANAGEMENT National Diploma: Marketing BCom (Marketing Managment) Department of Marketing Management Discover the world of marketing If you re wondering why
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM MARKS/PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye./ This memorandum
1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of
FC Rad Diag(SA) Part II THE COLLEGES OF MEDICINE OF SOUTH AFRICA Incorporated Association not for gain Examination for the Fellowship of the College of Diagnostic Radiologists of South Africa 29 August
FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL
FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL A FOURIE 23277920 Previous qualification (MSD Play therapy) Thesis submitted in fulfillment of the
n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12
EK HAKKEL n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12 deur Eelco de Geus vertaal deur Herman Tesner en Ursula Zsilavecz met dank aan die Stuttering Foundation of America en Jane Fraser die president,
1. Lees en leestegnieke
Studie-metodes Inhoudsopgawe 1. Lees en leestegnieke 2. Sleutelwoorde 3. Begripstoetse 4. Opsommings 5. Navorsing 6. Vergelykings 7. Studie metodes 8. Antwoord van n vraestel 1. Lees en leestegnieke Om
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12
NATIONAL SENI CERTIFICATE GRADE/GRAAD MATHEMATICS P/WISKUNDE V EXEMPLAR 0/MODEL 0 MEMANDUM MARKS: 0 PUNTE: 0 This memandum consists of pages. Hierdie memandum bestaan uit bladse. Mathematics P/Wiskunde
THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956
IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/KZN/398/99/KM A.M.E. STEYN Complainant and THE NGK OFFICIALS PENSION FUND Respondent INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION
Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1
Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1 Carla-Marié Spies Nagraadse student, Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit
PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956
IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/FS/92/99 STEPHANUS JOHANNES ROOS Complainant and OVS NYWERHEDE PENSIOEN FONDS BETHLEHEM MOTORS (PTY) LTD First Respondent
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 18 bladsye en 2 rubrieke. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2
. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.
1 Goeienaand, dames en here. Hoop aan die werk Viering van die HOOP Projek, 11 April 2012, Konservatorium, Universiteit Stellenbosch (US) Toespraak deur prof H Russel Botman, rektor en visekanselier van
Algemene vrae - ontvangers
~ 1 ~ Algemene vrae - ontvangers 1) Moet ek koeie of verse vir ontvangers gebruik? Verse het die voordeel dat hulle nie laktasiestres het nie en daarom gewoonlik makliker op hitte kom as koeie. Voorts
Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad
Huntington Siekte Algemene Inligting Neurogenetiese Kliniek Groote Schuur-hospitaal Afdeling Menslike Genetika Universiteit van Kaapstad Die siekte wat jy of jou familielid het word Huntington siekte genoem.
THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP
THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT In the matter between: Case number: 081/08 No precedential significance SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP APPELLANT
AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT
BREDASDORP STRUISBAAI Posbus/P O Box 51, 7280 Tel: (028) 435-6538 Tel: (028) 425-5500 Faks/Fax: (028) 425-1019 NAPIER E-mail: Tel: (028) 423-3257 [email protected] AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION
D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts
D alinq with moral valu s in plurdlistic workinq nvironm nts Mortho Jocobo (Mo11iE:) PointE:r-Morlond SubmittE:d os port of the: re:quire:me:nts for the: de:qre:e: of PHILOSOPHIA.E DOCTOR in the: f"oculh.j
The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors
Navorsingsartikels Research articles Felix le Roux & Chris Cloete The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors Peer reviewed Abstract The standard
SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN
SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN Naam van les: Sorg vir jou troeteldiere Tyd: Een week Graad Een Geletterdheid Kurrikulum Standaarde (CAPS) Taal Vertel n bekende storie wat n begin, middel en einde het.
THEME: God desires for us to demonstrate His love!
Devotion NT320 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF: LESSON TITLE: The Gift of Love THEME: God desires for us to demonstrate His love! SCRIPTURE: 1 Corinthians 13:1-13 Dear Parents Welcome to Bible Time
Reading Questions THE STRANGER PART ONE
I Reading Questions THE STRANGER PART ONE 1. What meaning can be drawn from the novel s opening line: Mother died today. Or, maybe, yesterday; I can t be sure. What are his feelings toward his mother?
2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.
90 No.35212 GOVERNMENT GAZETTE, 5 APRIL 2012 No. 279 5 April 2012 COMPENSATION FOR OCCUPATIONAL INJURIES AND DISEASES ACT, 1993 (ACT NO. 130 OF 1993), AS AMENDED ANNUAL INCREASE IN MEDICAL TARIFFS FOR
ANALYZING SHORT STORIES/NOVELS
ANALYZING SHORT STORIES/NOVELS When analyzing fiction, you should consider the plot, setting, characters, point of view, imagery, symbolism, tone, irony, and the theme. PLOT Plot refers to what happens
FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT
FORM A FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT PARTIES: Case Number: CA 143/2008 High Court: Grahamstown DATE HEARD: 16 November 2009 DATE DELIVERED: 19 November 2009 JUDGE(S): Jones,
IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES
IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES BY DANA BENJAMIN HENRI SMIT B.COM, LLB, HDIP TAX LAW Short dissertation submitted in partial (25%) fulfillment
Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE
Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE Ek was vandag by n werkswinkel en ek het baie oor testamente geleer. Ek dink ons moet n testament maak. Nee. n
HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD
Graad 8: 2016 1. Suurlemoen! (roman)(isbn:9780799342352) bestel nuut by boekwinkel of koop tweedehands in boekestoor English Home Language 1.Mrs Frisby and the Rats of NIMH (ISBN: 0 435 121 979 ) - bestel
COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA Case No : 146/97 IN THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA In the matter between COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED Appellant and LOTTER, FRANCOIS
Helping People with Mental Illness
Helping People with Mental Illness A Mental Health Training Programme for Community Health Workers Module E Helping Families Cope with Mental Health Problems Page 1 About this course Helping People with
Father, forgive them; for they do not know what they are doing Sermon on Good Friday 2011
Father, forgive them; for they do not know what they are doing Sermon on Good Friday 2011 Every year in Holy Week, every year on Good Friday the Christian Community around the world gathers to remember
---------------------------------------------------------------------------------- GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN
UMnyango WezeMfundo Department of Education Lefapha la Thuto Departement van Onderwys ---------------------------------------------------------------------------------- GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION
CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2
DEPARTEMENT CHEMIE DEPARTMENT OF CHEMISTRY CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2 DATUM / DATE: 13 May / Mei 2013 PUNTE / MARKS: 100 TYD / TIME: 3 ure / hours Afdeling A / Section A: 40 Afdeling B /
Their stories are tragic. A new chapter starts now. now.
! Their stories are tragic. A new chapter starts now. now.! Bully is a movie that tells powerful stories about children and their families dealing with extreme pain and tragic consequences related to bullying.
Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125
Chapter 4: Data analysis and findings 4.1 Introduction...125 4.2 How do principals influences differ with regard to Information and Communication Technology integration in their schools?... 126 4.2.2 Leadership
A. What is a play? B. What are basic elements of a play script? 1. 2. 3. 4. 5. C. What kind of character does your group wish to write about?
WRITE A ONE ACT PLAY I. PREWRITE A. What is a play? B. What are basic elements of a play script? 1. 2. 3. 4. 5. C. What kind of character does your group wish to write about? D. As a result of reading/seeing
OVERCOMING THE FEAR OF REJECTION Series: Freedom From Your Fears - Part 7 of 10
Series: Freedom From Your Fears - Part 7 of 10 Proverbs 29:25 Fear of man is a dangerous trap, but to trust in God means safety. (Living Bible) INTRODUCTION Today we're looking at the Fear of Rejection.
JOHANNESBURG EAST DISTRICT
JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF JUNIE 2012 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 12 bladsye en rubrieke van 3 bladsye.
Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS
Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS B.Sc. Rekenaarwetenskap as die een hoofvak. Die ander hoofvak kan kom uit die volgende lys: Wiskunde, Statistiek, Toegepaste Wiskunde, Fisika, Psigologie.
Net mense wat toegewyd of committed teenoor mekaar is kan geestelik saam groei:
Jan Steyn Preek 23 Februarie 2014. Teks: Efesiërs 4:1-16, 25 en 32 en 1 Korintiërs 13:7 Tema: Mense wat vir mekaar omgee, groei saam. Inleiding: Wat is geestelike groei? Iemand skryf geestelike groei is
STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy
FACULTY OF HEALTH SCIENCES SCHOOL OF MEDICINE / SCHOOL FOR ALLIED HEALTH PROFESSIONS STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) CASE NO.: 821/11 In the matter between: JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL PLAINTIFF and FRANZALL INSURANCE BROKERS CC DEFENDANT JUDGMENT 1 Landman
Devotion NT267 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF: LESSON TITLE: The Second Coming. THEME: Jesus is coming again. SCRIPTURE: Matthew 24:27-31
Devotion NT267 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF: LESSON TITLE: The Second Coming THEME: Jesus is coming again. SCRIPTURE: Matthew 24:27-31 Dear Parents Welcome to Bible Time for Kids. Bible Time for
Creating Dialogical Space in Working with Domestic Violence. Justine van Lawick
Creating Dialogical Space in Working with Domestic Violence. Justine van Lawick Dynamic of Domestic violence Children in the middle Children that witness the violence of their parents Fighting parents
Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Het die Heilige Gees beheer oor jou hele lewe? Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Lees: Mt.28:18 20; Hd.1:4 8 Hoe lyk die gemiddelde meelewing in ons gemeente? Ons merk almal op dat: Min nuwe bekeerlinge
DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:
DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT: O/LT~ w. L. ROOTHMAN* ** Terrorism can no longer be seen as a limited form of behaviour, but as an escalating form of behaviour
Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom [email protected]
708 Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: die ontstaan en ontwikkeling (1) Aan die and besig in Afrikaans progressive constructions: the origin and development (1) Adri Breed Vakgroep:
11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...
(b) Indien u hierdie vorm namens iemand anders invul, voltooi ook Deel B (B1 & B2) hieronder. 10. Indien u aansoek om bystand doen, vul die volgende in: (a) Is u n slagoffer? (b) Indien u nie n slagoffer
20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE!
20 MANIERE WAAROP N VROU HAAR HUWELIK KAN SUPERGLUE! Daar is n gesegde wat sê dat daar in elke huwelik wat meer as n week oud is, gronde vir egskeiding is. Die kuns is egter om deurgaans die gronde vir
The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!
Bram Voorbeeld About this Bridge 360 report 2 CONTENT About this Bridge 360 report... 2 Introduction to the Bridge 360... 3 About the Bridge 360 Profile...4 Bridge Behaviour Profile-Directing...6 Bridge
Verbintenis tot besluitneming
Verbintenis tot besluitneming Verbintenis tot n besluit Besluite, besluite, besluite! Indien jy nog geen besluit geneem het nie, kan dit wees omdat jy wonder hoe op dees aarde jy al die verskillende faktore
HOëRSKOOL PORTERVILLE
P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK
LESSON TITLE: The Great Commandment. THEME: Love is the fulfillment of the Law. SCRIPTURE: Mark 12:28-34 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF:
Devotion NT264 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF: LESSON TITLE: The Great Commandment THEME: Love is the fulfillment of the Law. SCRIPTURE: Mark 12:28-34 Dear Parents Welcome to Bible Time for Kids.
Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:
Please print and fill in. COUNCIL FOR COUNSELLORS IN SOUTH AFRICA RAAD VIR BERADERS IN SUID-AFRIKA APPLICATION FORM / REGISTRASIE VORM P.O. Box / Posbus 14189 Sinoville 0129 Tel: 082 907 4327 (office hours
ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.
ONS MOEDERTAAL n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER Derde Uitgawe NASOU BEPERK Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Bpk KAAPSTAD BLOEMFONTEIN
Being a Woman of Grace-Part 2
Bible Study 84 Being a Woman of Grace-Part 2 Being a woman of grace means being a woman with inner strength and beauty, who is dedicated to obeying the commandments of God to the best of her ability. The
An information technology governance framework for the public sector. by Judith Terblanche. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements
An information technology governance framework for the public sector by Judith Terblanche Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree Master of Commerce (Computer Auditing)
Policy on Student Leadership Development and Training
Department of Student Affairs (DSA) Policy on Student Leadership Development and Training Document type: Policy Document number: Rt 461/10 1. PURPOSE 1.1.1 Background It is the mission of UP to deliver
Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Laat jou deur die Gees van God lei (deel 2). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Kol.1:9 11 Ons het in die vorige boodskap ter inleiding gepraat oor die voorreg wat gelowiges het om deur die
Examen Software Engineering 2010-2011 05/09/2011
Belangrijk: Schrijf je antwoorden kort en bondig in de daartoe voorziene velden. Elke theorie-vraag staat op 2 punten (totaal op 24). De oefening staan in totaal op 16 punten. Het geheel staat op 40 punten.
THEME: We should take every opportunity to tell others about Jesus.
Devotion NT307 CHILDREN S DEVOTIONS FOR THE WEEK OF: LESSON TITLE: Paul Goes Before Agrippa THEME: We should take every opportunity to tell others about Jesus. SCRIPTURE: Acts 25:13 26:32 Dear Parents
101 Inspirerende Quotes - Eelco de boer - winst.nl/ebooks/ Inleiding
Inleiding Elke keer dat ik een uitspraak of een inspirerende quote hoor of zie dan noteer ik deze (iets wat ik iedereen aanraad om te doen). Ik ben hier even doorheen gegaan en het leek me een leuk idee
The Fruit of the Spirit is Love
The Fruit of the Spirit is Love Pre-Session Warm Up (Galatians 5:22-23) Today we are going to learn more about the fruit of the Spirit called, Love. What do you think of when you hear the word love? A
Government Gazette Staatskoerant
Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Vol. 588 Pretoria, 27 June Junie 2014 No. 37778 N.B. The Government Printing Works will not be held responsible for the
Managerial support for an optometry practice: A business analytics study
FACULTY OF ENGINEERING DEPARTMENT OF INDUSTRIAL ENGINEERING Managerial support for an optometry practice: A business analytics study Name: Melandi Kotzé Student number: 15316491 Date of graduation: 8 December
Assertive Communication
Using assertive communication is an important part of recovery from drugs and alcohol. Being assertive can help you express your opinions and feelings, make requests of others and respond to requests of
Starting point for theatrical production Entity that remains intact after production Blueprint for production or for reader s imagination
Chapter 3: The Play The Play is: Starting point for theatrical production Entity that remains intact after production Blueprint for production or for reader s imagination The play may serve as the basis
RACUMIN Paste / Pasta
RACUMIN Paste / Pasta REG. NO. L6401 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L6401 Wet Nr. 36 van 1947 RACUMIN PASTE IS A UNIVERSAL BAIT FOR RAT CONTROL IN ALL AREAS, INCLUDING DUMPS AND ANIMAL STABLES. DUE TO ITS
CATECHISM (adopted 2008) FOR CUMBERLAND PRESBYTERIAN CONFESSION OF FAITH
(from 2008 preliminary minutes page 183) CATECHISM (adopted 2008) FOR CUMBERLAND PRESBYTERIAN CONFESSION OF FAITH 1. Who is God? God is the one living, active Creator of all that is, seen and unseen. 2.
13. Jesus is Anointed by Mary
13. Jesus is Anointed by Mary Studying God s Word Bible Reference John 12: 1-8 Memory Verse Psalm 116:12 How can I repay the Lord for all his goodness to me? Bible Background In all four Gospels we find
All Saints (or All Hallows) Celebration
All Saints (or All Hallows) Celebration Bible base: Mark 10:46 52 Aim: To present an alternative focus to the Hallowe en events that dominate this time of year. Note to leaders Our focus this week will
Jesus Makes Breakfast (The Reconciliation of Peter)
Jesus Makes Breakfast (The Reconciliation of Peter) Teacher Pep Talk: Sometimes we sin. That s it. We sin and that sin separates us from God, who loves us. When Peter denied Christ three times, you would
RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER
AANHANGSEL F RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER 1. Inleiding Die basiese beginsels rondom die verkryging van verklarings van kinders bly dieselfde as die beginsels
Bullying 101: Guide for Middle and High School Students
Bullying 101: Guide for Middle and High School Students A guide to the basics of bullying, what it is and isn t, the role of students, and tips on what you can do. 952.838.9000 PACERTeensAgainstBullying.org
WELCOME TO GOD S FAMILY
WELCOME TO GOD S FAMILY To all who received him, to those who believed in his name, he gave the right to become children of God children born not of natural descent, nor of human decision or a husband
AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS (Moet in tik- of drukskrif ingevul word en persoonlik deur die applikant by sy
ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens
ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens Inleiding Moet vrouens regtig in byeenkomste stilbly? Moet hulle hoedens of hoofbedekkings dra? Die probleme aangaande
GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 2 AFRIKAANS
Hints and tips on how to get the most out of the performance. Book 4. Acting tips
Hints and tips on how to get the most out of the performance. Book 4 Acting tips Tips on how to introduce the show to the group, run workshops, explore the text, cast and organise the show. Before the
STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No. 32272 GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009
STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No. 32272 3 GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009 COMPENSATION FOR OCCUPATIONAL INJURIES AND DISEASED ACT, 1993 (ACT NO. 130 OF 1993) 1. I, i\:1embathisi Mphumzi Shepherd Mdladlana,
The Shawshank Redemption. In The Shawshank Redemption, our main character is Andy Dufresne who has just been
J The Shawshank Redemption Storyline In The Shawshank Redemption, our main character is Andy Dufresne who has just been wrongfully accused of killing his wife and a golf pro she was having an affair with.
Taak, watse taak?! Opdrag = Handleiding! Onderwerp. idees kry. hoekom? proeflees tabelle? prente? waar pas dit in? navorsing doen.
X X Taak, watse taak?! PRAKTISE RIGLYNE VIR DIE SKRYF V BETER WERKSTUKKEnd ^ Opdrag = Handleiding! waar pas dit in? navorsing doen hoekom? navorsing doen idees kry Onderwerp neerskryf proeflees tabelle?
THE HISTORY OF FRANKENSTEIN
THE HISTORY OF FRANKENSTEIN Mary Shelley s novel, FRANKENSTEIN, first appeared in 1818. Since then the story has been retold and adapted for the stage, on film, on radio, on television and in comics. There
Verticale tuin maken van een pallet
Daar krijg je dan je groendakmaterialen geleverd op een pallet. Waar moet je naar toe met zo'n pallet. Retour brengen? Gebruiken in de open haard? Maar je kunt creatiever zijn met pallets. Zo kun je er
A Systematic Approach to Enterprise Risk Management
A Systematic Approach to Enterprise Risk Management by Nicolas James Benjamin Department of Industrial Engineering Stellenbosch University Supervisors: Prof. C.J. Fourie and Dr. L. Louw Thesis submitted
DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956
IN THE TRIBUNAL OF THE PENSION FUNDS ADJUDICATOR In the complaint between: CASE NO: PFA/WE/300/98/NJ C Fourie & Others Complainant and KWV Pensioenfonds Respondent DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M
SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962
1194 Inkomstebelastingwet (58/1962), saamgelees met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (108/1996): Protokol tot wysiging van die konvensie tussen die regering van die Republiek van Suid-Afrika
Inheritance: Laws of Inheritance & Unfair Gifts
Inheritance: Laws of Inheritance & Unfair Gifts A woman gifted her house to her niece only two weeks before her death, thus depriving her heirs, two sisters and a brother, from their shares of inheritance.
Jesus and the Counsellor in John s Gospel
Jesus and the Counsellor in John s Gospel In Jesus farewell speech, recorded in John s Gospel (chapters 13-17) Jesus introduces the disciples to one he calls the Counsellor. This Counsellor (the name itself
Faculty of Humanities
POSTGRADUATE PROGRAMMES DEGREES v DIPLOMAS Faculty of Humanities HONOURS DEGREE PROGRAMMES Name of programme BAHons (African Languages) 65 BAHons (African Studies) 65 BAHons (Afrikaans) 65 BAHons (Anthropology)
