Hoofstuk 6 MAATSKAPPYWET



Similar documents
SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Government Gazette Staatskoerant

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

How To Get A Bsc In Forensic Science


IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Government Gazette Staatskoerant

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

Volmag. Werkstukke vir Hoofstuk 5. Paragraaf 2.2 i i i. Regulasie 44A. Totale getal punte uit hierdie hoofstuk gevra

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

Serwitute. Werkstukke vir Hoofstuk 6. Paragraaf Tipe persoonlike serwitute. Paragraaf Skepping van persoonlike serwitute

Beskouings oor die doodstraf

Policy on Student Leadership Development and Training

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

"1. Dat hierdie aansoek ingevolge die bepalings van Reël 6(12) van die Eenvormige Hofreëls hanteer word en dat

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

Die ABC. van Kapitaalwinsbelasting vir Individue

MARKETING MANAGEMENT

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS


Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

How To Pay Aangedui In The Germany

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

Government Gazette Staatskoerant

DRAKENSTEIN MUNICIPALITY

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION) VILLA 2510 SAN LAMEER BK JUDGMENT

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CUSTOMS DUTY ACT REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP DOEANEREG

Algemene vrae - ontvangers

I. I, Membathisi Mphumzi Shepherd Mdladlana, Minister of Labour, hereby give

BRAUNVIEH SA PO Box /Posbus 506 Tel: Henry St./Str. 118 Fax/Faks: /

MATZIKAMA MUNICIPALITY TENDER NR:T1/2014

1] Hierdie is ʼn egskeidingsgeding waarin eiser die volgende. regshulp teen verweerderes gevorder het:

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE JUDGMENT

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the

Laerskool Generaal De la Rey Reg. Nr Distrik : Johannesburg-Wes D12

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

APPLICATION FOR PARTICIPATION AANSOEK OM LIDMAATSKAP / / / / / 2. VOORLETTERS:/INITIALS: / / / / / / (NAAM/NAME)

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

RACUMIN Paste / Pasta

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Basiese Rekenkundige beginsels

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

DIE BELASTINGAFTREKBAARHEID VAN RENTE. deur IRENE LILIAN STAPELBERG SKRIPSIE. Voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die.

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

DIE ROL VAN VISIE EN MISSIE IN 'N ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN STRATEGIESE BESTUUR. A.J. Kuyvenhoven. Skripsie MAGISTER COMMERCII ONDERNEMINGSBESTUUR

BEëDIGDE VERKLARING tot bewys van 'n ander vordering as 'n vordering op grond van 'n Promesse of ander Wissel. [Art. 44(4)].

HENDRIKS, NO v SWANEPOEL 1962 (4) SA 338 (A) Flynote : Sleutelwoorde. Headnote : Kopnota

Advertising and attorneys: some anxiety -reducing empirical findings

THE EFFECTIVENESS OF THE SOUTH AFRICAN DOUBLE TAXATION RELIEF PROVISIONS FOR SOUTH AFRICAN COMPANIES INVESTING IN OTHER AFRICAN STATES

Adres/Address Posbus / PO Box 270 BLOEMFONTEIN 9300 Telefoon/Telephone: (051) Faks/Fax: (051)

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE OF MASTER OF PUBLIC ADMINISTRATION AT THE UNIVERSITY OF STELLENBOSCH

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

MARKETING CULTURE IN PUBLIC SCHOOLS - IMPLICATIONS FOR SCHOOL MANAGEMENT BY ABDUL SAMED AHAMOOD A MINI - DISSERTATION MAGISTE [DUCA-I-BONUS

Die jaar is op sy einde en het ons dit goed gedink om die vordering van die verskeie Highveld Syndication Aksie-Groep sake aan beleggers weer te gee.

COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE. and. INSOLVENT ESTATE J P BOTHA (Trading as "TRIO KULTURE")

Managerial support for an optometry practice: A business analytics study

Llterêre vertaling as kruiskulturele kommunikasie: Kortonnen dozen van Tom Lanoye in Afrikaans

[TURN OVER] [BLAAI OM] PVL3704 MEMORANDUM MAY/JUNE 2011

Verbintenis tot besluitneming

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

HEG HIERDIE DOKUMENT HEEL VOOR AAN U VERSLAG ASSEBLIEF. Verkorte titel

Remedies in Zuid-Afrika en Europa

HANDELAARS EN PAND RAAD VEREENIGING INGELYF KRAGTENS ARTIKEL 21 & SECOND-HAND DEALERS & PAWN BOARD ASSOCIATION INCORPORATED IN TERMS OF SECTION

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

DIE PREDIKANT: DIENAAR VAN GOD OF NET N GEWONE WERKNEMER?

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

An information technology governance framework for the public sector. by Judith Terblanche. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA. DIE STAAT Appellant HEFER, SMALBERGER EN ZULMAN ARR DATUM VAN VERHOOR: 6 SEPTEMBER 2000

A COMPARITAVE STUDY OF VALUE ADDED TAX COLLECTION METHODS IN THE CONTEXT OF E-COMMERCE AND VIRTUAL WORLDS FROM A SOUTH AFRICAN PERSPECTIVE

1. Die vraestel bestaan uit 5 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

Transcription:

Hoofstuk 6 MAATSKAPPYWET Bladsy 1 Inleiding en institusionele liggame 2 2 Buitelandse maatskappye 2 3 Beslote korporasies 5 4 Beheermaatskappy, filiaal, verwante & onderling verwante persone 6 5 Name en registrasie van maatskappye 7 6 Naamsverandering en effek daarvan 12 7 Nuwe konsep: solvensie-en-likiditeitstoets 14 8 Omskepping van beslote korporasie na maatskappy 15 9 Voorinkorporasiekontrakte 16 10 Bevoegdheid van maatskappy om te handel 18 11 Finansiële bystand aan direkteure, houermaatskappye en verwante persone 24 12 Finansiële bystand vir koop van aandele in maatskappy 27 13 Vervreemding van grootste deel van bates of onderneming van maatskappy 29 14 Voorstelle vir amalgamasie of samesmelting 32 15 Praktyk rakende likwidasie van maatskappye 34 16 Praktyk rakende ondernemingredding 35 17 Voldoening aan regulasie 44A van die Akteswet 37 [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-2 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 1 Inleiding en institusionele liggame 1 Die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 (die nuwe Wet), wat die Maatskappywet 61 van 1973 (die ou Wet) vervang, bring beduidende veranderinge aan die maatskappyreg in Suid-Afrika mee. Hierdie aantekeninge poog om die aandag te vestig op sommige van die praktiese implikasies wat uit die nuwe Wet voortspruit, veral dié wat van belang is vir die transportbesorger en praktisyn wat met onroerende eiendom te doen het. Die bedoeling is nie om elke aspek van die nuwe Wet breedvoerig te behandel nie. 2 Die Engelse teks van die nuwe Maatskappywet is op 8 April 2009 deur die President onderteken. Die nuwe Wet is ook in Afrikaans vertaal as die ander amptelike taal. Hierdie Wet is gewysig deur die Maatskappywysigingswet 3 van 2011, wat op 19 April 2011 deur die President bekragtig is. Die nuwe Maatskappywet, asook die wysiging daarvan, tesame met die regulasies wat daarkragtens afgekondig is, het op 1 Mei 2011 in werking getree, soos afgekondig in Proklamasie R.32 in Staatskoerant 34239 van 26 April 2011. Soos reeds genoem, herroep en vervang die nuwe Wet die ou Wet (Maatskappywet 61 van 1973), met uitsondering van Hoofstuk XIV van die ou Wet, wat sal voortgaan om die likwidasie van insolvente maatskappye te reguleer (Bylae 5, item 9 van die nuwe Wet). 3 'n Nuwe instelling is ingevolge die nuwe Wet tot stand gebring, naamlik die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom. Drie bestaande maatskappy entiteite is ook omskep, naamlik die Oornamereguleringspaneel, die Raad vir Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die Maatskappytribunaal. Hierdie vier instellings sal saam verantwoordelik wees vir die regulering en afdwinging van die maatskappyreg. 2 Buitelandse maatskappye 1 Daar moet onderskei word tussen 'n vreemde maatskappy en 'n buitelandse maatskappy. 'n Vreemde maatskappy is 'n entiteit wat in 'n ander land buite Suid-Afrika geïnkorporeer is. Dit maak nie saak of dit 'n maatskappy met of sonder winsoogmerk is nie en of hy binne Suid- Afrika sy sake doen of aktiwiteite sonder winsoogmerk dryf nie. 1 Waar 'n vreemde maatskappy egter binne Suid-Afrika sake doen of aktiwiteite sonder winsoogmerk verrig, kwalifiseer hy as 'n 1 Artikel 1. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-3 buitelandse maatskappy 2 wat ingevolge die nuwe Wet as sodanig geregistreer moet word. 2 Die vraag ontstaan dus: Wanneer doen 'n vreemde maatskappy sake of verrig hy aktiwiteite sonder winsoogmerk in Suid-Afrika en moet hy dus ingevolge die Wet geregistreer word en aan die bepalings van die Wet voldoen, in dieselfde mate as wat dit op buitelandse maatskappye van toepassing is? 3 Ingevolge artikel 23(2) van die nuwe Wet moet 'n vreemde maatskappy geag word binne die Republiek sake te doen of aktiwiteite sonder winsoogmerk te verrig indien daardie vreemde maatskappy a) 'n party is by een of meer indiensnemingskontrakte in die Republiek; of b) behoudens subartikel (2A), 3 betrokke is by 'n gedragslyn of betrokke was in n gedragslyn of patroon van aktiwiteite in die Republiek oor 'n tydperk van ten minste ses maande, wat sal meebring dat 'n persoon redelikerwys tot die gevolgtrekking sal kom dat die maatskappy voornemens is om deurlopend by sake of aktiwiteite sonder winsoogmerk in die Republiek betrokke te wees. 4 Die Kommissie moet - a) n unieke registrasienommer aan elke buitelandse maatskappy toeken wat in ooreenstemming met subartikel (1) geregistreer is; b) die register van buitelandse maatskappye instandhou; c) die voorgeskrewe inligting betreffende elke buitelandse maatskappy in die register aanteken; en d) in die geval waar >n buitelandse maatskappy se naam >n buitelandse registrasienommer is maar nie die naam van die 2 3 Artikel 1. Ingevolge subartikel (2A) mag 'n vreemde maatskappy nie geag word in die Republiek sake te doen of aktiwiteite sonder winsoogmerk te dryf nie bloot op grond daarvan dat hy betrokke is by een of meer van die volgende a) hou van 'n vergadering of vergaderings in die Republiek deur die aandeelhouers of direksie van die vreemde maatskappy of andersins dryf van enige van die maatskappy se interne sake in die Republiek; b) instelling of handhawing van enige bank- of ander finansiële rekeninge in die Republiek; c) vestiging of handhawing van kantore of agentskappe in die Republiek vir die oordrag, uitruil of registrasie van die vreemde maatskappy se eie sekuriteite; d) skepping of verkryging van enige skuld in die Republiek, of enige verbande of sekuriteitsbelange in enige eiendom in die Republiek; e) sekurering of invordering van enige skuld, of afdwinging van enige verband of sekuriteitsbelang in die Republiek; f) verkryging van enige belang in enige eiendom in die Republiek. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-4 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 buitelandse jurisdiksie aandui waaronder dit geїnkoporeer was nie, by sodanige maatskappy in sy register die naam van die jurisdiksie waaronder dit ingelyf was, toevoeg. 5 Behalwe vir hierdie een geval (sien paragraaf 4(d) hierbo), bevat die nuwe Wet nie n bepaling soortgelyk aan artikel 49(2) van die ou Wet dat die naam van n buitelandse maatskappy altyd gevolg moet word deur n verklaring waarin die naam van die land waarin die maatskappy geїnkorporeer was, aangedui moet word nie. 6 Wanneer 'n vreemde maatskappy as 'n buitelandse maatskappy registreer, moet hy a) "deurlopend" ten minste een kantoor in die Republiek in stand hou; en b) die adres van sy kantoor, of sy hoofkantoor indien hy meer as een kantoor het, registreer. 7 Kragtens Hoofregistrateursomsendskrywe 3 van 2012, is dit, in terme van artikel 23(3) saamgelees met artikel 23(2A) onseker of n vreemde maatskappy onroerende eiendom kan verkry of n verbandhouer kan wees sonder om as n buitelandse maatskappy te registreer. Registrateurskonferensiebesluit 47 van 2011 bepaal derhalwe dat n vreemde maatskappy wel eiendom kan verkry of as verbandhouer kan optree, op voorwaarde dat die transportbesorger die registrateur van aktes van dokumentêre bewys voorsien (byvoorbeeld n ouditeursertifikaat of beëdigde verklaring deur die direkteur van sodanige vreemde maatskappy) tot dien effekte dat die maatskappy nie as n buitelandse maatskappy kragtens artikel 23(2) hoef te registreer nie. 8 Die volgende beskrywing kan vir n buitelandse maatskappy gebruik word, naamlik 4 Voorbeelde (in die geval van n privaatmaatskappy) Blou Berg Eiendoms Beperk Registrasienommer 2011/000789/10 (geїnkorporeer in Australië) 4 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-5 of Blou Berg (Edms) Bpk Registrasienommer 2011/000789/10 (geїnkorporeer in Australië) (in die geval van n openbare maatskappy) Blou Berg Beperk Registrasienommer 2011/000678/10 (geїnkorporeer in Australië) of Blou Berg Bpk Registrasienommer 2011/000789/10 (geїnkorporeer in Australië) (waar die naam van die buitelandse maatskappy n vreemde registrasienommer is) 15975312 (Kanada) Registrasienommer 2011/000357/10 9 n Maatskappy wat nie nodig het om as n buitelandse maatskappy in Suid-Afrika te registreer nie, moet beskryf word deur te verwys na sy naam en registrasienommer soos weerspieël op sy registrasiesertifikaat of soortgelyke dokument. 5 3 Beslote korporasies 1 Die nuwe Wet beoog die uitfasering van beslote korporasies. Ingevolge die nuwe Wet mag geen nuwe beslote korporasies na die inwerkingtreding van die nuwe Wet geregistreer word nie, dit is na 1 Mei 2011. 6 Bestaande beslote korporasies kan onbepaald voortbestaan. Die rasionaal is dat aangesien die nuwe Wet nou buigsaamheid bied betreffende rekeningkundige, oudit- en ander regsvereistes, die Wet die bepaalde behoeftes van kleiner maatskappye soortgelyk aan beslote korporasies kan hanteer. 5 6 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. Bylae 3, item 2(1). [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-6 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 2 Omdat beslote korporasies toegelaat word om saam met maatskappye te bestaan, maak die nuwe Wet voorsiening vir die saambestaan van die Wet op Beslote Korporasies langs die nuwe Maatskappywet. Bylae 3 wysig die Wet op Beslote Korporasies om hierdie saambestaan moontlik te maak. 4 Beheermaatskappy, filiaal en verwante en onderling verwante persone 1 Die omskrywings van beheermaatskappy en filiaal is hersien en verbreed in die nuwe Wet. 2 Die omskrywing van "filiaal" in die nuwe Wet verwys na artikel 3 van die nuwe Wet om die betekenis daarvan te bepaal. Ingevolge artikel 3 is 'n maatskappy a) 'n filiaal van 'n ander "regspersoon" indien daardie regspersoon (of een of meer ander filiale van daardie regspersoon, of een of meer genomineerdes van daardie regspersoon of enige van sy filiale, alleen of in enige kombinasie) i) 'n meerderheid van die algemene stemregte wat aan uitgereikte sekuriteite van daardie maatskappy verbonde is, regstreeks of onregstreeks kan uitoefen of die uitoefening daarvan kan beheer, hetsy na aanleiding van 'n aandeelhouersooreenkoms of andersins; of ii) die reg het om direkteure van daardie maatskappy wat 'n meerderheid van die stemme by 'n vergadering van die direksie beheer, aan te stel of te verkies, of die aanstelling of verkiesing te beheer; of b) 'n volfiliaal van 'n ander regspersoon as al die algemene stemregte wat aan uitgereikte sekuriteite van die maatskappy verbonde is, alleen of in enige kombinasie, gehou of beheer word deur persone in paragraaf (a) beoog. 3 Hierdie omskrywing in die nuwe Wet verskil van die omskrywing in die ou Wet deurdat die beheerentiteit nie 'n ander maatskappy hoef te wees nie maar enige regspersoon, wat in die nuwe Wet so omskryf word dat dit 'n vreemde maatskappy asook 'n trust insluit ongeag of dit binne of buite die Republiek ingestel is. 4 'n Heel nuwe konsep wat deur die nuwe Wet ingevoer word, is dié van "verwante" en "onderling verwante" persone. Artikel 1 van die nuwe [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-7 Wet omskryf onderling verwant as wanneer dit ten opsigte van drie of meer persone gebruik word, dit persone beteken wat in 'n gekoppelde reeks verwantskappe is, sodat twee persone, soos in artikel 2(1) beoog, aan mekaar verwant is en een van hulle op so 'n wyse aan die derde verwant is, ensovoorts. Artikel 2 van die nuwe Wet hanteer die konsep verwante persone soos volg: 4.1 'n Individu is aan 'n ander individu verwant indien hulle getroud is, of saamwoon in 'n verhouding soortgelyk aan 'n huwelik; of geskei word deur nie meer as twee grade van natuurlike of aangenome bloedverwantskap of aanverwantskap nie. 4.2 'n Individu is aan 'n regspersoon verwant indien die individu die regspersoon regstreeks of onregstreeks beheer, soos ooreenkomstig subartikel (2) bepaal. 4.3 'n Regspersoon is aan 'n ander regspersoon verwant indien enigeen van hulle die ander, of die besigheid van die ander, regstreeks of onregstreeks beheer, soos ooreenkomstig subartikel (2) bepaal; enigeen 'n filiaal van die ander is; of 'n persoon elkeen van hulle, of die besigheid van elkeen van hulle, regstreeks of onregstreeks beheer, soos ooreenkomstig subartikel (2) bepaal. 5 Name en registrasie van maatskappye 1 Name van maatskappye (artikels 11-12 en 14; regulasies 8-13) 1 Item 2(1) van Bylae 5 maak voorsiening vir die voortsetting van elke voorafbestaande maatskappy 7 asof dit ingevolge die nuwe Wet geïnkorporeer en geregistreer is, met dieselfde naam en registrasienommer wat voorheen aan hom toegeken is, behoudens item 4. Voorafbestaande maatskappye sal dus steeds wetlik erken word ingevolge die nuwe Wet en sal ook hulle ou name en registrasienommers behou wat ingevolge die ou Wet aan hulle toegeken is, onderhewig aan die nuwe agtervoegsels wat by hul name gevoeg moet word. 7 wat onmiddellik voor daardie datum (met ander woorde voor die inwerkingreding van die nuwe Wet) - a) geïnkorporeer of geregistreer was ingevolge die Maatskappywet, 1973 (Wet 61 van 1973); of b) erken is as 'n "bestaande maatskappy" ingevolge die Maatskappywet, 1973 (Wet 61 van 1973); of c) gederegistreer was in terme van die ou Maatskappywet en daarna geherregistreer is kragtens die nuwe Wet. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-8 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 2 Ten spyte van artikel 11 van die Wet, is n voorafbestaande maatskappy a) Wie se naam, onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Wet, aan die vereistes van artikel 49 van die vorige Wet voldoen het, nie verplig om sy naam te verander om aan artikel 11(3)(c) te voldoen nie, bloot op grond daarvan dat enige deel van sy naam in n offisiële taal anders as Engels was; en b) geregtig om n vertaalde naam te gebruik, wat onmiddellik voor die effektiewe datum geregistreer was en andersins aan die vereistes van a 50(2) van die vorige Wet voldoen het (item 2(2), Bylae 5). 3 Die effek van bogemelde is dat a) n voorafbestaande maatskappy nie sy naam hoef te verander in gevalle waar sodanige maatskappy se naam aan die vereistes na verwys in items 2(1) en 2(2) van Bylae 5 van die Wet voldoen het nie; en b) n voorafbestaande maatskappy kan voortgaan om n vertaalde naam te gebruik indien sodanige naam voor 1 Mei 2011 geregistreer was en aan die vereistes van artikel 50(2) van die vorige Wet voldoen het. 8 4 Ingevolge artikel 11(1) kan 'n maatskappynaam a) uit een of meer woorde in enige taal bestaan, saam met i) enige letters, syfers of leestekens; ii) enige van die volgende simbole: +, &, #, @, %, =; iii) enige ander simbool wat toegelaat word deur die regulasies wat ingevolge subartikel (4) uitgevaardig is; 9 of iv) ronde hakies in pare gebruik om enige ander deel van die naam te isoleer, alleen of in enige kombinasie; of b) in die geval van 'n maatskappy met winsoogmerk die registrasienommer van die maatskappy saam met die toepaslike uitdrukkings deur subartikel (3) vereis, wees. 5 Subartikel 2 plaas sekere beperkings op die keuse van 'n maatskappynaam. 6 Artikel 11(3) sit bykomende vereistes rakende 'n maatskappy se naam uiteen. Dit bepaal dat benewens voldoening aan die vereistes van artikel 11(1) en (2) a) as die naam van 'n maatskappy met winsoogmerk die maatskappy 8 9 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. Die simbool "-" is geoorloof ingevolge regulasie 8(7). [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-9 se registrasienommer is, daardie nommer onmiddellik deur die uitdrukking "(Suid-Afrika)" gevolg moet word. Sodanige nommer moet onmiddellik gevolg word deur die uitdrukking (South Africa) wanneer die akte/dokument in Engels opgestel word; 10 Voorbeelde 11 (in die geval van n privaatmaatskappy) 2011/000123/07 (Suid-Afrika) Eiendoms Beperk Registrasienommer 2011/000123/07 of 2011/000123/07 (Suid-Afrika) (Edms) Bpk Registrasienommer 2011/000123/07 (in die geval van n openbare maatskappy) 2011/000456/06 (Suid-Afrika) Beperk Registrasienommer 2011/000456/06 of 2011/000456/06 (Suid-Afrika) Bpk Registrasienommer 2011/000456/06 b) as die maatskappy se akte van oprigting 'n bepaling insluit soos in artikel 15(2)(b) of (c) beoog, die naam onmiddellik deur die uitdrukking "(RF)" gevolg moet word; en Voorbeelde 12 (in die geval van n privaatmaatskappy) Blue Mountain Eiendoms Beperk (RF) Registrasienommer 2011/000678/07 of Blue Mountain (Edms) Bpk (RF) Registrasienommer 2011/000678/07 (in die geval van n openbare maatskappy) Swart Water Beperk (RF) Registrasienommer 2011/000789/06 10 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012, ad paragraaf 4.2.1.4.6. 11 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. 12 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-10 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 of Swart Water Bpk (RF) Registrasienommer 2011/000789/06 (die naam van die RF-maatskappy is ook sy registrasienommer) 2011/000891/07 (Suid-Afrika) Eiendoms Beperk (RF) Registrasienommer 2011/000891/07 c) 'n maatskappynaam met een van die volgende uitdrukkings moet eindig: i) die woord "Geïnkorporeer" of die afkorting "Geïnk.", in die ii) iii) geval van 'n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid; die uitdrukking "Eiendoms Beperk" of die afkorting "(Edms) Bpk.", in die geval van 'n privaatmaatskappy; die woord "Beperk" of die afkorting "Bpk.", in die geval van 'n openbare maatskappy; iv) die uitdrukking "MSB Bpk." in die geval van 'n maatskappy in staatsbesit; (dit is ook van toepassing op maatskappye wat voor 1 Mei 2011 geregistreer is) v) die uitdrukking "MSW" in die geval van 'n maatskappy sonder winsoogmerk (dit is ook van toepassing op maatskappye wat voor 1 Mei 2011 geregistreer is). 4 Hierdie agtervoegsels is outomaties van toepassing op alle voorafbestaande maatskappye (geїnkorporeer voor 1 Mei 2011) sowel as op alle nuwe maatskappye (geїnkorporeer na 1 Mei 2011). 5 Wanneer daar met n eiendom geregistreer in die naam van n voorafbestaande maatskappy gehandel word, of wanneer n eiendom geregistreer staan te word in die naam van n voorafbestaande maatskappy, moet die betrokke agtervoegsel by die naam van die maatskappy in die betrokke akte of verband gevoeg word. Geen aansoek vir n naamsverandering (byvoeging van die agtervoegsel) moet in hierdie verband ingedien word nie. 6 Daar word vir beide die Afrikaanse en Engelse agtervoegsels in die Wet voorsiening gemaak, aangesien dit onderskeidelik in die Engelse en Afrikaanse teks van die Wet uiteengesit word. Derhalwe, ongeag in watter taal die naam van die maatskappy voorkom, mag όf die Afrikaanse όf die Engelse agtervoegsel gebruik word, net soos die geval onder die ou Maatskappywet 61 van 1973 was. Die betrokke uitdrukkings in Engels is [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-11 as volg, naamliki) die woord "Incorporated" of die afkorting "Inc.", in die geval van 'n ii) iii) maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid; die uitdrukking "Proprietary Limited" of die afkorting "(Pty) Ltd.", in die geval van 'n privaatmaatskappy; die woord "Limited" of die afkorting "Ltd.", in die geval van 'n openbare maatskappy; iv) die uitdrukking "SOC Ltd." in die geval van 'n maatskappy in staatsbesit; v) die uitdrukking "NPC" in die geval van 'n maatskappy sonder winsoogmerk. 2 Registrasie van maatskappye (artikels 13, 14 en 19, regulasies 14-19) 1 Die inkorporasie van 'n maatskappy behels die indiening van 'n kennisgewing van inkorporasie. 13 2 Na aanvaarding van die ingediende kennisgewing van inkorporasie vanaf die inkorporeerders moet die Kommissie die maatskappy registreer en 'n registrasiesertifikaat aan die maatskappy uitreik 3 Die registrasiesertifikaat word deur die Kommissie uitgereik as bewys van die inkorporasie en registrasie van die maatskappy. Die registrasiesertifikaat dien as afdoende bewys dat daar aan al die vereistes vir inkorporasie voldoen is. 14 4 Die nuwe Wet vereis nie dat 'n sertifikaat om met besigheid te begin soos ingevolge die ou Wet uitgereik moet word nie. 15 'n Maatskappy kan nou oor die algemeen begin sake doen sodra hy geregistreer is. 13 14 15 Die voorgeskrewe vorm vir die kennisgewing van inkorporasie verskyn in die regulasies, naamlik Vorm CoR 14.1, en Vorms CoR 14.1 - Aanhangsels A-D. Die Wet self vereis dat sekere inligting in die kennisgewing van inkorporasie vermeld moet word, soos die naam van die maatskappy, sy aanvanklike direkteure, sy geregistreerde kantoor en die datum van die einde van sy finansiële jaar. 'n Kennisgewing van die aanstelling van die eerste maatskappysekretaris, ouditeur of ouditkomitee (waar aangestel) kan ingedien word as deel van die kennisgewing van inkorporasie - (kyk Vorm CoR 14.1, Aanhangsel D). Artikel 14(4). Die ou Wet het bepaal dat geen maatskappy met aandelekapitaal toegelaat word om met sake te begin of om enige leningsbevoegdheid uit te oefen nie totdat 'n serifikaat om met sake te begin, deur hom ontvang is. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-12 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 6 Naamsverandering en effek daarvan Artikel 16(1) en (8)-(9) van die nuwe Wet 6.1 n Naamsverandering deur n maatskappy word hanteer as bloot een van die moontlike wysigings aan die maatskappy se akte van oprigting wat die volgende vereis - a) n Spesiale besluit deur die aandeelhouers; b) voorgestel deur die direksie van die maatskappy of die aandeelhouers wat ten minste 10% van die stemregte hou, wat uitgeoefen mag word by die besluit. 6.2 Die nuwe naam moet aan al die vereistes van artikel 11 betreffende maatskappy-name voldoen sowel as die prosedures wat in artikel 14(2) en (3) uiteengesit word en wat gevolg moet word in die geval van n verkeerde of onaanvaarbare naam is ook van toepassing. 6.3 Indien die naam alreeds vir die maatskappy gereserveer is of nie die geregistreerde naam van n ander maatskappy, geregistreerde buitelandse maatskappy, beslote korporasie of koöperasie is of ingevolge 12 vir n ander persoon gereserveer is nie, moet die Kommissie n gewysigde registrasiesertifikaat uitreik en die naam van die maatskappy in die register van maatskappye verander (artikel 16(8)). 6.4 Die wysiging van die naam tree in werking op die datum uiteengesit op die gewysigde registrasiesertifikaat, welke datum όf die datum kan wees waarop die Kommissie die gewysigde registrasiesertifikaat uitgereik het όf n later datum soos bepaal in die besluit geneem kragtens artikel 14(1)(b)(iii). 6.5 Nόg die Wet nόg die regulasies plaas n verpligting op die Registrateur van Aktes om die aktes en dokumente rakende die naamsverandering te endosseer. 6.6 Die volgende dokumente moet by die aktekantoor ingedien word ten einde die naamsverandering teen die betrokke titelaktes te noteer (Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012), naamlik [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-13 Dokumente vir indiening by die aktekantoor 1 Aansoek kragtens artikel 93 van die Registrasie van Akteswet; 2 Betrokke titelakte geregistreer in daardie aktekantoor 3 Bewys van naamsverandering (gesertifiseerde afskrif van die gewysigde registrasiesertifikaat); 4 Alle verbande (indien enige) 6.7 Daar hoef nie aan die bepalings van artikel 93(1)(a) wat bepaal dat die toestemming van enige persoon wat deur die voorgestelde naamsverandering geaffekteer mag word ingedien moet word en artikel 93(1)(b) wat bepaal dat enige operatiewe aktes waarin die applikant se ou naam voorkom as n party daartoe anders as transportgewer of sedent ingedien moet word, voldoen te word nie. In sodanige geval sal n caveat teen die betrokke titelaktes genoteer word tot die effek dat die betrokke titelaktes geёndosseer moet word om die naamsverandering aan te dui. 16 6.8 Waar die naam van n maatskappy wat in n titelvoorwaarde van n akte voorkom, verander het, hoef sodanige naam nie verander te word wanneer die voorwaarde na die nuwe akte vorentoe gebring word nie. Indien n toestemming kragtens die titelvoorwaarde vereis word deur die maatskappy wat sy naam verander het, moet sodanige toestemming egter die ou sowel as die nuwe naam reflekteer. 17 6.9 Waar n maatskappy wat die verbandhouer in n verband is wat op die punt staan om gekanselleer te word, sy naam verander het (hetsy eenkeer of meermale), sal dit nie nodig wees om die verband te endosseer rakende die naamsveranderinge nie. Die toestemming tot kansellasie moet egter na al die naamsveranderinge verwys. 18 6.10 Die posisie soos wat dit was, is nogsteeds van toepassing op die endossering van aktes en dokumente om n naamsverandering aan te dui 16 17 18 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012, ad paragraaf 4.4.3. Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012, ad paragraaf 4.4.4. Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012, ad paragraaf 4.4.5. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-14 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 wat voor 1 Mei 2011 kragtens die herroepte Maatskappywet 61 van 1973 plaasgevind het (HRO 3/2012, paragraaf 4.4.6). In hierdie verband moet die volgende dokumente by die aktekantoor ingedien word, naamlik Dokumente vir indiening by die aktekantoor 1 Gesertifiseerde afskrif van die gewysigde sertifikaat van inlywing of sertifikaat van naamsverandering; 2 Al die titelaktes geregistreer in daardie aktekantoor; 3 Al die verbande (indien enige); 4 Beëdigde verklaring namens die maatskappy dat daar geen verdere aktes in daardie besondere aktekantoor geregistreer is waarop die naamsverandering ook genoteer moet word nie. 7 Nuwe konsep: Solvensie-en-likiditeitstoets 1 Artikel 4 van die nuwe Wet handel oor die solvensie-en-likiditeitstoets. Ingevolge hierdie artikel voldoen 'n maatskappy op 'n bepaalde tydstip aan hierdie toets as, met inagneming van alle redelik voorsienbare finansiële omstandighede van die maatskappy op daardie tydstip a) die bates van die maatskappy of, as die maatskappy 'n lid van 'n groep maatskappye is, die totale bates van die maatskappy, soos billik gewaardeer, gelykstaande is aan of die laste oorskry van die maatskappy of, as die maatskappy 'n lid van 'n groep maatskappye is, die totale laste van die maatskappy, soos billik gewaardeer; en b) dit blyk dat die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal wanneer hulle in die gewone loop van sake verskuldig word vir 'n tydperk van i) 12 maande na die datum waarop die toets oorweeg word; of ii) in die geval van 'n uitkering in artikel 1 beoog, 12 maande na daardie uitkering. 2 Die nuwe Wet vereis ten opsigte van baie transaksies deur die maatskappy dat die direkteure verklaar dat die maatskappy aan die solvensie-en-likiditeitstoets voldoen. Dit is dus 'n baie belangrike konsep, veral vir die party wat voldoening daaraan verklaar, naamlik die direkteure van die maatskappy. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-15 8 Omskepping van beslote korporasie na maatskappy Item 1 van Bylae 2 van die nuwe Wet 8.1 n Beslote korporasie mag te enige tyd, kragtens Bylae 2 volgens die voorgeskrewe wyse en vorm (Vorm CoR 18.1), n kennisgewing van omskepping indien. 8.2 n Kennisgewing van omskepping moet vergesel gaan van - a) n geskrewe verklaring van toestemming wat die omskepping goedkeur en wat onderteken is deur lede van die beslote korporasie wat in totaal ten minste 75% van die ledebelang in daardie beslote korporasie hou; b) n akte van oprigting wat in ooreenstemming met die vereistes van die nuwe Wet is; en c) die voorgeskrewe indieningsgeld. 19 8.3 Artikel 14 is van toepassing op die indiening van n kennisgewing van omskepping asof dit n kennisgewing van inkorporasie is, wat beteken dat die Kommissie n unieke registrasienommer aan die maatskappy moet toeken, dit in die maatskappyeregister moet aanteken en n registrasiesertifikaat 20 moet uitreik. 8.4 By die omskepping van n beslote korporasie na n maatskappy kragtens Bylae 2 (item 1(4)), moet die Kommissie die Registrateur van Aktes in staat stel om die nodige veranderinge aan te bring wat voortspruit uit omskeppings en naamsveranderings. 8.5 Alhoewel die Wet nie vereis dat n aansoek en die betrokke titelakte(s) ingedien moet word by die aktekantoor nie, sal daar slegs uitvoering aan die endossering van n titelakte om n omskepping na n maatskappy aan te dui gegee word, indien die volgende dokumente by die aktekantoor ingedien word, naamlik 19 20 Regulasie 18 van die nuwe Maatskappyregulasies. Kragtens Aanhangsel 2, Tabel CR 2B van die regulasies, sal geen fooi betaalbar wees indien die omskepping plaasvind binne drie jaar nadat die Wet in werking getree het en die naam van die beslote korporasie behou is nie. In enige ander geval sal die fooi dieselfde wees as vir die indiening van n kennisgewing van inlywing. Vorm CoR 18.3. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-16 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 Dokumente vir indiening by die aktekantoor 1 Aansoek om endossement kragtens artikel 3(1)(v); 21 2 Bewys van omskepping (registrasiesertifikaat) 3 Alle titelaktes, verbande en ander dokumente geregistreer in die betrokke aktekantoor. 8.6 Die Wet maak nie voorsiening vir die omskepping van n maatskappy na n beslote korporasie nie. Enige omskepping waarvoor aansoek gedoen was kragtens artikel 27 van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 en wat voor 1 Mei 2011 by die Kommisssie ingedien was maar en nie ten volle afgehandel is nie, moet kragtens Wet 69 van 1984 deur die Kommissie afgehandel word - (item 3(2) van Bylae 5). 9 Voorinkorporasiekontrakte - Artikel 21 van die nuwe Wet 9.1 Artikel 1 van die nuwe Wet definieer n voorinkorporasiekontrak as n ooreenkoms wat voor die inkorporasie van n maatskappy aangegaan is deur n persoon wat voorgee in die naam van, of namens die maatskappy op te tree, met die bedoeling of verstandhouding dat die maatskappy geїnkorporeer sal word, en daarna deur die ooreenkoms gebind sal wees. 9.2 Met ander woorde, n voorinkorporasiekontrak - a) moet skriftelik wees; b) moes aangegaan gewees het voordat die maatskappy ontstaan het; c) word aangegaan deur en tussen n derde party en n persoon, as agent wat voorgee 22 om in die naam van die maatskappy of namens die maatskappy op te tree. 9.3 In vergelyking met artikel 35 van die ou Wet, maak artikel 21 van die nuwe Wet voorsiening vir n heelwat eenvoudiger prosedure vir voorinlywings- 21 22 Van die Registrasie van Akteswet. Dit is baie korrek verwoord, aangesien die maatskappy op hierdie stadium nog nie bestaan nie en die agent derhalwe nie deur of namens die maatskappy kan optree nie. Daarom kan die agent slegs voorgee om namens die maatskappy op te tree. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-17 kontrakte, aangesien artikel 21(1) bloot vereis dat die ooreenkoms skriftelik moet wees en dat die persoon in die naam van die maatskappy of namens die maatskappy die ooreenkoms aangaan, voordat sodanige maatskappy bestaan. Die enigste formaliteit wat vereis word, is dat dit op skrif moet wees. 9.4 Die direksie 23 kan die kontrak binne 3 maande nadat die maatskappy geїinkorporeer is - in geheel, 24 gedeeltelik; of voorwaardelik bekragtig of verwerp. 25 9.5 Indien die direksie nalaat om te bekragtig of te verwerp, sal dit geag word dat die maatskappy die kontrak geratifiseer het. 26 Met ander woorde, daar is n geagte ratifikasie indien die maatskappy nie binne 3 maande die kontrak bekragtig of verwerp nie. Hierdie geagte ratifikasie is ook n nuwe konsep in die nuwe Wet. 9.6 Die maatskappy sal aan die kontrak gebonde wees, tot die omvang van sy ratifikasie of geagte ratifikasie, asof die maatskappy n party tot die ooreenkoms was toe dit aangegaan is. 27 9.7 Die persoonlike aanspreeklikheid van die persoon wat die voorinkorporasiekontrak aangegaan het, is drasties deur artikel 21 23 24 25 26 27 Met ander woorde, die bevoegdheid om voorinkorporasiekontrakte te ratifiseer of te verwerp, vestig in die direksie van die maatskappy. Indien die direksie van n maatskappy die voorinkorporasiekontrak in geheel of gedeeltelik verwerp het of in geheel of gedeeltelik geratifiseer het, moet die maatskappy binne 5 besigheidsdae n kennisgewing van sy besluit met betrekking tot daardie kontrak liasseer in Vorm CoR 35.2; en n afskrif van sodanige kennisgewing aan elke persoon wat n party tot die kontrak is of wesenlik deur sodanige handeling geraak word, lewer. Artikel 21(4). Artikel 21(5). Artikel 26(1)(a). Daar is onsekerheid of hierdie bepaling terugwerkende effek aan die voorinkorporasiekontrak verleen. Met ander woorde daar is geen duidelikheid met betrekking tot die tydstip waarop die maatskappy kragtens die kontrak regte verkry en aan die verpligtinge onderhewig raak nie. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-18 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 gewysig. n Persoon wat sodanige kontrakte aangaan, is gesamentlik en afsonderlik met enige ander persoon 28 aanspreeklik vir die verpligtinge voortspruitend uit die voorinkorporasiekontrak indien - a) inkorporasie nie plaasvind nie; 29 of b) die maatskappy enige deel van die ooreenkoms ná inkorporasie van sodanige maatskappy verwerp. 30 9.8 Wanneer n maatskappy n ooreenkoms of enige gedeelte daarvan afkeur, bepaal artikel 21(7) dat n persoon wat aanspreeklikheid vir daardie afgekeurde ooreenkoms dra (soos bespreek in paragraaf 7.7 hierbo), n eis teen die maatskappy mag instel vir enige voordeel wat dit ingevolge die ooreenkoms ontvang het, of geregtig is om te ontvang. 9.9 Soortgelyk aan artikel 35 van die ou Wet, sluit artikel 21 van die nuwe Wet nie die gemenereg uitdruklik uit nie, wat beteken dat die oprigter ook van die gemeenregtelike alternatiewe gebruik kan maak, soos byvoorbeeld die stipulatio alteri waar twee partye n ooreenkoms sluit ten behoewe van n derde in hul hoedanigheid as prinsipale en nie as agente nie. Indien dit op n maatskappy toegepas word, gaan die oprigter (of stipulans) n ooreenkoms met n ander party (die promittens) aan vir die voordeel van die te stigte maatskappy. Dit is van wesenlike belang dat die oprigter as prinsipaal en nie as agent optree nie deurdat hy in sy eie naam en nie in die naam van die maatskappy handel nie. 10 Bevoegdheid van maatskappy om te handel - Artikels 19 en 20 van die nuwe Wet 10.1 Die bevoegdheid van n maatskappy is aansienlik onder die nuwe Wet verbreed, aangesien artikel 19(1)(b) van die nuwe Wet bepaal dat n maatskappy al die regsbevoegdhede en vermoëns van n individu het, buiten in die mate dat - 28 29 30 Dit is onduidelik wie die enige ander person mag wees. Dit mag wees dat hierdie woorde na medeagente of mede-trustees verwys waar die ooreenkoms nie slegs deur een persoon namens die maatskappy aangegaan is nie, maar deur meer as een agent of selfs deur n groep agente. Artikel 21(2)(a). Artikel 21(2)(b). [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-19 a) n regspersoon nie in staat is om enige sodanige mag uit te oefen nie; 31 of b) die maatskappy se akte van oprigting anders bepaal. 10.2 Die maatskappy se bevoegdheid word derhalwe nie deur sy hoof en aanvullende doelstellings of besigheid beperk nie en dit hoef nie in die akte van oprigting vervat te word nie, tensy die magte of doeleindes spesifiek tot hierdie doelstellings beperk word. Daar moet egter op gelet word dat dit nie meer verpligtend is om n doelstellingsklousule in n akte van oprigting kragtens die nuwe Wet op te neem nie. 10.3 Alhoewel n maatskappy se akte van oprigting die doeleindes, magte of aktiwiteite van die maatskappy kan begrens, beperk of kwalifiseer, 32 sal enige sodanige beperkings nie enige kontrakte wat met hierdie beperkings teenstrydig is ongeldig maak nie. 33 Sodanige kontrakte sal derhalwe geldig en bindend teenoor die maatskappy en die ander kontraksparty bly. 34 10.4 Die gebrek aan magtiging deur die direkteure om te handel, as gevolg van n gebrek aan bevoegdheid van die maatskappy, het ook nie die nietigheid van n kontrak tot gevolg nie. Artikel 20(1)(a)(ii) bepaal dat indien n maatskappy se akte van oprigting die doeleindes, magte of aktiwiteite van daardie maatskappy begrens, beperk of kwalifiseer (soos bedoel in artikel 19(1)(b)(ii)), sal geen handeling van die maatskappy nietig wees bloot omrede, as gevolg van daardie begrensing, beperking of kwalifikasie, die direkteure geen magtiging gehad het om die handeling deur die maatskappy te magtig nie. Die basis is hier dieselfde as onder die ou artikel 36, naamlik dat gebrek aan magtiging van die direkteure die gevolg 31 32 33 34 Byvoorbeeld die aangaan van n huwelik of die verskyning in persoon in n hoë hof (tensy die maatskappy deur n behoorlik gekwalifiseerde regspraktisyn verteenwoordig word). Met ander woorde beperkings op die regsbevoegdheid van n maatskappy kan oplê. Artikel 20(1)(a) van die nuwe Wet. Artikel 20(1)(a)(i) bepaal dat indien n maatskappy se akte van oprigting die doeldoeleindes, magte of aktiwiteit van daardie maatskappy begrens, beperk of kwalifiseer, soos beoog in artikel 19(1)(b)(ii), is geen handeling (wat wyer is as n transaksie en wat heel moontlik iets soos byvooorbeeld n skenking of gratis beskikking deur die maatskappy sal insluit) van die maatskappy nietig bloot omrede die handeling deur daardie begrensing, beperking of kwalifikasie verbied was nie. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-20 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 moet wees van gebrek aan bevoegdheid deur die maatskappy. 10.5 Artikel 20(1)(b) bepaal dat indien n maatskappy se akte van oprigting die doeleindes, magte of aktiwiteite van daardie maatskappy begrens, beperk of kwalifiseer, soos beoog in artikel 19(1)(b)(ii)) kan geen persoon in enige regsproses, buiten prosesse tussen die maatskappy en sy aandeelhouers, direkteure of voorgeskrewe beamptes; of die aandeelhouers en direkteure of voorgeskrewe beamptes van die maatskappy staatmaak op sodanige begrensing, beperking of kwalifikasie om aan te voer dat n handeling verbied was deur daardie begrensing, beperking of kwalifikasie nie of as n gevolg van daardie begrensing, beperking of kwalifikasie, die direkteure geen magtiging gehad het om die handeling deur die maatskappy te magtig nie. 10.6 Met ander woorde die gebrek aan bevoegdheid mag nie ekstern geopper word deur όf die maatskappy όf die derde party nie, maar dit kan wel intern geopper word soos tussen die maatskappy, direkteure, aandeelhouers en voorgeskrewe beamptes. Dit verskil nie van die bepalings van artikel 36 van die ou Wet nie, wat ook voorsiening gemaak het vir interne remedies wanneer direkteure hul vertrouensplig om nie hul bevoegdheid te oorskry nie,verbreek het. 35 10.7 Artikel 20(2) bepaal dat die aandeelhouers, kragtens n spesiale besluit, enige handeling deur die maatskappy of direkteure kan bekragtig wat strydig is met enige sodanige begrensing, beperking of kwalifikasie in n maatskappy se akte van oprigting. Artikel 20(3) bepaal egter dat ratifikasie nie toelaatbaar is indien die handeling strydig met die nuwe Wet 35 Artikel 20(4) bepaal dat een of meer aandeelhouers, direkteure of voorgeskrewe beamptes van n maatskappy, of n vakbond wat werknemers van die maatskappy verteenwoordig, by die Hoë Hof mag aansoek doen vir n gepaste bevel om die maatskappy daarvan te weerhou om enigiets teenstrydig met die Wet te doen. Artikel 20(5) bepaal verder dat een of meer aandeelhouers, direkteure of voorgeskrewe beamptes van die maatskappy by die Hoë Hof mag aansoek doen vir n toepaslike bevel om die maatskappy of sy direkteure daarvan te weerhou om enigiets teenstrydig met enige begrensing, beperking of kwalifikasie van die doeleindes, magte of aktiwiteite van daardie maatskappy te doen. Enige sodanige geregtelike stappe is egter sonder benadeling van enige reg op skadevergoeding van n derde party wat - daardie regte in goeie trou verkry het; en nie werklike kennis van die begrensing, beperking of kwalifikasie gedra het nie. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-21 is nie. Indien die spesiale besluit die handeling deur die maatskappy sowel as die direkteure ratifiseer, sal die direkteure ook onthef word van aanspreeklikheid vir die verbreking van hul vetrouensplig. 10.8 Artikel 20(6) bepaal dat elke aandeelhouer van n maatskappy n eis om skadevergoeding het teen enige persoon wat opsetlik, bedrieglik of as gevolg van growwe nalatigheid veroorsaak dat die maatskappy enigiets teenstrydig doen met die Wet; of n begrensing, beperking of kwalifikasie, tensy daardie handeling kragtens artikel 20(2) deur die aandeelhouers bekragtig is, tensy dit natuurlik geratifiseer is kragtens n spesiale besluit. Leerstuk van toegerekende kennis 10.9 Die leerstuk van toegerekende kennis ooreenkomstig die gemenereg het ingehou dat persone wat met n maatskappy kontrakteer geag was kennis te gedra het van die inhoud van die grondwet en ander openbare dokumente van die maatskappy wat by die Registrateur van Maatskappye geliasseer was en wat vir openbare inspeksie beskikbaar was, ongeag of hulle daardie dokumente gelees het al dan nie. 10.10 Die leerstuk van toegerekende kennis is effektiewelik afgeskaf deur artikel 19(4) van die nuwe Wet. (Sien ook in hierdie verband Sessie 1 onder paragraaf E: Akte van oprigting, reëls, aandeelhouersooreenkomste en beperkende voorwaardes ). 10.11 Kragtens artikel 19(4) moet n persoon nie geag word kennisgewing te ontvang het en kennis te geneem het van die inhoud van enige dokument met betrekking tot n maatskappy nie, bloot omdat die dokument ingedien is; of vir insae by n kantoor van die maatskappy toeganklik is. 10.12 n Derde party sal derhalwe nie geag word kennis te dra van die inhoud van n maatskappy se akte van oprigting of bestuursreëls gemaak in terme van artikel 15(3) nie. Dit is egter onderhewig aan twee uitsonderings. Artikel 19(5) bepaal dat n persoon geag moet word kennisgewing te hê en kennis te dra van - [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-22 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 a) enige bepalings van n maatskappy se akte van oprigting beoog in artikel 15(2)(b) of (c) (wat onderskeidelik verwys na enige beperkende voorwaardes van toepassing op die maatskappy en enige vereiste vir die wysiging daarvan, bykomend tot daardie bepalings vervat in artikel 16 van die Wet, aan die een kant en n verbod op die wysiging van enige besondere bepaling van die akte van oprigting aan die ander kant), met dien verstande dat - die maatskappy se naam die agtervoegsel RF insluit soos vereis deur artikel 11(3)(b); en die maatskappy se kennisgewing van inkorporasie of daaropvolgende kennisgewing van wysiging n prominente verklaring insluit wat die aandag op elke sodanige bepaling en die plasing daarvan in die akte van oprigting vestig soos bedoel in artikel 13(3); en b) die effek op n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid van die gesamentlike en afsonderlike aanspreeklikheid van die direkteure en voormalige direkteure van die maatskappy, saam met die maatskappy, vir enige skuld en aanspreeklikhede van die maatskappy wat tydens hulle onderskeie ampstermyne aangegaan word of is. Die Turquand reël 10.13 Die Turquand reël was n uitsondering op die leerstuk van toegerekende kennis. Die was oorspronklik ontwerp om die swaar gevolge van die leerstuk van toegerekende kennis te versag. Kragtens hierdie reël is bona fide derde partye wat met die maatskappy kontrakteer, geregtig om aan te neem dat al die maatskappy se interne formaliteite wat vereis word vir n geldige kontrak, nagekom is. Sodanige derde party het nie n plig om vas te stel of die maatskappy aan al die interne formaliteite en proseduriële vereistes voldoen het nie. 10.14 Artikel 20(7) van die nuwe Wet bepaal dat n persoon wat in goeie trou sake met die maatskappy doen, daarop geregtig is om te veronderstel dat die maatskappy aan al die formele en proseduriële vereistes van die Wet; die maatskappy se akte van oprigting; en die maatskappy se reëls voldoen het met die neem van enige besluit in die uitoefening van sy [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-23 bevoegdhede. 10.15 Hierdie reëling geld egter nie wanneer die persoon - geweet het; of redelikerwys moes geweet het van enige versuim deur die maatskappy om aan enige vereiste te voldoen nie. Direkteure, voorgeskrewe beamptes of aandeelhouers mag hulle nie op hierdie bepaling beroep wanneer hulle met die maatskappy besigheid doen nie. 10.16 Uit bogemelde blyk dit derhalwe dat artikel 20(7) soortgelyk aan die gemeenregtelike Turquand reël is. Artikel 20(8) bepaal dat artikel 20(7) nie enige relevante gemeenregtelike beginsel vervang wat op die veronderstelde geldigheid van die handelings van n maatskappy in die uitoefening van sy bevoegdhede betrekking het nie, maar dat dit saam van toepassing is. Verteenwoordiging en die magtiging van direkteure 10.17 Artikel 66(1) van die nuwe Wet bepaal dat die bedrywighede en sake van n maatskappy deur of onder die leiding van sy direksie bestuur moet word, wat die gesag het om al die bevoegdhede uit te oefen en enige van die funksies van die maatskappy te vervul, buiten in die mate wat die Wet of die maatskappy se akte van oprigting anders bepaal. 10.18 Magtiging van n direkteur om namens n maatskappy op te tree is n beginsel van verteenwoordigingsreg. Kragtens die verteenwoordigingsreg, indien n agent met n derde party namens die maatskappy kontrakteer, sal die kontrak die derde party en die prinsipaal (met ander woorde die maatskappy) bind asof dit persoonlik tussen hulle aangegaan was. Die agent verkry nie enige regte of doen nie enige aanspreeklikheid kragtens die kontrak op nie, tensy die partye tot die teendeel ooreengekom het. Dieselfde is van toepassing waar n direkteur namens n maatskappy handel. Ten einde die direkteur in staat te stel om namens die maatskappy op te tree, moet hy die nodige magtiging daartoe hê. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-24 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 11 Finansiële bystand aan direkteure, houermaatskappye en ander verwante persone Artikel 45) (Artikel 45 het die bepalings van artikel 37 en 226 van die ou Maatskappywet sowel as artikel 55 van die Wet op Beslote Korporasies gekombineer) 11.1 Artikel 45(2) laat die direksie van n maatskappy toe om direkte of indirekte finansiële bystand (insluitende 36 die uitleen van geld, waarborg van n lening of ander verpligting en sekurering van enige skuld of verpligting) 37 te verleen aan a) n direkteur of voorgeskrewe beampte 38 van die maatskappy; of b) n direkteur of voorgeskrewe beampte van n verwante of onderling verwante maatskappy; of c) n verwante of onderling verwante maatskappy of korporasie; of d) n lid van n verwante of onderling verwante korporasie; of e) n persoon wat aan enige sodanige maatskappy, korporasie, direkteur, voorgeskrewe beampte of lid verwant is - (section 45(2)), buiten in die mate wat n maatskappy se akte van oprigting anders bepaal. 11.2 Bykomend tot voldoening aan enige vereistes of voorwaardes vervat in die maatskappy se akte van oprigting 39 (maar ongeag enige bepaling in n maatskappy se akte van oprigting, tot die teendeel), mag die direksie slegs die finansiële bystand magtig indien - a) die spesifieke 40 verlening van finansiële bystand - 36 37 Die gebruik van die woord insluit in die woordomskrywing van finansiële bystand dui aan dat die tipes transaksies waarna verwys word nie n volledige lys is, soos mens kan verwag indien die woord beteken in plaas van insluit gebruik word nie. Transaksies soos skenkings, verkope teen afslagpryse, en huurkontrakte met voordelige huurgeld sal deur artikel 45 gedek word, maar nie deur artikel 226 nie. Dit is derhalwe onduidelik wat presies met die term finansiële bystand bedoel word. Artikel 45(1)(a) omskryf finansiële bystand as insluitende hierdie items. 38 n Voorgeskrewe beampte word in regulasie 38 omskryf as n persoon wat nie n direkteur is nie, maar (a) wat algemene uitvoerende beheer oor en bestuur van die geheel of n betekenisvolle gedeelte van die besigheid en aktiwiteite van n maatskappy het; of (b) op n gereelde grondslag tot n wesenlike mate deelneem aan die uitoefening van algemene uitvoerende beheer en bestuur van die geheel, of n betekenisvolle gedeelte van die besigheid en aktiwiteite van die maatskappy, ongeag die titel van sy amp of funksie. 39 40 Artikel 45(4). Dit wil voorkom asof daar in die spesiale besluit gespesifiseer sal moet word watter tipe finansiële [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-25 i) ingevolge n aandeleskema vir werknemers is wat aan die vereistes van artikel 97 voldoen; of ii) ingevolge n spesiale besluit 41 van die aandeelhouers wat aangeneem is binne die vorige twee jaar, 42 en wat bystand vir daardie spesifieke ontvanger of n kategorie van potensiële ontvangers waarin die spesifieke ontvanger val, goedkeur; en b) die direksie oortuig is dat - i) die maatskappy onmiddellik nadat die finansiële bystand verleen is, aan die solvensie en likiditeitstoets sal voldoen; 43 en ii) die bepalings waarkragtens finansiële bystand volgens voorneme verleen gaan word, vir die maatskappy billik en redelik is. 44 11.3 n Besluit deur die direksie wat teenstrydig is met - a) artikel 45; of b) enige verbod, voorwaarde of vereiste vervat in die akte van oprigting, is nietig. 45 bystand dit op betrekking het en dit kan derhalwe nie aan die diskresie van die direksie oorgelaat word nie, as gevolg van die woorde spesifieke verskaffing van finansiële bystand. 41 n Spesiale besluit is n besluit wat aanvaar word met die ondersteuning van ten minste 75% van die stemregte wat oor die besluit uitgeoefen word, of n ander persentasie vereis deur die maatskappy se akte van oprigting soos bedoel in artikel 65(10). Hierdie artikel laat n maatskappy toe om n ander persentasie vir spesifieke of alle spesiale besluite te vereis, mits dit ten minste 10% meer is as the persentasie vereis vir gewone besluite. Die Wet bevat nie enige verdere vereistes spesifiek vir spesiale besluite nie. n Spesiale besluit hoef nie by n formele vergadering goedgekeur te word nie. Dit mag geneem word by wyse van n round robin, indien dit gesteun word deur persone wat daarop geregtig is om voldoende stemregte uit te oefen dat dit as n spesiale besluit by n behoorlik daargestelde aandeelhouersvergadering aangeneem sou gewees het (artikel 60 van die nuwe Wet). 42 43 44 Met ander woorde, vόόr die finansiële bystand. Ratifikasie is derhalwe nie moontlik nie. Indien n vergelyking getref word tussen die vereistes vir n vrystellling kragtens artikel 45 van die nuwe Wet en sodanige vereistes kragtens artikels 37 en 226 van die ou Wet, kom n nuwe konsep wat afwesig was onder die ou Wet nou te voorskyn, naamlik die solvensie en likiditeitstoets. Die toets is as volg: Met inagneming van alle redelik voorsienbare finansiële omstandighede, die maatskappy se billik gewaardeerde bates sy billik gewaardeerde laste oorskry (solvensie toets) en dit blyk asof die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal soos wat dit verskuldig raak in die gewone loop van besigheid vir n tydperk van 12 maande na oorweging van die toets (likiditeitstoets) (artikel 4(1)). Hierdie vereiste was deur die Wysigingswet op Maatskappye 3/2011 bygevoeg. Alhoewel die wysigingswet dit van toepassing maak op finansiële bystand aan alle entiteite soos in artikel 45 uiteengesit, is daar nou aanbeveel dat dit uitgesluit moet word in die geval van lenings tussen maatskappye in n groep, aangesien hierdie lenings dikwels gemaak word en dit gewoonlik sagter is as lenings aan buitestaanders. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-26 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 11.4 Indien die besluit as gevolg hiervan nietig is, is enige direkteur wat teenwoordig was op n vergadering toe die direksie die besluit of ooreenkoms goedgekeur het, of deelgeneem het aan die neem van sodanige besluit, en versuim het om teen die besluit of ooreenkoms te stem, ondanks die wete 46 dat die verskaffing van finansiële bystand strydig met artikel 45 of n bepaling in die akte van oprigting is, aanspreeklik vir enige verlies, skade of koste gely deur die maatskappy 47 as n direkte of indirekte gevolg daarvan. 11.5 Die volgende word nie as finansiële bystand geag te wees nie en is derhalwe nie aan artikel 45 onderhewig nie, naamlik lenings gemaak in die gewone loop van besigheid deur n maatskappy wat se primêre bedrywighede die uitleen van geld 48 is; of rekenpligtige 49 voorskotte om regsuitgawes te betaal met betrekking tot n saak rakende die maatskappy of verwagte uitgawes te betaal wat die persoon namens die maatskappy sal 45 46 47 48 49 n Oortreding van hierdie artikel 45 van die nuwe Wet stel nie n misdryf daar nie. n Oortreding van beide artikels 37 en 226 van die ou Wet het egter n misdryf daargestel. Kragtens artikel 1, beteken die woorde wetende of weet nie slegs werklike kennis nie, maar ook waar die persoon in n posisie was waar die persoon redelikerwys Werklike kennis sou gehad het; die aangeleentheid moes ondersoek het in n mate wat die persoon van werklike kennis kon voorsien het, of ander maatreëls kon getref het wat, as dit getref is, redelikerwys verwag sou word die persoon werklike kennis van die aangeleentheid te kon voorsien het. Dit verwys slegs na n remedie ten gunste van die maatskappy self en nie ten gunste van derde partye nie, teenoor artikel 226 wat ook aanspreeklikheid uitgebrei het ten gunste van enige ander persoon wat nie werklike kennis van die oortreding gedra het nie. Artikel 20(6)(a) van die nuwe Wet bepaal egter dat n aandeelhouer van n maatskappy n eis om skadevergoeding het teen enige persoon wat opsetlik, bedrieglik of as gevolg van growwe nalatigheid verooraak dat die maatskappy enigiets teenstrydig met die Wet (wat artikel 45 insluit) doen. Artikel 218(2) van die nuwe Wet brei n eis om skadevergoeding verder uit ten gunste van enige persoon en nie slegs n aandeelhouer nie. Dit bepaal dat enige persoon wat enige bepaling van die nuwe Wet oortree teenoor enige ander persoon aanspreeklik sal wees vir enige verlies of skade gely deur daardie persoon as gevolg van sodanige oortreding. Artikel 226 het n soortgelyke bepaling gehad en kan met die bepaling in artikel 45 van die nuwe Wet as volg vergelyk word, naamlik -- a) In artikel 226, was n transaksie vrygestel indien dit bona fide aangegaan is, in die gewone loop van besigheid van n maatskappy wat werklik en gereeld besigheid bedryf deur die maak van lenings of die verskaffing van sekuriteit. Die woorde bona fide is afwesig in artikel 45. Teoreties beteken dit dat selfs al is finansiële bystand ter kwader trou gegee, maar daar aan al die ander vereistes voldoen is, dit uit die werking van artikel 45 uitgesluit sal wees. b) Die omvang van die besigheid was irrelevant in artikel 226. In artikel 45 is die uitsluiting slegs van toepassing indien dit die maatskappy se primêre besigheid is, wat veronderstel word om te beteken die grootste gedeelte van die besigheid. Die invoeging van die woord rekenpligtige is belangrik, want dit beteken effektiewelik dat indien n persoon nie rekenskap hoef te gee van hoe die voorskot spandeer is nie, dit wel op finansiële bystand sal neerkom binne die betekenis van artikel 45. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-27 aangaan; of n bedrag om die persoon se uitgawes vir verhuising op die maatskappy se versoek te dek, 50 11.6 Die omvang van die werking van artikel 45 word ietwat versag deur artikel 2(3) van die nuwe Wet, wat bepaal dat met betrekking tot enige besondere aangeleentheid voortspruitend uit die Wet, n hof, die maatsakppye Tribunaal of die Paneel enige persoon mag vrystel van die toepassing van n bepaling van die Wet (byvoorbeeld artikel 45) wat van toepassing sou wees as gevolg van n verhouding, indien sodanige persoon kan aantoon dat, met betrekking tot daardie besondere aangeleentheid, daar voldoende bewyse is om die afleiding te maak dat die persoon onafhanklik van enige verwante of onderling verwante persone optree. 12 Finansiële bystand om aandele van n maatskappy of n verwante of onderling verwante maatskappy te koop - Artikel 44 van die nuwe Wet 12.1 Artikel 44(2) bepaal dat die direksie die maatskappy magtiging mag gee om finansiële bystand 51 te verleen aan enige persoon vir doeleindes van of in verband met die inskrywing 52 van enige opsie, 53 of enige sekuriteite 54 uitgereik of uitgereik staan te word deur die maatskappy (of n verwante 50 51 52 Die bedoeling hier is onduidelik. In die Engelse teks, wat deur die President onderteken is, word die woord removal in plaas van verhuising gebruik. Removal kan ook dui op die verwydering van n direkteur deur die aandelhouers. In sodanige geval ontstaan die vraag of dit ook van toepassing is by n gedwonge verwydering deur aandeelhouers soos bedoel in artikel 71 al dan nie. Heel moontlik nie. Heel moontlik verwys dit na die situasie waar n direkteur kragtens n vriendskaplike skikking verwyder is. Indien die korrekte vertaling egter nie verwydering is nie, maar verhuising (soos vertaal in die Afrikaanse teks), kry hierdie bepaling n heel ander betekenis. By wyse van n lening, waarborg, die verskaffing van sekuriteit of andersins. Die verwysing na inskrywing en koop dui daarop dat artikel 44 van toepassing is waar n maatskappy - a) n persoon bystaan met die aankoop van n sekuriteit in die maatskappy vanaf die houer van daardie sekuriteit; en b) n persoon bystaan met die verkryging van n sekuriteit in die maatskappy vanaf die maatskappy self. Artikel 44 is derhalwe slegs van toepassing op n aankoop of inskrywing en nie op enige ander transaksie nie. 53 54 Volgens die bewoording, hou die opsie verband met n inskrywing en nie met n koop nie. Artikel 44 bepaal nie ten opsigte waarvan die opsie is nie. Die omvang van artikel 44 van die nuwe Wet is breër as diѐ van artikel 38 van die ou Wet, wat slegs die aankoop of inskrywing van aandele gereguleer het en nie ook sekuriteite nie. Sekuriteite word in [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-28 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 of onderling verwante maatskappy), of vir die aankoop van enige sekuriteite van die maatskappy (of n verwante of onderling verwante maatskappy) op voorwaarde dat - a) sodanige bystand nie deur die akte van oprigting verbied word nie; 55 en b) daar aan die statutêre vereistes voldoen word, ten spyte van enige andersluidende bepaling in die maatskappy se akte van oprigting. 56 12.2 Die direksie moet besluit om n persoon by te staan vir die verkryging van aandele. Sodanige besluit moet egter in ooreenstemming met die voorwaardes uiteengesit in subartikels 44(3) en (4) wees. 57 Hierdie voorwaardes is - a) i) dat die spesifieke verskaffing van finansiële bystand ingevolge n aandeleskema vir werknemers moet wees wat aan die vereistes van artikel 97 voldoen; of ii) dat die spesifieke verskaffing van finansiële bystand ingevolge n spesiale besluit van die aandeelhouers moet wees wat binne die vorige twee jaar aangeneem is en wat sodanige bystand hetsy vir die spesifieke ontvanger, of oor die algemeen vir n kategorie van potensiële ontvangers goedgekeur het en die spesifieke ontvanger binne daardie kategorie val (artikel 44(3)(a)); en b) die direksie moet oortuig wees dat onmiddellik na die verskaffing van finansiële bystand -- i) die maatskappy aan die solvensie en likiditeitstoets voldoen; ii) dat die bystand verleen word op terme wat billik en redelik teenoor die maatskappy is (artikel 44(3)(b)); en c) die direksie moet ook verseker dat daar aan enige voorwaardes of beperkings wat in die akte van oprigting van die maatskappy die nuwe Wet omskryf as om te beteken enige aandele, skuldbriewe of ander instrumente, ongeag hul vorm of titel, uitgereik deur n maatskappy met n winsoogmerk. 55 56 57 Met ander woorde, die akte van oprigting kan die magtiging van die direksie verwyder of vervang (byvoorbeeld waar dit die magtiging van al die aandeelhouers by n algemene vergadering vereis) of dit kwalifiseer of beperk op die een of ander manier. Hierdie vereistes word in artikel 44(3) en (4) uiteengesit. Twee transaksies wat spesifiek vrygestel was van die bepalings van artikel 38 van die ou Wet, naamlik lenings aan bona fide werknemers en die verskaffing van finansiële bystand vir die verkryging van aandele in n maatskappy deur die maatskapy of sy filiaal, is nie in die nuwe Wet herhaal of opgeneem nie, wat voldoening daaraan nou meer verswarend maak. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-29 voorkom met betrekking tot die toestaan van die finansiële bystand, voldoen word (artikel 44(4)). 12.3 n Besluit deur die direksie of die ooreenkoms om finansiële bystand te verskaf is nietig in die mate wat die verskaffing van daardie bystand strydig is met artikel 44 of n verbod, voorwaarde of vereiste vervat in die akte van oprigting (artikel 44(5)). 12.4 Alhoewel artikel 38 van die ou Wet nie enige siviele aanspreeklikheid teenoor die direkteure van n maatskappy wat verantwoordelik was vir n oortreding van artikel 38 van die ou Wet opgelê het nie, bepaal artikel 44(6) van die nuwe Wet dat indien die transaksie nietig is, n direkteur van die maatskappy teenoor die maatskappy aanspreeklik is vir enige verlies, skade of koste gely deur die maatskappy, indien die direkteur teenwoordig was op n vergadering toe die direksie die besluit of ooreenkoms goedgekeur het of deelgeneem het aan die neem van sodanige besluit, en versuim het om teen die besluit of ooreenkoms te stem, ondanks die wete dat die verskaffing van finansiële bystand strydig was met artikel 44 of die akte van oprigting van die maatskappy. 12.5 Vir doeleindes van hierdie artikel is finansiële bystand nie die uitleen van geld in die gewone loop van besigheid deur n maatskappy wat se hoofbesigheid die uitleen van geld is nie. 13 Vervreemding van grootste deel van bates of onderneming van maatskappy - Artikels 112 & 115 van die nuwe Wet 13.1 Die vervreemding 58 deur n maatskappy van die geheel of grootste deel 58 Soos met artikel 228 van die ou Wet, omskryf die nuwe Wet nie wat vervreem ( dispose in Engels) beteken nie. As gevolg van die ooreenkomste in die bewoording van die ou en die nuwe Wet, behoort juridiese beslissings onder die ou Wet as hulpmiddel gebruik te kan word by die vasstelling van die betekenis daarvan onder die nuwe Wet. Dit is vasgelê dat die gewone betekenis van die woord vervreem is om afstand daarvan te doen of om daarvan ontslae te raak. Die beoogde betekenis van die woord vervreem (in Engels dispose ) is n transaksie wat would have the effect of permanently depriving the company of its right to ownership of the assets involved. Alley v Courtesy Wholesalers (Pty) Ltd 1996 (3) SA 134 (N); Alexander V Standard Merchant Bank Ltd [1978] 3 All SA 109 (W) 116.1 Derhalwe, stel die volgende nie n vervreemding daar nie, naamlik - die verlening van n voorkoopsreg; n pand; n sessie in securitatem debiti; [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-30 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 van sy bates of onderneming stel n fundamentele transaksie daar en indien n gereguleerde maatskappy 59 die een is wat sy bates of onderneming vervreem, stel dit ook n geaffekteerde transaksie daar wat die betrokkenheid van die Oornamereguleringspaneel vereis. 13.2 Kragtens artikel 112(2) & (3), mag n maatskappy slegs die geheel of die grootste gedeelte van sy bates of onderneming vervreem, indien daar aan die volgende voorwaardes voldoen word - a) die spesifieke vervreemding moet deur n spesiale besluit deur die aandeelhouers van die maatskappy wat vervreem, goedgekeur word. 60 b) die kennisgewing van die aandeelhouersvergadering om die besluit te oorweeg 61 i) moet binne die voorgeskrewe tyd en op die voorgeskrewe ii) wyse aan elke aandeelhouer van die maatskappy gegee word, onderhewig aan artikel 62; 62 moet insluit of vergesel gaan van n skriftelike opsomming van die presiese terme van die transaksie of reeks transaksies 63 wat oorweeg moet word by die vergadering, en die bepalings van artikels 115 64 en 164. 65 die passering van n verband oor die bates van die maatskappy, want soortgelyk aan n pand, is dit nie n absolute vervreemding van eiendomsreg nie. (In Standard Bank of South Africa Ltd v Hunkydory Investments 188 (Pty) Ltd (No. 2) 2010 (1) SA 634 (WCC), het die hof bepaal dat vervreem beteken n vervreemding in die vorm van n oordrag van eiendomsreg, eerder as n transaksie wat die maatsakppy se bates blootstel aan die risiko van gedwonge vervreemding as gevolg van die aangaan van lenings). 59 n Gereguleerde maatskappy word in artikel 118(1) omskryf as n openbare maatskappy, n maatskappy in staatsbesit (tensy vrygestel kragtens artikel 9), en onder sekere omstandighede, n privaat maatskappy. Die Oornamereguleringspaneel moet enige geaffekteerde transaksies reguleer en kan n voldoeningsertifikaat uitreik indien dit tevrede is dat daar aan die toepaslike vereistes van die Wet voldoen is. 60 Artikel 115 skryf die vereistes voor waaraan hierdie besluit moet voldoen. n Spesiale besluit kan n vervreemding όf magtig όf ratifiseer, solank as wat die besluit op n spesifieke transaksie betrekking het. Alles dekkende goedkeurings ( blanket approvals ) is nie aanvaarbaar nie. Ten spyte van artikel 112(2), 115(1) en 115(2) wat slegs na die goedkeuring van die voorgestelde transaksie verwys, is ratifikasie skynbaar moontlik. 61 62 63 64 65 Artikel 112(3). Artikel 62 handel oor kennisgewing van vergaderings. Kragtens artikel 112(5), is n spesiale besluit kragtens artikel 112 slegs effektief tot die mate wat dit n spesifieke transaksie magtig. Wat betrekking het op die vereiste goedkeurings vir die transaksie. Artikel 164 handel oor die waardasieregte van teenstemmende aandeelhouers. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-31 c) Die maatskappy moet aan al die ander vereistes uiteengesit in artikel 115 voldoen, tot die mate waarin daardie vereistes op sodanige vervreemding deur die maatskappy van toepassing is. 13.3 Kragtens artikel 115(2) - a) moet die spesiale besluit aanvaar word deur persone wat geregtig is om stemreg oor sodanige aangeleentheid uit te oefen, by n vergadering wat vir daardie doel byeengeroep is en waarby genoeg persone teenwoordig is om altesaam minstens 25% uit te oefen van die stemreg wat oor sodanige aangeleentheid uitgeoefen kan word, of enige hoër persentasie, soos wat deur die maatskappy se akte van oprigting vereis mag word; 66 b) n spesiale besluit word ook vereis deur die maatskappy se beheermaatskappy (houermaatskappy), indien enige, indien 67 i) die beheermaatskappy n maatskappy of n buitelandse maatskappy is; ii) die voorgestelde transaksie die vervreemding van die geheel of die grootste deel van die bates of onderneming van die filiaal behels; en iii) met inagneming van die gekonsolideerde finansiële state van die beheermaatskappy, die vervreemding deur die filiaal wesenlik n vervreemding van die geheel of grootste deel van die bates of onderneming van die beheermaatskappy uitmaak; en c) goedkeuring deur die hof is slegs nodig in omstandighede soos uiteengesit in artikel 115(3) tot (6). 68 66 67 68 Die spesiale besluit moet aanvaar word met die ondersteuning van ten minste 75% van die stemregte wat op die besluit uitgeoefen word. Met ander woorde, indien daar aan die vereistes in die subparagrawe voldoen is, moet die beheermaatskappy ook die transaksie magtig by wyse van n spesiale besluit. In hierdie geval moet die maatskappy wat vervreem (met ander woorde die filiaal) ook n spesiale besluit passeer, met ander woorde, twee verskillende maatskappye moet die vervreemding magtig. Ten spyte van n behoorlik gepasseerde spesiale besluit, mag n maatskappy nie voortgaan met die implementering van die vervreemding sonder die goedkeuring van die hof nie, indien a) die besluit teengestaan is deur minstens 15% van die stemreg wat oor daardie besluit uitgeoefen is, en enige persoon wat teen die besluit gestem het, binne 5 sakedae na die stemmery, van die maatskappy vereis om goedkeuring by die hof te verkry; of b) die hof, by n aansoek binne 10 sakedae na die stemmery, deur enige persoon wat teen die besluit gestem het, kragtens subartikel (6) aan daardie persoon toestemming verleen om by n hof aansoek te doen om hersiening van die transaksie ooreenkomstig subsartikel (7). [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-32 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 13.4 Artikel 115(8) handel oor die waardasieregte van teenstemmende aandeelhouers. Dit bepaal dat die houer van enige stemreg in n maatskappy geregtig is om kragtens artikel 164 69 regshulp te soek indien daardie persoon - a) die maatskappy vooraf in kennis gestel het van die voorneme om n spesiale besluit teen te staan; en b) by die vergadering teenwoordig was en teen daardie spesiale besluit gestem het. 13.5 Hierdie reg maak aandeelhouers, wat nie die fundamentele transaksie goedkeur nie, effektiewelik daarop geregtig om uit die maatskappy te onttrek, (maar nie om die transaksie te verhoed nie), deur die billike waarde van hul aandele in kontant te onttrek. 13.6 Die bogemelde vereistes is nie van toepassing op n vervreemding van of verkoop van die geheel of die grootste gedeelte van die bates van n maatskappy nie, waar die transaksie - 70 a) as gevolg van n ondernemingreddingsplan; b) tussen n volfiliaal en sy beheermaatskappy; c) tussen twee of meer volfiliale van dieselfde beheermaatskappy; of d) tussen n volfiliaal van n beheermaatskappy aan die een kant en sy beheermaatskappy en een of meer volfiliale van daardie beheermaatskappy aan die ander kant, is. 14 Voorstelle vir amalgamasie of samesmelting - Artikels 113, 115 en 116 van die nuwe Wet 14.1 Kragtens artikel 1, kan n amalgamasie of samesmelting lei tot - a) die stigting van een of meer nuwe maatskappye wat saam al die bates en laste sal hou van die geamalgameerde of saamgesmelte maatskappye, en die ontbinding van al die geamalgameerde of saamgesmelte maatskappye; of b) die oorlewing van minstens een van die geamalgameerde of 69 70 Hierdie artikel handel oor die teenstemmende aandeelhouers se waardasieregte. Artikel 112(1). [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-33 saamgesmelte maatskappye, met of sonder die stigting van een of meer nuwe maatskappye, en die vestiging van al die bates en laste wat voorheen gehou is deur enige van die geamalgameerde of saamgesmelte maatskappye, in die oorlewende maatskappy of maatskappye, en indien van toepassing, die nuwe maatskappy of maatskappye. 71 14.2 Wanneer n amalgamasie-of samesmeltingsooreenkoms geїmplimenteer is a) word die eiendom van elke amalgamerende of saamsmeltende maatskappy eiendom van die nuut geamalgameerde of oorlewende saamgesmelte maatskappy of maatskappye - (artikel 116(7)(a)); en b) elke nuut geamalgameerde of oorlewende saamgesmelte maatskappy is aanspreeklik vir al die verpligtinge van elke amalgamerende of saamsmeltende maatskappy, in ooreenstemming met die bepalings van die samesmeltingsooreenkoms, of enige ander relevante ooreenkoms, maar in ieder geval onderhewig aan die vereiste dat elke geamalgameerde of saamgesmelte maatskappy aan die solvensieen likiditeitstoets moet voldoen en onderhewig aan artikel 116(8), indien dit van toepassing is. 14.3 Vanuit hierdie artikel wil dit voorkom asof vestiging van die bates en laste in die oorlewende maatskappy(e) outomaties geskied, deur regswerking. Daar is gevolglik geen noodsaaklikheid vir voldoening aan enige regsfomaliteite geassosieer met oordrag nie, behalwe kragtens artikel 116(8). 14.4 Indien enige eiendom wat kragtens enige openbare regulasie 72 geregistreer is, as gevolg van die amalgamasie of samesmelting oorgedra 71 72 Alhoewel daar in Amerika na situasie (a) verwys word as n amalgamasie, en na die een in (b) as n samesmelting, word hierdie onderskeid nie duidelik deur die nuwe Wet gemaak nie en dit wil voorkom asof die terme omruilbaar gebruik word. Die notas sal slegs na die term samesmelting verwys as synde die beter bekende woord in Suid-Afrika. Openbare regulasie beteken enige nasionale, provinsiale of plaaslike regergingswetgewing of ondergeskikte wetgewing of enige lisensie, tarief, direktief of soortgelyke magtiging uitgereik deur n regulerende gesag of ingevolge enige statutêre gesag artikel 1. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-34 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 moet word van n amalgamerende of saamsmeltende maatskappy na n geamalgameerde of saamgesmelte maatskappy (byvoorbeeld onroerende eiendom), is a) n afskrif van die betrokke samesmeltingsooreenkoms, tesame met b) n afskrif van die ingediende kennisgewing van amalgamasie of samesmelting genoegsame bewys vir die houer van die betrokke eiendomsregister (registrateur van aktes) om n oordrag van die registrasie van daardie eiendom aan te gaan (artikel 116(8)). 14.5 Dokumente om ingedien te word by die aktekantoor in ooreenstemming met Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012, is die volgende, naamlik Dokumente vir indiening by die aktekantoor 1 Aansoek vir n endossement kragtens artikel 3(1)(v) van die Registrasie van Akteswet; 2 Bestaande titelakte(s); 3 Gesertifiseerde afskrif van die amalgamasie of samesmeltingsooreenkoms; 4 Gesertifiseerde afskrif van die geliassseerde kennisgewing van amalgamasie of samesmelting. 15 Praktyk rakende likwidasie van maatskappye 73 15.1 Item 9 van Bylae 5 van die Wet bepaal dat die bepalsings van hoofstuk 14 van die Maatskappywet 61 van 1973 (ou Wet) toegepas moet word asof dit nie herroep is nie, tot n datum vasgestel deur die Minister verantwoordelik vir maatskappye. 15.2 Kragtens item 2(3) van Bylae 5 van die Wet, is artikel 49(5) tot 49(7) van die ou Wet van toepassing op die beskrywing van maatskappye wat betrokke was by enige likwidasie of geregtelike bestuursprosedures onmiddellik voor 1 Mei 2011. Derhalwe, waar aktes vir registrasiedoeleindes ingedien word in gevalle waar n maatskappy in likwidasie, of 73 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-35 vrywillige likwidasie of onder geregtelike bestuur is, moet die woorde in likwidasie of in vrywillige likwidasie of onder geregtelike bestuur nogsteeds deel uitmaak van die beskrywing van die naam van sodanige maatskappy, indien sodanige prosedures voor 1 Mei 2011 begin is. 15.3 Indien n maatskappy na 1 Mei 2011 gelikwideer word, moet die woorde in likwidasie of in vrywillige likwidasie nogsteeds deel van die beskrywing van sodanige maatskappy uitmaak in aktes en dokumente vir indiening in die aktekantoor. Voorbeelde (in die geval waar n maatskappy voor of na 1 Mei 2011 gelikwideer is) ABC (Edms) Bpk (in likwidasie) Registrasienommer 2011/000123/07 of ABC (Edms) Bpk (in vrywillige likwidasie) Registrasienommer 2011/000123/07 (in die geval waar n maatskappy onder geregtelike bestuur geplaas is, slegs voor 1 Mei 2011) ABC (Edms) Bpk (onder geregtelike bestuur) Registrasienommer 2011/000123/07 16 Praktyk rakende ondernemingredding prosedures 74 16.1 Artikel 155 van die Maatskappywet handel oor n reëling of skikking tussen n maatskappy en sy krediteure ongeag of hy in finansiële nood is soos in artikel 128(1)(f) omskryf of nie, tensy hy kragtens Hoofstuk 6 by ondernemingreddingverrigtinge betrokke is. 16.2 Die direksie van die maatskappy self kan kragtens artikel 129 van die Wet besluit om vrywillige ondernemingreddingverrigtinge te begin en die maatskappy onder toesig plaas, of die hof kan, kragtens artikel 131 van die Wet die maatskappy onder toesig plaas en die aanvang van ondernemingreddingverrigtinge beveel. Hetsy die maatskappy of die hof kan n ondernemingredding praktisyn aanstel. Na die aantelling van n ondernemingredding praktisyn, moet die maatskappy n kennisgewing van aanstelling van n praktisyn by die Kommissie indien. Die praktisyn het kragtens artikel 140 van die Wet, in die plek van sy direksie en 74 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012 [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-36 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 voorafbestaande bestuur, volle bestuursbeheer oor die maatskappy. Die praktyisyn handel derhalwe namens die maatskappy. 16.3 Beskrywing van die transportgewer in die volmag om oordrag te gee Ek, die ondergetekende, Jan van der Merwe, in my hoedanigheid as ondernemingredding praktisyn van ABC (Edms) Bpk Registrasienommer 2008/049786/07 behoorlik aangestel deur *die raad van direkteure op kragtens artikel 129(3)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008 / n hofbevel kragtens artikel 131(5) van die Maatskappywet 71 van 2008 soos blyk uit Kennisgewing van Aanstelling van ondernemingredding praktisyn geliasseer by die CIPC op *Skrap wat nie van toepassing is nie 16.4 Die vestigingsklousule van n akte moet nie n verwysing maak na die feit dat n maatskappy onder ondernemingreddingprosedure is nie. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-37 Indien n maatskappy die verkoper van n eiendom is of die verbandgewer met betrekking tot n eiendom geregistreer in die naam van die gemelde maatskappy, moet die volgende dokumente deur die transportbesorger verkry word ten einde te voldoen aan die vereistes van regulasie 44A uitgereik onder die Registrasie van Akteswet: Gesertifiseerde afskrifte van 1 Kennisgewing van inkorporasie (CoR 14.1); 75 2 Registrasiesertifikaat (CoR 14.3); 76 3 Nuutste opgedateerde akte van oprigting; 77, 78, 79 75 In hierdie vorm word onder andere die volgende inligting weergegee, naamlik a) naam, adres, identiteitsnommer of registrasienommer van die inkorporeerder; b) tipe maatskappy c) datum van inwerkingtreding van inkorporasie; d) eerste finansiële jaareinde; e) maatskappy se geregistreerde adres; f) hoeveelheid aanvanklike direkteure; g) naam van die maatskappy; h) verwysing na die tipe akte van oprigting i) bevestiging of daar beperkende voorwaardes in die akte van oprigting opgeneem is. Vorm CoR 14.1 Aanhangsel A, moet saam met met CoR 14.1 ingedien word. Hierdie vorm staan bekend as Kennisgewing van Inkorporasie: Aanvanklike direkteure van die maatskappy. Indien daar beperkende voorwaardes in die akte van oprigting is, moet Aanhansel C ook ingedien word getiteld: Kennisgewing van Inkorporasie: Kennisgewing van Ring-Fencing bepalings In Aanhansel D, genaamd Kennisgewing van Inkorporasie: Kennisgewing van Maatskappyaanstellings (wat opsioneel is) word die aanvanklike maatskappysekretaris, ouditeur of lede van die oudit kommittee uiteengesit. 76 77 In hierdie sertifikaat word die naam en registrasienommer van die maatskappy uiteengesit. Die datum waarop die registrasie van die maatskapy n aanvang neem, word ook hierin uiteengesit. Dit blyk ook uit hierdie sertifikaat of die naam van die maatskappy a) in ooreenstemming is met die naamkeuse soos uiteengesit in die Kennisgewing van Inkorporasie; of b) gewysig is deur die Kommissie kragtens artikel 14(2)(a); of c) slegs as n tussentydse naam kragtens artikel 14(2)(b) deur die Kommissie toegeken is en die maatskappy versoek word om n gewysigde Kennisgewing van Inkorporasie in te dien om sy naam te verander. d) Die sertifikaat dui ook aan of die Kommissie n kennisgewing van n potensieël betwisde naam of potensieël aanstootlike naam uitgereik het. Daar word standaard vorms vir verskillende soorte aktes van oprigting in die regulasies uiteengesit, maar die maatskappy kan ook sy eie unieke akte van oprigting indien. Die vorms in die regulasies is as volg, naamlik CoR 15.1 A Verkorte standaard vorm vir Privaat maatskappye CoR 15.1 B Lang standaard vorm vir maatskappye met n winsoogmerk CoR 15.1 C Verkorte standaard vorm vir maatskappye sonder winsoogmerk en sonder lede CoR 15.1 D Lang standaard vorm vir maatskappye sonder winsoogmerk en sonder lede CoR 15.1 E Lang standaard vorm vir maatskappye sonder winsoogmerk met lede As deel van die akte van oprigting, word die volgende inligting ingesluit, naamlik a) Naam van die maatskappy; b) Tipe maatskappy; c) Hoeveelheid direkteure van die maatskappy; d) Hoeveelheid alternatiewe direkteure van die maatskappy; e) Die hoeveelheid aandele van n enkele klas aandele wat dit gemagtig is om uit te reik f) Besonderhede van die inkorporeerders van die maatskappy, naamlik naam en adres, [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-38 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 Dit kan onder andere bestaan uit - 2.1 2.2 3.1 akte van oprigting 3.2 kennisgewing van wysiging van akte van oprigting (CoR 15.2) 3.3 Kennisgewing van konsolidasie van akte van oprigting (indien van toepassing) (CoR 15.5) 4 Alle kennisgewings van verandering van direkteure (CoR 39); 5 Nuutste geregistreerde adres (CoR 21) 6 Nuutste kennisgewing van verandering van ouditeur of sekretaris of lid van oudit kommittee 80 (CoR 44)); identiteitsnommer of registrasienommer, handtekening. 78 79 80 Die kennisgewing van wysiging van akte van oprigting word met vorm CoR 15.2 ingedien. Indien die kennisgewing van wysiging betrekking het op beperkende voorwaardes, moet vorm of CoR 15.2, aanhangsel A by die kennisgewing aangeheg word. Kragtens artikel 17(5) van die nuwe Wet, kan n maatskappy, nadat dit een of meer veranderings of wysigings aan sy akte van oprigting ingedien het, n gekonsolideerde hersiening van sy akte van oprigting as sodanig verander of gewysig indien. Die Kommissie kan ook vereis dat n maatskappy n gekonsolideerde hersiening van sy akte van oprigting as sodanige verander of gewysig indien. Sodanige gekonsolideerde hersiening moet vergesel gaan van n beëdigde verklaring deur n direkteur van die maatskappy of n verklaring deur n prokureur of notaris wat aandui dat die gekonsolideerde hersiening n ware, akkurate en volledige voorstelling van die maatskappy se akte van oprigting is, soos verander en gewysig tot op die datum van die verklaring. n maatskappy wat a) publieke maatskappy is; of b) maatskappy in staatsbesit is; of c) enige ander maatskappy wat kragtens sy akte van oprigting of die nuwe Wet of Regulasies vereis word om sy finansiële state te oudit is, is verplig om n ouditeur aan te stel. In sodanige geval, moet bewys van die aanstelling van die gemelde ouditeur verkry word deur die verkryging van Vorm CoR 44 en gemelde ouditeur moet die ouditeursertifikaat onderteken. Indien die maatskappy nie verplig is om n ouditeur aan te stel, soos in die paragraaf hierbo uiteengesit nie, is sy finansiële state onderhewig aan n onafhanklike hersiening. Kragtens regulasie 29(4) moet n onafhanklike hersiening van die maatskappy se finansiële state gedoen word a) in die geval van n maatskappy wat se openbare belang telling vir n besondere finansiële jaar ten minste 100 was, deur n geregistreerde ouditeur, of n lid van n professionele liggaam wat kragtens artikel 33 van die Auditing Profession Act geakkrediteer is; of b) in die geval van n maatskappy wat se openbare belang telling vir n besondere finansiële jaar minder as 100 was, deur n persoon na verwys in paragraaf (a) hierbo, of n persoon wat gekwalifiseer is om as n rekenkundige beampte van n beslote korporasie kragtens artikel 60(1), (2) en (4) van die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984, aangestel te word. Kragtens artikel 30(2A) is dit nie n vereiste vir n maatskappy om sy jaarlikse finansiële state te laat oudit of onafhanklik te laat hersien nie, indien elke persoon wat n houer is van of n voordelige belang het in enige sekuriteite uitgereik deur daardie maatskappy, ook n direkteur van daardie maatskappy is. Hierdie artikel is onderhewig aan enige regulasies uitgevaardig deur die Minister kragtens die nuwe Maatskappywet wat wel hul finansiële state moet laat oudit (in hierdie verband, sien regulasies 28 en 29, wat alreeds bespreek is). [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-39 7 Gesertifiseerde afskrif van besluit deur die direkteure van die maatskappy wat a) die verkoop en oordrag van die eiendom (of die aangaan van die lening en die registrasie van n verband) magtig; sowel as b) die verteenwoordiger aanstel om alle dokumente nodig vir die die verkoop en oordrag of aangaan van die lening en verbandregistrasie te onderteken namens die maatskappy. 8 Sertifikaat deur die rekenkundige beampte of ouditeur van die maatskappy waarin bevestig word - a) dat die maatskappy nogsteeds op die register van maatskapye geregistreer is; b) dat die akte van oprigting alle wysigings tot op datum reflekteer; c) wat die name van die huidige direkteure is; d) dat geen deel van die fondse wat deur die transaksie voorsien is of word teenstrydig met die bepalings van artikels 44, 81 45, 82 en 75 83 is nie; e) dat die verkoop en oordrag nie die vervreemding van die geheel of die grootste deel van die bates van die maatskappy daarstel nie (artikel 112); 84 f) dat die registrasie van die transaksie nie teenstrydig met die akte van oprigting van die maatskappy is nie g) dat geen besluit geneem is vir die vrywillige likwidasie van die maatskappy nie; geen aansoek vir die likwidasie van die maatskappy aan die hof gerig is nie en die maatskappy nie onderworpe aan n ondernemingreddingsplan is nie. 9 Idenititeitsdokument van die verteenwoordiger wat die dokumente namens die maatskappy as behoorlik gevolmagtigde agent gaan onderteken. 10 Solvensieverklaring deur die maatskappy (insluitende n verklaring of die maatskappy onderhewig is aan enige ondernemingsreddingsplan). 81 82 83 84 Artikel 38 onder die ou Wet. Artikels 37 en 226 onder die ou Wet. Hierdie is soortgelyk aan artikel 236 onder die ou Wet. Indien n direkteur (of alternatiewe direkteur of voorgeskrewe beampte of komiteelid) of verwante persoon n finansiële belang in enige ooreenkoms het, mag sodanige direkteur nie die ooreenkoms aangaan tensy die ooreenkoms deur n gewone besluit van die aandeelhouers goedgekeur is, nadat die direkteur die aard en omvang van daardie belang aan die aandeelhouers openbaar het nie. Indien sodanige persoonlike belang nie geopenbaar en goedgekeur is soos voormeld nie, sal sodanige ooreenkoms nietig wees. Artikel 228 onder die ou Wet. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-40 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 Addisionele dokumente om bekom te word, afhangende van die tipe transaksie 11 Indien die maatskappy finansiële bystand verskaf met betrekking tot die inskrywing van enige van sy sekuriteite of vir die aankoop van enige sekuriteite in die maatskappy 85 a) spesiale besluit aanvaar binne die vorige twee jaar deur die aandeelhouers; b) besluit deur die direksie wat sodanige bystand magtig; c) bevestiging deur die direksie dat daar aan die solvensie en likiditeitstoets voldoen is; d) bevestiging deur die direksie dat die terme waaronder die bystand gegee is, billik en redelik teenoor die maatskappy is; en e) bevestiging dat daar aan enige voorwaardes of beperkings uiteengesit in die akte van oprigting voldoen is. 12 Indien die maatskappy finansiële bystand verskaf aan of met betrekking tot 86 i) n direkteur of voorgeskrewe beampte van die maatskappy; ii) n direkteur of voorgeskrewe beampte van n verwante of onderling verwante maatskappy; iii) n verwante of onderling verwante maatskappy of beslote korporasie; iv) n lid van n verwante of onderling verwante korporasie; of v) n persoon verwant aan sodanige maatskappy, korporasie, direkteur, voorgekrewe beampte of lid - a) spesiale besluit aanvaar binne die vorige twee jaar deur die aandeelhouers; b) n besluit deur die direksie vir sodanige bystand; c) bevestiging deur die direksie dat daar aan die solvensie en likiditeitstoets voldoen is; d) bevestiging deur die direksie dat die terme waaronder die finansiële bystand gegee word billik en redelik teenoor die maatskappy is; en e) bevestiging dat daar aan al die voorwaardes en vereistes uiteengesit in die akte van oprigting voldoen is en dat daar geen oortreding daarvan is nie. 13 Indien die geheel of die grootste deel van die maatskappy se bates of onderneming vervreem word - 87 85 86 87 Artikel 44 van die nuwe Wet. Artikel 45 van die nuwe Wet. Artikel 112 & 115 van die nuwe Wet. [Uitgawe 23] [Februarie 2012]

Maatskappye Hoofstuk 6-41 a) spesiale besluit deur die aandeelhouers, 88 behalwe as een van die uitsonderingsgevalle van toepassing is. b) skriftelike bevestiging deur die direksie dat die goedkeuring van die hof nie nodig is soos uiteengesit in artikel 115(3) (6) nie, met ander woorde daar is geen hangende hofverrigtinge soos na verwys in artikel 115(3) (6) nie. 14 Indien onroerende eiendom oorgedra moet word as gevolg van n amalgamasie of samesmelting a) bevestiging deur die direksies van die saamsmeltende maatksappye rakende die voldoening aan die solvensie en likiditeits toets met berekking tot die saamgesmelte maatskappy by die implemetering van die samesmelting; b) spesiale besluit deur die aandeelhouers van die saamsmeltende maatskappye; c) kennisgewing van samesmelting ( CoR 89); d) samesmeltingsooreenkoms; e) bevestiging deur die direksies dat daar geen hangende hofverrigtinge kragtens artikel 115(3) (6) of artikel 116(1)(b) 89 is nie. BRONNELYS 1 Maatskappywet 61 van 1973, soos gewysig 2 Maatskappywet 71 van 2008, soos gewysig 3 Regulasies uitgereik kragtens die Maatskappywet 71 van 2008 en gepubliseer in Staatskoerant No.34239 gedateer 26 April 2011 4 Die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 5 Contemporary Company Law, Farouk HI Cassim, Maleka Femida Cassim, Rehana Cassim, Richard Jooste, Joanne Shev & Jacqueline Yeats, Eerste gepubliseer 2010, Juta 6 Maatskappye en ander Besigheidstrukture in Suid-Afrika, Dennis Davis, Farouk Cassim, Walter Geach, Tshepo Mongalo, David Butler, Anneli Loubser, Lindi Coetzee, David Burdette, First published 2009, Oxford University Press. 7 Michael Katz, A practical guide to the implications of the new Companies Act: An introduction, De Rebus, Januarir/Februarie 2010, p.50. 8 Vivian Chaplin, A practical guide to the implications of the new Companies Act: Classification of Companies, De Rebus, Maart 2010, p.39. 9 Paul Descroizilles, A practical guide to the implications of the new Companies Act: the memorandum of incorporation, shareholders agreements and special resolutions, De Rebus, Maart 2010, p.39. 10 Hoofregistrateursomsendskrywe 3/2012 88 89 Hierdie besluit moet aan die spesifieke vereistes uiteengesit in artikel 115 van die nuwe Wet voldoen, aangesien hierdie n fundamentele transaksie is. n Krediteur kan, kragtens artikel 116(1)(b) magtiging bekom om aansoek te doen vir die hersiening van die samesmelting op grond daarvan dat die krediteur wesenlik deur die samesmelting benadeel sal word. [Februarie 2012] [Uitgawe 23]

Hoofstuk 6-42 Selfstudie Aktekursus - Deel 3 [Uitgawe 23] [Februarie 2012]