HEG HIERDIE DOKUMENT HEEL VOOR AAN U VERSLAG ASSEBLIEF. Verkorte titel



Similar documents
Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2


Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

How To Get A Bsc In Forensic Science

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

1. Lees en leestegnieke

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

Algemene vrae - ontvangers

THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

MARKETING MANAGEMENT

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

INSTRUCTIONS TO AUTHORS: ACTA THEOLOGICA

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Government Gazette Staatskoerant

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

Adri Breed Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

Workshop: Translation Today: Computers, Practice, Ethics. Werksessie: Vertaling Vandag: Rekenaars, Praktyk, Etiek November 2015

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT


Policy on Student Leadership Development and Training

AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

Managerial support for an optometry practice: A business analytics study

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

n boek vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

Taak, watse taak?! Opdrag = Handleiding! Onderwerp. idees kry. hoekom? proeflees tabelle? prente? waar pas dit in? navorsing doen.

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

Huntington Siekte. Algemene Inligting. Neurogenetiese Kliniek. Afdeling Menslike Genetika. Groote Schuur-hospitaal. Universiteit van Kaapstad

Verbintenis tot besluitneming

DIE ROL VAN VISIE EN MISSIE IN 'N ONDERNEMING TEN OPSIGTE VAN STRATEGIESE BESTUUR. A.J. Kuyvenhoven. Skripsie MAGISTER COMMERCII ONDERNEMINGSBESTUUR

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

De psychologie van veilige seks en tekstontwerp. Hans Hoeken & Dymphie Geurts

STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

A Systematic Approach to Enterprise Risk Management

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

DIE GEBRUIK VAN TERRORISME AS 'N INTERNASIONALE POLITIEKE BEDINGINGSINSTRUMENT:

Chapter 4: Data analysis and findings. 4.1 Introduction...125

Herken en visualiseer 3-dimensionele voorwerpe uit die omgewing

THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE OF MASTER OF PUBLIC ADMINISTRATION AT THE UNIVERSITY OF STELLENBOSCH

n Kritiese ondersoek en bespreking van die toepassing van die beleid van verskroeide aarde gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog.

WISKUNDE OPKNAPPINGSKURSUS/ MATHEMATICS REFRESHER COURSE NOTAS EN WERKBOEK VIR/ NOTES AND WORKBOOK FOR

SORG VIR JOU TROETELDIERE LESPLAN

Beskouings oor die doodstraf


AN AUDIT AND RISK HANDLING PROTOTYPE FOR FIREWALL TECHNOLOGY. by ESTÉE VAN DER WALT DISSERTATION

CUSTOMER RELATIONSHIP MANAGEMENT FROM THE PERSPECTIVE OF A TRACKLESS MINING EQUIPMENT MAINTENANCE ORGANISATION

The Functional Design of a Project Management Information System: Case Study with South African Breweries Ltd

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

Llterêre vertaling as kruiskulturele kommunikasie: Kortonnen dozen van Tom Lanoye in Afrikaans

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM

Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

Ouerskap Handleiding vir Goeie Karakter

How To Pay Aangedui In The Germany

ONS MOEDERTAAL. n Vol/edige kursus vir Afrikaans as Eerste Taa/ STANDERDS VII EN VIII C.P. VANDERMERWE W.KEMPEN P.S. MEYER.

Doelgerigte Jeugbediening (

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

MARKETING CULTURE IN PUBLIC SCHOOLS - IMPLICATIONS FOR SCHOOL MANAGEMENT BY ABDUL SAMED AHAMOOD A MINI - DISSERTATION MAGISTE [DUCA-I-BONUS

N VOORGESTELDE RAAMWERK VIR DIE SKRYF VAN N AKADEMIESE PUBLIKASIE: VOORBEELDE UIT DIE TEOLOGIESE ETIEK ABSTRACT

THE USE OF PLAY THERAPY MEDIUMS IN A STRESS MANAGEMENT PROGRAMME WITH CORPORATE EMPLOYEES

PETISIE 1 WORD PER E-POS VERSPREI

0 MAKEsnase Alive. TM 200E05-3w MAY JUL togs Au

Literêre genre van die Daniëlverhale 1

The information in this report is confidential. So keep this report in a safe place!

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

CHRONIC MEDICINE APPLICATION FORM CHRONIESE MEDISYNE AANSOEKVORM

THE DEVELOPMENT OF AN INTEGRATED SUPPLY CHAIN COMPETENCY MODEL

Benefits, business considerations and risks of big data

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

1. Die vraestel bestaan uit 5 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

Advertising and attorneys: some anxiety -reducing empirical findings

PERCEPTIONS OF TUTORS AND STUDENT NURSES ON FACTORS THAT INFLUENCE ACADEMIC PERFORMANCE AT A NURSING COLLEGE

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

COLOUR AS COMMUNICATION IN SELECTED CORPORATE VISUAL ldentltles. Mini-dissertation submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree

T VAN DER HEIJDEN. Supervisor: Prof. N. Vink

ANDERKANT DIE GESKEURDE VOORHANGSEL. Die Posisie van die Vrou in die Gemeente Nick Maartens

How To Study How Short Term Insurance Affects Customer Satisfaction

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE MODELVRAE

RAND AFRIKAANS UNIVERSITY

Young adults' relationship intentions towards their cell phone network providers

Transcription:

HEG HIERDIE DOKUMENT HEEL VOOR AAN U VERSLAG ASSEBLIEF. Naam Verkorte titel Titel (5%): Opsomming (10%): Inleiding (20%): Bondig? Akkuraat? Voldoende inligting? Interessant/Boeiend? Bondig? Akkuraat? Voldoende inligting? Volledig (is al die afdelings van die artikel opgesom?) Is belangrikste bevindings/ resultate en gevolgtrekkings duidelik? Voldoende Agtergrond? Mees relevante literatuur bespreek en aangehaal? (Bv.: is literêre oorsig gedoen?) Doelstellings duidelik uiteengesit? Punt Metodes (10%): Volledig? Toepaslike statistiese metodes korrek beskryf? Sou 'n leser jou eksperimente / werk kon dupliseer? Literatuur aangehaal waar toepaslik? Resultate (10%): Toepaslike beskrywing van tendense in die data? Korrekte terminologie? Word daar genoegsaam en in die korrekte volgorde na figure en tabelle verwys? Is byskrifte by figure en opskrifte van tabelle korrek? Word statistiek korrek weergegee en is die betekenis daarvan duidelik? Figs & Tabelle (10%): Bespreking (20%): Duidelik, gepas, behoorlik genommer? Voldoende op- en onderskrifte, korrek geplaas? Logies? Interpretasie van relevansie van resultate (m.b.t. hipotese en vorige werk)? Beperkings van jou navorsing? Geldigheid van aannames? Verdere werk? Verwysings (10%): Voldoende? Korrek aangehaal in teks? Korrekte formaat in verwysingslys? Is alle verwysings in lys in teks aangehaal en omgekeerd? Aanbieding (5%): Aanvaarbare taal, styl, spelling, uitleg en geen tikfoute? U finale punt is: Assessor se kommentaar: Ek het gehou van: U kan die artikel verbeter deur:

Afdeling A Plagiaat is om ander se werk as jou eie voor te stel. Dit is oneerlik en daarom verkeerd. Lees asseblief die inligting op die Departement Plant- en Dierkunde se webruimte by die volgende skakels: http://www.sun.ac.za/library/eng/help/infolit2002/use.htm http://academic.sun.ac.za/botzoo/students/plagiarism_us.htm Skeur / knip langs die stippellyn en handig onderste gedeelte van blad by u dosent / kursuskoördineerder in.... Afdeling B Verklaring wat deur alle voorgraadse Botanie- en Soölogie-studente gelees, geteken en by hulle onderskeie dosente / kuruskoördineerders ingehandig moet word. Verklaring 1. Plagiaat is om ander se werk as jou eie voor te stel. Ek weet dat dit verkeerd is. 2. Ek het die Universiteit Stellenbosch se tussentydse beleid oor plagiaat gelees en verstaan dit. Ek verstaan die gevolge wat plagiaat op die assessering van my kursus sal hê. 3. Ek verstaan dat dit verkeerd is om iemand anders se werkstuk heeltemal of gedeeltelik te kopieer en verklaar hiermee dat ek self my werk sal doen. 4. Ek sal nie sinsnedes, sinne of paragrawe woordeliks vanaf die WWW/Internet of uit enige gepubliseerde bron in my werkstukke gebruik nie. 5. Ek sal nooit toelaat dat enigiemand my werk kopieer met die doel om dit as sy/haar eie voor te stel nie. Handtekening...

GIDS VIR DIE VOORBEREIDING VAN VERSLAE IN DIE FORMAAT VAN 'N WETENSKAPLIKE ARTIKEL Plagiaat Om woordeliks die werk van medestudente of ander mense oor te skryf (insluitende boeke, joernaalartikels en die internet) is streng verbode en indien u dit doen sal u streng gepenaliseer word. Dit sluit die knip en plak van gedeeltes van PDF-leêrs asook die kopiëring van hulp-leêrs van rekenaarprogramme, in.op die Universiteit se webruimte vind u 'n kort beskrywing van plagiaat (http://www.sun.ac.za/library/eng/help/infolit2002/use.htm) en die Universiteit se beleid aangaande plagiaat (http://academic.sun.ac.za/botzoo/students/plagiarism_us.htm). Algemene punte: U mag opdrag kry om u praktiese verslag as 'n artikel vir 'n spesifieke joernaal voor te berei. Elke joernaal publiseer deeglike en uitvoerige instruksies aan outeurs op hulle webruimtes. Dit is u plig om dit op te spoor en toe te pas. Dit kan maklik deur die Gericke Biblioteek se webbladsy vir elektroniese joernale of deur Web of Science of deur Google opgespoor word. Raadpleeg 'n paar artikels van die joernaal om te sien hoe hullle geformatteer word. Britse en Europese joernale gebruik die spelwyse van die Verenigde Koninkryk, terwyl joernale uit die V.S.A. die Amerikaanse spelwyse gebruik. Kies die toepaslike spelwyse en gebruik dit konsekwent in u werk (Spellchecker in Word). Fyn detail soos lettertipe en grootte, opskrifte van onderafdelings, eenhede, nomenklatuur en leteratuurverwysings verskil aansienlik van joernaal tot joernaal. Dit mag kleinlik voorkom, maar as outeurs artikels in die verkeerde formaat vir 'n spesifieke joernaal voorlê, loop hulle die gevaar dat die artikel afgewys sal word. Elke joernaal het 'n gestandardiseerde formaat en redakteurs pas dit toenemend strenger toe. Navorsing is slegs 'n stokperdjie totdat dit gepubliseer is. Swakversorgde manuskripte is 'n bron van irritasie vir redakteurs en sal waarskynlik afgewys word. Tans is die tradisionele gebruik van die derde persoon in wetenskaplike tekste ("monsters is geneem") nie meer nodig nie. Baie joernale verkies die gebruik van die eerste persoon ("Ek" of "Ons het monsters versamel"). Dit klink nie so styf nie en dit vereis minder woorde. Gebruik eenvoudige taal en so min woorde as moontlik. Moenie wetenskaplik of slim probeer voorkom deur lang woorde te gebruik terwyl korter woorde goed genoeg is nie. U kan gevra word om een van twee formate of strukture te gebruik. A. Oorsigformaat (vir essays) Oorsigartikels kombineer en som navorsing op wat reeds gepubliseer is, soms om nuwe gevolgtrekkings te maak en soms as 'n voorpunt sintese wat die weg vir toekomstige navorsing aandui. Daar is nie altyd 'n afdeling vir Metodes nie. As daar wel een is, kan dit inligting bevat oor hoe die literatuurstudie gedoen is en watter literatuur dit dek. Oorsigsrtikels het 'n Inleiding, Bespreking en Gevolgtrekkings. Die literatuurverwysings is volgens die spesifieke joernaal se formaat. Die volgorde van die onderwerpe mag chronologies wees (volgens datum van publikasie, van ouer to meer onlangs) of u kan 'n logiese struktuur van u eie volg. Dit moet 'n logiese verloop hê en daarom is die opstel van 'n raamwerk, alvorens u begin, veral nuttig. B. Navorsingsverslagformaat (vir praktiese of veldekskursie-verslae) Verskillende joernale verkies verkillende formate, maar die basie struktuur van 'n navorsingsartikel is redelik gestandardiseer. Joernale mag verskil t.o.v.: - sommiges verkies 'n opsomming in stede van 'n uittreksel - sommiges verkies 'n afsonderlike afdeling vir gevoltrekkings, ander nie. - baie het twee formate: kort kommunikasies/kort notas en vollengte artikels. By eergenoemde is die onderafdelings, Resultate en Bespreking, gekombineer. Tipiese afdelings: 1. Titelblad

2. Uittreksel 3. Inleiding 4. Materiaal en Metodes 5. Resultate 6. Bespreking 7. Verwysings (of Literatuur Aangehaal) 1. Titelblad Dit bevat die titel van die artikel, die naam(e) en adres(se) van die outeur(s) (insluitende e-pos adresse, indien beskikbaar) en tot 5 sleutelwoorde. Titel: Kort, maar met genoeg inligting om in titellyste gebruik te word of vir gekodeerde inligtingsberging en verhaling op internetdatabasisse. Informatief en so bondig as moontlik. Naam en adres: Jou eie en dié van jou mede-outeurs. Geen titels soos "Dr" of "Prof." Sluit naam van departement of inrigting waar navorsing gedoen is, in. 2. Uittreksel Dit begin met bondige stellings aangaande die doelstellings en metodes van jou navorsing, gevolg deur die sleutelresultate en gevolgtrekkings van jou bevindings. Die hoofboodskap van jou artikel in 'n neutedop. Baie mense lees net die uittreksel om te besluit of hulle die hele artikel wil lees. Dit moet dus beknop maar in gewone taal, sonder oormatige afkortings, geskryf wees. Neem aan dat die leser oor 'n mate van kundigheid oor die onderwerp beskik, maar nie jou artikel gelees het nie. Die uittreksel is dus 'n aparte afdeling en behoort nie na figure, tabelle of dele van die artikel te verwys nie. Dit bevat die absolute minimum t.o.v. agtergrond en geen literatuurverwysings. Dit behoort kort te wees (nie meer as 250 woorde nie), op die punt af, informatief, interessant en behoort die leser te prikkel om die res van die artikel te lees. Daar is vyf aspekte (a) Bondige agtergrondinligting sonder literatuurverwysings (b) 'n Stelling oor watter navorsing onderneem is en hoekom (c) 'n Beknopte opsomming van die metodologie (d) Die belangrikste resultate (e) Die hoof gevolgtrekking en aanbevelings. Die uittrekselbehoort nie nuwe inligting te bevat wat nie in die artikel voorkom nie. Die inleidende sin of twee behoort die onderwerp van die artikel te stel en die doelstellings van die ondersoek uit te lig. 3. Inleiding Hierdie afdeling identifiseer die navorsing wat onderneem gaan word, die belang daarvan, die doelstellings en die oorkoepelende agtergrond om die uitkomste en die belang van die studie te verstaan. Hierdie afdeling behoort die volgende te bevat: (a) 'n Beskrywing van die aard van die vraag of probleem wat nagevors word. (b) 'n Hipotese-stelling van een of twee sinne, afgelei van die vraag wat gestel is en uit die oorsig van die agtergrondinligting en (c) 'n literatuuroorsig (uit jou laboratoriumnotas, teksboek, ander boeke en joernale) van bekende inligting wat tot die formulering van jou vraag of probleem lei. Dit verskaf agtergrond tot die studie en toon aan die leser dat wat jy gedoen het, belangrik is. Dit is egter NIE 'n herhaling van alles wat jy moontlik oor die onderwerp weet nie. Maak seker dat al die agtergrondinligting relevant is tot die vrae/besprekingspunte wat jy aanspreek.

(d) Dit behoort te eindig met met 'n kort, duidelike stelling aangaande die doelstellings van die studie wat breedvoerig in die afdeling(s) Bespreking / Gevolgtrekkings gedek word. Evalueer hierdie gedeelte van u voorlegging deur jouself af te vra of dit die probleem wat jy nagevors het en die agtergrond daarvan duidelik aan die leser stel. Sou die leser, met dieselfde agtergrondinligting tot sy/haar beskikking, dieselfde hipotese opgestel het en dieselfde afleidings uit die navorsing gemaak het. As die leser dit nie op grond van die inleidende materiaal kan doen nie, moet jy meer inligting voorsien. Moenie aanhalings in die inleiding en bespreking gebruik nie. Parafraseer liewer idees en haal die oorspronklike outeur aan. Onthou om jou idees logies uiteen te sit. In die praktyk is dit raadsaam om die inleiding in vyf duidelike stadia te verdeel. (a) en (b) Begin die inleiding met 'n algemene stelling(s) oor jou navorsingsveld om aan die leser agtergrondinligting oor die probleem te verskaf. Begin deur aanvaarde feitestellings oor jou algemene werksveld te maak. Identifiseer dan jou sub-gebied binne hierdie algemene veld. Stel dan jou spesifieke onderwerp bekend. (c) Verskaf nou meer spesifieke stellings oor aspekte van die probleem wat reeds deur ander navorsers aangespreek is. Basies moet jy 'n bondige literatuuroorsig van die bevindings van ander navorsers, wat reeds oor jou belangstellingsveld gepubliseer het, verskaf. Dit verskaf nie net agtergrondinligting sodat die leser jou studie kan verstaan nie, maar dit toon ook aan die leser dat jy bekend is met die belangrikste navorsing wat in jou veld gedoen is. Dit toon natuurlik ook in watter mate jou navorsing by gebeure in jou navorsingsveld aansluit. As jy na verskillende studies wil verwys moet jy besluit hoe jy die verwysings gaan rangskik. Jy kan byvoorbeel eers verwys na artikels met die minste relevansie vir jou studie en dan na dié wat die meeste relevansie toon. Jy kan ook besluit om die artikels kronologies (volgens publikasiedatum) aan te haal of jy mag verkies om dit te groepeer volgens die verskillende benaderings van vorige navorsers. Die styl word normaalweg voorgeskryf deur die joernaal waar jy jou navorsing vir publikasie gaan voorlê. Voeg nou 'n stelling(s) wat verdere navorsing regverdig, in. Dit word gewoonlik gedoen deur 'n kennisgaping, m.a.w 'n gebied wat nog nie deur vorige navorsers ondersoek is nie, aan te dui. Jy kan daarop wys dat vorige navorsing in jou veld onvoldoende was, of jou studie mag antwoorde op 'n onopgeloste meningsverskil verskaf of miskien het jou literatuuroorsig nuwe navorsingsvrae wat nog nie deur ander navorsers in die veld oorweeg is nie, na vore gebring. Jy kan byvoorbeeld in 'n studie van die verwantskap tussen die grootte van intergety-rotspoele en die aantal spesies wat daarin voorkom, iets soos die volgende sê: Daar bestaan geen gepubliseerde navorsing oor die invloed van poelgrootte op spesiesrykheid in Suid- Afrika nie. (d) Voltooi die inleiding met 'n baie spesifieke stelling(s) aangaande die oogmerke/doelwitte van die studie. Kom ons neem aan dat jy in die verwantskap tussen die grootte van rotspoele en die aantal spesies daarin belangstel. Jou navorsingsvraag mag as volg geformuleer word. Wat is die invloed van die grootte van 'n rotspoel op die aantal spesies. Jy mag verkies om dit so te skryf: Die doel/oogmerk/doelwit van hierdie verslag is om te bepaal of die grootte van intergety-rotspoele die aantal spesies wat daarin aangetref word, beïnvloed? Jy mag ook verkies om 'n stelling, bekend as 'n hipotese, oor die verwagte uitkomste te maak. Die doel van jou studie sal dan wees om te bepaal of die hipotese wat jy voorgetstel het, verwerp moet word of nie. Hierdie

hiptese word gewoonlik in die negatief gestel en staan bekend as die negatiewe hipotese (Ho). In ons voorbeeld sal 'n hipotese wat op die navorsingsvraag gebaseer is, as volg lyk: Die grootte van die rotspoele het geen invloed op die aantal spesies wat daarin gevind word nie. Die manier om dit in jou verslag te stel is as volg: Die doel van hierdie verslag is om die hipotese, dat die grootte van die rotspoele geen invloed op die aantal spesies uitoefen nie, te toets. U mag verkies om met 'n finale sin of twee, wat die studie regverdig, te eindig. Byvoorbeeld: Of: Die resultate van hierdie studie kan 'n aansienlike invloed op ons kennis van die struktuur van invertebaat-gemeenskappe in rotspoele, uitoefen. Die data in hierdie verslag sal dié van vorige publikasies ondersteun. 4. Materiaal en Metodes Dit is 'n gedetailleerde beskrywing van wat jy gedoen het, watter organismes jy bestudeer het, hoe die eksperimente uitgevoer is en die statistiese metodes wat jy gebruik het. Dit kan uit onderafdelings bestaan vir groter duidelikheid. Die onderafdelings kan ook in die Resultate en Besprekings-afdeling weerspieël word. Omdat u rapporteer oor wat reeds gedoen is, moet dit in die verlede tyd geskryf word. Jy mag die eerste of tweede persoon gebruik, maar hou by die formaat wat jy gekies het. Die eerste persoon vereis minder woorde en word toenemend gebruik, bv:. Sestien rotspoele is op die hoë, middel en lae kus by Betty's-baai gekies. OF: Ons het Sestien rotspoele op die hoë, middel en lae kus by Betty's-baai gekies. Beskryf die stappe wat in u studie gebruik is en die materiaal wat gedurende elk stap gebruik is om die data te versamel. Veral by ekologie-projekte moet die beskrywings van die spesies wat versamel is, geslagsverhoudings van die diere, populasies of monsters wat vir die studie gekies is, monstergroottes, ligging van die studie-areas of populasies, enige beperkende toestande wat ondervind is sowel as die versamelingstegnieke wat toegepas is, ingesluit word. Dit is belangrik om die prosedures wat u gebruik het te dokumenteer sodat ander jou werk kan herhaal en jou bevindings bevestig of daarop bou. Die korrekte beskrywing van laboratoriumprosedures is 'n uitdaging. Fokus op die metodologiese detail wat die uitkoms van jou projek mag beïnvloed. Jy het waarskynlik 'n verskeidenheid materiaal gebruik. Dit kan laboratorium- en veldapparaat insluit, menslike of dierlike voorbeelde, natuurlike stowwe, vervaardigde stowwe, opnames, vraelyste en toetse en rekenaar- of wiskundige modelle. Indien die materiale wat jy gebruik het goed bekend is aan navorsers in u veld, is dit genoeg om dit net te noem. Indien jy van voorheen gepubliseerde metodes gebruik gemaak het, is dit voldoende om net die bron aan te haal indien jy die metodes presies gevolg het. Indien nie, moet jy verduidelik hoe jy die gepubliseerde metodes aangepas het, en indien jy van spesiaal ontwerpte of onkonvensionele materiale gebruik gemaak het, behoort daar 'n gedetailleerde beskrywing daarvan in jou verslag verskyn. Toerusting, sagteware of enige kommersieël-vervaardigde produk wat in die werkstuk genoem word, moet deur die naam van die vervaardiger, die stad en die land waar die hoofkantoor gesetel is, in hakies, gevolg word. 5. Resultate 'n Duidelike, bondige beskrywing van jou bevindings saam met Figure (grafieke) en Tabelle. Hierna word gewoonlik, in aanhalingstekens, respektiewelik verwys as "Fig. 1" en "Tabel 1." Hierdie afdeling is nie net 'n reeks tabelle en figure wat jy in die dokument plak nie. Dit word gekombineer met geskrewe aanduidings wat die aandag van die leser op belangrike punte vestig. Moenie net sê " Die data word in Fig. 1 aangebied." nie.

Beskryf liewer die tendens, of gebrek daaraan, wat in die Fig./Tabel onder bespreking voorkom en verwys dan na daardie Figuur in hakies. bv.: liewer: "Minder uile was bedags aktief (Fig. 1) as "Fig. 1 toon die aktiwiteitspatrone van uile gedurende die dag en nag. Minder uile was bedags aktief." Sluit slegs resultate wat in die bespreking behandel is, in. Jou waarnemings en data moet so duidelik en bondig as moontlik aangebied word. Moenie dieselfde inligting in die teks, tabelle en figure herhaal nie en sluit net figure en tabelle wat werklik iets toon, in. Ons plaas selde rou data in 'n artikel en doen dit nooit net om te toon dat ons dit wel versamel het nie. Die teks moet die leser help om op die belangrikste aspekte van u resultate te fokus en dit te interpreteer. Tipies word drie hoof-aspekte in die Resultate behandel. Identifiseer eerstens die figuur(e) en/of tabel(le) wat die resultate toon. Dui tweedens die belangrikste bevindings aan. Derdens word bondige kommentaar op die resultate gelewer. Al drie aspekte word hieronder ingesluit: Spesiesrykheid is gekorreleer met poelgrootte en die groter poele het beduidend meer spesies gehuisves as die kleiner poele (Fig.1). Dit is duidelik dat poelgrootte 'n beduidende invloed op die struktuur van invertebraat-gemeenskappe in rotspoele uitoefen. Formaat vir Figure en Tabelle Kyk na tabelle en figure in gepubliseerde artikels as voorbeelde van presies hoe dit aangebied moet word. Elke tabel moet 'n opskrif en elke figuur moet 'n onderskrif hê. Moenie op- of onderskrifte gebruik wat deur 'n grafika-program (bv. Excel) gegenereer is nie. Op- en onderskrifte moet genoeg inligting bevat sodat die leser al die inligting in die tabel of figuur kan verstaan. Dit moet ook die nodige eenhede bevat indien dié nie in die opskrifte van die tabelkolomme of figuurasse aangedui is nie. bv. Tabel 1. Verwantskap tussen die aktiwiteit van Na + / K + ATPase aktiwiteit (nmol Pi. min -1. mg -1 weefsel) en ph. Ettiketeer tabelkolomme en grafiek-asse volledig en duidelik. Figure (grafieke) behoort groot genoeg te wees sodat al die detail duidelik sigbaar is. Die onafhanklike veranderlike word op die x-as en die afhanklike veranderlike word op die y-as aangedui. Grafieke behoort saamgestel te word met behulp van toepaslike sigblaaie of grafika-programme soos Excel, Powerpoint of Sigmaplot. Gemiddeldes moet altyd voorgestel word met 'n standaard afwyking of standaard foutberekening bv. "Die gemiddelde (± 1 S.D.) lengte van die wurms is 45.3 ± 8.9 mm." Die resultate van statistiese toetse moet opgesom word in die vorm van die toetsstatistiek, grade van vryheid en die waarskynliksheidwaarde. bv. "Die gemiddelde lengte van die wurms in die intergetysone (45.3 ± 6.9 mm) is groter (t =7.8; df = 10; p< 0.001) as dié van wurms op land (39.2 ± 3.9 mm). Nommers: Figure en tabelle word genommer in die volgorde waarna daar na hulle in die teks verwys word. Die eerste Fig./ Tabel is nommer 1. Daar moet in die teks na figure en tabelle verwys word. Soms is dit nodig om 'n figuur in die Materiaal en Metodes-gedeelte te plaas, indien dit 'n metodologiese stawing van ander metodes, wat jy daarna gebruik het, is. Figure en tabelle kan ook soms in die bespreking verskyn. Dit is in orde, maar hulle moet volgens hulle verskyning in die teks genommer word.

Kaarte moet van 'n skaal wat lengte- en breedtegraad aandui, voorsien word. Waar nodig moet dit 'n insetsel hê waar die studiegebied binne ten minste die regionale konteks aangedui word. Aanhangsels Indien u figure gebruik ('n makliker manier om neigings aan te dui, maar moeiliker om data van uit te lig as van tabelle) mag u verkies om oorspronklike getalle (rou data) in te sluit, sodat dit beskikbaar is vir verdere analise en vergelyking. Sluit hierdie "rou data" in as aanhangsels. Aanhangsels kan ook gebruik word om wiskundige vergelykings en ander detail van u analise of metodes waarin die leser nie belang by het nie en wat ook nie sentraal staan ten opsigte van die bespreking van u werk nie, in te sluit. 6 Bespreking Evalueer (ondersteun, modifiseer of verwerp) jy oorspronklike hipotese(s) met behulp van die data wat jy ingesamel het. Verduidelik wat jy gevind het en bring dit in verband met waarnemings, konsepte en beginsels wat in die literatuur gerapporteer is. Maak seker dat jy nie enige resultate bespreek wat nie in die Resultateafdeling voorkom nie. Maak seker dat daar ooreenstemming tussen die Inleiding en die Bespreking is. Spreek al die aspekte aan en beantwoord al die vrae wat jy in die Inleiding geopper het!! 'n Goeie wenk is om die Inleiding laaste te skryf. Wanneer jy die verslag voltooi is die ooreenstemming tussen die Inleiding en die Resultate een van die laaste dinge wat jy moet nagaan. HULLE IS EGTER NIE DIESELFDE NIE. Die Inleiding skep die raamwerk vir wat jy wil doen, terwyl die Bespreking die Resultate in konteks plaas. In die Resultate-gedeelte word die resultate beskryf. In die Besprekings-gedeelte word die resultate geïnterpreteer. Nie alle artikels het 'n goed gedefineerde Besprekings-afdeling nie. Kort artikels soos bv. vir Nature en Science word nie onderverdeel nie, terwyl ander weer 'n gekombineerde "Resultate en Bespreking" gedeeltes het. Die meeste verkies egter 'n aparte bespreking wat logies uiteengesit is. Hier volg 'n paar wenke. Gee aandag aan 5 hoof aspekte in die volgorde hieronder. a. Herhinner die leser aan jou oorspronklike doelwit Begin deur kortliks na die oorspronklike hoofdoelwit of hipotese van die studie te verwys. As u aanvanklik onderneem het om tussen twee opponerende gesigspunte te onderskei, word dit hier uiteengesit. As u werk nuwe verklarings bied, verskaf dan genoeg agtergrond dat die leser dit besef. As jou doel was om 'n hipotese te toets, sê dan hoe en waar die hipotese ontstaan het. Indien jy gebruik gemaak het van 'n nuwe of verskillende tegniek om 'n ou vraagstuk te probeer oplos, moet jy aandui hoekom jou navorsing uniek is en hoe die nuwe tegniek insigte verskaf wat nie voorheen moontlik was nie. Dikwels sal u werk 'n klein of geleidelike toevoeging tot 'n groeiende databasis wees. As dit die geval is moet u kortliks verduidelik waar die gapings in die databasis was en hoe u werk dit aanspreek. Gebruik die eenvoudige verlede tyd. Byvoorbeeld; Ons het oorspronklik aangeneem dat die grootte van die rotspoele geen invloed op die aantal spesies in die poele uitoefen nie. b. Verduidelik die gevolge van jou resultate. Behandel jou belangrikste bevindings oorsigtelik en dui aan of dit die oorspronklike hipotese ondersteun of nie en of dit met die bevindings van ander navorsers ooreenstem. Gebruik die teenwoordige tyd wanneer jy jou bevindings met dié van ander navorsers vergelyk. Byvoorbeeld: Hierdie resultate is in ooreenstemming met dié van Stephenson (1945). Gebruik die eerste persoon bv. "We have shown that..." of "I have discovered that...". Moenie net herhaal wat jy in die Resultate-afdeling gesê het nie. Voorbeelde van hoe stellings in die twee afdelings behoort te verskil: Resultate: "Die afname in bloeddruk ná die toediening van middel A was beduidend groter as ná die toediening van middel B." Bespreking: "Ons het getoon dat middel A 'n beduidend beter bloeddrukverlagende effek het as middel B."

Moenie skaam wees nie. Moet ook nie die voor-die-hand-liggende uitkomste van jou navorsing oor die hoof sien nie: dit mag selfs baie belangrik wees. In hierdie gedeelte van jou bespreking is dit nie so belangrik om na die werk van ander navorsers te verwys as in die die gedeeltes wat nou volg nie, behalwe as jy 'n tegniese punt wat die interpretasie van u data beïnvloed beklemtoon of bespreek. Hier bied jy die interpretasie van jou data aan.. c. Voorbehoude en erkennings Nou moet jy krities oor jou eie werk wees. Verduidelik die swak punte in jou studie bv. gebrek aan toegang tot die beste tegnologie, of tot die beste groep onderwerpe. Dikwels is dit slegs te wyte aan logistieke beperkings. Wys op aspekte wat nie duidelik was toe die studie ontwerp is nie bv. onverwagte metodologiese probleme of 'n databasis wat te klein was om relevante statistiese afleidings van te maak. Wees eerlik sonder om die defekte te oorbeklemtoon. Dit is beter om dit self te doen liewer as om die leser te laat dink dat jy nie die gebreke in jou navorsing raakgesien het nie. d. Plaas u navorsing in konteks. Dit is selde nodig om omvattend te wees en die totale geskiedenis van u werk te dek. Dikwels kan 'n mens 'n groot hoeveelheid navorsing erken deur slegs 'n oorsigartikel aan te haal. Hier is dit van kritiese belang dat u die sleutelbydraes tot die literatuur wat vir jou navorsing relevant is, identifiseer en aan te toon dat jy bekend is met die uitkomste en prosesse van hierdie bydraes. e. Die groter omgewing en die toekoms: aanbevelings vir verdere navorsing en potensiële praktiese toepassings. Hierdie afdeling van jou Bespreking het twee funksies. Verduidelik eerstens hoe jy dink jou studie die besondere navorsingveld verander het. Dit is nie heeltemal dieselfde as om jou resultate binne die konteks van die gepubliseerde data in jou veld te plaas nie. Dit is in afdeling 4 gedoen. Tweedens opper jy jou gedagtes vir die pad vorentoe. Indien jy of jou kollegas reeds besig is met 'n opvolgstudie, moet jy dit noem om moontlike duplisering te verhoed of om die kritiek oor "onvoltooide werk" vry te spring. Identifiseer ook gebiede wat jou studie as belangrik uitgewys het vir toekomstige navorsing sodat mede-navorsers wat jou artikel lees, daarby baat kan vind. Dit is hoe 'n mens eienaarskap van "intellektuele eiendom" van belangrike idees uit jou werk, vestig. As jy nie eksplisiet is nie, is dit moontlik dat ander met jou idees op loop kan sit sonder om jou versiendheid te erken. Wees besonder uitgesproke as jy 'n uitkoms vir die eerste keer aantoon of as jy die eerste is om 'n spesifieke tegniek aan te wend. Eindig jou Bespreking met 'n knal en nie 'n sug nie. Gevolgtrekkings: Sommige joernale vereis 'n opsomming van jou Bespreking aan die einde waarin jy jou primêre bevindings herhaal. Opsomming: Sommige joernale verwag 'n punt-vir-punt opsomming van die hele artikel. Dit is nie dieselfde as 'n uittreksel nie want dit bevat meer detail omtrent die resultate. 7. Bronnelys / Literatuur Aangehaal Aan die einde van jou verslag of artikel volg 'n lys met die bronne wat jy geraadpleeg het. Die volgorde is alfabeties volgens die outeur se naam en die jaartal. Die enigste aanvaarbare bronne is gepubliseerde, eweknie ge-evalueerde wetenskaplike artikels. Navorsing wat in voorbereiding is of wat reeds voorgelê is vir publikasie, betroubare persoonlike kommunikasies en verwysings na ongepubliseerde data word in die teks aangehaal deur voorletters en van. (bv J.D. Smith pers. komm. of A.B. Jones ongepub. data). Hierdie bronne word nie in die bronnelys ingesluit nie. Moenie artikels in die bronnelys plaas wat nie in die teks aangehaal is nie en andersom.

Onthou! Hou by die voorskrifte van die joernaal van jou keuse. Sommiges (gewoonlik die wat oorsigartikels publiseer en vooraanstaande publikasies soos Science en Nature) verkies dat die bronnelys genommer word volgens die volgorde waarna daar na outeurs in die teks verwys word. Die teks bevat dus nommers en nie die outeurs se name nie. Ander gebruik ook nommers, maar in alfabetiese volgorde. Die gewone manier om iemand aan te haal is "(Bloggs, 1989)" of "(Bloggs 1989)" en in die Bronnelys "Bloggs, J. 1989. Daily activity patterns of owls in the Siberian Taiga. Journal of Raptor Research 108:337-356." 'n Artikel met meer as een outeur word in die teksgedeelte aangehaal met beide outeurs se name (as daar twee is) of as "Bloggs et al." (vir drie of meer). Die woorde "et al" is van die Latyn "et alia" en beteken "en ander." Omdat "al" 'n afkorting is, moet dit deur 'n punt gevolg word. Alhoewel dit van joernaal tot joernaal verskil, verkies meeste publikasies dat hierdie afkorting gekursiveer word omdat dit 'n Latynse uitdrukking is. Wanneer 'n aantal aanhalings in hakies verskyn, word hulle deur 'n kommapunt geskei in kronologiese volgorde geplaas bv. (Smith 1999; Jones & Jack 2000). As daar meer as twee outeurs is, moet "et al." gebruik word. Hoe om webblaaie aan te haal Dit is slegs aanvaarbaar in die geval waar statistiek deur inrigtings (soos die Wêreld Gesondheidsorganisasie) vrystel word en wat nie 'n interpretasie van oorspronklike navorsing verteenwoordig nie. Met die uitsondering van joernaalartikels wat op die WWW/Internet beskikbaar is, word webblaaie gewoonlik nie ge-evalueer nie en is ook nie onderhewig aan kwaliteitsbeheer nie. Die inligting verteenwoordig dus opinies en nie feite nie. Die WWW/Internet is 'n waardevolle stuk soekgereedskap; gebruik databasisse soos PubMed en ISI Web of Science om gepubliseerde artikels op te spoor. Dit kan dan afgelaai word of in die biblioteek gekry word. Gepubliseeerde artikels word onderwerp aan eweknie evaluering voor publikasie.. Addisionele Redaksionele Inligting en Riglyne. Gebruik die SI metrieke sisteem vir metingseenhede. Skryf getalle van 1-9 uit en gebruik syfers vir groter getalle, groepe getalle, breuke of eenhede bv. drie, nege, 10, 11-16; 4 kg/ha; 27 impala. Statistiese simbole, indien nie beskikbaar op die woordprosesseringsprogram nie, behoort met die hand geskrywe te word en veranderlikes in formules moet kursief gedruk word. Wetenskaplike name moet volledig uitgeskryf word wanneer 'n genus of spesies die eeste keer genoem word. Outeurs moet toonaangewende publikasies soos die Nomenclator Zoologicus, die Bulletin of Zoological Nomenclature en die International Code of Zoological Nomenclature raadpleeg (laasgenoemde twee word deur die International Trust for Zoological Nomenclature, p/a Natural History Museum, Cromwell Road, London, SW7 5BO, gepubliseer). Wanneer aangehaal volg die naam van die taksonomiese kenner die naam van die takson sonder leestekens en word ook nie afgekort nie. As die jaartal bygevoeg word, word dit met 'n komma van die outeur se naam geskei. Bronne Matthews, J.R., Brown, J.M. and Matthews, R.W. 2000. Succesful Scientific Writing (2 nd Ed.) Cambridge Unniversity Press, Canbridge, UK. Weisberg, R. and Buker, S. 1990. Writing Up Research: Experimental Research Report Writing for Students of English. Prentice Hall Regents, Ebglewood Cliffs, NJ, USA. http://filebox.vt.edu/eng/mech/writing/workbooks/laboratory.html http://www.up.ac.za/academic/acadorgs/zssa/journal/instr_auth.html