Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue
*SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007
Wat is servikale kanker? Servikale kanker is 'n tipe kanker wat in die selle van die serviks (die onderste deel van die baarmoeder / uterus) voorkom Dit is een van die mees algemene kankers onder Suid-Afrikaanse vroue, en die grootste oorsaak van dood onder vroue in ontwikkelende lande Servikale kanker ontwikkel nie skielik nie. Daar is n geleidelike verandering van normale servikale selle, deur verskeie vlakke van abnormaliteit, tot kankeragtige groeisels en uiteindelik tot kanker. Die hele proses kan baie jare neem.
Wat is n Papsmeer? Dit is 'n toets om abnormale selle in die serviks op te spoor om kanker te help voorkom Deur gereeld vir n Papsmeer te gaan, kan behandeling betyds toegepas word om sodoende die ontwikkeling van gevorderde servikale kanker te stuit Alhoewel sommige vroue ongemak kan ervaar, is n Papsmeer gewoonlik vinnig en pynloos
Hoe word n Papsmeer gedoen? Om n visuele ondersoek van die vagina en serviks moontlik te maak en om dit makliker te maak om n servikale sel-monster te neem, plaas n gesondheidspraktisyn n instrument naamlik n spekulum in die vaginale kanaal Servikale selle word dan met behulp van n klein houtspatel of n klein servikale borseltjie versamel Die selle word op n glasskyfie geplaas wat dan na n laboratorium gestuur word om onder n mikroskoop bestudeer te word Indien abnormale selle opgespoor word, sal jy verwys word vir behandeling om die ontwikkeling van servikale kanker te voorkom
Jy het n groter kans om servikale kanker te kry indien... Jy of jou seksmaat baie ander seksuele verhoudings gehad het (of nog steeds het) Baie seksmaats verhoog jou risiko vir MPV infeksies Seksuele aktiwiteit vanaf 'n jong ouderdom verhoog jou blootstelling Vroue in eie geslagtelike verhoudings behoort ook gereeld ondersoek te word omdat MPV deur liggaamsvloeistowwe oorgedra word
Jy het n groter kans om servikale kanker te kry indien... Jy drie of meer jaar laas 'n Papsmeer gehad het Vroue wat nog nooit 'n Papsmeer gehad het nie, of baie lanklaas een gehad het, loop 'n groter risiko Onthou... n Papsmeer vir servikale kanker is die enkel mees effektiewe servikale kanker siftingstoets Jy tussen 18 en 40 jaar oud is (vrugbaarheidsouderdom) Hoë risiko kankeragtige letsels kom meestal by vroue in hul vrugbaarheidsjare voor Veelvuldige swangerskappe (veral nadat 5 tot 7 voltermyn swangerskappe beleef is) verhoog verder die risiko vir servikale kanker
Jy het n groter kans om servikale kanker te kry indien... Jy 'n verswakte immuunstelsel het Vroue met verswakte immuunstelsels - soos wanneer met Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS) gediagnoseer of weens gebruik van medikasie wat die immuniteitstelsel onderdruk vir outo-immuniteitsiektes of na orgaanoorplantings - is meer geneig om servikale kanker te kry Jy rook Onlangse navorsing toon dat tabakrook die risiko vir servikale kanker met 50% verhoog Jy langdurige Menslike Papilloomvirus (MPV) infeksies kry MPV infeksies van die serviks is 'n primêre risikofaktor vir servikale kanker en is verantwoordelik vir 70% van alle gevalle
Wat is MPV? Die Menslike Papilloomvirus (MPV) bestaan uit 'n groep van meer as 100 verwante virusse Sowat 40 tipes is seksueel oordraagbaar deur genitale kontak, terwyl 2 tipes (16 + 18) 'n hoë risiko in Suid- Afrika beskou word MPVs word deur vel-tot-vel kontak en liggaamsvloeistowwe oorgedra Sommige MPV's, soos dié wat gewone vratjies op hande en voete veroorsaak, versprei nie maklik nie
Wat is MPV? MPV entstowwe voorkom infeksie deur sekere MPV tipes, soos dié wat verbind word met die ontwikkeling van servikale kanker, genitale vratjies, en ander minder algemene kankers Vra jou mediese praktisyn vir meer inligting oor entstowwe wat beskikbaar is Hoë risiko MPV veroorsaak na raming... 70% van servikale en anale kankers 50% van vaginale, vulva en penale kankers 20% van kop- en nekkankers
MPV Inenting Die Departement van Gesondheid (DvG) bied gratis MPV-inentings aan Suid-Afrikaanse skooldogters In 2014 was alle graad 4 dogters die geleentheid gebied om die MPVinenting by skole te ontvang n Implementeringsgids is aan die skole verskaf, wat opvoeders die nodige inligting oor die inenting aan graad 4 dogters gegee het Die teikengroep vir die MPV-entstof was graad 4 meisies van 9 jaar en ouer
Onthou... Dis moontlik om servikale kanker te ontwikkel sonder dat enige van hierdie faktore teenwoordig is Hoe meer risikofaktore jy het, hoe groter is die moontlikheid dat jy servikale kanker kan ontwikkel Indien jy n aantal risiko-faktore het, kontak jou gesondheidspraktisyn of n KANSA Sorgsentrum of -kliniek om uit te vind wat jy kan doen om jou risiko te verlaag
Siftingstoetse vir servikale kanker is beskikbaar by KANSA se Mobiele Gesondheidsklinieke, Sorgsentra en -klinieke landswyd
Wat doen KANSA om te help? KANSA het Mobiele Gesondheidsklinieke wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse het nie, te bereik Dit sluit in borsondersoeke, Pap-smeer siftingstoetse vir servikale kanker, sowel as ander gesondheidstoetse soos cholesterol
Een van KANSA se Mobiele Gesondheidsklinieke skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse in die gemeenskap
KANSA skep bewustheid en bied onderrig aan die publiek
KANSA het die afgelope jaar... 13 456 vroue getoets vir servikale kanker, d.m.v. Papsmere en n verdere 3 494 Papsmere gefasiliteer in samewerking met die Departement van Gesondheid
KANSA het die afgelope jaar... Ondersteuning aan 6 203 individuele kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en ons 2 611 opgeleide sorg- en ondersteuningsvrywilligers Ongeveer 1 055 pasiënte elke maand besoek en ondersteun by KANSA Sorgsentra en onkologie-klinieke Tuisversorging gefasiliteer aan 13 397 pasiënte Mediese hulptoerusting aan 4 320 mense beskikbaar gestel
Wees deel van die stryd teen servikale kanker... Gaan vir gereelde ondersoeke Maak n donasie Sluit aan as n lid Word n vrywilliger
Kyk ons videos Aartsbiskop Tutu het n boodskap vir jou: http://www.youtube.com/watch?v=cteis0hrxxk&feature=c4- overview&list=uusapirjevtigiavuv1wu77g KANSA Sorg en Ondersteuning: http://www.youtube.com/watch?v=swnltoazswe&feature=c4- overview&list=uusapirjevtigiavuv1wu77g KANSA Sifting: http://www.youtube.com/watch?v=hfq5z3mtsz4&feature=c4- overview&list=uusapirjevtigiavuv1wu77g
Help KANSA om ons kankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by enige van ons KANSA Sorgsentra en klinieke landswyd te maak
Kontak ons Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad: CANSA The Cancer Association of South Africa As jy n kankeroorwinnaar is, besoek graag ons Facebook blad ter ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA Besoek ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/ Kyk al ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa
Disclaimer: Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.