Die ABC. van Kapitaalwinsbelasting vir Individue



Similar documents
THE NGK OFFICIALS PENSION FUND INTERIM RULING IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

PRELIMINARY DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30J OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS INKOMSTEBELASTINGWET, 1962

Vermenigvuldig en Afdeling (Intermediêre fase)

Government Gazette Staatskoerant


AANSOEK OM AANSTELLING AS KOMMlSSARlS VAN EDE APPLICATION FOR APPOINTMENT AS COMMISSIONER OF OATHS

THE ANDREW MURRAY DUTCH REFORMED CHURCH DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

How To Get A Bsc In Forensic Science

2. The fees appearing in the Schedule are applicable in respect of services rendered on or after 1 Apri12012 and Exclude VAT.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

MARKETING MANAGEMENT

IMPLEMENTING AN EFFECTIVE INFORMATION SECURITY AWARENESS PROGRAM

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue

Basiese Rekenkundige beginsels

Policy on Student Leadership Development and Training

Oranje -Vrystaatse Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds DETERMINATION IN TERMS OF SECTION 30M OF THE PENSION FUNDS ACT OF 1956

STAATSKOERANT, 3 JUNIE 2009 No GENERAL NOTICE NOTICE 634 OF 2009

THE SUPREME COURT OF APPEAL REPUBLIC OF SOUTH AFRICA JUDGMENT. SILTEK HOLDINGS (PTY) LTD (in liquidation) t/a WORKGROUP

# 06 / 2014 Tel: /8150; Fax: , anton@ccmedia.co.za

11. (a) Indien u aansoek om bystand doen, het u enige gestremdheid?: *Ja / Nee (b) Indien wel, verstrek besonderhede van die gestremdheid:...

FAMILY PLAY THERAPY IN THE CONTEXT OF CHILD SEXUAL ABUSE: AN ECOLOGICAL AND GESTALT FIELD APPROACH MODEL

JACOBUS ADRIAAN RUPPING. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree. MAcc (Taxation) of the

Government Gazette REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. AIDS HELPLINE: Prevention is the cure

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (NORTH WEST DIVISION, MAHIKENG) JACOBUS WILLEM ADRIAAN NELL FRANZALL INSURANCE BROKERS CC JUDGMENT

AANSOEK OM N BETREKKING / APPLICATION FOR EMPLOYMENT

DIE BELASTINGAFTREKBAARHEID VAN RENTE. deur IRENE LILIAN STAPELBERG SKRIPSIE. Voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die.

1. Die vraestel bestaan uit 5 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

COMMERCIAL UNION INSURANCE COMPANY OF SOUTH AFRICA LIMITED. and. Vivier, Scott, Zulman, Streicher JJA et Farlam AJA. Date of hearing : 3 November 1998

How To Pay Aangedui In The Germany

THE EFFECTIVENESS OF THE SOUTH AFRICAN DOUBLE TAXATION RELIEF PROVISIONS FOR SOUTH AFRICAN COMPANIES INVESTING IN OTHER AFRICAN STATES

Algemene vrae - ontvangers

Government Gazette Staatskoerant


1 Discuss with brief notes and diagrams, the radiological management of

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE/GRAAD 12

Compulsory Assessment Fee R95.00 This assessment fee MUST be paid in addition to the following registration fees:

The disclosure of costs and income on incomplete contracts in the financial statements of contractors

Maak voorsiening vir jou geliefdes na jou dood: HOEKOM JY N SKRIFTELIKE TESTAMENT MOET HE

ANNEXURE TO ASSESSMENT INSTRUCTION 17 OF 2014 CHIEF MARKERS REPORT ON MARKING OF 2013 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION (NSC)

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE JUDGMENT

HOëRSKOOL PORTERVILLE

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT

STEPS TO APPLY FOR ADMISSION: MBChB; BSc Radiation Sciences; BSc Physiotherapy; B Optometry; BSc Dietetics; B Occupational Therapy

Volmag. Werkstukke vir Hoofstuk 5. Paragraaf 2.2 i i i. Regulasie 44A. Totale getal punte uit hierdie hoofstuk gevra

BCom (International Business)

MATZIKAMA MUNICIPALITY TENDER NR:T1/2014

COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE. and. INSOLVENT ESTATE J P BOTHA (Trading as "TRIO KULTURE")

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998

DRAKENSTEIN MUNICIPALITY

CMY 117 SEMESTERTOETS 2 / SEMESTER TEST 2

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (TRANSVAALSE PROVISIONAL DIVISION) Case number: 49176/2007 Date: 26 August 2008

Opstel Assesseringsrubriek tot ½ tot tot 7. 7½ tot 8 4½ 4 3 2½ 2

Advertising and attorneys: some anxiety -reducing empirical findings

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CUSTOMS DUTY ACT REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP DOEANEREG

Managerial support for an optometry practice: A business analytics study

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION) VILLA 2510 SAN LAMEER BK JUDGMENT

I oaoo I. Al S. Government Gazette. Staatskoerant. ipune. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure INDEX OF THE

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA

Hoofstuk 6 MAATSKAPPYWET

GAUTENG DEPARTMENT OF EDUCATION ENGINEERING GRAPHICS AND DESIGN

RACUMIN Paste / Pasta

Serwitute. Werkstukke vir Hoofstuk 6. Paragraaf Tipe persoonlike serwitute. Paragraaf Skepping van persoonlike serwitute

AN IN-DEPTH STUDY OF INPUT TAX APPORTIONMENT METHODS FOR VALUE-ADDED TAX IN SOUTH AFRICA

HANDBOEKE WAT DEUR LEERDER SELF AANGEKOOP MOET WORD

GMP-Z Annex 15: Kwalificatie en validatie

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

. Ons moes vra hoe die wetenskap aangewend kan word om reg te stel wat verkeerd geloop het.

Beskouings oor die doodstraf

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

"1. Dat hierdie aansoek ingevolge die bepalings van Reël 6(12) van die Eenvormige Hofreëls hanteer word en dat

RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN DIE NEEM VAN N VERKLARING VAN N KINDERSLAGOFFER

Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans 1

IMPLEMENTATION AND ADVANTAGES OF A TOTAL QUALITY MANAGEMENT SYSTEM IN SERVICE RELATED INDUSTRIES

MARKETING CULTURE IN PUBLIC SCHOOLS - IMPLICATIONS FOR SCHOOL MANAGEMENT BY ABDUL SAMED AHAMOOD A MINI - DISSERTATION MAGISTE [DUCA-I-BONUS

Relationele Databases 2002/2003

BRAUNVIEH SA PO Box /Posbus 506 Tel: Henry St./Str. 118 Fax/Faks: /

Growing Vegetables in Compost Trenchbeds Page 6 of 17

CHRONIC MEDICINE APPLICATION FORM CHRONIESE MEDISYNE AANSOEKVORM

T VAN DER HEIJDEN. Supervisor: Prof. N. Vink

Innovasie deur diversiteit EN INLIGTINGSTELSELS

WISKUNDE OPKNAPPINGSKURSUS/ MATHEMATICS REFRESHER COURSE NOTAS EN WERKBOEK VIR/ NOTES AND WORKBOOK FOR

A COMPARITAVE STUDY OF VALUE ADDED TAX COLLECTION METHODS IN THE CONTEXT OF E-COMMERCE AND VIRTUAL WORLDS FROM A SOUTH AFRICAN PERSPECTIVE

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE/GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 MATHEMATICS P1/WISKUNDE V1 MEMORANDUM

I. I, Membathisi Mphumzi Shepherd Mdladlana, Minister of Labour, hereby give

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA. DIE STAAT Appellant HEFER, SMALBERGER EN ZULMAN ARR DATUM VAN VERHOOR: 6 SEPTEMBER 2000

[TURN OVER] [BLAAI OM] PVL3704 MEMORANDUM MAY/JUNE 2011

1] Hierdie is ʼn egskeidingsgeding waarin eiser die volgende. regshulp teen verweerderes gevorder het:

Benefits, business considerations and risks of big data

IP-NBM. Copyright Capgemini All Rights Reserved

Help Local Taxes Translation Request for remission

THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA JUDGMENT BENJAMIN CHARLES JOSEPH VESAGIE

A CRITICAL EVALUATION OF PROPOSED METHODS TO COLLECT VALUE-ADDED TAX ON ELECTRONICALLY SUPPLIED SERVICES

Laerskool Generaal De la Rey Reg. Nr Distrik : Johannesburg-Wes D12

Transcription:

Die ABC van Kapitaalwinsbelasting vir Individue

Die ABC van Kapitaalwinsbelasting vir Individue VOORWOORD Hierdie gids behandel sommige van die basiese beginsels van kapitaalwinsbelasting (KWB) ten einde n beter begrip van hierdie belasting te gee. Dit kan dus nie as as regsgesag gebruik word nie. Let asseblief daarop dat die afsluitingsdatum vir die bepaling van KWB waardasies soos op 1 Oktober 2001, op 30 September 2004 verval het. Indien u meer inligting verlang, mag u: Enige Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kantoor raadpleeg Besoek SAID aanlyn by http:/www.sars.gov.za U eie adviseur raadpleeg Voorberei deur Regs- en Beleidsafdeling SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS Datum van eerste uitreiking: Oktober 2001 Datum van tweede uitreiking: Oktober 2003 Datum van derde uitreiking: Februarie 2006

INHOUD 1. BASIESE BEGINSELS VAN KWB... 1 Inleiding... 1 Moet ek registreer vir KWB doeleindes?... 1 2. BELANGRIKE DEFINISIES... 1 Wat word bedoel by beskikking?... 2 Watter bates word by KWB uitgesluit?... 2 Wat word bedoel met kapitaalwins/-verlies?... 2 Voorbeeld van kapitaalwins/-verlies... 2 Wat is die basiskoste?... 2 3. BEREKENING VAN DIE BASISKOSTE... 3 Wat is die basiskoste van bates gehou voor 1 Oktober 2001?... 4 Voorbeeld van tydtoedelingsbasiskoste... 4 Wat is jaarlikse uitsluiting?... 4 Watter gedeelte van u kapitaalwins word belas?... 5 Voorbeeld van KWB... 5 4. PRIMÊRE WONING... 6 Sal die verkoop van my private woning onderhewig wees aan kapitaalwinsbelasting?... 6 Wat is n primêre woning?... 6 Wanneer sal die verkoop van my primêre woning onderhewig wees aan KWB?... 6 Voorbeeld van primêre woning... 7 Implikasies as ek nie gewoonlik woonagtig in my huis is om sekere redes nie... 7 Wat gebeur as ek en my gade ons primêre woning gesamentlik hou?... 7 5. EFFEK VAN KWB OP DIE BEREKENING VAN SEKERE AFTREKKINGS EN OP DIE BELASTING VAN SEKERE BEDRAE WAT TEEN N LAER BELASTINGSKAAL (TARIEFFORMULE) BELAS WORD... 8 Voorbeeld van belasbare kapitaalwins... 9 Voorbeeld van vasgestelde kapitaalverlies... 10

1. BASIESE BEGINSELS VAN KWB Inleiding In sy Begrotingsrede op 23 Februarie 2000 het die Minister van Finansies, mnr Trevor Manuel, die instelling van Kapitaalwinsbelasting (KWB) in Suid-Afrika aangekondig. Internasionaal is KWB algemeen en by baie van ons handelsvennote is dit alreeds jare gelede ingestel. Voor die implementering van KWB is u belas op die inkomste verdien uit die besit van bates, maar gewoonlik nie belas op die wins wat gemaak is met die beskikking (van die hand sit) van daardie bates nie. Dié effek van KWB is dat alle kapitaalwinste en -verliese wat met beskikking van bates gemaak word aan KWB onderhewig is tensy dit deur spesifieke bepalings uitgesluit word. Ten einde uitvoering aan die voorstelle van KWB te gee, is die Agtste Bylae, wat die belasbare kapitaalwins of kapitaalverlies vasstel, by die Inkomstebelastingwet, 1962 (die Wet) gevoeg. Die Bylae stel n belasbare kapitaalwins of vasgestelde kapitaalverlies vas en artikel 26A van die Wet bepaal dat n belasbare kapitaalwins by belasbare inkomste ingesluit word. Kapitaalwinste word vanaf 1 Oktober 2001 belas. Indien hierdie gids nie u spesifieke vrae beantwoord nie, kan u die plaaslike SAID kantoor kontak of n e-pos aan die volgende adres stuur: cgt@sars.gov.za. Moet ek registreer vir KWB doeleindes? Nee, KWB sal slegs van toepassing wees wanneer oor n bate beskik word. Die belasbare kapitaalwins sal dan deel vorm van u belasbare inkomste wat ingesluit moet word by u Inkomstebelastingopgawe vir die jaar waarin die beskikking plaasgevind het. Indien u n kapitaalwins of kapitaalverlies gehad het wat R10 000 oorskry en u nie vir inkomstebelastingdoeleindes geregistreer is nie moet u as n belastingpligtige by u plaaslike SAID kantoor registreer vir die jaar van aanslag waarin die bate van die hand gesit is en n belastingopgawe vir daardie jaar invul. 2. BELANGRIKE DEFINISIES Wat word bedoel by beskikking? n Wye interpretasie is aan die woord beskikking gegee. Die volgende is n paar voorbeelde van gebeurtenisse wat as beskikkings beskou word: The ABC of Capital Gains Tax for Companies 1

Verkoop van n bate Skenking van n bate Verlies of vernietiging van n bate Watter bates word by KWB uitgesluit? Sekere bates (soos persoonlike gebruiksbates) word uitgesluit van KWB. Van die belangrike uitsluitings is: Primêre woning (R1 miljoen van wins of verlies).(kyk deel 4 van hierdie gids vir meer inligting oor primêre woning en hoe dit deur KWB geraak word.) Die meeste persoonlike gebruiksbates soos motorvoertuie en woonwaens wat nie vir bedryfsdoeleindes gebruik word nie, meubels, ens. Valuta, maar nie munte wat van goud of platinum gemaak is soos Krugerrande nie Bote wat nie langer as tien meter is nie en vliegtuie waarvan die leë massa nie 450 kilogram oorskry nie Opbrengs uit enkelbedrae van pensioen-, voorsorg- en uittredingannuïteitsfondse (goedgekeurde aftreefondse) Opbrengs uit n uitkeerpolis of lewensversekeringspolis (tensy dit n tweedehandse polis is) Vergoeding vir persoonlike beserings of siekte Prysgelde ontvang van Suid-Afrikaanse goedgekeurde kompetisies, soos byvoorbeeld, die Nasionale Lotery Wat word bedoel met kapitaalwins/-verlies? n Persoon se kapitaalwins ten opsigte van n beskikking oor n bate is die bedrag waarmee die opbrengs die basiskoste van daardie bate oorskry, en n kapitaalverlies is die bedrag waarmee die basiskoste weer die opbrengs oorskry. Voorbeeld van kapitaalwins/-verlies Verlies Wins Opbrengs R10 000 Opbrengs R10 000 Basiskoste R20 000 Basiskoste R 5 000 Kapitaalverlies (R10 000) Kapitaalverlies R 5 000 Wat is die basiskoste? Die basiskoste van n bate is gewoonlik die uitgawes werklik aangegaan ter verkryging van die bate (wat jy daarvoor betaal het) tesame met uitgawes wat direk verband hou 2 The ABC of Capital Gains Tax for Companies

met die verkryging of vervreemding van die bate (byvoorbeeld, verkoopskommissie kyk Nota hieronder) of verbetering van die bate (soos die koste van kapitale verbeterings aan die bate). Die basiskoste sluit nie bedrae in wat as n aftrekking vir inkomstebelastingdoeleindes toegelaat is nie. Van die vernaamste koste wat deel vorm van die basiskoste van n bate is: Onkoste aangegaan om die bate te verkry Oordragkoste, seëlregte, hereregte Advertensiekoste om n verkoper of n koper te vind Verbeteringskoste aan die bate Onkoste aangegaan ten opsigte van waardasie van die bate vir doeleindes van die vasstelling van n kapitaalwins of kapitaalverlies van die bate Onkoste wat direk verband hou met die verkryging van of beskikking oor die bate, naamlik besoldiging betaal aan n landmeter, afslaer, rekenmeester, makelaar, agent, konsultant of regsadviseur, vir dienste gelewer BTW betaal op die bate wat nie geëis of terugbetaal is nie Onkoste aangegaan vir die doeleindes van die daarstelling, onderhoud of verdediging van n regstitel tot of in die bate Koste om die bate van een plek na n ander te verskuif (by aankope) Koste van installasie van die bate, insluitend die koste van fondasies en ondersteunende strukture Nota : Waar die tydtoedelingsbasiskoste metode gebruik word om die basiskoste van n bate soos op 1 Oktober 2001 te bereken, moet die verkoopsuitgawes van die opbrengs afgetrek word. 3. BEREKENING VAN DIE BASISKOSTE Wat is die basiskoste van bates gehou voor 1 Oktober 2001? Ten einde die gedeelte van die wins wat betrekking het op die periode voor 1 Oktober 2001 uit te sluit, moet die waarde van die bate soos op 1 Oktober 2001 vasgestel word. Een van die volgende metodes kan gebruik word om die basiskoste van die bate soos op 1 Oktober 2001 te bereken: a) 20% x (opbrengs min toelaatbare uitgawes wat op of na 1 Oktober 2001 aangegaan is) (waar geen bewyse gehou is nie en geen waardasie soos op 1 Oktober 2001 verkry was nie) OF b) Markwaarde van bate soos op 1 Oktober 2001, wat die waardasiedatum genoem word. (Ten einde hierdie metode te kan gebruik, moes u die bate voor of op 30 The ABC of Capital Gains Tax for Companies 3

September 2004 gewaardeer het.) OF c) Tydtoedelingsbasiskoste metode. Hierdie metode van berekening van die waarde van die bate word gebaseer op die tydperk wat u die bate voor en na 1 Oktober 2001 besit het. Dit word soos volg bereken: Oorspronklike koste + [(opbrengs oorspronklike koste) x Aantal jare besit voor 1 Oktober 2001 Aantal jare besit voor 1 Oktober 2001 plus aantal jare besit na 1 Oktober 2001] Voorbeeld van tydtoedelingsbasiskoste n Individu het n vakansiehuis vier jaar voor die waardasiedatum (1 Oktober 2001) vir R450 000 aangekoop. Hy het die eiendom vir 7 jaar gehad voordat hy dit vir R800 000 verkoop het. Die eiendom is op 1 Oktober 2001 gewaardeer vir R500 000. Basiskoste = Oorspronklike koste + [(opbrengs oorspronklike koste) x Aantal jare besit voor 1 Okt 2001 Aantal jare besit voor en na 1 Okt 2001] = R450 000 + [(R800 000 R450 000) x 4 7] = R650 000 Opbrengs R800 000 Min: Basiskoste (hierbo) R650 000 Kapitaalwins R150 000 Notas: 1. Waar geen bewyse gehou is nie en geen waardasie voor of op 30 September 2004 verkry was nie, moet metode a) hierbo gebruik word. 2. n Gedeelte van n jaar word as n volle jaar beskou. 3. Waar verbeterings aan die bate na waardasiedatum aangebring is, word die opbrengs hierbo in die formule ingevolge n aparte formule bereken. Wat is jaarlikse uitsluiting? Ten opsigte van elke jaar van aanslag word die eerste R10 000 van kapitaalwinste nie in ag geneem vir KWB doeleindes nie. (Dit word verhoog tot R50 000 waar n persoon gedurende die jaar van aanslag te sterwe kom.) Net so word die eerste R10 000 van kapitaalverliese nie in ag geneem vir KWB doeleindes nie. 4 The ABC of Capital Gains Tax for Companies

Watter gedeelte van my kapitaalwins word belas? n Persoon se belasbare kapitaalwins vir die jaar van aanslag is: (a) In die geval van n natuurlike persoon of n spesiale trust, 25% van die netto kapitaalwins vir die jaar van aanslag. (b) In die geval van n maatskappy, beslote korporasie of n trust, 50% van die netto kapitaalwins vir die jaar van aanslag. Voorbeeld van KWB n Individu het ses maande na die implementering van KWB, R10 000 se aandele (of deelnemingsregte in n kollektiewe beleggingskema) vir beleggingsdoeleindes aangeskaf wat hy twee jaar later vir R30 000 verkoop het. Beskikking Verkoop van aandele Uitsluiting Nie van toepassing nie, aandele (of deelnemingsregte) is nie vrygestel nie Wins Opbrengs R30 000 Min: Basiskoste R10 000 Kapitaalwins R20 000 Jaarlikse uitsluiting: Die uitsluiting van R10 000 is van toepassing op n natuurlike persoon Kapitaalwins R20 000 Min: Uitsluiting R10 000 Netto kapitaalwins R10 000 Insluitingskoers 25% x R10 000 = R2 500 Belasbare kapitaalwins R2 500 Die belasbare kapitaalwins van R2 500 moet by belasbare inkomste ingesluit word. The ABC of Capital Gains Tax for Companies 5

4. PRIMÊRE WONING Sal die verkoop van my private woning onderhewig wees aan kapitaalwinsbelasting? Baie primêre wonings wat verkoop word sal nie aan KWB onderhewig wees nie aangesien die eerste R1 miljoen kapitaalwins of kapitaalverlies vir KWB doeleindes uitgesluit word. Dit beteken dat u n kapitaalwins van meer as R1 miljoen na 1 Oktober 2001 op u huis moet maak voordat die oorskot aan KWB onderhewig sal wees. Wat is n primêre woning? n Primêre woning moet aan twee basiese vereistes voldoen om as n primêre woning te kwalifiseer - dit moet deur n natuurlike persoon (nie n trust, maatskappy of beslote korporasie nie) besit word; en die eienaar of sy/haar gade moet gewoonlik woonagtig in die huis wees en moet dit vir huishoudelike doeleindes gebruik. Wanneer sal die verkoop van my primêre woning onderhewig wees aan KWB? U sal belas word op die kapitaalwins indien een van die volgende van toepassing is: Waar die kapitaalwins R1 miljoen oorskry, sal die gedeelte wat R1 miljoen oorskry onderhewig wees aan KWB. Net so, as u kapitaalverlies R1 miljoen oorskry, sal slegs die gedeelte wat R1 miljoen oorskry as n kapitaalverlies toegelaat word. Waar die eiendom twee hektaar oorskry, sal die wins op die gedeelte wat twee hektaar oorskry aan KWB onderhewig wees. Enige tydperk na 1 Oktober 2001 waar die eiendom nie as primêre woning gebruik is nie. Die gedeelte van die woning wat vir besigheidsdoeleindes gebruik word, byvoorbeeld, die gebruik van n studeerkamer, is nie deel van die primêre woning-uitsluiting nie. 6 The ABC of Capital Gains Tax for Companies

Voorbeeld van primêre woning n Individu se woning is waardeer op 1 Oktober 2001 vir R1 200 000. Die woning is verkoop op 1 Desember 2002 vir R1 400 000. Opbrengs R1 400 000 Waardasiedatumwaarde R1 200 000 Waardasiefooi R 5 000 Swembad aangebou in November 2001 R 45 000 Opbrengs R1 400 000 MIN: Basiskoste - Waardasiedatumwaarde R1 200 000 Waardasiefooi R 5 000 Verbeterings R 45 000 R1 250 000 Kapitaalwins R 150 000 Die wins is minder as R1 miljoen en word dus nie in ag geneem vir KWB doeleindes nie. (As u die woning vir R2,4 miljoen verkoop het, sou die wins R1,15 miljoen gewees het. R150 000 sou dus aan KWB onderhewig gewees het.) Implikasies as ek nie gewoonlik woonagtig in my huis is nie om een van die volgende redes: Op die tydstip waarop die woning my primêre woning was, was dit te koop aangebied en ontruim weens die verkryging of voorgenome verkryging van n nuwe primêre woning. U woning is opgerig op grond wat vir daardie doel verkry is ten einde gebruik te word as u primêre woning. Die woning is weens n ongeluk onbewoonbaar gemaak. By u dood. Indien een van die bogenoemde redes geld, sal u as gewoonlik woonagtig beskou word vir n aaneenlopende tydperk wat nie twee jaar oorskry nie, as u nie in u huis gedurende daardie twee jaar gewoon het nie. Wat gebeur as ek en my gade ons primêre woning gesamentlik hou? Die R1 miljoen primêre woning-uitsluiting word verdeel volgens elkeen se belang in die primêre woning. Byvoorbeeld, indien u en u gade n gelyke belang in u primêre woning het, sal elkeen vir n primêre woning-uitsluiting van R500 000 kwalifiseer. The ABC of Capital Gains Tax for Companies 7

5. EFFEK VAN KWB OP DIE BEREKENING VAN SEKERE AFTREKKINGS EN OP DIE BELASTING VAN SEKERE BEDRAE WAT TEEN N LAER BELASTINGSKAAL (TARIEFFORMULE) BELAS WORD By die berekening van belasbare inkomste sal kapitaalwinste die berekening van sekere aftrekkings en die belasting van sekere bedrae wat onderhewig is aan die tariefformule, soos volg affekteer: Wanneer pensioenfondsbydraes ingevolge artikel 11(k) van die Wet bereken word, moet die belasbare kapitaalwins uitgesluit word aangesien sodanige wins nie uittredingfunderingsdiensinkomste uitmaak nie. Wanneer uittredingannuïteitsfondsbydraes (UAF) bereken word, moet die belasbare kapitaalwins uitgesluit word van die berekening om die 15% toelaatbare aftrekking te bereken. Die rede hiervoor is dat kapitaalwinste deel uitmaak van belasbare inkomste en nie inkomste soos bedoel in artikel 11(n)(aa)(A) van die Wet nie. Wanneer die aftrekking van mediese onkoste ingevolge artikel 18(2) van die Wet bereken word, sal die reël dat slegs daardie gedeelte van mediese onkoste wat 5% van belasbare inkomste oorskry, toegelaat word, ook 5% van die belasbare kapitaalwins insluit aangesien dit deel uitmaak van belasbare inkomste. Wanneer bedrae bereken word (soos enkelbedrae uit goedgekeurde aftreefondse) wat teen n laer skaal ( tariefformule ) ingevolge artikel 5(10) van die Wet belas word, moet belasbare kapitaalwinste van hierdie berekening uitgesluit word. 8 The ABC of Capital Gains Tax for Companies

Voorbeeld van belasbare kapitaalwins Salaris R 80 000 Bonus R 50 000 (nie-pensioendraend) Kapitaalwins (bruto) R100 000 Pensioenfondsbydraes R 7 500 UAF-bydraes R 10 000 Mediese eis R 12 000 Die eerste stap is om die belasbare kapitaalwins uit te werk. R100 000 min R10 000 jaarlikse uitsluiting = R90 000 x 25% insluitingskoers = R22 500 = belasbare kapitaalwins Die tweede stap is om belasbare inkomste uit te werk. Pensioenfondsbydraes: R80 000 x 7,5% = R6 000, dus R1 500 te veel (kapitaalwins nie in ag geneem nie) UAF-bydraes: Bonus van R50 000 x 15% = R7 500, dus R2 500 te veel wat oorgedra word (kapitaalwins nie in ag geneem nie) Mediese aftrekking: R80 000 (salaris) plus R50 000 (bonus) min R6 000 (pensioen) min R7 500 (UAF) = R116 500 plus die belasbare kapitaalwins van R22 500 = R139 000 x 5% = R6 950. Dus toelaatbare mediese aftrekking is: R12 000 R6 950 = R5 050 (belasbare kapitaalwins in ag geneem) Dus belasbare inkomste (uitgesluit belasbare kapitaalwinste) is R116 500 R5 050 = R111 450 en ingevolge artikel 26A moet die belasbare kapitaalwins by belasbare inkomste ingesluit word. Dus belasbare inkomste insluitend kapitaalwins is R111 450 + R22 500 = R133 950. Die normale belastingkortings en belastingskale sal op die belasbare inkomste van R133 950 van toepassing wees. The ABC of Capital Gains Tax for Companies 9

Voorbeeld van vasgestelde kapitaalverlies Salaris R 80 000 Bonus R 50 000 (nie-pensioendraend) Kapitaalverlies van vorige jaar R150 000 Pensioenfondsbydraes R 7 500 UAF-bydraes R 10 000 Mediese eis R 12 000 Pensioenfondsbydraes: R80 000 x 7,5% = R6 000, dus R1 500 te veel (kapitaalverlies nie in ag geneem nie) UAF-bydraes: Bonus van R50 000 x 15% = R7 500, dus R2 500 te veel en word oorgedra (kapitaalverlies nie in ag geneem nie) Mediese aftrekking: R80 000 (salaris) plus R50 000 (bonus) min R6 000 (pensioen) min R7 500 (UAF) = R116 500 x 5% = R5 825 Dus die toelaatbare mediese aftrekking is: R12 000 R5 825 = R6 175 (kapitaalverlies nie in ag geneem nie) Die belasbare inkomste is R116 500 R6 175 = R110 325. Die vasgestelde kapitaalverlies sal nie die belasbare inkomste van R110 325 verminder nie aangesien die verlies omhein word en oorgedra word na daaropvolgende jare waar dit slegs teen toekomstige belasbare kapitaalwinste afgesit kan word. Die bogenoemde is nie n volledige lys nie. Indien meer inligting verlang word, kan u die bronne raadpleeg soos uiteengesit onder die Voorwoord van hierdie brosjure. 10 The ABC of Capital Gains Tax for Companies

The ABC of Capital Gains Tax for Companies 11

Lehae La SARS, 299 Bronkhorst Straat, Nieuw Muckleneuk 0181, Privaatsak X923, Pretoria, 0001, Suid Afrika Telefoon: +27 12 422 4000, Faks: +27 12 422 5181, Web: www.sars.gov.za