PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die Week Super Group Limited 2 Augustus 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute advice. Although the utmost care has been taken in the research and preparation of this document, no responsibility can be taken for actions taken on information in this newsletter. Should you require further information, please consult an adviser for a personalised opinion.
Week in oorsig 2 Augustus 2013 JSE Die JSE het aan die einde van n volatiele maand goed vertoon en die week byna 3% hoër afgesluit. Met die uitsondering van die Goud Indeks (-1%) het die ander indekse positiewe bewegings gehad. Hulpbronne het meer as 2% gestyg, finansiële aandele het met 1,8% verbeter en nywerheidsaandele het danksy n blink vertoning deur Richemont meer as 2% gestyg. Die prys van Goud het met $20 gedaal na $1313 per ons, terwyl Brent ru-olie met byna $2 per vaatjie gestyg het tot $109. Op die buitelandse markte het die Dow Jones in New York goed vertoon en die week 0,6% sterker afgesluit. Aandeel van die week Super Group word gekenmerk as `n produksieketting bestuursmaatkappy wat verantwoordelik is vir berging en verskuiwing van alle soorte rou materiale, werk-in-proses voorraad en klaarprodukte vanaf die verskaffer tot by die verbruiker. Die groep se bedrywighede sorg voortaan vir die beheer van alle aktiwiteite rondom logistieke bestuur. Die groep het goeie resultate gelewer vir die eerste ses maande geëindig 31 Desember 2012, ondanks die moeilike ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika wat steeds teenwoordig was met hulle finansiële jaareinde in Junie 2013. Volgens die JSE se verhandelingsverslag kan aandeelhouers verwag dat wesensverdieste per aandeel tussen 205 en 220 sent kan wees met verslagdoenings datum, die 20ste Augustus 2013. Inkomstes het wel vir die eerste ses maande met 16% gegroei en wesensverdienste per aandeel met 19%, soos in die grafieke getoon.
`n Hele aantal industrië in Suid-Afrika het swaar gebuk gegaan onder stakings en arbeidsonrus gedurende die afgelope jaar. Hierdie ontwrigtings het Super Group se produksieketting bedrywighede in die vervoer afdeling beïnvloed gedurende September 2012 en `n 5% afname in inkomste vir die vervoer afdeling tot gevolg gehad. Ooorsig van afdelings. Super Group se bedrywighede word in die volgende afdelings geklassifiseer: Produksieketting bestuur: Supply Chain Suid-Afrika het 38% toename in inkomstes gerapporteer vir die eerste ses maande terwyl die bedryfswinste met 51% gespring het. Die goeie prestasie kan aan goeie verkoopsyfers in meeste bedrywighede toegskryf word. FMCG en Staple Foods het 5 nuwe belangrike kontrakte bekom terwyl Freight en Super Rent in lyn met verwagtinge presteer het. Sherwood International en Micor se resultate het verbetering getoon. African Logistics het sywaarts presteer gegewe die huidige marktoestand in Afrika. Inkomste en kilometers afgelê het met byna 5% verminder in vergelyking met vorige jare se syfers. Hierdie afname was veroorsaak deur probleme wat opgeduik het in die Kongo Vloot bestuur: Die Vloot afdeling het bedrywighede in Suid-Afrika, Australië, Nieu Seeland en in die Verenigde Koningkryk. Hierdie afdeling sorg vir laekoste huur en verhuring van voertuie. Inkomstes het met 22% gedaal nadat die kontrakte met Oos-Kaapse Provinsiale Regering en Johannesburg opgeskort is maar wat gedeeltelik verreken is deur kontakte wat deur SG Fleet geteken is en `n stabiele tweedehandse voertuig mark. Die randverskansing teen die Australiese Dollar het die resultate vir die ses maande tydperk bevoordeel. Voertuig kleinhandel: Hierdie afdeling bestaan uit sowat 28 konsessie voertuig kleinhandelaars wat in Gauteng en in Noord-Wes gebaseer is. Sowat twee-derdes van die verkope is passesier voertuie en die res is kommersiële voertuie. `n Paar van hierdie kleinhandelaars sluit in Mercedes, Volkswagen, Toyota, Audi, UD Trucks en Volkswagen Kommersieel. Hierdie afdeling het bevredigende resultate gelewer en het 5 nuwe besighede oorgeneem. Nuwe voertuig verkope het met 25,4% toegneeem wat hoër is as die groeisyfers in die mark.
Dienste: Hierdie afdeling is `n baie klein gedeelte van die groep se bedrywighede en sorg vir korporatiewe funksies, Emerald versekering en bedrywighede in Mauritius. Inkomstes het vanaf R1.5m tot by R9.4m gestyg vir die tydperk maar bedryfsverliese was R12m in vergelyking met die vorige jaar se R2.1m. Aandeelprestasie ( laaste 6 maande) Aanbeveling SPG se aandeel verhandel teen om en by R23,50 met n PV van 12. Ons verwag dat die PV na onder 10 kan daal wanneer die finale resultate in Augustus 2013 bekend gemaak word. Ons beveel dus hierdie aandeel aan as `n koop, alhoewel ons dink dat rentekoerse dalk kan styg in die toekoms en die pryse van nuwe voertuie gaan toeneem na die verswakking in die rand. Daar moet egter nie vergeet word dat voertuig verkope nie hulle enigste bron van inkomste is nie. Die groep se bestuur dink dat hulle stewig in die mark geposisioneer is om organies en deur verkrygings verder te groei.
PSG Menlyn Tel: +27 (12) 368 1778, Fax: +27 (12) 368 1770 PO Box 118, Newlands, Pretoria, 0049 Email address Marius Cornelissen Portfolio manager mariusc@psg.co.za Magdeleen Cornelissen Financial planner magdeleen.cornelissen@psg.co.za Martin Louw Portfolio manager martinl@psg.co.za Ben Fraser Administrative assistant ben.fraser@psg.co.za Gerda Potgieter Administrative assistant gerda.potgieter@psg.co.za Laurie Brecher Administrative assistant laurie.brecher@psg.co.za PSG Menlyn Client administration menlyn@psg.co.za